PDA

View Full Version : Die brief aan diognetus



Stefanus
24th May 2009, 16:57
Die Brief aan Diognetus


Hoekom die brief geskryf is

1:1 Geagte Diognetus, ek sien dat jy baie graag meer van die godsdiens van die Christene wil weet. Jy vra ook baie duidelike en presiese vrae: Wie is die God in wie hulle glo en hoe aanbid hulle Hom? Jy wonder ook hoekom hulle nie omgee vir dinge wat vir die wreld baie belangrik is en hoekom hulle glad nie bang is om dood te gaan ne, hoekom hulle dink die gode waaraan die Grieke glo, bestaan nie, en hoekom hulle nie aller-hande bygelowige dinge doen soos die Jode nie. Jy wonder ook hoekom hulle so lief is vir mekaar en hoekom hierdie nuwe groep mense of hierdie ander manier van lewe juis nou ontstaan het en nie vroer nie.
1:2 Ek is baie bly dat jy so baie in die Christendom belang stel en ek vra vir God - Hy wat ons help om te praat n om te luister - om my te help om s te praat dat dit wat jy hoor, soveel moontlik tot jou voordeel sal wees, en om jou te help om s te hoor dat ek nie sal spyt wees oor dit wat ek gaan s nie.


660



Die gode van die heidene

2:1 Dit is belangrik dat jy eers ontslae moet raak van enige vooroordeel wat daar in jou gedagtes mag wees. Jy moet ook glad nie op jou nor-male manier dink nie, want dit mislei jou net. Jy moet as't ware 'n nuwe mens word; iemand wat voor begin; iemand wat - soos jy self erken het - na 'n nuwe boodskap luister.


'n nuwe mens word: 'n Mens kry dieselfde gedagte in die Nuwe Testament in Efesirs 4:24 en Kolossense 3:10.

Julle het goed wat julle "gode" noem en wat julle dink gode is. Maar jy moet hulle goed bekyk; nie net met jou o nie, maar ook met jou ver-stand! Dan sal jy besef wat en hoe hulle regtig is.
2:2 Een god is van klip, net soos die pad waarop ons loop. 'n Ander god is van koper - niks beter as die gebruiksartikels wat vir ons gemaak is nie. 'n Ander een is van hout wat al verweer is. Nog een is van silwer en moet deur 'n mens opgepas word sodat dit nie gesteel word nie. 'n Ander een is van yster, opgevreet deur roes. Nog een is van gebakte klei - niks beter om na te kyk as die goed wat gemaak word vir die eenvoudigste takie nie.


Dan sal jy besef wat en hoe hulle regtig is: Die kritiek wat die skrywer van Die Brief aan Diognetus hier op die afgode uitspreek, kry 'n mens ook in party ander Joodse en Christelike boeke. Vir voorbeelde in die Bybel, kyk Jesaja 44:9-20 en Jeremia 10:1-16. Vir 'n voorbeeld van "n Ou-Testamentiese apokriewe geskrif waarin 'n mens dieselfde soort gedagtes kry, kyk Die Brief van Jerema (vroer in hierdie boek).

2:3 Is al hierdie gode nie gemaak van goed wat tot niet gaan nie? Is party van hulle nie deur vuur en yster gesmee nie? Is ander nie deur 'n beeld-houer gemaak nie? Of deur 'n koper- of silwersmid nie? Of deur 'n pot-tebakker nie? Voordat al hierdie vakmanne hulle vaardigheid gebmik het en die gode gemaak het soos hulle nou lyk, kon hulle mos enigiets anders daarvan gemaak het, nie waar nie? Selfs nou, nadat die gode klaar ge-maak is, kan 'n mens hulle in enigiets anders verander! Is dit nie ook waar dat daardie vakmanne gewone gebruiksartikels wat van al sulke materiale gemaak is, kan vat en dit nog steeds in gode kan verander nie?
2:4 Is dit nie so dat daardie gode wat julle nou aanbid, deur mense ver-ander kan word in gebruiksartikels wat maar net soos die ander gebruiks-artikels lyk nie? Is daardie gode nie almal doof en blind en sonder lewe of gevoel nie? Kan een van hulle beweeg? Is hulle nie almal gedurig aan die verweer nie? Gaan hulle almal nie tog maar uiteindelik tot niet nie?
2:5 Dit is die goed wat julle gode noem en wat julle dien! Dit is die goed wat julle aanbid! Uiteindelik word julle nes hulle!
2:6 Dit is hoekom julle die Christene haat: hulle glo nie dat daardie goed gode is nie.
2:7 Julle is vas oortuig dat julle die gode prys, maar eintlik is julle besig om hulle te verag. Ja, julle maak 'n bespotting van hulle en verneder hulle, want julle aanbid die gode van klip en klei sonder om hulle te Iaat oppas, maar die gode van silwer en goud sluit julle snags toe en bedags sit julle wagte by hulle sodat hulle nie gesteel word nie.
2:8 Julle dink julle bewys eer aan hulle deur goed aan hulle te offer, maar dit is nie so nie. As die gode sou kon besef wat julle doen, was julle eintlik besig om hulle te na te kom. As hulle nie besef wat julle doen nie, dan is julle eintlik besig om hulle aan die kaak te stel wanneer julle bloed en vet aan hulle offer.
2:9 Laat julle bietjie so iets deurmaak! Laat iemand vir julle bloed en vet offer en kyk of julle dit kan uithou. Nee, geen enkele mens sal vrywillig so 'n straf deurgaan nie, want mense besef wat rondom hulle aangaan en hulle kan dink. Maar klippe gee nie vir so iets om nie, want klippe besef nie wat rondom hulle aangaan nie. Deur vir die gode offers te bring, wys julle eintlik dat hulle nie besef wat rondom hulle aangaan nie.
2:10 Ek kan nog baie meer s oor hoekom die Christene nie slawe van sulke gode is nie, maar as enigiemand dink dit wat ek ges het, is nie oor-tuigend genoeg nie, dink ek dit is onnodig om meer te s.


