PDA

View Full Version : Hoe Glo Ons



Die Ou Man
25th August 2009, 17:19
Hoe Glo Ons

Deur: Waldor

Weergawe: 1

Daar is krag in ‘n onwrikbare oortuiging. Selfversekerdheid in ‘n onversetlike standpunt. ‘n Bevredigende berusting in ‘n geloof wat bevestigend is. Wanneer dit wat jy uit eie beweging diep bedink en aanvoel, later met die bekom van gevestigde maar versteekte kennis soos ‘n legkaart van verspreide feite, op die regte tyd, tot ‘n vaste harmoniese geheel inmekaarval - dán glo mens vas. Wanneer mens vas glo, is jy bereid om jouself heeltemal te gee – dan het jy ‘n lewensdoel, dan staan jy daarby en val jy daarby, dan vind jy aansluiting by wie en wat jy uit onveranderbare oorsprong is, en dan is jy bereid om te sterf daarvoor want jy behóórt onlosmaaklik daaraan. As jy nie iets het om voor te sterf nie, het jy niks om voor te lewe nie...

As kind het jy ‘n verskoning, want terwyl jy in jou wiegie lê is jou siel soos ‘n vars omgedolwe bedding waarin die ‘saaiers’ kan plant wat hulle wil en word jy sodoende blootgelê aan die toediening van al die kunsmis en water daarby. In die meeste gevalle is die tuiniers so gevestig en gemoeid met hul eie tuinbou, dat hulle jou omskep tot ‘n ‘kopie kweeksel’ in ‘n plaat uitheemse gesaaides. Om tuiniers te hê is nie verkeerd nie, mits hulle in voeling met die natuur, hul toediening ‘inheems’ hou...

Maar wanneer jy kan begin onderskei moet jy ondersoek instel na alles om jou. Veral vandag is die mens uiters bevoorreg omdat al die vorige eeue se navorsing en ontdekkings, gerugsteun deur ‘n progressief ontwikkelende tegnologie, tasbare en onbetwisbare feite vir ons op die tafel van die lewe lê. Hierdie tegnologie stel mens in staat om baie dinge wat in die verlede wasig versluier of versteek was, nou, nie net duidelik te kan sien nie, maar lê dit gedissekteer voor jou bloot en verskaf daarby ‘n vergrootglas waardeur jy daarna kan kyk. Onkunde aangaande sekere dinge waaroor daar aanvanklik bespiegel is, is lankal nie meer ‘n verskoning nie. Ons loop stiksienig soekend booor baie antwoorde wat blootgestel op ons weg lê, en stap kop onderstebo in die lewensgang by baie deure verby waaragter kamers vol antwoorde netjies geliasseer vir ons wag.

Dit is dan ongelukkig so, dat baie van die sleutel antwoorde en bepalende feite van die lewe verskuil lê agter vraagstukke en lewens aspekte wat normaalweg vermy word. Juis omdat hierdie aspekte versteek en taboe verklaar is deur diegene wat munt kon slaan uit spesifiek, die onkunde van die mensdom. Hier is die Roomse Kerk oftewel die Vatikaan die alleen skuldige. Daar kan nie getwyfel word dat die Roomse Kerk vir bykans twee duisend jaar bepaal het wat die mensdom mag of nie mag geweet het nie. En laat dit dan nou maar gesê word: Wat die Roomse Kerk gedoen en bepaal het, is wat Christendom in die breë dwarsoor die aarde en dwarsdeur die geskiedenis uitgeleef en versprei het. Die priesterlike hiërargie het die Christendom soos dit oorspronklik vir ons bedoel was, verander en omskep in ‘n dogma wat die mensdom afhanklik van die kerk moes hou. Ja, met ‘n hele wêreld en ‘n wye Godheid tot ons beskikking, het die kerkvaders ons voorouers in ‘n voorbedagte bedding geplant sodat ons nie eie vrug kon dra nie, maar moes produseer vir die priesterlike voortbestaan en gewin. Ons voorouers het so ‘voort geboer, of eerder ‘gesloer’ en eeu vir eeu bly plant in dieselfde bedding – maar grond bereik mos ‘n versadigingspunt, dan nie?

In praktyk kan mens nie jou geloof van jou totale wese skei nie. Alles waaruit en waarvoor en waardeur jy bestaan moet jou geloof komplimenteer, anders is jy in wese ‘n paradoks. Jou geloofsbeskouinge moet ‘n harmoniese geheel met jou lewensuitkyk vorm. Jy moet nie van die een inboet vir die ander nie. Daardie prinsiep dat die vlees en die gees vyande is, is een van die kerk se taktiese beginsels waardeur die mens weerhou word om die hoogtes te bereik wat uit die skepping vir hom bedoel en bestem is. Die vlees kan en moet die gees komplimenteer. God kan mos nie gebalanseerdheid en ‘n onberispelike orde in die natuur inbou en dan paradoksaal ‘n verwyderde vlees en gees saamstel in die mens wat sy hoogste skepping is nie.

