PDA

View Full Version : Los die Blonde Dames!



Stefanus
4th April 2009, 22:31
Los die Blonde Dames!
Deur: Waldor


Kyk, dit is nou reeds ‘n geruime tyd wat hierdie ding in my broei, en dit het nou haas tyd geword dat ek my sê, sê. Dit steek my dwars in die krop, dit irriteer my ondraaglik, en ek raak rêrig skuins die moer in met hierdie ding. Dit beledig ons herkoms, ons afkoms, ons samestelling, ons genepoel en dit vloek flagrant teen ons verhewe roeping. Dit is om onherroeplike verraad te pleeg teen die wortel kenmerk van jou eie identiteit. Ek gaan dit nou my huis verbied en enige toekomstige gaste sal ek vooraf vriendelik versoek om nie daardie weg te volg waar ek die septer swaai nie.

Die mees wydverspreide vooroordeel, diskriminasie en aantasting van die persoon wat ooit op alle vlakke goedgekeur voortgaan, is grappe oor blonde dames. Dit is ‘n skande. Dat ‘n man, of ‘n vrou, wat veronderstel is om by sy of haar volle bewussyn tee wees, so laag kan daal om neerhalend met seker die grootste enkele kenmerk van blanke identiteit te spot, gaan my verstand te bowe. Waar in die wêreld en waardeur word hierdie tipe vergryp geregverdig?
Sê jy met jou blonde grap dat vroue met blonde hare bar is, sê jy dat hulle goedkoop is, dat hulle nie eens oor die basiese vereistes van vrou wees beskik nie en dat hulle ‘n lae intellek het. Is jy bereid om jou beledigende vergryp, die stelling wat jy maak, dit wat jy met jou spot impliseer, met feite te substantiveer? Diegene wat hulle aan sulke optredes skuldig maak, maak hulle daaraan skuldig dat hulle deel vorm van die aanslag teen een van die mees estetiese kenmerke van jou eie ras. Jy skaar jou by diegene wat verklaarde vyande van die wit ras is. Dit is ‘n rassisme, waar jy verraderlik rassisties is teenoor jou eie. Jy hoon die vroue wat die vaandel van jou identiteit vir jou uitdra. Jy vloek teen jou eie bloed.

Natuurlike blond, en rooi hare is ‘n biologies wetenskaplike kenmerk wat slegs by die wit geen voorkom. Waar die wit geen ontbreek kan daar nie blonde of rooi hare bestaan of voorkom nie. Donker hare wel. Vir eeue was dit die algemene gebruik dat mense met donker hare, hulle hare blond gekleur het, maar vir ‘n blonde vrou om haar hare donker te kleur was beskou as beduidend van een of ander verstandelike wanbalans of self vernietigende tendens. Daardie self afbrekende self verwerp is ‘n motief wat soortgelyk is aan ‘n neiging tot selfmoord, net in ‘n ligter graad. Daar is gevind dat blonde aktrises wat hulle hare vir ‘n rol donker moes kleur oor die algemeen emosioneel depressief geraak het, terwyl vroue wat hulle hare ligter gemaak het beweer het dat hulle geestelik verhef gevoel het. Dit is ook dan die donker rasse wat ‘n beheptheid ontwikkel het om hulle hare en velkleur ligter te maak. Nie omdat hulle gedink het dat hulle hul identiteit daardeur sou kon verander nie, maar dat hulle wou lyk soos iets wat hulle nie is, of andersins kan wees nie. Hierdie massa vertoon van self verwerping en selfverloëning was nog altyd ‘n futiele dog doelgerigte poging om realiteit met illusies te vervang; ‘n flagrante poging om natuurlike skoonheid van sy regmatige en eksklusiewe troon te verwyder, ‘n futiele poging om sy handsakke van sog ore te maak.

Natuurlike blonde hare was van die begin af die gesogte kenmerk van die superieure rasse. Terwyl die selfvernietigende witman hom wêreldwyd verwyl met afbrekende blonde grappe, verklaar die statistieke hom ‘n Judas. Die lande wat sosiaal en polities die mees gevorderdste op aarde is, is daardie lande met die hoogste blonde bevolking – die Skandinawiese lande. Die armste en laagste ontwikkelde lande in die Europese Unie, is daardie lande met die laagste persentasie blonde mense. Blond het van die begin af sy stempel op die mindere rasse afgedruk.

Daar is duidelik waarneembare aanduidings dat al die groot beskawings daargestel is deur mense wat behoort het aan die ras wat blonde hare het. Die kliptafels spel dit uit, muur tekeninge bevestig dit, die geskiedenis roep dit klinkklaar uit. Op die ‘Alexander Sarkofaag’ van 310 VC wat in die Argeologiese Museum in Istanbul gesien kan word, word die Persiese soldaat aangetoon met blonde hare en blou oë. ‘n Nadere blik van ‘n geglasuurde baksteen vries wat dateer uit die tydperk van Darius I 522 – 486 VC, toon baie duidelik hoe nog ‘n Persiese soldaat met blou oë uitgebeeld word.

