PDA

View Full Version : Aartappelboer kweek Koolkoppe



Die Ou Man
27th April 2009, 09:25
Aartappelboer wat koolkoppe kweek

Jean Oosthuizen

In n tyd waarin aartappel-teologie en geestelike kitskosresepte soos die afgelope naweek buite Greytown teen R150 per kampeerplek verkoop, wonder mens onwillekeurig wat die mighty men soos n magneet na sulke byeenkomste aantrek?

Is dit toevallig dat die populistiese politieke retoriek van Jacob Zuma op die oomblik dieselfde trefkrag het onder n bepaalde groep Suid-Afrikaners as Angus Buchan se ewe retoriese teologiese boodskap onder n ander groep Suid-Afrikaners?

Die twee mag dalk niks met mekaar te doen h nie, want die een is teologies en die ander polities. Tog is daar bepaalde parallelle waarvan kennis geneem behoort te word. In die onseker tye waarin ons leef is mense naarstiglik op soek na eenvoudige antwoorde wat maklik op die oor val.

Dieselfde mense wat met die afgelope verkiesing saans kopskuddend voor die TV sit en staar het hoe Zuma die massas al singend en dansend hipnotiseer met sy politieke retoriek het skyn?baar geen probleme met die teologiese retoriek van n Angus Buchan nie.

Van heinde en ver ruk mense in hul duisende op na stadions regoor die land om meegesleur te word deur f politieke f godsdienstige clichs in n wreld vol onsekerheid. Dieselfde mense wat onthuts is wanneer Zuma verklaar die ANC sal regeer tot Jesus weer kom, vind dit skynbaar nie vreemd as daar beweer word mense staan op uit die dood wanneer Buchan daarvoor bid nie. Of dat God wolkies soos harte stuur om oor Buchan se saamtrekke te hang nie.

Zuma en Buchan se ondersteuners is op soek na n De la Rey om hulle te lei. Albei groepe glo hul vorige leiers het hulle in die steek gelaat en smag na iemand om hulle in n nuwe beloofde land in te lei.

Zuma se volgelinge is vies vir Mbeki. Hulle blameer hom omdat hulle byna 15 jaar n demokrasie steeds arm en werkloos is. Vir hulle is Zuma die profeet wat hulle die beloofde land moet binnelei. Baie van Buchan se mighty men is k in sak en as. Talle meen hul leiers het hulle f uitverkoop f belieg f albei. Mbeki het die wreld vol gerits terwyl sy mense honger ly, kla die Zuma-kamp. FW de Klerk l in die arms van sy Griekse vrou terwyl sy mense krepeer op straat en alleen die prys betaal vir regstellende aksie en die flaters van apartheid. So murmureer baie wittes onder mekaar.

Albei groepe voel die ekonomiese druk en word geteister deur misdaad en geweld. Die mighty men en die 100% Zulu boys is met vaste tred op mars met die vaste geloof in hul harte dat hulle deur een of ander nuwe messias na die beloofde land gelei moet word.

Net so min as wat n swart Suid-Afrikaner dit vandag kan waag om Zuma te kritiseer sonder om as dislojaal gebrandmerk te word, net so min kan n gelowige dit waag om die aartappelboer te kritiseer sonder om as kleingelowig of selfs ongelowig gebrandmerk te word.

Verlede jaar skryf n dominee in die Kerkbode opgewonde oor Angus as n man van God met n visie. Hy was self op Loftus en s die mense kon nie wag dat Angus praat nie. En ht hy nie gepraat nie! n Vrou wat hom deur n verkyker dopgehou het s die man het gepraat dat die spoeg so spat! Die dominee reken Buchan ms so praat want hy moes 70 000 honger mense kos gee.

Wee diegene wat nie daardie opgewondenheid deel nie.

Mens kan maar net wonder hoe lank daardie honger mense uit Buchan se hand sal eet voordat hulle agterkom aartappels groei nie oral so maklik nie, selfs al bid jy h hard.

Mense wat praat dat die spoeg so spat se boodskap is ook nie altyd volhoubaar nie. Hulle is dikwels net daardie klein bietjie t seker van hulself en dit wat hulle verkondig.

Dit is egter nie soseer Angus Buchan se boodskap wat pla nie. Hy s nie juis iets nuuts nie. Dit is die hele kultus-ding wat mens bekommer. Zuma se mense sien hom reeds as onaantasbaar. Ek vrees baie van Buchan se mense is op dieselfde koers.

Op die program Praat Saam op RSG met Freek Robinson waaraan Buchan n tyd gelede deelgeneem het, meen n inbeller Buchan is n hopriester van die Almagtige God. Dit lyk my solank jy saamsing op Greytown of Loftus en jou hande omhoog hou is jy ge-bless en word jy deel van die awesome klomp mense wat hierdie amazing experience deel. Jy word behoorlik uit jou sokkies uit ge-bless. Maar wee die een wat skepties staan teenoor die nuwe aartappel-teologie wat ons land getref het.

Dit is byna of jy een of ander melaatsheid het as jy nie in dieselfde mate opgewonde raak nie. Kyk maar net na die kommentare op van die kritiese artikels van mense wat hom kritiseer. Dit is of daar iets met jou geloof verkeerd is as jy vrae begin vra oor Angus se lekepreke. Diegene wat nie saamstem met sy patriargale uitsprake, aansprake van dooies wat weer lewend word en anti-gay-stellings nie, swyg maar liewer in duisend tale ter wille van die vrede.

Net soos diegene in die ANC wat nie deel van Zuma se Polokwane-kliek is nie as onpatrioties en dislojaal gebrandmerk word deur die Zuma-kamp, kan jy dit deesdae ook nie waag om iets oor Angus te s sonder om skeef aangekyk te word nie.

n Teoloog-kennis van my s hy voel skoon skuldig as hy saam met sy neef, n tandarts, om die braaivleisvuur staan en nie dieselfde opgewondenheid oor Buchan se preke ervaar nie. Is daar dalk iets verkeerd met my geloof? vra hy.

My probleem is nie net Buchan en sy oorvereenvoudigde aartappel-teologie nie. As dit vir n bepaalde groep mense in die land iets beteken en n bydrae lewer om mense meer positief te laat voel oor Suid-Afrika, is ek saam met oom Angus bly daaroor.

Maar hoe standhoudend is hierdie eenmanvertoning en waar gaan dit eindig? Wie gaan die geloofswrakke n n jaar of twee langs die pad optel as mense besef God het toe nie wolkies soos harte oor oom Angus en sy volgelinge laat vorm nie en dooies word nie sommer weer lewend nie selfs al bid jy dat dit moet gebeur?

Wat mens bekommer is die intellektuele verdonkering wat gewoonlik gepaard gaan met sulke massasaamtrekke wat kitsantwoorde vir moeilike vrae bied.

Rede wyk alte dikwels voor emosie wanneer mense kritiekloos in hul duisende agter n profeet aanloop.

Dit beteken nie daar kan nie ook iets goed hieruit gebore word nie. Die probleem met geloof soos aartappels is egter dat dit baie maklik n teelaarde word vir die kweek van koolkoppe.

En ons land makeer op die oomblik juis oop koppe nie koolkoppe nie.

Rapport (http://jv.news24.com/Rapport/Weekliks/0,,752-2496_2506712,00.html) 25-04-2009

Die Ou Man
27th April 2009, 19:44
Buchan stort ineen

Marthinus van Vuuren & Julian Jansen

Greytown

Die evangelis Angus Buchan se Mighty Men-konferensie is gister tot stilstand geruk toe hy kort n die saamtrek se oggenddiens ineengestort het.

Skokgolwe het vroeg gistermiddag deur die konferensieterrein getrek waar meer as 200 000 mans volgens organiseerders gistermiddag saamgedrom het toe sy ongesteldheid rugbaar word.

