PDA

View Full Version : God is anders, s Drie-eenheidsleer



Carel van Heerden
18th June 2009, 11:44
God is anders, s Drie-eenheidsleer

Beeld Jun 17 2009 10:39:29:173PM - (SA)

http://www.wendag.com/forum/picture.php?albumid=38&pictureid=139
Die vreemde leer dat God drie-enig is, is weer onder bespreking. Daar was selfs mense wat dit belaglik wou maak met sommetjies soos 1+1+1=1.

Maar die ou kerkvaders was darem nou ook nie bobbejane nie.

Di leer staan nie in die Bybel nie. Dit is n poging in later eeue om dinge wat die Christene in die Bybel gekry het, te probeer verduidelik. Die woorde wat hulle oor God gebruik het, een Wese en drie Persone, is Grieks-filosofiese terme wat ook nie in die Bybel voorkom nie.

Dit beteken dat ons waarskynlik kan aanvaar dat ons nooit presies hierdie formulering sou gehad het as die evangelie byvoorbeeld deur Afrika, en nie deur Griekeland nie, na die res van die wreld gegaan het. Die meeste Afrika-tale het nie woorde vir sulke onderskeidings nie.

Is di vreemde leer dan in die geheel nodig? Nee, nie regtig in presies hierdie vorm nie. Maar ons het wel iets nodig om belangrike dinge wat ons in die Bybel kry, te probeer verduidelik. Die vroe Christene het dit nie vir die grap gedoen nie.

As dit nie vir die Nuwe Testament was nie, sou ons nie hierdie leer gekry het nie. Die ortodokse Jode ken dit nie. Hulle glo daar is net een ware God en klaar. Dit kry hulle duidelik in die Ou Testament, hulle Bybel.

Maar toe het Jesus gekom. En geleidelik beleef die mense om Hom dat Hy meer is as net n gewone mens. Hy het n unieke verhouding met God.

Om dit te probeer uitdruk, noem hulle Hom later Here en hier en daar word selfs na Hom as God verwys. Veral Johannes doen dit graag, maar ook Paulus (Joh. 1:1,18; 5:18; 20:28; 1 Joh. 5:20; Rom. 9:5).

Verder het die titel Here vir Jesus ook hierdie ho betekenis. In die Ou Testament is God se Naam Here (Jahwe), en in die Nuwe Testament verklaar Paulus dan dat God hierdie Naam aan Jesus gegee het (die Naam wat bo elke Naam is Fil. 2:9).

Net soos God die Vader is Jesus dus ook God en Here. Skynbaar het hulle bedoel dat Hy gelyk is aan God die Vader (Joh. 10:30; 14:9).

Maar intussen het hulle bly vashou aan die boodskap van die Ou Testament dat daar net n ware God is. Skynbaar het hulle dit toe s verstaan dat daar in hierdie een God n soort meervoudigheid is.

Dis natuurlik anders as n mens. n Enkele mens is net een, enkelvoudig. Maar God is anders. En hulle het hiervoor woorde gesoek. Hulle wou tegelyk die eenheid en die meervoudigheid van God probeer uitdruk, die feit dat daar net een God is, maar dat drie verskillendes God genoem word.

Aanvanklik het dit net oor die verhouding tussen Jesus en die Vader gegaan, maar later het die verhouding van die Gees tot die Vader ook bygekom.

En omdat ook die Gees in die Nuwe Testament met goddelike terme bely word (onder meer Here in 2 Kor 3:18), het Hy deel geword van hul poging: ook Hy het n unieke verhouding met die Vader.

Uiteindelik het hulle gekies vir die formule dat God een Wese is, maar drie Persone.

Hiermee wou hulle niks meer s as wat hulle in die Bybel gekry het nie: Daar is net een God, maar tog word die Vader n Jesus n die Gees God genoem en aan mekaar gelyk gestel.

Ek is nie seker presies watter probleme mense alles hiermee het nie. Natuurlik kan n mens die verhouding tussen die drie ook anders probeer uitdruk, maar as Christene wil ons graag getrou bly aan wat ons in die Bybel kry, en dit is dat daar net een ware God is, maar dat sowel die Vader as die Seun en die Gees God en Here genoem word.

Kan n mens dit verstaan? Wat beteken verstaan in hierdie verband? Ek weet en verstaan dat mense nie so is nie. En ek weet en verstaan dat daar gegewens in die Bybel is wat my in di rigting laat dink, nes die vroe Christene.

Ons kan in ek geval net in menslike taal oor God praat, en di wat dit in die Bybel gedoen het, het dit goed gedoen. En ek volg hulle graag hierin.

En ek is nie te bekommerd dat dit op n vreemde formule uitgeloop het nie. God is darem seker n bietjie anders as waaraan ons gewoond is.

Prof. Adrio Knig is n sistematiese teoloog.