Die verskille tussen die Jode en Christene

3:1 Verder, dink ek, wil jy baie graag hoor hoekom die Christene nie vir God op dieselfde manier as die Jode aanbid nie.
3:2 Dit is wel so dat die Jode nie die gode dien waarvan ek netnou gepraat het nie. In plaas daarvan glo hulle in n God en hulle aanbid Hom, die Here van die heelal. Wat dt betref, dink en doen hulle heeltemal reg. Maar hulle dien God nog op die-selfde manier as die heidene waarvan ek netnou gepraat het - en wat dt betref, is hulle heeltemal verkeerd.
3:3 Die Grieke wys dat hulle onkundig is, want hulle bring offers aan gode wat nie besef wat rondom hulle aangaan nie, gode wat doof is. Die Jode moet besef hulle maak dieselfde soort fout: hulle dink God het die goed nodig wat hulle vir Hom gee, maar hulle moet liewer besef dat dit 'n onnosel ding is om te doen; dit is nie godsdiens nie.
3:4 Nee, God wat die hemel en die aarde en alles daarin gemaak het, gee vir elkeen van ons wat ons nodig het. Hy het self nie behoefte aan enigiets nie. Hy gee dit dan self vir die mense wat dink hlle gee dit vir Hom!
3:5 Die Jode dink hulle bring vir God offers deur bloed en vet en brandoffers, en dat hulle Hom deur sulke tekens van respek vereer. Maar vir my lyk hulle maar presies dieselfde as die Grieke wat dieselfde soort respek aan dowe afgode betoon. Die Grieke dink hulle bring offers aan die gode, maar die gode kan nie besef dat hulle geer word nie! Die Jode dink hulle bring offers aan God, maar Hy het niks van hulle nodig nie!


Nog verskille tussen die Jode en die Christene

4:1 Verder dink ek nie dit is nodig dat ek jou vertel van al die ander goed wat die Jode glo nie: hoe behep hulle is met wat hulle mag eet en nie mag eet nie, hulle bygelowigheid oor die Sabbat, hoe hulle oor die be-snydenis spog, hoe skynheilig hulle oor die vas en die Nuwemaansfees is. Al di goed is belaglik en nie die moeite werd om oor te praat nie.


Nuwemaansfees: Die Jode het die maan gebruik om seisoene en feestye te bepaal. 'n Nuwe maand het begin wanneer die nuwe-maan gesien is. Dan is die Nuwemaansfees gevier. Kyk ook vers 5 waar die skrywer praat van "die nakom van die maande en dae". Die "maande" is die Nuwemaansfees en die "dae" is die Sabbatdag.

4:2 Die Jode dink party goed wat God vir die mense gemaak het om te gebruik, is gemaak met 'n goeie doel, maar hulle verwerp ander goed en s dit is onbruikbaar en onnodig. Dit is mos heeltemal verkeerd!
4:3 Verder vertel hulle leuens oor God en s Hy s 'n mens mag nie iets goeds op die Sabbat doen nie. Dit is mos goddeloos!
4:4 Hulle vermink hulle liggame en dan spog hulle en s dit is 'n teken dat God hulle gekies het. Dit is mos belaglik! Asof God hulle nou op 'n spesiale manier liefhet omdat hulle dit doen!


Hulle vermink hulle liggame: Die skrywer bedoel die besnydenis.

4:5 Dan hou hulle nog ook gedurig die sterre en die maan dop sodat hulle die maande en dae stiptelik kan nakom. Dit is God wat die seisoene bepaal, maar hulle verdeel dit soos hulle lus het - party is feeste en ander is tye om te rou. Wie sal ooit dink dat dit 'n bewys van godsdienstigheid is? Nee, dit is eerder 'n teken van onnoselheid!
4:6 Ek dink jy het nou genoeg by my geleer om te besef dat die Christene reg optree as hulle niks te doen wil h met die onnoselheid van die Grieke en die Jode nie - en dan ook spesifiek nie met die bemoeisiekheid en die arroganse van die Jode nie. Maar moenie dink jy kan by mense leer wat die geheim van die Christene se eie godsdiens is nie.


Hoe Christene lewe

5:1 Christene verskil nie van ander mense oor die plek waar hulle bly of hulle taal of gewoontes nie.
5:2 Hulle bly nie iewers anders in hulle eie stede nie; hulle praat nie een of ander vreemde taal nie; hulle leef nie op 'n snaakse manier nie.
5:3 Dit wat hulle glo, is nie deur die intelligensie of verstand van mense uitgedink wat daarvan hou om nuwe goed uit te dink nie. Hulle hou hulle ook nie soos party ander mense besig met menslike leerstellings nie.
5:4 Hulle bly in Grekse en in nie-Griekse stede, soos dit be-skik word, en wat klere en kos en ander dinge betref, het hulle dieselfde gewoontes as die mense wat daar woon. En tog is de manier waarop hulle lewe wonderlik en eenvoudig buitengewoon!


tog is die manier waarop hulle lewe wonderlik en eenvoudig bui-tengewoon: In die vorige hoofstukke het die skrywer vir Diognetus probeer oorreed om 'n Christen te word deur vir hom te wys hoe onnosel dit is om die gode te aanbid. In herdie hoofstuk gebruik hy 'n ander argument: die voorbeeldige manier waarop die Christene geleef het. 'n Mens kry hierdie gedagte ook in die Nuwe Testament. (Kyk Matt 5:I6; 1 Tess 4:12; KoU:5; 1 Pet 2:12, 3:1 en Tit 2:5.)

5:5 Hulle bly in hulle eie vaderlande, maar asof hulle buitelanders is. Soos goeie burgers neem hulle aan alles deel, en tog moet hulle baie swaarkry verduur asof hulle vreemdelinge is. Enige vreemde land kan hulle va-derland wees, en tog is enige vaderland vir hulle soos 'n vreemde land.
5:6 Hulle trou soos al die ander mense; hulle kry kinders, maar hulle raak nie van hulle kinders ontslae nie.


hulle raak nie van hule kinders ontslae nie: Die skrywer praat van die gebruik wat destyds bestaan het dat misvormde of ongewenste babas doodgemaak is of iewers (byvoorbeeld op die ashope) neer-gesit is om dood te gaan. Vir die Christene was so iets heeltemal verkeerd. (Kyk ook Didag 2:2 en 5:2.)

5:7 Hulle deel hulle kos met mekaar, maar nie hulle huweliksmaats nie.
5:8 Hulle leef tussen ander mense, maar hulle doen nie die slegte dinge wat mense gewoonlik doen nie.
5:9 Hulle bly op die aarde, maar hulle is entlik burgers van die hemel.
5:10 Hulle kom die wette na wat hier op aarde ingestel is. In hulle eie lewens doen hulle selfs meer as wat die wette van hulle ver-wag.
5:11 Hulle is lief vir almal, en tog vervolg almal hulle.
5:12 Mense ken hulle nie regtig nie, en tog word hulle veroordeel. Hulle word doodgemaak, en tog kry hulle die lewe.
5:13 Hulle is arm, en tog maak hulle baie mense ryk. Hulle kom alles kort, en tog het hulle 'n oorvloed van dit wat regtig saak maak.
5:14 Niemand eer hulle nie, en tog gee God aan hulle eer. Mense s slegte dinge van hulle, en tog laat God aan hulle reg geskied.
5:15 Hulle word uitgeskel, en tog vra hulle vir God om goed te wees vir die mense wat hulle uitskel. Hulle word beledig, en tog het hulle eerbied vir die mense wat hulle beledig. Wanneer hulle goed doen, word hulle gestraf asof hulle kriminele is.
5:16 Wanneer hulle gestraf word, is hulle bly omdat hulle daardeur nuwe lewe kry.
5:17 Die Jode maak oorlog teen hulle asof hulle vreemdelinge is en die Grieke vervolg hulle, maar die mense wat hulle haat, kan nie 'n rede gee hoekom hulle so vyandig teenoor hulle is nie.


Die Christene en die wreld

6:1 Om dit kon te stel, dit wat die siel vir die liggaam is, is die Christene vir die wreld.
6:2 'n Mens se siel is orals in al die dele van jou liggaam. Net so is die Christene in al die stede van die wreld.
6:3 'n Mens se siel bly in jou liggaam, maar dit is nie self liggaam nie. Net so bly die Christene in die wreld, maar hulle is nie soos die wreld nie.
6:4 'n Siel kan nie gesien word nie, maar dit word binne die liggaam bewaar. Net so weet almal dat die Christene in die wreld is, maar hulle godsdiens kan nie gesien word nie.
6:5 Die siel het niks verkeerds aan die liggaam gedoen nie, maar die lig-gaam haat de siel en maak oorlog daarteen omdat die liggaam verhoed word om sy slegte begeertes uit te voer. Dit is dieselfde met die Christene. Hulle het niks verkeerds gedoen nie, maar die wreld haat hulle omdat hulle hulle verset teen die begeertes van die wreld.
6:6 Die liggaam en al die ledemate haat die siel, maar die siel het hulle lief. Dit is dieselfde met die Christene. Die ander mense haat hulle, maar hulle is lief vir die mense wat hulle haat.
6:7 Die siel is binne-in die liggaam toegesluit, maar die siel hou die liggaam aan die gang. Net so is die Christene toegesluit in die wreld asof dit 'n tronk is, maar hlle hou die wreld aan die gang.
6:8 Die siel is onsterf-lik, maar dit bly in 'n sterflike blyplek. Net so bly die Christene tussen goed wat tot niet gaan, terwyl hulle wag vir dit wat in die hemel is en nooit tot niet gaan nie.
6:9 Wanneer 'n siel sleg behandel word en min kry om te eet en te drink, word dit beter. Dit is dieselfde met die Christene. Wanneer hulle gestraf word, word hulle meer.
6:10 Ja, God het vir die Christene 'n geweldig belangrike taak gegee. Hulle mag nie daarvoor nee s nie.


God het vir Christus gestuur

7:1 Soos ek vroer ges het: dit wat vir die Christene gegee is om te glo, is nie 'n aardse uitvindsel nie. Dit is ook nie iets wat deur 'n sterflike mens uitgedink is en wat hulle reken hulle baie noukeurig moet oppas nie. Dit is ook nie net die beheer van 'n klomp menslike geheme wat aan hulle toevertrou is nie.
7:2 Nee, dit is regtig waar dat God wat alles kan doen en alles gemaak het en wat onsigbaar is, dit self laat begin het. Uit die hemel het Hy die Waarheid en die heilige, onbegryplike Woord onder die mense kom plant. Hy het dit in hulle harte gevestig. Hy het dit nie gedoen deur -soos 'n mens sou dink - 'n assistent na die mense te stuur, of 'n engel of 'n hemelse mag of iemand wat hier op aarde n beheer van sake is of iemand wat in beheer van hemelse sake is nie. Nee, God het die Ontwerper en die Argitek van die heelal self gestuur! Die Een deur wie Hy die hemele gemaak het, deur wie Hy die see se gebied vasgestel het, die Een wie se wette al die elemente noukeurig gehoorsaam, by wie die son die daaglikse skedule gekry het wat dit moet nakom, aan wie die maan gehoorsaam s as Hy dit opdrag gee om snags lig te maak, aan wie die sterre gehoorsaam is wanneer hulle die koers van die maan volg, die Een wat aan alles hulle plekke gegee en aan hulle grense gestel het, die Een wat alles aan Hom onderwerp het: die hemel en alles wat in die hemel is, die aarde en alles wat in die aarde is, die see en alles wat in die see is, vuur, lug, de onder-wreld, alles wat in die wreld daarbo en die wreld onder die aarde en op die aarde is. Dt is die Een wat God na die mense gestuur het!


die Ontwerper en Argitek van die heelal: Die skrywer praat van Christus. Die gedagte wat die skrywer deur hierdie pragtige gedag-tes oor Christus wil beklemtoon, is dat God die heelal deur Hom gemaak het. 'n Mens kry deselfde gedagte ook in die Nuwe Testa-ment, byvoorbeeld in Johannes 1:1-4, waar Christus ook die Woord genoem word. (Kyk ook 11 -2 in Die Brief aan Diognetus.) Hier in Die Brief aan Diognetus kan 'n mens sien dat die skrywer se idee van hoe die wreld gelyk het, dieselfde is as wat 'n mens in die Bybel kry, naamlik dat dit uit "dre verdiepings" bestaan, alles wat in die wreld daarbo en die wreld onder de aarde en op die aarde is. Hy praat ook van hemele Daar is destyds geglo dat die hemel uit 'n hele klomp hemele (drie, vyf, sewe of selfs tien "verdiepings") bestaan.