Buchan is te midde van dreigende onweer met n mediese helikopter na die Pietermaritzburgse Medi-Clinic gehaas waar hy mediese toetse sou ondergaan.

Wat presies aanleiding tot di ineenstorting gegee het, was teen druktyd gisteraand nog duister.

Buchan (62) het glo warm klere gedra en glo min water gedrink tydens n baie energieke oggenddiens hy het selfs in n stadium opstote begin doen.

Hy het tydens di oggenddiens ges dat hy n Vrydagaand se diens koorsig was.

Neels Jackson berig Buchan het aan die skare mans ges hy het vir sy vrou gevra om vir hom te bid. Toe hy op die verhoog klim, was hy gesond, het Buchan ges.

N gisteroggend se diens is hy na n ontspanningsruimte onder die konferensie se reusagtige verhoog, waar hy ineengestort het.

Mediese personeellede het na hom omgesien en daar is besluit om die prediker na n hospitaal te bring vir toetse. Die konferensiegangers is net na 14:00 gevra om na die arena te kom. Daar is hulle ingelig oor sy toestand.

Buchan is omstreeks 15:00 per helikopter weggeneem, sowat drie uur nadat hy ongesteld geword het.

Hy was by sy volle positiewe en het gewuif toe die helikopter opgestyg het.

Hy het vir sy helpers ges: Sien julle mre.

Erna van Wyk berig n woordvoerder van die Medi-Clinic het bevestig Buchan is na die noodgevalle-eenheid gebring, maar wou nie uitbrei oor sy toestand nie. Sy seun is by hom. Hy sal later vanaand (gisteraand) teruggaan na die plaas om die mense in te lig, het die woordvoerder ges.

Aanvanklik is aan die media ges dat die aartappelboer slegs aan hitte-uitputting ly. Gou-gou het riemtelegramme egter blitsig per SMS deur die land versprei dat Buchan f n hartaanval f n beroerte gehad het en dat almal vir hom moet bid.

Mnr. Riaan Janse van Vuuren, rampbestuurder vir MMC09, het laatmiddag ges di gerugte is onwaar.

Hy sal na alle waarskynlikheid weer vanaand (gisteraand) terugkom plaas toe. Daar is nie keer aan hom nie. Hy het homself vanoggend net ooreis.

n SMS aan konferensiegangers kort voor sesuur gisteraand het bevestig als is wel met Angus en dat hy vanoggend om nege-uur weer in aksie sal wees op die verhoog.

MMC09 se spesiale radiostasie, Mighty Man FM, het aangekondig dat almal na die verhoog toe moet gaan vir n aankondiging.

Almal is gevra om hul selfone af te skakel weens n dringende mediese operasie wat uitgevoer moes word.

By die verhoog is daar tussen die lofprysing deur ges Buchan het ineengestort en almal moet vir hom bid.

Duisende bewo mans het in groepies gestaan en vir die evangelis begin bid terwyl die helikopter gereed gestaan het om hom hospitaal toe te neem.

Nuus dat gisteraand se diens afgestel is asook onsekerheid oor of Buchan enige verdere dienste die naweek sou lei, het talle van die mans laat besluit om hul goed te pak en huis toe te gaan. Hulle het uit alle uithoeke van die wreld gekom.

Die weerstoestande, wat aanvanklik warm was, het met n handomkeer verander en onweerswolke het bo die gebied saamgepak.

Nadat die nuus versprei het dat Buchan nie in lewensgevaar is nie het die verrigtinge stadig weer begin momentum kry met n lofprysingsdiens wat om 18:00 aangebied is.

Rapport 25/04/2009 (http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2507262,00.html)

Die Ou Man
27th April 2009, 19:45
'Jesus red' siek Buchan
Neels Jackson

Die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-konferensie.

Greytown. Ek is deur Jesus van die randjie van die dood teruggebring.

