PDA

View Full Version : Kerke hoef nie te sluit nie



Stefanus
16th June 2009, 22:20
Kerke hoef nie te sluit nie


Wat is almal so bekommerd oor die kommuniste wat nou in die regering is?

Wat my meer bekommer is die kapitaliste wat die staatskas leeg probeer steel. Daagliks is daar in die media nuus oor korrupte praktyke en daagliks probeer die Zuma-regering ons wysmaak dat hy korrupsie met alle mag en mening gaan beveg.

Die probleem met korrupsie is hoe dit 地 nasionale sport geword het. Moenie my vertel mense wonder nie waar kom iemand skielik aan 地 blinknuwe Duitse motor of waarom kan 地 staatsamptenaar skielik bekostig om sy kind in die duurste private skool te sit nie.

Die ANC het nog altyd hoog opgegee oor sy waardes maar dit is blykbaar net overblindery, want dit is nie net 地 paar vrot appels nie die hele boord is vol vrot appels.

En wat dit erger maak, is dat dit ten koste van arm mense is wat maar te getrou hul kruisies gaan trek en op busse gelaai word om politieke vergaderings by te woon.

Dieselfde mense wat tussen sinkplate gewoon het in die ou Suid-Afrika en steeds daar woon in die nuwe Suid-Afrika. Hulle het nie geld om 靡ens 地 amptenaar om te koop om hoog genoeg op 地 waglys te kom nie.

Die metropolisie en die polisie word gesien as die beste plekke om jou inkomste aan te vul. Jy kry 地 uniform en dit is jou lisensie om gewone burgers af te dreig en te besteel want die aanvaarding van omkoopgeld is net 地 versagte vorm van diefstal.

Die Mbeki-regering was waarskynlik die mees korrupte wat Suid-Afrika ng gehad het, waarskynlik omdat hulle nie baie suksesvol was om dit toe te smeer nie. Is dit omdat mense wat geen idee van die bestuur van openbare geld het nie in sulke poste aangestel is?

En om nie te praat van wit staatsamptenare wat gemeen het 塗ierdie is nie my regering nie, so wat gee 駝 om.

Ons leef nou in 地 tyd waarin mense wat bloot hul werk doen, beloon word. Dit ondanks programme van miljoene rande om beter dienslewering in die staatsdiens te bevorder.

Daagliks is daar verhale van hoe mense in staatshospitale behandel word. Ja, nie almal kla nie, maar die soort verhale wat vertel word is nie gewone klagtes oor klintediens nie. Dit gaan oor swak dienslewering en g鳬n dienslewering wat mense se lewe kos. En dit is mos wat die kommuniste vir ons wil gee: dienslewering vir almal.

Maar dit het ook weer 地 paar voorwaardes aan verbonde. Wat help dit ons het almal toegang tot dienslewering, maar dit is vrot?

Kyk maar na staatskole. Dis gratis en daar is onderwysers, maar daar is geen gehalte-opvoeding nie. As jy gehalte wil h, moet jy ten duurste daarvoor betaal.

地 Onderwysstelsel wat aan ons almal daardie gehalte belowe, gaan te duur wees. 地 Gesondheidstelsel wat aan ons almal gehalte- mediese sorg beloof, is onbekostigbaar duur.

Maar kom ons gee voor ons het genoeg geld en staatsamptenare steel dit nie meer nie. Het ons die mensemateriaal in Suid-Afrika om hierdie dienslewering moontlik te maak? Ek bedoel nie daarmee die teruglok van mense wat vir 地 pot lensiesop weg is nie. Die vraag is: Het ons genoeg kwaliteit-mense in die land wat die moeite werd is om op te lei en wat nie by die eerste geleentheid hul vingers in die kas?register gaan druk nie?

En as ons nie daardie mense het nie, wat s dit van ons as gemeenskap?

Dit het in Suid-Afrika sosiaal aanvaarbaar geword om oornag-rykdom te gryp ten koste van ander mense. Jou waarde in die samelewing word beraam op grond van jou aardse besittings en dit maak nie saak hoe jy dit bekom het nie.

Die beskuldiging was altyd dat die kommuniste kerke gaan sluit en godsdiens onwettig gaan maak. In 地 land wat homself as Christelik beskou en waar dit so korrup gaan het die kommuniste nie eens nodig om dit te doen nie.

Jun 16 2009 05:11:16:323PM - (SA)
Beeld-forum (http://jv.news24.com/Beeld/Opinie/Rubrieke/0,,3-2085-66_2530111,00.html)
Andries Cornelissen