7:3 Het God Hom gestuur om - soos 'n mens sou dink - 'n tiran oor die mense te kom wees; hulle bang en angsbevange te kom maak?
7:4 Glad nie! Hy het Hom gestuur om vriendelik en sagmoedig te wees. Soos 'n koning sy seun stuur, so het God Hom as 'n Koning gestuur. Hy het Hom as God gestuur. Hy het Hom as 'n mens na mense toe gestuur. Ja, Hy het Hom gestuur om hulle te red en te oorreed, nie om hulle te dwing nie, want dit is nie in God se aard om mense te dwing nie.
7:5 God het Hom gestuur om mense te roep, nie om hulle te vervolg nie. Hy het Hom gestuur om lief te h, nie om te oordeel nie.
7:6 Ja, eendag sal God Hom wel stuur om te oordeel en wie sal dan sy wederkoms kan verduur? ...


'n Gedeelte van die oorspronklike teks het hier verlore ge-raak. Die meeste kenners dink dat dt nie 'n baie lang gedeelte is wat weg is nie. Wanneer die teks weer begin, praat die skrywer van die Christene se reaksie wanneer hulle vervolg word. Die eerste drie woorde hier onder is nie in die Griekse teks nie, maar word meestal deur kenners as korrek aanvaar.

7:7 Sien jy nie hoe hulle vir die wilde diere gegooi word sodat hulle moet ontken dat Jesus die Here is nie, maar hulle gee nie toe nie?
7:8 Sien jy nie hoe meer hulle gestraf word, hoe meer mense besluit om Christene te word nie?
7:9 Sulke dinge lyk nie na die werk van mense nie. Dit is die krag van God! Dit is alles bewyse dat Hy hier is!


Hoe God Homself bekend gemaak het

8:1 Was daar enige mens wat enigsins verstaan het hoe God is voordat Christus gekom het?
8:2 Of aanvaar jy die le en onnosel dinge wat die verwaande filosowe s? Party van hulle s God is vuur. (Eintlik noem sulke filosowe dit waarheen hulle self op pad is, "god"!) Ander filosowe s God is water, of een van die ander elemente wat deur Hom gemaak is.


vuur, water, elemente: Sommige van die filosowe het geglo alles wat bestaan, is saamgestel uit vier elemente: vuur. water, lug en grond. Die filosoof Heraklitus het geglo dat vuur die belangrikste element is, terwyl 'n ander filosoof, Tales, weer geglo het dat water die belangrikste element is. As die skrvwer van Die Brief aan Dioenetus s Eintlik noem sulke filosowe du waarheen hulle op pad is, "god", praat hy van die hel. Hy spot met die filosowe wat dink vuur is die heel belangrikste element. Hy s hulle is op pad na die groot vuur toe en hulle "eindbestemming" noem hulle "god"!

8:3 As enige van die dinge wat sulke filosowe s, waar is, kan 'n mens mos enigiets anders wat deur God gemaak is, ook as God beskou.
8:4 Nee, dit is alles sommer 'n klomp overblindery en bedrog van skelms!
8:5 Geen mens het God ooit gesien of vanself geken nie. God self het vir mense kom wys hoe Hy is.
8:6 Vr die mense wat in Hom glo, het Hy gewys hoe Hy is. Dt is die enigste moontlike manier om God te leer ken.
8:7 God is die Meester en die Maker van die heelal. Hy het alles gemaak en dit gerangskik soos wat Hy dit wou h. Hy was nie net vir die mense goed nie; Hy was ook baie geduldig met hulle.
8:8 S was Hy nog altyd; so is Hy en so sal Hy altyd wees: liefdevol en goed en nie haatdraend nie en waar. Ja, nt Hy is goed.
8:9 Hy het 'n groot plan bedink, 'n plan wat te won-derlk is om in woorde te beskryf. Di plan het Hy net vir sy Seun vertel.
8:10 So lank as wat God se wyse plan 'n geheim was en Hy dit vir Homself gehou het, het dit miskien gelyk of Hy ons ignoreer en glad nie in ons be-lang stel nie. "Maar toe het Hy sy plan bekend gemaak deur sy Seun vir wie Hy lief is, en gewys wat Hy van die begin af gereedgemaak het. Toe het Hy dit alles op een slag vir ons gegee. Ons het al die wonderlike dinge wat Hy vir ons gegee het, gekry. Ons het gesien en verstaan. Wie van ons sou dit ooit verwag het?