S het die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-saamtrek aan n skare van tienduisende ges oor die dramatiese vorige dag toe hy twee maal inmekaargesak het.

n Klaarblyklik brose Buchan het gisteroggend 09:30 op die verhoog verskyn met sy hande, die een met n Bybel daarin, sevierend in die lug.

Die skare het ritmies begin roep: Jesus! Jesus! Jesus! Buchan het dit beantwoord deur met sy wysvinger hemelwaarts te wys.

Die vorige oggend toe hy in lekker weer met n warm winterhemp op die verhoog verskyn het, het hy op die oog af niks makeer nie.

Hy het wel vertel dat hy die vorige aand koors gehad het. Hy het sy vrou gevra om vir hom te bid en Saterdagoggend het hy verklaar dat hy heeltemal gesond is.

Kort n sy optrede Saterdag het hy egter onder die verhoog, buite sig van die skare, inmekaargesak.

Buchan het gisteroggend vertel dat n wit en n swart dokter hom gehelp het.

Dr. Nthobeka Ntuli, een van die mediese personeel aan diens tydens die saamtrek, het aan die skare vertel dat hy omstreeks 11:00 geroep is omdat n pasint inmekaar gesak het.

Hy het Buchan onder die verhoog aangetref waar hy op die grond gel het. Hulle het hom gehelp en na sy huis geneem waar hy weer inmekaargesak het.

Die dokter het vertel dat hulle hom suurstof gegee en sy hart gemonitor het.

Die tekens was volgens hom sinister en hy het dit as n moontlike hartaanval bestempel.

Kort n 14:00 is al die saamtrekkers via die radiostasie wat tydens die saamtrek bedryf is, geroep om na die saamkomplek te gaan. Terwyl hulle vir Buchan gebid het, is hy per helikopter van sy huis na die Pietermaritzburg-Medi-Clinic geneem.

Buchan se skoonseun, mnr Greg Hull, het gister vertel dat sy skoonpa in die hospitaal deur n strawwe stel toetse is. Hy moes onder meer op n trapmeul hardloop, maar die dokter kon niks fout vind nie.

Hull het vertel dat hy gewonder het of die dokter dink hulle mors sy tyd.

Bloedtoetse het ook niks gewys nie en Buchan is ontslaan en het die aand tuis geslaap.

Hull het ges as hy dink aan die manier waarop sy skoonpa op die gras by die huis gel het en n paar uur daarna as gesond uit die hospital ontslaan is, het daar n verskriklike wonderwerk gebeur.

Buchan het ges waar hy op die gras gel het, het hy meer hulpeloos gevoel as ooit tevore. Hy het gedink: As Jesus nie nou iets doen nie, gaan hy dit nie oorleef nie.

Toe hulle met die helikopter opgestyg het, het hy afgekyk en gesien hoe die skare mans saamgetrek is om vir hom te bid. Hy dink dis toe dat hy genees is.

Beeld (http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2507477,00.html) 26 April 2009

Die Ou Man
27th April 2009, 20:08
Buchan is te midde van dreigende onweer met n mediese helikopter na die Pietermaritzburgse Medi-Clinic gehaas waar hy mediese toetse sou ondergaan.

Wat presies aanleiding tot di ineenstorting gegee het, was teen druktyd gisteraand nog duister.

Buchan (62) het glo warm klere gedra en glo min water gedrink tydens n baie energieke oggenddiens hy het selfs in n stadium opstote begin doen.


Ek is deur Jesus van die randjie van die dood teruggebring.

S het die evangelis Angus Buchan gisteroggend tydens die laaste sessie van die Mighty Men-saamtrek aan n skare van tienduisende ges oor die dramatiese vorige dag toe hy twee maal inmekaargesak het.

Kom ons aanvaar dat Angus deur Jesus gered is.

Wie het Angus dan laat neerslaan?

Ook Jesus?

Of dalk die duiwel?

