PDA

View Full Version : O.G.A.A.T.S. - Ken die simptome



Carel van Heerden
10th May 2009, 10:42
0.G.A.A.T.S. ken die simptome

Om die simptome te ken is belangrik!

Mens is net dankbaar dat daar n naam vir die sindroom bestaan.
Dit laat n mens tot n mate beter voel, alhoewel jy dit het!

O.G.A.A.T.S. ook genoem Ouderdom Geaktiveerde Aandag Afleibare Toenemende Sindroom se diagnose manifesteer as volg:

Ek besluit om die tuin nat te lei.
Toe ek die kraan in die tuin oopmaak,
Sien ek my bakkie staan wat n was dringend nodig het.

Ek besluit om eers die bakkie te was.
Terwyl ek met die tuinslang na die bakkie stap,
Bemerk ek n hoop hout wat ek afgelaai het vir die stoof.

Ek besluit om die hout eers in te neem,
Anders word die hout nat as ek die bakkie was.
Terwyl ek die hout wil optel, hoor ek n skaaplam wat onophoudelik blr.

Ek besluit om eers te kyk waarom die skaaplam so blr en sit die hout neer.
By die lamkamp aangekom is die lam stil.
Ek sien dat die hek se een skarnier stukkend is.

Ek besluit om die skarnier gou vas te sweis voor die hek afbreek.
Terwyl ek na die werkswinkel stap om die sweismasjien te gaan haal,
Lui my selfoon. Iemand verneem of daar hoenders is om te koop.

Met my selfoon terug in my sak onthou ek die kraan is nog oop.
Ek besluit om eers die kraan toe te draai.
Met die kraan toegedraai, sukkel ek bietjie om te onthou wat ek wou doen.

Dan onthou ek! Ek wou die skaapkamp se hek se skarnier gaan sweis.
Om die skarnier te sweis moet ek die sweismasjien op die bakkie laai en aanry.
Maar die bakkie moet eers gewas word!

Ek besluit om eers die skarnier te los totdat ek die bakkie gewas het.
By die bakkie aangekom merk ek die een venster is oop.
Nou eers die venster toedraai.

Toe ek die deur oopmaak om die venster toe te draai,
Merk ek dat die sleutels van die hoenderhokke op die sitplek l.
Di moet eers op hul plek gebre word anders soek ek dit later.

Ek neem die sleutels om dit in die kantoor te gaan bre.
Op pad kantoor toe hoor ek weer die skaaplam blr.
Ek besluit om eers te gaan kyk wat aangaan.

Ek stap skaaphok toe en soek die lam. Alle lammers is doodstil.
Ek besluit ek sal later terugkom om te kyk, want ek het baie om te doen.
Met die terugloop merk ek die hek se skarnier is stukkend.

Dan onthou ek, ek wou die skarnier sweis!
Ek stap na die werkswinkel om die sweismasjien te gaan haal.
Om die sweismasjien te gebruik, benodig ek die bakkie om die sweismasjien aan te ry.

Ek stap om die bakkie te gaan haal en merk die hout wat daar l.
Ek onthou ek wou die hout huis toe vat. Ek buk om die hout op te tel.
Terwyl ek buk voel ek die sleutels van die hoenderhok in my sak.

Dan onthou ek die sleutels moet op hul plek opgehang word.
Ek los die hout en stap kantoor toe om die sleutels op te hang.
Op pad kantoor toe, val die sleutels uit my hand. Ek buk om hulle op te tel.

Dan sien ek n stuk doringdraad l. Di sal n pap band tot gevolg h.
Ek besluit om die draad eers op te tel en weg te gooi.
Ek tel die draad op en gooi dit in die afvalblik.

Ek gooi die blik mis en die draad rol onder sleepwa in.
Ek buk om die draad op te tel, maar kan dit nie bykom nie.
As ek opstaan, hoor ek die sleutels uit my hand val.

Aan die einde van die dag:

Is die tuin nie natgelei nie;
Is die bakkie nie gewas nie;
Is die hout nie opgetel nie;
Is die bakkie se venster nie toegedraai nie;
Is die blrende skaaplam nie gekry nie;
Is die sweismasjien nie gelaai nie;
Is die skarnier nie gesweis nie;
Is die sleutels van die hoenderhok nie opgehang nie;
Is die draad nie in die afvakblik nie;

Ek weet ek het baie gehad om te doen en kan nie verstaan wat verkeerd geloop het nie.
Ek weet ek was heeldag besig
Ek is regtig moeg.

Ek besef ek het n ernstige probleem.
En moet raad daarvoor kry.
Moenie vir my lag nie as dit jou nie oorkom nie, wag maar, jou beurt kom!

Varkgriep mag miskien medikasie h wat help.
O.G.A.A.T.S. het niks.
Jy vergeet gelukkig di siekte!

Groetnis

Carel

knipmes
13th May 2009, 21:20
Moenie vir my lag nie as dit jou nie oorkom nie, wag maar, jou beurt kom!


Naand Carel,

man, ek het myself nie net herken nie, ek is bewoe dat jy ons ook kon herken, dankie daarvoor...

groetnis
knipmes

:biggrin::biggrin: