PDA

View Full Version : My Intree-rede As Boer



Carel van Heerden
25th July 2009, 16:27
MY INTREE-REDE AS BOER

n Terugblik op n mens se lewe tot op datum lewer hoogte- sowel as laagtepunte op veral as die lewenspad n ent geloop is. Gelukkig sevier die aantal hoogtepunte oor di van die laagtepunte. Die verskynsel kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat n mens se brein liewer die laagtepunte wil uitfasseer deur dit te onderdruk, en dan eerder die hoogtepunte te beklemtoon en dit te onthou. Ander weer weet te vertel dat dit bewerkstellig word deur n positiewe lewenshouding. Die positiewe word versterk en die negatiewe sodoende gelimineer. Dit lyk dus na n kwessie van f die een, f die ander, met die een (positiewe) altyd die dominante (dankie tog daarvoor!). Die negatiewe en die positiewe word gevolglik nie as karperde ingespan nie.

Een van die groot seuns wat di vasteland opgelewer het en wat president van sy land geword het, Paul Kruger, het meer as n eeu terug ges n mens moet die goeie (seker ook hoogtepunte) uit die verlede neem en die toekoms daarop bou.

My intree-rede as boer is egter die uitsondering. Nie net draai dit bogenoemde gesegde op sy kop nie, maar dien dit ook as n inkleurpotlood, n swarte nogal verbeel jou! Hoe so?, kan jy vra. Laat ek verduidelik.

Om na 53 jaar se gewag, gespaar en gesukkel uiteindelik n plaas te kon koop, is n besondere hoogtepunt! Nie net moes jy jou vier kinders deur die skoolbanke raas, soebat en dreig nie, maar het die tersire opleiding van hulle ook n gat in jou sak gelaat wat heelwat vindingrykheid gekos het om toe te stop. Die hartsbegeerte van n eie plaas, het net dit gebly n begeerte van die hart. Die drome van n oes op die lande was om die minste te s n misoes. Beeste wat bulk en kalwers kry, sommer tweelinge op n slag, was n lugkasteel wat ek kwalik kon bekostig om te verf. Sien nou wat ek bedoel? Al die laagtepunte en gesukkel word vervang deur net EEN HOOGTEPUNT, naamlik die koop van n plaas, uiteindelik!

Hier in die helfte van Augustusmaand met kaart en transport in die sak, word die plaas versigtig ontleed om te bepaal waar wat gedoen gaan word en wanneer. Beplanning eerste en dan later die begroting. Die staptog vir di kliniese analise begin op die werf. Die ou plaasopstal uit die jare toet in die vorige eeu word vervang deur die woorde: aandag benodig aan PLAASopstal. Die klem val natuurlik op die plaas en nie op die stal gedeelte nie. So lewer die woonhuis van klip en modder en lekkende dak nie veel van n probleem nie.

Die afdak vir die implimente is ook nie problematies nie. Die skewe klipmuur (darem met sement gebou) met die halfvoltooide dak wat geleidelik besig is om nader aan die vloer te beweeg, is in wese n vulletjie om reg te maak. Die afgebreekte melkstal waarvan die klippe elders diens doen, kan met die nodige aandag weer gerehabiliteer word. Die onkruid op die werf? Wel, n skoffelpik verrig wondere.

So stap ek en dagdroom myself die toekoms in. Dit wil nou s, tot ek by die kamp voor by die huis kom. Hierdie kamp het redelike draad om die lyf en sal n groterige bees kan binne hou. Daar is nogal kikijoe gras in die kamp! Die onkruid staan welig en waai in die ligte windjie. Klippe l orals verstrooi. Nee, genoeg is genoeg. Hierdie kamp verg daadwerklike aandag, en sommer nou dadelik.

My arbeidsmag word opgekommandeer. Die is die ouerige swartman wat die plaas soort van opgepas het terwyl die oordrag van die kooptransaksie iewers l en stof opgaar het. Terstond word verduidelik dat ons hierdie kamp moet gereedkry vir, as ons beeste aankoop. (hoekom n mens altyd die woord ons gebruik as jy eintlik bedoel jy of iemand anders, weet ek nog nie so mooi nie). Praat nie eers van die gebruik van die meervoud by bees nie. My fondse op daardie stadium kon nie eers n uitskot-kalf hanteer nie.

So ges so gedaan. Alle rondl klippe word saamgesnoer op n hoop. Een hoop onder by die spruit, die ander langs die draad naby die pad ensomeer. Die dag vlieg vinnig verby. Di aand sit ek so in my alleenheid op die gekraakte stoep. Ek stoot my voete behaaglik voorentoe. Dit is mos hoe dinge gedoen word. Ek is nou volwaardig boer. Wat n hoogtepunt!

Die volgende oggend besluit ek dat die kamp gebrand moet word. Effe uit koers uit met my aanvanklike beplanning, maar nietemin. Ek oortuig myself dat as ek nou brand, kan die onkruidsaad en ander goeters soos bosluise en diesmeer die ewigheid ingestuur word. My arbeid word bevorder tot brandbeampte, n taak soos dit later sal blyk, getrou tot die letter uitgevoer is.