Koningin Hetop Heres 11 van die vierde Egipties dinastie, en dogter van Cheops, die bouer van die groot piramide word baie duidelik as blanke uitgebeeld met blonde hare. Die god Nuit word as wit en met blonde hare uitgebeeld. Skilderye uit die derde dinastie het Egiptiese inwoners van die tyd as wit met rooierige hare. Die mummie van Tutankhamen se vrou het ligte bruin hare. Die goed gepreserveerde mummie van Ramses II, die Faro van die Bybel, het ligte rooi hare. Yuya, ‘n Egiptiese edelman van 1400 VC se mummie het duidelik blonde hare en Nordiese gelaatstekke. Hy is die vader van Tiy wat die vrou van Faro Amenhotep III. Langs Yuya le die mummie van sy ewe blonde vrou Thuya, oumagrootjie van Tutankhamen. Alle aanduidings is dat die adelstand van die Egiptenare blank was met blonde hare. Die mummies van verskeie Faros van die eerste dinastie toon duidelike blanke gelaatstrekke met blonde hare.

Hierdie verskynsel loop deur die Griekse beskawing, die Romeinse beskawing en selfs deur die Indiese beskawing waar daar ook aantekeninge is dat blonde mense die oorspronklike beskawing geskep het. Die adellike Brahmane van Indië toon nou nog tekens van blonde voorouers. Soos wat hierdie blonde heersersklas met die slawe begin vermeng het, het hulle rasse identiteit vervaag. Die beeldskone Indiese aktrises Pooja Bhatt, Mamta Kulkarani en Rani Mukherjee toon duidelike Argiese gelaatstrekke en hul haarkleur neig na die rooi. Net so die geval met Aamir Khanal die befaamde manlike akteur. Die blonde Ariërs wat Indië binnegeval het, het na die verowerde Indiërs verwys as die “Dasyu” – die donkerkleurige of slawe. Die Indo Ariese gedigte (die Vedas) is vol stories van die oorloë teen die “Dasyu”, en verwys na die blonde veroweraars:

Indra - 10.23.4 - "With him too is this rain of his that comes like herds: Indra throws drops of moisture on his yellow beard. When the sweet juice is shed he seeks the pleasant place, and stirs the worshipper as wind disturbs the wood."

Indra - 10.96.8 - "At the swift draught the Soma-drinker waxed in might, the Iron One with yellow beard and yellow hair. He, Lord of Tawny Coursers, Lord of fleet-foot Mares, will bear his Bay Steeds safely over all distress."

Ag, en so kan ons aangaan en aangaan...

Iewers het die jaloesie van die ‘nie blonde’ nasies en rasse, die haat jeens die superieure mense, sy momentum begin kry in ‘n aanslag teen die primêre kenmerk wat hierdie meerderes van die minderes uitgesonder het – die blonde hare. Die blonde hare wat dan so ryklik in die geskiedenis pryk as bewys van die verhewendheid daarvan. Dit het deurgeskemer toe die kinders in die skole in Europa begin leer word dat ons Germaans Nordiese stamvaders se hare gaandeweg verbleik is deur die feit dat hulle dwarsdeur die ystyd in die sneeu gewoon het, en in areas met baie lang winters. As gevolg daarvan, het die sneeu op en of ander manier hulle hare vir ewig ‘peroksied’. Ag man, as dit waar was, hoe dan met die Noord Amerikaanse Indiane, en die Inuit, en Sami en die inboorlinge van Siberië? Hulle het almal deur ‘n ystyd in winter klimate gebly en daar is gen blond onder hulle nie!

Luister my blondes, julle is die advertensie bord van ons genepoel. Julle trap die adel spoor en span die goue draad terug na die put waaruit ons ontspring het. Julle dra die ewige merk van die edel Ariër. Julle is die skone etiket van al die groot beskawings. Moenie dat julle ‘goue voetval’ van die eeue van stryk gebring word deur die ‘sleepsels’ van verraad wat slymerig uit eie geledere gly nie. Tel op jou glinster kop en hou dit hoog, wees trots en arrogant. Laat daar golwe van ‘edel goud’ in die wind speel soos ‘n vlag van vergelding. Moet julle nie steur aan die kanker kamer humor en beledigings van diegene wat blanke ridderskap afgesê het om aansluiting te vind by die slaaf en pandoer nie.
Volgende keer wat enige iemand in julle teenwoordigheid sê: “Het julle gehoor van die blond...?” dan reageer julle waardig en ferm met ‘n baie duidelik hoorbare “ekskuus!” en gooi daarmee jou goue suur oop die slym...
Ag, en indien enige Hans Kakie wil gryp na ‘n grashalm scenario oor die Van der Merwe, Mike Scutte en Kallie Knoetze grappies, moet tog nie julle onkunde en gebrek aan begrip oor relevansie openbaar nie. Doen eerder iets edel en vertel met ‘n meer relevante en akkurate spot: “ Het julle gehoor toe die donker dame die peperkorrels...”

Aan ons edel blonde dames wil ek saam met Shakespeare se eerste sonnet uitroep: “Lady, you are the cruel’st she alive, if you will lead these graces tot he grave and leave the world no copy” en weer, “From fairest creatures we desire increase, that thereby beauty’s rose might never die”

Gaan heen ons goue engele, julle, ons ‘creme de la creme’ ek staan agter julle met ‘n ewig respekvolle saluut!

NS. Hierdie is nie ‘n miskenning van al ons pragtige donkerkoppe wat eweneens deel uitmaak van ons edel roeping nie, dit is ‘n reaksie op die onregmatige jare lange belediging van ons eie susters ...ek is self nie blond of met ‘n blond getroud nie, dit is ‘n siels verklaring.