Die heerlikste geestelike lekker is wanneer jy vroeg in die lewe sekere dinge bevraagteken en jou gees uit eie beweging sekere dinge oor die vraagstukke aan jou uitwys, en jy dan heelwat later ontdekkings maak dat dit wat jy gedink het inderdaad water dra. Dit is dan wat mens bevry word, wanneer die oogklappe afval, die kniehalter loskom en jy skierlik die deure in die gang raaksien en oral ingaan...

Wanneer jou oogklappe afval dan lees jy in ‘n andersins taboe kamer van die gang dat die reëls van die bergpredikasie wat mens so lank telkemale laat skuldig voel het oor jou aanhoudende geestelike struikeling en jou onwaardig laat voel het, inderdaad nie so eng vir jou bedoel was nie. Watter man of vrou kan sê dat hulle wanneer hulle ‘n pragtige produk van die teenoorgestelde geslag gesien het, daardie wese, al was dit vir ‘n vlietende oomblik, nie seksueel biologies waardeer het nie. Dat hulle oombliklik daardie biologies chemiese werklikheid wat deur die skepping self in hulle geplaas is, met die ‘geestelike’ swaard afgekap het. ‘n Impuls wat God self daar geplaas het word nou takties deur die kerk as ‘n hek na die hel voorgehou...”Maar ek sê vir jou dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreek gepleeg het...As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg... want dit is beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie” Dit mag dalk die woorde van Christus gewees het, maar ek het van my jongste puberteit daarmee gebots en kon nie verstaan hoe die boek “Sex Manners for Men” wat my ma in my hande geprop het, my mooi verduidelik dat ons bedeel is met instinkte wat natuurlik na ons toe kom, en dat daar verskillende maniere is om dit te respekteer en te hanteer...dat sekere drange ingebou is deur wie ons ook al ontwerp en saamgestel het. Dat die lus na en vir die teenoorgestelde geslag definitief nie ‘n inset of aanhitsing van die Duiwel is nie. Maar hoor tog hier wanneer die skrif in dieselfde bespreking aangaan...”En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af...” Hoe gelukkig is die manne wat linkshandig is! Ek wil sover gaan om te sê dat 99% mans met stompies sou rondloop nog voordat hulle mondig was indien hulle gehoor gegee het aan hierdie verdoemende reël, veral waar die ewige hel die alternatief is.

Maar, toe kos dit ‘n William Gayley Simpson in sy boek “Which Way Western Man” om my daarop te wys dat die bergpredikasie en al die mens onuitvoerbare, godsonmoontlike , hel verdoemende reëls net vir die priesters bedoel is: “En toe hy die skare sien, het hy op die berg geklim; en nadat hy gaan sit het, het sy dissipels na hom gekom; en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê...” Daar is nie met die skare gepraat nie, want die skare sou nie in staat wees om die reëls na te kom nie. Christus vertel die dissipels van saligheid en val dan in met... “Salig is júlle wanneer die mense júlle beledig...” (my klem op die ‘julle’), en so gaan dit verder dwarsdeur die bergpredikasie voort met die “...Julle...” wat inderdaad net die dissipels is tot wie Jesus duidelik spreek.

Dan kos dit ‘n Friedrich Nietzsche om my verder daarop te wys dat die dominee sy klem verkeerd aan ons oorgedra het: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself...” Ek hoef nie uit te brei nie ons weet almal wat ons deur die eeue hiermee ingeprent is. Maar Nietzsche wys daarop dat Jesus hier duidelik sê dat liefde vir “jouself” ‘n voorvereiste is, en dit per implikasie dra ‘n baie diep en krag draende filosofie vir die mensdom uit.
As ons empiries in gedagte hou dat Konstantyn in 365 by Nicea vir suiwer politiese redes besluit het wat in die Bybel vervat moet word en wat nie, en ons dit in die lig sien van die werklikheid dat die kerk en predikers se magsbasis verder op ons onkunde aangaande hulle verdraaiings gebou is, dan sal ons verstaan wat Nietzsche verder bedoel oor die Christendom wat verkeerd aan ons voorgehou word:

“...It has waged a war to the death against this higher type of man, it has put all the deepest instincts of this type under its ban, it has developed its concept of evil, of the Evil One himself, out of these instincts – the strong man as the typical reprobate, the, ‘outcast among men’. Christianity has taken the part of all the weak, the low, the botched, it has made an ideal of antagonism to all the self preservative instincts of sound life; it has corrupted even the faculties of those natures that are intellectually most vigorous, by representing the highest intelectuall values as sinfull, as misleading, as full of temtation. The most lamentable example: the coruption of Pascal, who beleived that his intellect has been destroyed by original sin, whereas it was actually destroyed by Christianity”