Of is dit maar wat gebeur as 'n onfikse ou man op 'n warm dag "push-ups" doen op 'n verhoog.

Ou-dominees het ook op 'n dag floute gekry en neergeslaan gedurende die diens. Dit was op 'n warm somersdag in die Sondagsrivier Vallei. Die diakens het hom uitgedra, in die konsistorie gelawe en die hoofouderling het voortgegaan met die diens.

Snaaks genoeg het ou-dominees sy floute en die feit dat hy bygekom het, nie uitgebuit in sy volgende preek nie. Dalk was ou-dominees van beter stofasie. Of dalk het hy geweet dat die Boere van die Sondagsrivier nie so kinderlik naef is nie.

Liefde groete.

Die Ou Man

oppiweb
6th May 2009, 21:14
Aartappelboer wat koolkoppe kweek

Jean Oosthuizen

In ’n tyd waarin aartappel-teologie en geestelike kitskosresepte soos die afgelope naweek buite Greytown teen R150 per kampeerplek verkoop, wonder mens onwillekeurig wat die “mighty men” soos ’n magneet na sulke byeenkomste aantrek?

Is dit toevallig dat die populistiese politieke retoriek van Jacob Zuma op die oomblik dieselfde trefkrag het onder ’n bepaalde groep Suid-Afrikaners as Angus Buchan se ewe retoriese teologiese boodskap onder ’n ander groep Suid-Afrikaners?

Die twee mag dalk niks met mekaar te doen h nie, want die een is teologies en die ander polities. Tog is daar bepaalde parallelle waarvan kennis geneem behoort te word. In die onseker tye waarin ons leef is mense naarstiglik op soek na eenvoudige antwoorde wat maklik op die oor val.

Dieselfde mense wat met die afgelope verkiesing saans kopskuddend voor die TV sit en staar het hoe Zuma die massas al singend en dansend hipnotiseer met sy politieke retoriek het skyn?baar geen probleme met die teologiese retoriek van ’n Angus Buchan nie.

Van heinde en ver ruk mense in hul duisende op na stadions regoor die land om meegesleur te word deur f politieke f godsdienstige clichs in ’n wreld vol onsekerheid. Dieselfde mense wat onthuts is wanneer Zuma verklaar die ANC sal regeer tot Jesus weer kom, vind dit skynbaar nie vreemd as daar beweer word mense staan op uit die dood wanneer Buchan daarvoor bid nie. Of dat God wolkies soos harte stuur om oor Buchan se saamtrekke te hang nie.

Zuma en Buchan se ondersteuners is op soek na ’n De la Rey om hulle te lei. Albei groepe glo hul vorige leiers het hulle in die steek gelaat en smag na iemand om hulle in ’n nuwe beloofde land in te lei.

Zuma se volgelinge is vies vir Mbeki. Hulle blameer hom omdat hulle byna 15 jaar n demokrasie steeds arm en werkloos is. Vir hulle is Zuma die profeet wat hulle die beloofde land moet binnelei. Baie van Buchan se mighty men is k in sak en as. Talle meen hul leiers het hulle f uitverkoop f belieg f albei. Mbeki het die wreld vol gerits terwyl sy mense honger ly, kla die Zuma-kamp. FW de Klerk l in die arms van sy Griekse vrou terwyl “sy mense” krepeer op straat en alleen die prys betaal vir regstellende aksie en die flaters van apartheid. So murmureer baie wittes onder mekaar.

Albei groepe voel die ekonomiese druk en word geteister deur misdaad en geweld. Die mighty men en die 100% Zulu boys is met vaste tred op mars met die vaste geloof in hul harte dat hulle deur een of ander nuwe messias na die beloofde land gelei moet word.

Net so min as wat ’n swart Suid-Afrikaner dit vandag kan waag om Zuma te kritiseer sonder om as dislojaal gebrandmerk te word, net so min kan ’n gelowige dit waag om die aartappelboer te kritiseer sonder om as kleingelowig of selfs ongelowig gebrandmerk te word.