God se verlossingsplan

9:1 Alhoewel God self reeds alles saam met sy Seun beplan het, het Hy ons toegelaat om te doen wat ons wil totdat sy Seun na die wreld sou kom. Ons is meegesleur deur ons drange, heeltemal oorgegee aan ons sondige begeertes. God het dit beslis nie toegelaat omdat Hy bly was oor ons sonde nie, maar omdat Hy met ons geduldig was. Hy het nie daardie vorige tydperk van sonde goedgekeur nie. Nee, Hy was besig om 'n nuwe tydperk te skep: 'n tydperk waarin ons verhouding met Hom reg sou wees. Vr Christus gekom het, het die dinge wat ons self gedoen het, gewys dat ons nie goed genoeg is om die ewige lewe te kry nie. Maar toe was God goed vir ons; H het ons goed genoeg gemaak! Nadat ons vroer duidelik gewys het dat dit vir ons onmoontlik is om op ons eie in die koninkryk van God in te gaan, het God dit vir ons moontlik gemaak.
9:2 In die tyd vr Christus gekom het, het ons vreeslik baie sonde ge-doen, tot oorlopens toe. Dit was heeltemal duidelik dat straf en dood as gevolg van al die sonde ons voorland was. Maar toe het die nuwe tyd aangebreek - die tyd wat God bepaal het sodat Hy van toe af sy goedheid en krag kon wys. O, hoe ongelooflik goed en lief is God nie vir mense nie! Hy het ons nie gehaat of verwerp of 'n wrok teen ons gekoester nie! Nee, Hy was geduldig en verdraagsaam. Hy het ons jammer gekry en ons sonde op Hom geneem. Hy het sy eie Seun gegee om ons vry te koop, die Heilige vir di wat oortree, die Een wat nooit iets verkeerd gedoen het vir di wat aanmekaar verkeerd doen, die Onskuldige vr die skuldiges, die Een wat ewig is vir di wat net 'n rukkie lewe, die Een wat onsterflik is vir sterflike mense.
9:3 Ja, wat anders kon ons sonde uitwis as die Een wie se verhou-ding met God heeltemal reg was?
9:4 Deur wie anders kon ons - sondaars en goddeloses se - verhouding met God herstel word? Net deur die Seun van God!
9:5 Watter wonderlike ruil was dit nie! Watter onbegryplike daad nie! Watter onverwagte goedheid nie! Dat baie mense se sonde uitgewis is deur die Een wie se verhouding met God heeltemal reg was! Dat Hy baie slegte mense se verhouding met God herstel het!
9:6 In die tyd vr Christus gekom het, het God gewys dat ons geaardheid so is dat ons nie die ewige lewe kan kry nie. Maar nou het Hy die Verlosser gewys wat kn red, wat selfs gered het waar dit onmoontlik was. Omdat ons self nie die ewige lewe kon kry nie en omdat Hy vir ons die Verlosser gegee het, wil Hy h ons moet in sy goedheid glo. Ons moet aan Hom dink as die Een wat ons versorg, ons Vader, ons Onderwyser, ons Raadgewer, ons Dokter, ons Verstand, ons Lig, ons Trots, ons Eer, ons Krag, ons Lewe, die Een wat sorg dat ons ons nie hoef te bekommer oor klere en kos nie.