Aan die spits van hierdie verdraaiings wat aan ons voorgehou word as ‘oorspronklike bedoelings’ van Christus, sit ons met die diaspora karakter wat skryf wat hy dínk Jesus bedoel het, en dan ‘n teorie daarom gebou het. Iemand wat ek deur Woes verbied is om by name te noem, het op die aand van 29 – 30 November 1944 by Bergtesgarten, amper profeties, dit gesê wat baie Bybelse navorsers vandag mee saamstem:

“Paul of Tarsus who was originally one of the most stubborn enemies of the Christians,suddenly realised the immense possibilities of using intelligently and for other ends, an idea which was exercising such great powers of fascination. He realised that the judicious exploitation of this idea among non-Jews would give him far greater power in the world than would the promise of material profit to the Jews themselves. It was then that the future St Paul distorted with diabolical cunning the Christian idea. On this idea which was a declaration of war on the golden calf, on the egotism and materialism of the Jews, he created a rallying point for slaves of all kinds against the élite, the masters of those in dominant authority. The religion created by Paul of Tarsus, which was later called Christianity, is nothing but the Communism of today”.

Inderdaad...die basis van die kommunisme is gebou op die waan van die begrip dat alle mense gelyk is en dat daardie regte ‘gratis’ en nie met ‘verdienste’ op die mensdom afforseer moet word. Die basis van ons eie geloof soos verdraai deur Paulus het die grondslag gevorm van die aanslag wat Kommunisme teen die Westerse wêreld gevoer het. Sal ons nie onthou wat Chris Hani, die destydse leier van die Kommunistiese party in ‘n onderhoud op SATV verklaar het toe hy gevra is hoe hulle dit reggekry het om ons Christelik nasionale basis te breek: “...You brought us the Bible, we turned it around and gave it back to you...” en hierby voeg Nietzsche by: “...Christianity is called the religion of pity. Pity stands in opposition to all the tonic passions that augment the energy of the feeling of aliveness: it is a depressant. A man loses power when he pities. Through pity that drain upon the strenth which suffering works is multiplied a thousandfold. Suffering is made contagious by pity...”

Jammerhartigheid, medelye, deernis en ontferming het uiteindelik sy deurslag dan ook in die ‘gelowige’ Suid Afrika gevind toe die kerk uiteindelik by die Cottesloeberaad in Rustenburg verklaar het dat “...apartheid ‘n sonde is...” en daarmee die soldaat uit ons nasie se gees verkwansel het en die laaste vesting van die werklike Christendom ter wille van die ware antichris vernietig het. Professor Adriaan Pont verklaar: “Opvallend was dat die meeste Afrikaanse kerklui wat met hul optrede en uitsprake die saak van die kommunisme bevorder het, in die koerante aangedui is as van die voorste teologiese denkers ter wêreld. So het in daardie dae die Roomse Bishops Conference met sy uitsprake nogal dikwels die indruk gegee dat hy ‘n propagandis van die SAKP se Politburo is. Die Anglikaanse Kerk het, veral met steun van die kommunistiese ampsdraers van die kerk in Engeland, die motor geword van die SACC wat in baie opsigte soos ‘n skildorganisasie van die SAKP opgetree het. Jare later het biskop Bill Burnett van die Anglikaanse Kerk en ‘n eertydse sekretaris van die SACC gesê dat hulle in daardie jare die boodskap van die Bybel verdraai het om hulle en die vyande van die beskaafde waardes te bevoordeel. Soos te verwagte het die opmerking nêrens eers ‘n winkbrou in die kerklike wêreld laat lig nie. Dit was tipies van die Engelse manier van doen: die teenstanders mag nie onderduims en agterbaks wees nie, maar die Engelsman is altyd bo alle kritiek verhewe”.

“In ieder geval, deel van die hele kommunistiese aanslag op die Afrikaner was dat in die Afrikaanse kerke, met die hulp van Cisa wat oor enorme groot hoeveelheid geld beskik het, ‘n vyfde kolonne gestig moes word om die Afrikaanse kerke te destabiliseer. Ook in hierdie geval was die invalspoort die Broederbond waar die linkse ampsdraers byna sonder verdenking kon saamsweer”.