Eers word opgeskote blackwattle-takke afgebreek om die vlamme op hul plek te hou. Dan met groot omsigtigheid word die lang grasse aan die brand gesteek. My brandbeampte neem n klomp dro gras wat hy gepluk het en trek n mooi vlammestreep teen die lyndraad af. Nou moet die vlamme net geklits word as hulle in die verkeerde rigting loop speel. Alles gaan goed. Waar die dro lang gras verbrand het, verskyn ander rondl klippe, reg vir die oes en vervoer na hulle onderskeie hope. Die losloper vlamme word vinnig terug gesnoei indien hulle grense oorskry. Die onkruid bly die oordeel nie gespaar nie en klap en knetter behoorlik in die vlammehel. Glimlaggend beskou ek hierdie skoonmaak proses. Ja, om boer te wees, is n voorreg.

Augustusmaand, so onvoorspelbaar soos hy is wat winde betref, laat van hom hoor. Eers geleidelik begin die windspoed toeneem. My beampte en ek begin al meer verwilderd na die vlamme slaan wat teen hierdie tyd al n redelike afstand geplaas het tussen van wat mag en wat nie mag nie. Nou, of Satan n gaping in my onkunde gesien het weet ek nie. Wat ek wel weet is dat die windspoed dramaties toegeneem het. Die vlamme se hittewaarde het saamgespeel en my brandbeampte en ek het verslae toegekyk hoe die vlamme op hol gaan sonder dat ons daar naby kon kom. Waar die wind die sterkste was, het die vlamme sommer bo-op die gras kortpad na die buurplaas gevat. Ja, met so n skerp punt het dit vooruit gebrand. Die ander vlamme wat nie in die verleentheid gestel wou word nie, ewe vinnig agterna. Die rookwolke het met n hoek hemelwaarts beweeg. Wat n laagtepunt!

Daar was nou geen keer meer nie. Dalk sal die rivier die vuur van die buurplaas wegkeer. Alles tervegeefs. Die vlamme se geknetter was op ongeveer n kilometer nog duidelik hoorbaar. Wat nou?

Seker so n halfuur later daag n persoon met n trekker en n waterkar agteraan, by die plaas op. Kom help! skreeu hy terwyl hy die lyndraad knip en die trekker in die rigting stuur waar die vuur sukkel om teen die sterk wind in te brand. Neem die punt van die slang en spuit! Ek skakel die pomp aan Verdwaasd wonder ek wat die slang is toe die volgende opdrag deurkom: Die dragline, man die hosepipe. Nou verstaan ek. Die slang is om n tol gerol. Vinnig rol ek dit af en spuit. Dan bo-oor die vlamme, dan onder die vlamme. Uiteindelik begin ek verstaan hoe en om waar te spuit. Jy spuit reg as die vlamme doodgaan. Dit is eers n entjie aan die bokant van die vlam die gras word nat en die vlam neem af in intensiteit. Dan op die vlam se voete. Jy sny die suurstoftoevoer af en maak die gras verder nat. Ten slotte op die vlam (of dit wat oorbly) om te verseker hy is rerig dood. Vlamme het die neiging om glo weer te herleef.

So beweeg ons al teen die brand af, meter vir meter word die vlamme geblus. Die laaste vlamme wat teen die wind op gebrand het, word teen die rivier vernietig. Ons keer huistoe. Ek diep dankbaar en verskrik. Wat n laagtepunt!

Die buurman word binnegenooi vir koffie nadat ons onsself voorgestel het. Boere s nie maklik nee vir koffie nie. Ons gesels oor allerhande dinge. Ordentlike buurman soos my pa sou ges het: Dit is nou n witman. Geen woord word gerep oor die vuur nie. Na n tyd groet hy en ry. Die le waterkar hoppend agterna asof dit wil s: Ek het jou ges, ek het jou ges

Die vuur oorkant die die rivier het alreeds brandende oor die bult verdwyn. Die rooksuil verklap egter sy posisie. Ek maak asof ek niks daarvan weet nie.

Ek stap kombuis toe om die koppies te gaan was. Besluit om eers my hande, nog nie behoorlik skoon na die brandspuitery, n tweede kans te gun. Met die intap van die warmwater kyk ek op na die spiel bokant die wasbak. n Swart besmeerde gesig met verskrikte o staar terug. n Dubbele laagtepunt. Vandag het die negatiewe die positiewe by verre oorskry. Soveel negatiewe dinge op een dag, en dan nogal in kleur, was amper te veel vir my. Henry Ford het ges jy kan sy motors in enige kleur kry solank dit net swart is. Wel die vuur het sy kleur op my gesig gelaat, maar dit was niks in vergelyking met hoe die veld gelyk het nie. Henry Ford swart. Wonder of hy ook eers geboer het?

Sowat twee weke later daag my jongste seun Jaco by die plaas op. Die gebeure rondom die verskroeide aarde word versigtig vertel. Die positiewe aan my kant, die negatiewe word geskaar en voor die deur gel van die wind en dan die sondebok Satan.

Hy het die spulletjie so staan en kyk en s toe: Lyk my Pappa se intree-rede as boer was om die distrik af te brand. Geen wonder almal weet van Pappa nie Ek bly hom tot vandag toe n antwoord skuldig!

Carel