Hoe om 'n Christen te word

10:1 As jy ook graag hierdie geloof van die Christene wil aanvaar, moet jy heel eerste die Vader goed leer ken.
10:2 Jy moet weet: God was lief vir die rnense. Ter wille van hlle het Hy die wreld gemaak. Vir hulle het Hy in beheer gestel van alles op aarde. Aan hulle het Hy logika en verstand gegee. Net vir hulle het Hy die vermo gegee om na Hom op te sien. Vir hulle het Hy na sy beeld gemaak. Na hulle het Hy sy unieke Seun gestuur. Aan hulle het Hy die koninkryk beloof wat in die hemel is en Hy sal dit vir di gee wat vir Hom lief is.
10:3 As jy dit alles begryp, kan jy dink hoe ongelooflik bly jy daaroor sal wees? Of hoe lief jy vir Hom sal wees wat eerste vir jou op so 'n wonder-like manier liefgehad het?
10:4 Wanneer jy Hom liefhet, sal jy Hom begin naboots en begin goed wees vir ander mense. Moenie verbaas wees as ek s 'n mens kan vir God naboots nie. Dit is moontlik omdat God wil h dit moet gebeur.
10:5 Om gelukkig te wees beteken nie om oor ander mense baas te speel nie; ook nie om meer te wil h as die mense wat swakker is as jy nie; ook nie om ryk te wees en om die mag te h om jou minderes te onderdruk nie. Nee, dit is nie hoe 'n mens vir God kan naboots nie. Sulke dinge pas glad nie by sy Koningskap nie.
10:6 Mense wat vir God naboots, tree heeltemal anders op: hulle help ander mense wanneer hulle swaarkry. Wanneer hulle goed daaraan toe is, is hulle gewillig om di wat minder het, te help. Wanneer ander mense iets nodig het, gee hulle vir hulle van die goed wat hulle self by God gekry het. Hulle word as't ware God vir daardie mense.
10:7 Wanneer jy God werklik leer ken het, sal jy besef dat Hy in die hemel woon, alhoewel jy nog op die aarde is. Dan sal jy die geheime van God vir ander mense begin vertel. Dan sal jy lief wees en respek h vir die mense wat bereid is om gestraf te word omdat hulle weier om God te verlon. Dan sal jy die bedrog en foute van die wreld veroordeel. Hoekom? Want dan begryp jy hoe wonderlik lewe in die hemel regtig is en dink jy niks van die kamstige dood hier op aarde nie. Nee, dan is jy bang vir die regte dood - die dood wat wag op almal vir wie God sal oordeel om vir altyd in die vuur van die hel te brand, die vuur wat die mense wat daarin beland, vir altyd sal straf.
10:8 Dan sal jy die mense bewonder wat aan God gehoor-saam wil wees en daarom bereid is om hier op aarde 'n vuur te trotseer wat net vir 'n rukkie brand. Ja, wanneer jy besef daar is 'n ander, ewige vuur, sal jy dink mense wat bereid is om op aarde verbrand te word, is baie gelukkig...


sal jy dink mense wat bereid is om op aarde verbrand te word, is baie gelukkig: N hierdie woorde is daar 'n gaping in die teks. Hoeveel van die oorspronklike teks verlore geraak het, weet ons nie meer nie. Hoofstuk 11 en 12 was nie deel van die oorspronklike Brief aan Diognetus nie, maar is later bygevoeg


Christus se koms

11:1 Daar is niks vreemds aan dit wat ek sover geskryf het nie. Dit is ook nie onlogies nie. Nee, ek was 'n volgeling van die apostels en nou leer ek vir die heidene. Dit wat ek by die apostels gehoor het, leer ek op die regte manier vir almal wat volgelinge van die waarheid geword het.
11:2 Ja, almal wat reg geleer is en lief geraak het vir Christus, die Woord, probeer mos so goed moontlik die dinge leer wat Hy so duidelik vir sy dis-sipels kom vertel het.


Christus, die Woord: Die skrywer gebruik hier 'n gedagte wat 'n mens ook in die Johannesevangelie (1:1-18) kry. Daar word Christus ook die Woord genoem. Daarmee word bedoel dat Hy die beste manier is waardeur God met die mense gekommunikeer het.

Ja, die Woord het aan die dissipels verskyn en vir hulle van God kom vertel. Hy het reguit met hulle gepraat. Di wat nie wou glo nie, het dit nie verstaan nie, maar Hy het dit vir sy dissipels vertel. Hy het hulle as betrou-baar beskou en hulle het die geheime van die Vader leer ken.
11:3 Dit is juis hoekom die Vader die Woord gestuur het om in die wreld te verskyn. Die Jode het Hom geminag, maar die apostels het oor Hom gepreek en die heidene het in Hom geglo.
11:4 Hy was reeds van die begin af daar. Toe Hy na die aarde gekom het, was Hy nuut en tog het dit geblyk dat Hy oud was. Maar Hy is ook nuut, want Hy word nuut in die harte van God se mense gebore.
11:5 Hy is die ewige Een wat nou as die Seun beskou word. Hy maak die kerk regtig ryk. Hy laat gedurig God se goedheid vir sy mense meer en meer word. Hy gee insig, Hy maak geheime bekend, kondig nuwe tye aan, en is bly oor almal wat glo. Hy word gegee aan almal wat Hom soek: hulle wat nie hulle geloofsbeloftes verbreek nie en wat glo soos die Christene voor hulle geglo het.


hulle wat nie hulle geloofsbeloftes verbreek nie: Dit is nie seker watter Griekse woord in die teks gelees moet word nie. Die een moontlikheid is "beloftes". Dan staan daar letterlik "die beloftes van geloof". As di vertaling reg is, dink die skrywer waarskynlik aan die beloftes wat die Christene by hulle doop afgel het. Die ander moontlikheid is dat die Griekse woord wat gelees moet word, "grense" is. Dan praat die skrywer van mense wat binne die "grense van die geloof" bly. wat glo soos die Chrstene voor hulle geglo het: 'n Mens kan hieruit sien die skrywer wil nie h die lesers moet allerhande verkeerde dinge glo nie. Daarom beklemtoon hy dat hulle dieselfde dinge as die Christene voor hulle (letterlik "die vaders") moet glo.