“Terselfdertyd was die propaganda-aanval op die Afrikaner nie gering nie. Afgesien van die volgende aanvalle deur die Engelse koerante is daar ook vanuit Engeland en Amerika druk toegepas. Een van die merkwaardige propagandastukke was die British Council of Churches se publikasie "The future of South Africa". Daar word dit uitgespel hoe die kerke en Engeland verwag het dat die kerke in Suid-Afrika moet saamwerk om ‘n kommunistiese magsoorname moontlik te maak. Sommige dele van die boekie lees asof dit geskrywe is deur die propaganda-afdeling van die SAKP wat toe sy hoofkwartier in Londen gehad het”.

Maar bykans ‘n duisend jaar voordat die kerk vir ons in Rustenburg verraai het, het die aanslag reeds teen die Aries Germaanse gees begin aanslaan, toe die priesters met die ‘deug’ in begrippe soos nederigheid, onderdanigheid, vergifnis, barmhartigheid en gehoorsaamheid aan die kerk; oor die oorspronklike inherente waardes soos wêreldse eer, dapperheid, lojaliteit aan die gesin en die gemeenskap orde, die plig van wraakneming in sekere gevalle, die krygers etiek ens laat heers het, is ons viriele Germaanse siele gekaap. Die kryger vergelding-ideaal is vervang deur die liberaal-sosiale ideaal. Die ‘wêreld verwerping’ en pasifistiese neigings wat in die kerk se dogma gesetel was het soos ‘n kanker gevreet aan die wortel, aan die waardes waarvan ons lewens en behoud op aarde afgehang het, nog steeds afhang en vir ewig sal afhang.

Wie regverdig dit dat ‘n mens vir jou vyand moet bid? Of dat ek nie wraak kan neem indien ‘n pedofiel een van my pragtige kleinkinders onteer, of ek ‘n verkragter in die hande kry voor ons pap huidige polisie dit doen en ek hom stadig en pynlik na die duiwel toe aanhelp nie. Laat daar geen twyfel wees nie, my vyand, verkragters en pedofiele sal weet waarin ek glo en vanwaar ek kom en waarvoor ek staan indien ons paadjies ooit eendag kruis...

Die kerk het twee groot reële vyande en dit is die wetenskap en die natuur. Vir die priester is oorsaak en effek ‘n bedreiging vir sy beroep. Die wetenskap en die natuur en die mens dus, floreer onder ‘gunstige toestande’ – die mens moet tyd en ‘n oorvloedige intellek hê om dinge uit te kan vind en te kan weet ...Daarom moet die mens ongelukkig gehou word, want dit is waaruit die predikant se logika bestaan, en daarom speel ‘sonde’ so ‘n groot rol... Die konsep van skuld en straf vir sondes en baie van die morele reëls van die kerk, is daar gestel om die wetenskap teen te werk en te verhoed dat die mens van die priesters bevry kan word. Die mens moet die heeltyd ly, sodat hy al lydende, afhanklik van die predikant en die kerk moet wees en bly, hy blind moet staan vir die natuurwette en die wetenskap waarin God se werklike reëls en wil veranker is. Die natuur is die bloudruk van God se wil, eenvoudig, duidelik, ordelik en eksak.

Enige geloof wat nie uit die kollektiewe gees van ‘n spesifieke mensdom spruit nie sal die goue draad wat tussen daardie mensdom en die natuur bestaan vernietig en sodoende ook die verbintenis met die soort. ‘n Geloof wat alles, en veral die vyand en dit wat jou bedreig, ter wille van vrede omhels, vloek teen die reëls en wette van die skeppingsorde.

Jy moet lewe wat jy glo en glo hoe jy lewe. Enige afwyking, of verwatering na enige kant toe maak van jou ‘n huigelaar en ‘n lewende paradoks. Mens moet kant kies en klaarkry. Besluit waar jy hoort en waaraan jy jou gaan verbind en waarom. Jy moet jou vergewis van die empiriese feite en realiteite en die tekens om jou lees en besef. Dinge gebeur om ons en het al vir derduisende jare gebeur en gaan vir derduisende jare nog gebeur. Ons is op hierdie aarde nie alleen om die ‘hemel’ te beërwe nie, maar om die skepping te verheerlik in ‘n strewe tot die hoogtes wat die Godheid vir ons daar gestel het. Daar moet by ons ‘n begeerte wees om onsself soos ons ‘daar uitsien’ in God te verheerlik deur tot hom te groei en ontwikkel...

Ek sluit af met die paslike woorde van Nietzsche:

“Those who restrain desire, do so because theirs is weak enough to be restrained; and the restrainer or reason usurps its place and governs the unwilling.
“And beeing restrained, it by degrees becomes passive, till it is only the shadow of desire”

Ter wille van die wat reeds was en die wat nog moet kom, mag die wat is, wees wat hulle veronderstel is om te wees!

Bron (http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/57210_Hoe_Glo_Ons.htm)