PDA

View Full Version : Jesus se volgelinge het anders oor liggaam gedink



Die Ou Man
13th July 2009, 09:14
Jesus se volgelinge het anders oor liggaam gedink Ė teoloog

Jul 12 2009
Neels Jackson

Hedendaagse debatte oor die opstanding van Jesus Christus mis die punt, onder meer omdat mense nie verstaan hoe daar in Bybelse tye oor ín liggaam gedink is nie.

Dit was gister die boodskap van prof. Pieter Craffert, Nuwe Testamentikus van Unisa, op ín byeenkoms van die Nuwe Hervorming Netwerk in Midrand.

Hy het gesÍ ingevolge die fisika van die tyd het Jesus se eerste volgelinge gedink ín liggaam, soos alles anders, is uit ín kombinasie van aarde, water, lug en vuur saamgestel.

ín Liggaam kon uit verskillende kombinasies daarvan bestaan, ook uit lug.

Liggame kon deur geeste beset word, voorouers kon in ín liggaam intrek en lewe nŠ die dood is algemeen aanvaar.

ďDus: Jesus het in ín liggaam opgestaan wat volgens hul begrip gekonstrueer was.Ē

Craffert het ook daarop gewys dat drome en visioene algemene ervarings was waardeur mense (op die manier wat hulle die wÍreld begryp het) gesaghebbende inligting oor die wÍreld kon kry.

As ín mens die Bybelse tekste teen diť agtergrond lees, is dit volgens Craffert duidelik Jesus het in ín eerste-eeuse liggaam opgestaan op grond van die visioenÍre ervaringe wat sy volgelinge gehad het en in ooreenstemming met hul nadoodse sieninge.

Craffert het gesÍ hoewel ín mens hul sieninge uit ín kultuur-sensitiewe oogpunt kan verstaan, hoef ín mens nie daardie sieninge te deel nie. Dis byvoorbeeld baie moeilik om vandag met hul siening van ín liggaam saam te stem.

Die kerk het deur die eeue die getuienis oor die opstanding geglo en verkondig, maar dit nooit probeer bewys nie, het Craffert gesÍ.

In die agttiende eeu, toe dit belangrik geword het om dinge logies te deurdink, het die fokus na ín moderne, letterlike begrip van die tekste verskuif.

Dit is teen diť agtergrond dat mense nou debatteer oor of Jesus werklik liggaamlik uit die dood opgestaan het.

Konserwatiewe teoloŽ wil bewys Jesus het wel uit die dood opgestaan terwyl kritiese teoloŽ die teendeel wil bewys, sÍ Craffert. Albei diť groepe mis volgens hom die punt omdat hulle nie begrip toon vir die manier waarop Jesus se eerste volgelinge die boodskap van die opstanding verstaan het nie.

Uit Beeld (http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2538147,00.html)