11:6 Dan word gesing oor respek vir die wet; die genade waarvan die pro-fete gepraat het, word verstaan; die betroubaarheid van die Evangelies word bevestig; dit wat die apostels geleer het, word bewaar; en daar word feesgevier oor God se goedheid vir die kerk.
11:7 As jy nie God se goedheid verwerp nie, sal jy verstaan wat Christus, die Woord, vir jou s deur die mense wat Hy kies en wat Hy gebruik om met jou te praat wanneer Hy wil.
11:8 Dit is die Woord wat my opdrag gegee het om met julle te praat. Omdat Hy wou h ek moet met julle praat, het ek gevoel ek moet die dinge met julle deel, al sukkel ek om dit goed te doen. Ek doen dit uit liefde vir dit wat God aan my bekend gemaak het.


Kennis en lewe

12:1 As julle al hierdie dinge lees en aandagtig daarna luister, sal julle uitvind wat God alles vir die mense gee wat Hom op die regte ma-nier liefhet. Hulle word 'n heerlike paradys; hulle laat groei elkeen binne-in hulleself 'n vrugbare boom vol vrugte, 'n boom versier met allerhande vrugte.


Hulle word 'n heerlike paradys: Die skrywer dink aan die Tuin van Eden waarvan in Genesis 2 en 3 gepraat word. Hy maak dit nou van toepassing op sy lesers. As hulle die dinge glo wat in die brief staan, word hulle soos 'n pragtige boom in die paradys. In die volgende verse gebruik hy dieselfde agtergrond, maar dan beklemtoon hy dat daar twee bome in die Tuin van Eden was: die boom van die lewe en die boom van kennis. Vir hom is al twee hierdie bome belangrik, want hy lei daaruit af dat dit wys dat "lewe" en "kennis" aan mekaar verbind is. Dit wys weer hoe belangrik kennis is.

12:2 In hierdie tuin is de boom van lewe en die boom van kennis geplant. Maar onthou, dit is nie die boom van kennis wat die dood veroorsaak nie. Dit is ongehoorsaamheid wat die dood veroorsaak.
12:3 Ja, die boodskap van dit wat in Genesis geskryf staan, is baie duidelik. Daar staan dat God in die begin 'n boom van kennis en 'n boom van lewe in die middel van die paradys geplant het. Dit wys dat 'n mens ware lewe deur kennis kry. Maar omdat Adam en Eva dit met verkeerde bedoelings gebruik het, is hulle deur die slang mislei en ontbloot.
12:4 Ja, sonder kennis is daar nie lewe nie, en sonder ware lewe is daar nie regtig kennis nie. Dit is hoekom die twee bome naby mekaar geplant is.
12:5 Die apostel Paulus het besef hoe belangrik hierdie gedagte is. Daarom skryf hy: "Kennis maak mense verwaand, maar liefde bou op." Daarmee bedoel hy dat dit verkeerd is om kennis los te maak van die waarheid van die opdrag wat 'n mens na die lewe lei.
12:6 Mense wat dink hulle weet alles, maar die kennis wat hulle het, is nie regtig kennis nie en is nie deur die lewe eg bewys nie, weet eintlik niks. Hulle word deur die slang mislei en het nie die lewe lief nie. Maar die mense wat volle kennis het en vir God respek het en na die ware lewe soek, is soos mense wat iets plant en hoopvol vorentoe kyk na die vrugte wat op pad is.
12:7 Kennis moet vir jou wees soos jou hart wat klop en jou aan die lewe hou. Jy moet God se boodskap oor die waarheid regtig begryp. Dit moet vir jou die lewe wees!
12:8 As dt die boom is wat jy laat groei en die vrugte wat jy pluk, sal God altyd vir jou goeie dinge gee, dinge waarvan Hyself hou. Die slang kan nie daaraan raak nie. Bedrog kan dit nie laat sleg word nie. Dn word Eva nie verlei nie; inteendeel, die maagd kan vertrou word.
12:9 Dan weet mense wat verlossing beteken, apostels kry insig, die Paas-fees van die Here kom nader, die laaste dae breek aan en word saam-gevoeg met dit wat n hierdie wreld aanbreek. Dan is dit vir Christus, die Woord, lekker om God se mense te leer, Hy wat die Vader prys. Hm prys ons vir altyd! Amen.