PDA

View Full Version : Noag is net 'n storie, s prof



Die Ou Man
30th September 2009, 09:39
Noag is net n storie, s prof

Kirby van der Merwe

'n Terloopse opmerking van prof. Willie Esterhuyse dat hy nie glo Noag het regtig bestaan nie, het gister behoorlik die duiwel losgelaat.

Ene Elise, die eerste inbeller gisteroggend tydens die regstreekse uitsending van die Sol Plaatje-diskoersreeks op die RSG-program Praat saam, het haar bloedig vervies.

Sy het losgetrek met: Hoor hier, Freek (Robinson, die gespreksleier), daai man wat ges het hy is n ou gees en dat Noag nie bestaan nie, hy is nie n ou gees nie, hys n ou dwaas.

Robinson het vroer in sy inleiding tot die gesprek oor Leierskap: Is ons morele kompas in plek? grappenderwys aan Esterhuyse ges hy hoor di filosoof en lektor in sake-etiek aan die Universiteit van Stellenbosch se *sakeskool word deesdae n ou gees genoem.

Elise het nie net vir Esterhuyse figuurlik gesproke aan die strot gegryp nie, maar tot groot vermaak van baie debatgangers ook die dominees bygekom: Daai mense wat s hulle is leraars, God het my vyf jaar terug hel toe geneem en my gewys wat doen hy met sulke mense.

Ek skryf n profesieboek, al 20 jaar lank, en ek sal daai leraars en mense wat dink hulle is so slim uit hul stoele uit ruk vir die waarheid wat God my gewys het. Dis al wat ek wil s, dankie.

Buiten Esterhuyse het prof. Theo Venter, politieke ontleder en spesiale adviseur vir die rektor van die Noordwes-universiteit, die vraag oor moraliteit en leierskap onder die loep geneem.

Esterhuyse het ges geen samelewing kan goed funksioneer sonder n regsorde en n morele orde nie. En gevaarligte flikker wanneer moraliteit ondermyn word en die regsorde onder druk kom.

Venter het ges hoewel ons nog nie oor n krisis kan praat nie, is dit wel s dat die morele kodes wat destyds onder apartheid gefunksioneer het nie n 1994 kon funksioneer nie.

Dit moes plek maak vir n nuwe stel kodes.

Hy het ges die verwagting was dat dit n generasie sou neem om ?n nuwe manier te ontwikkel oor hoe ons dinge doen. Maar nou word ons gekonfronteer met di kwelvraag: Is dt nou die nuwe manier van dinge doen soos toe die regering die Dalai Lama toegang tot die land geweier het, of toe pres. Jacob Zuma hom op n vreemde manier uit sy dilemma begin wikkel het en ander in navolging dieselfde speletjies speel?

Op di manier ondergrawe ons volgens hom een pilaar waarop ons regsorde staan, naamlik ons regsoewereiniteit.

In eenvoudige taal is dit soos by n rugbywedstryd. As jy die ref begin tackle, dan moet jy weet nou is die hele spel in die gedrang.

Hy het ges as daar n krisiselement in die vraag oor moraliteit en leierskap is, dan is dit omdat ons die skeidsregter, of die reguleerder van hoe ons met mekaar ooreenkom, onder druk begin plaas.

Uiteindelik kan n mens moraliteit nie deur wetgewing daarstel nie. Jy ontwikkel n stel algemeen aanvaarde kodes in die lig van uitdagings.

Uitdagings die laaste paar jaar noodsaak die ontwikkeling van juis so n stel kodes.

Dit is nodig dat mense uit die samelewing soos emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, wat die moed het om die regering te kritiseer opstaan en s dit is gewoon nie die manier van dinge doen nie. As ons n krisis beleef, dan is dit n krisis van te min praat oor di probleme.

Esterhuyse verskil met Venter oor of die land in n krisis is. Hy praat van n soort nasionale konsensus waarsonder geen samelewing kan bestaan nie: respek vir lewe, respek vir iemand anders se eiendom en selfrespek. As di drie pilare wegval, dan gaan jy oor in n krisissituasie.

Toe noem hy die voorbeeld wat Elize na die telefoon laat gryp het: As jy kyk na die verhale van Noag nou moet ek iets lastigs s: Ek glo nie daar was iemand soos Noag nie, maar dis n fantastiese storie het hulle geleef in n samelewing soos ons sn, gewelddadig en waar jy niemand kon vertrou nie. Tog het Noag besluit hy moet iets doen en n verskil maak.

Hy het ges die uitdaging is wat moet ons in plek sit, watter soort mense moet ons kry om weer te begin met die bou van n soort sosiale kapitaal wat gebaseer is op die eenvoudige woord respek.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/8b211c7e441646468f99c997c61d8079/30-09-2009-12-52/Noag_is_net_%E2%80%99n_storie,_s%C3%AA_prof) dd 2009-09-30

Die Ou Man
1st October 2009, 08:02
Ek kies om Noag se storie te glo

deur Erika Smit

Ek verwys na prof. Willie Esterhuyse se uitlatings oor Noag. Di debat kan aangaan tot in die hiernamaals. Die valse profete sal altyd weet wat om te antwoord.

Dit hang af van jou persoonlike verhouding met God. Ek glo in die Bybel, die enigste woord wat die waarheid is. Ek glo ook as God in jou hart is, sal hy jou hele menswees oorneem en sal daar nie plek wees vir ander dinge nie.

As die geleerde professor dan nou God se plek wil inneem deur sy teologiese ontmaskering van die Bybel (wat deur God self genspireer is), kan ek net jammer voel vir hom.

As Noag net n storie is, kies ek om die storie te glo. Het die professor dan n beter storie?

Ek is nie n professor, leraar, dominee, skrifgeleerde of valse profeet nie. Ek is net n gewone mens met God in my hart en in my lewe. Los my as ek in Noag se storietjie glo. Ek leef asof dit waar is en verseker my plek in God se koninkryk, pleks daarvan om dit nie te glo nie en n verrassing te kry nadat ek sterf.

Professor, wil jy nie maar probeer om die lig te sien nie? Jy het jou lewe al amper klaar geleef.

Jou tyd is min. Probeer regmaak terwyl jy die kans het.

Uit Beeld (http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/64529cfad1174181ab1ddc8ebfff7d48/01-10-2009-06-45/Ek_kies_om_Noag_se_storie_te_glo) dd 2009-10-01