Verlede jaar skryf ’n dominee in die Kerkbode opgewonde oor Angus as ’n man van God met ’n visie. Hy was self op Loftus en s die mense kon nie wag dat Angus praat nie. En ht hy nie gepraat nie! ’n Vrou wat hom deur ’n verkyker dopgehou het s die man het gepraat dat die spoeg so spat! Die dominee reken Buchan ms so praat want hy moes 70 000 honger mense kos gee.

Wee diegene wat nie daardie opgewondenheid deel nie.

Mens kan maar net wonder hoe lank daardie honger mense uit Buchan se hand sal eet voordat hulle agterkom aartappels groei nie oral so maklik nie, selfs al bid jy h hard.

Mense wat praat dat die spoeg so spat se boodskap is ook nie altyd volhoubaar nie. Hulle is dikwels net daardie klein bietjie t seker van hulself en dit wat hulle verkondig.

Dit is egter nie soseer Angus Buchan se boodskap wat pla nie. Hy s nie juis iets nuuts nie. Dit is die hele kultus-ding wat mens bekommer. Zuma se mense sien hom reeds as onaantasbaar. Ek vrees baie van Buchan se mense is op dieselfde koers.

Op die program Praat Saam op RSG met Freek Robinson waaraan Buchan ’n tyd gelede deelgeneem het, meen ’n inbeller Buchan is ’n hopriester van die Almagtige God. Dit lyk my solank jy saamsing op Greytown of Loftus en jou hande omhoog hou is jy ge-bless en word jy deel van die awesome klomp mense wat hierdie amazing experience deel. Jy word behoorlik uit jou sokkies uit ge-bless. Maar wee die een wat skepties staan teenoor die nuwe aartappel-teologie wat ons land getref het.

Dit is byna of jy een of ander melaatsheid het as jy nie in dieselfde mate opgewonde raak nie. Kyk maar net na die kommentare op van die kritiese artikels van mense wat hom kritiseer. Dit is of daar iets met jou geloof verkeerd is as jy vrae begin vra oor Angus se lekepreke. Diegene wat nie saamstem met sy patriargale uitsprake, aansprake van dooies wat weer lewend word en anti-gay-stellings nie, swyg maar liewer in duisend tale ter wille van die vrede.

Net soos diegene in die ANC wat nie deel van Zuma se Polokwane-kliek is nie as onpatrioties en dislojaal gebrandmerk word deur die Zuma-kamp, kan jy dit deesdae ook nie waag om iets oor Angus te s sonder om skeef aangekyk te word nie.

’n Teoloog-kennis van my s hy voel skoon skuldig as hy saam met sy neef, ’n tandarts, om die braaivleisvuur staan en nie dieselfde opgewondenheid oor Buchan se preke ervaar nie. “Is daar dalk iets verkeerd met my geloof?” vra hy.

My probleem is nie net Buchan en sy oorvereenvoudigde aartappel-teologie nie. As dit vir ’n bepaalde groep mense in die land iets beteken en ’n bydrae lewer om mense meer positief te laat voel oor Suid-Afrika, is ek saam met oom Angus bly daaroor.

Maar hoe standhoudend is hierdie eenmanvertoning en waar gaan dit eindig? Wie gaan die geloofswrakke n ’n jaar of twee langs die pad optel as mense besef God het toe nie wolkies soos harte oor oom Angus en sy volgelinge laat vorm nie en dooies word nie sommer weer lewend nie selfs al bid jy dat dit moet gebeur?

Wat mens bekommer is die intellektuele verdonkering wat gewoonlik gepaard gaan met sulke massasaamtrekke wat kitsantwoorde vir moeilike vrae bied.

Rede wyk alte dikwels voor emosie wanneer mense kritiekloos in hul duisende agter ’n profeet aanloop.

Dit beteken nie daar kan nie ook iets goed hieruit gebore word nie. Die probleem met geloof soos aartappels is egter dat dit baie maklik ’n teelaarde word vir die kweek van koolkoppe.

En ons land makeer op die oomblik juis oop koppe – nie koolkoppe nie.

Rapport (http://jv.news24.com/Rapport/Weekliks/0,,752-2496_2506712,00.html) 25-04-2009


Aartappels moet in die duisternis wees! Bring jy dit na die lig toe, word die goed groen...die lig is dus nie die aantrekkingskrag wat enige van die twee groepe waarvan Jean praat, aan trek nie!

Gelukkig was die koorsigheid skynbaar nie vark-griep nie...!

knipmes
7th May 2009, 20:20
Ek vir een sien hierdie aartappel "dier" uit die see opkom met baie koppe wat nog gaan waai, want die verskil tussen dissipels van Jesus, en evangeliste is slegs dit: daar hoort nie 'n priester of leviet of ander aardmens tussen jou en jou Skepper te staan nie! Nie op hierdie manier nie, want al wat dit bereik is dat die een daarop die verhoog dalkies ook eendag 'n strandhuis noord van Durbs af gaan he waarvan die see besig is om die private strand weg te spoel wat dalkies die biljoenerstatus kan in gedrang bring, of daardie status deur aartappels of tempelfooie verkry is of nie! en dit terwyl derduisende mense vrek van die honger net in die straat af...

Gestel een en elke mens wat so betaal om hul geloof te gaan verseker en versterk op plekke, kom eendag by die poorte en wil ingaan omdat hulle dan by sulke en die samekomste was en die Computicket stub het om dit te bewys. Gaan die HekWag dan hul toelaat op grond van hul betalingsbewyse? Ek was ook op Kingspark en het aandagtig opgemerk oor alles daar, van die eerste tree op die perseel wat volgens my vir die duur van daardie dag 'n Gods Tempel moes wees, was daar stalletjies met alles onder die son te koop oor godsdiens, van Angus se sienings tot sy gesig en vele ander goeters wat my onwillekeurig laat dink aan Jesus wat ingestorm het in die tempels en die tafels met sulke besighede omgekeer en uitgejaag het. Miskien moes ek dit daardie dag gedoen het, maar al wat sou gebeur is dat ek deur die Metro Polisie verwyder sou word as 'n "versteurde" bleeksiel met 'n bose gees binne-in my, met dan nog meer verkopery as teregwysing....

Ek is egter aan die anderkant oor een ding verheug, en dis dat ons besig is om geestelik wakker te word as volk, alle kleure, en dat ons as Gods kinders wel deur mense soos Angus uit ons slaap geruk word. Dat die "666'e" van die wereld reeds hier is en ons meesleur is 'n feit, en dalkies sal die uiteindelike voortvloei van die aartappel stroom dalk net die ding wees om teen die donkerte wat die nuwe wereld orde meebring teen te staan. So eintlik moet ons Angus in sy eenvoud en passie vergewe vir sy evangelisme en dankie seg vir die geestelike oplewing onder ons mense. Dis net jammer dat aartappelry aanstonds dalkies 'n "ticket" word vir ewigheids lewe in die hiernamaals.

groetnis
knipmes

knipmes
3rd June 2011, 18:34
659



Wys my n Bybel wat verweer is en ek wys jou n man van God
Wys my n Bybel vol stof en ek wys jou n man wat verweer is
(Aanhaling van Angus Buchann se oproep vir mans om tot God terug te keer)











groetnis
knipmes

Silencio
14th June 2011, 21:52
[QUOTE=knipmes;2153]Ek vir een sien hierdie aartappel "dier" uit die see opkom met baie koppe wat nog gaan waai, - Knipmes jy is voorwaar so skerp soos 'n lem, ek love jou sin vir humor, ek het ook 'n vision gehad....

"And the beast shall rise from the ground with many heads and the world shall be fed food for the soul" - chippies! :24:

Silencio:tongue_3: