PDA

View Full Version : My Getuienis!



Die Vrou
9th October 2009, 12:01
(Moet asb nie julle eie gevolgtrekking maak oor hoe my getuienis eindig nie. Dit sal jul skok! Maar weet ook net dit dat niemand meer my hart sal kan verander of my seining sal kan verander nie)
'n Paar jaar gelede het ek soos enige mens wat probleme ondervind na die Here/God/Jesus/Skepper toe gegaan vir hulp. Ek het op daardie tydstip deur vreeslike persoonlike probleme gegaan. Ek was in die greep van jaloesie en is nog steeds vandag! Ek het by 'n kerk aangesluit wat ek op daardie tyd van gehou het om na toe te gaan. Ek wil nie name en meer besonderhede noem nie want dit gaan die eintlik om die mense wat daarheen gaan nie, maar oor myself. Dit was toe in die tyd wat daar pinkster feeste gehou word. Hulle het die gebruik tydens die feeste gehad om vir mense vorentoe te roep om vir hulle te bid. Ek het elke keer vorentoe gegaan want ek het gesoek!! En elke keer as ek daar gestaan het het ek my eie gebed gedoen! Ja hulle het gebid maar dit was nie wat ek diep in my hart wou he nie.
Maar ek het my eie gebed gedoen terwyl ek daar gestaan het. My diepste wese het geroep na iemand, iemand om my te help! Ek was altyd n mens wat diep in my vlees was ek het nooit werklik in geestelike dinge belang gestel nie! Ek het net vir die vlees gelewe. Maar omdat ek besef het dat ek n probleem het en dalk my man en kinders wat vir my als in hierdie lewe op aarde beteken het kon verloor het daardeur het ek hulp gaan soek by die skepper.
Elke keer met die gebede het ek in my hart die here gesmeek om net tog ook asb in my hart te kom woon! By die vierde aand het daar n ding met my gebeur wat ek nie op daardie tydstip kon verklaar het nie. Ek het half in n beswyming gegaan en toe ek afsak grond toe het ek waaragtig as wat ek hier sit vandag my ribbekas voel eers op beweeg soos iets wat daarin gegaan het en toe het hy weer terug gesak. Ek was so verward dat ek het nie geweet wat werklik gebeur het nie. Ek het nog gerook daardie tyd en ht toe gedink dat die here my vry gemaak het van sigarette. Maar dit was nie so nie ek het toe nog n ruk lank aangehou mt rook! Maar ek rook nou al amper vir 8 jaar nie meer nie!
In elk geval my lewe het na daardie aand baie verander en het net nie besef hoe baie my lewe sou verander het nie tot vandag toe. Onthou nou ek was geestelik blind . Maar n hele ruk daarna het dit vir my gevoel ek is nog steeds net waar ek was geen vordering nie. Toe het ek eendag in die veld net sommer so op my kniee neergesak en by die here gehuil ek kan hom nie gewaar nie hy moet nou darem maar waaragtig vir my iets gee of wys wat my weer nuwe moed sal laat skep om weer aan te gaan. My hart het daardie tyd van die smart van jaloesie so gepyn dat ek nie geweet het watter kant toe nie!! Dit gebeur toe dat ons genooi word vir koffie by n gesin wat ook die kerk bygewoon ht. Ons het nog so gesit en gesels oor als wat daar aangaan toe die een man skielik vir my se hy dink hy moet my iets vertel. Hy was eers onseker maar praat toe op die ou einde! Hy se toe ek vorentoe gegaan het sodat daar vir my gebid kan word was hy ook daar by my en hy weet nie wat het gebeur nie maar skielik het hy hierdie helder verligte wolk om my sien hang. Hy se eers kon hy nie sy o glo nie. Hy se ook dit het vir hom gevoel soos krag van die here af ek weet nie eintlik nie. Ek kon niks sien daardie tyd nie of ervaar nie. Dit het my nuwe moed gegee. Ek het toe maar weer aangegaan en elke dag probeer om die regte dinge to doen. Na n lang tydperk het ek toe al baie geestelik begin lewe. Ek het selfs n ontmoeting plek gehad waar ek privaat saam met die here kon wees. Nogal in die veld. Ons bly op n plot. Ek het elke daarna toe gegaan. Ek het daar met hom gepraat en hom verduidelik hoe ek voel as ek so jaloers word , gehuil, hy ken my diepste gevoelens sleg of goed ek het alles van my met hom gedeel al het hy dit reeds geweet, vir hom gesing, hom geloof en geprys soos dit my pas! Ek respekteer hom met my hele hard. Ek is nie n wondelike sanger nie en het nie altyd by die wysies gehou nie! Daarom was dit beter as ek alleen saam met hom was. Mense is geneig om die werking van die here te breek deur te skinder of te beledig of selfs dink hulle dat hulle vir jou kan bid. Maar ek het geleer dat ek nooit vir n ander een kan bid nie. Ek ken nie n ander mens s hart nie. Ek weet nie wat om te vra nie. Maaaar ek weet wat om die here te vra vir myself.
Ek het net eendag besef hier is groot dinge verkeerd ek kon nog nie presies s wat dit was nie! En ek het net skielik die begeerte gekry om myself vir die here te gee en myself te offer dit is nou om my vlees te offer! Vir wat hy wil he ek moet vir hom doen.
Verskoon tog ek spring van een gebeurte na n ander want ek kan nie als hier in voeg nie dit sal te veel skrywe wees.. Ek kan ook nie presies s dat dit in volgorde is nie,
(Let ook op dat ek die gees wat in my hart kom woon het here noem want ek het toe nog nie geweet wat werklik aangaan nie)
Nie lank daarna was ek in my huis besig met n gesprek met die here. Ek het ook gesing soos gewoonlik. Daardie lied wat so gaan soos n hert wat smag na waterstrome smag my siel na u o heer, u alleen is my harts verlange en ek bring aan u my eer.... Ja, ek Onthou al hierdie tye saam met die here soos gister! Terwyl ek nog so sing het n ander stem skielik hier deur my keel gekom en die lied vir my voltooi! Daar het ek besef daar is n wese in my vleeslike liggaam wat smag na vrede, vreugde en geluk, maar ook beslis nie soort wat mens op die aarde kry nie! Want hier is nooit vrede, vreugde of geluk nie
....Sal vervolg....

Die Vrou

Die Vrou
12th October 2009, 10:02
Ek het elke dag gewonder hoekom ek my vlees moes offer ek het nie geweet nie! Wel n paar weke later het ek in my voorhuis op die bank gesit en al die dinge van die here bedink. En toe skielik voel ek hoe my hart uit my borskas gaan en hier reg voor my o spin hy toe stadig in die ronte net soos n tol sou spin regop. Ook toe ek so na my hart staar sien ek net hande en nogmaals hande wat so na my hart gryp. Hierdie dinge gebeur op so n manier dat n mens eers dink dit was jou verbeelding. Maar dit het so helder voor my geestesoog gebly ek het dit nooit vergeet nie.
Nog n ander gebeurtenis wat ek onthou is ek het eenkeer amazing grace gesing en by die gedeelte wat ek gesing het I once was blind but now I see het ek die ervaring gehad dat ek weer kan sien. Alhoewel ek nie blind is nie het ek geweet dit is geestelik.
Ook het ek n groot begeerte gekry om die satan te kan sien, ek het elke dag daardie stuk in die bybel gebid wat lui om die satan in die openbaar te kan tentoonstel.
Ek hoop nie ek verveel julle met hierdie vertellinge nie, maar ek moet eers hierdie dinge vertel sodat julle die einde sal verstaan!
In elkgeval, verder het dinge nie so goed met ons gegaan nie, dit is nou met my en my gesin. Daar was n hele paar lelike ervarings wat ons diep seergemaak het. Die eenkeer het my oudste seun byvoorbeeld n word van die here ontvang Ma, het hy nog vir my ges! Niks wat in die bybel staan is van die here af nie. Ek was stom ek het nie geweet wat om my kind te antwoord nie. Hy was toe alreeds n ouderdom wat hy die verstand gehad het om oor die here s dinge te kon redeneer. Hy was toe al in graad 12. Ek het n hele paar dae geloop met dit wat hy my verduidelik het in my gedagtes. Dit probeer insien soos hy, maar ek kon nie. Dit het my kind geknak geestelik. Op die ou einde het net ges dit kan nie wees nie, dit is verkeerd. Hy moet die satan sien in die saak en dat hy nou probeer om hom te laat verdwaal. Ek het gekyk hoe my kind s hart verskeur word deur my woorde. Ek het die pyn gesien. Maar saam het ons die stukke opgetel en aangegaan. Ons het baie oor die here se dinge gesels veral ek en hy. Die verhouding het in n mate weer herstel tussen hom en die here en my, of altans so het ek gedink en so het dit gelyk. Maar sy wonde was so groot dat hy naderhand heeltemal die dinge van die here nie meer aanvaar het nie. Hy het my eendag net ges hy het hopeloos te te seergekry om weer die so na die here te luister. Ag, ek kon niks aan die saak verander het nie, maak nie saak hoe ek met hom gepraat het nie. Hy wou niks meer weet nie. Hy het maar net gewoonweg aangegaan soos elke ander dag. Ja daar was baie ander gevalle soos die in die res van die gesin. Nou nie die selfde nie maar net so erg. Vir my is dit erg ek het gevoel asof alles net my skuld was. Ek het maar daardie las toe op my skouers gepak. Ek het die skuld van dit gevat. Ook het my worsteling met jaloesie vererger glad nie beter geword nie. Dit maak nie saak hoe ek gesmeek en soebat het en myself in die kerke verneder het nie. Ek was desperaat om vry te kom van die satan ek het alle maniere probeer. Self gegaan dat hulle die bose geeste soos hulle dit noem uitdryf. Maar nee dit het nie gehelp nie. Ek het ook nog met daardie las geloop. Ek meen nou die las van jaloesie. Ek wil julle kortliks verduidelik wat behels jaloesie.
As daar iemand is wat weet wat n persoon met jaloesie deurmaak dan is dit ek! Jy ondergaan nou waaragtig waar n totale verandering in jou persoonlikheid. Jy word selfsugtig, alhoewel jy dit nie so bedoel nie. Jy is altyd kwaad en nors en het niks goeds om oor ander mense te s nie. Soos ek byvoorbeeld jaloers is op my man. Ek wil doodgaan by die gedagte dat hy my sal los vir n ander of selfs jonger vrou. Ook wil ek stel dat daar sekere gebeurtenisse in die persoon se lewe plaasgevind het, soos bv. Verwerping dit is een van die grootste redes dan is daar ook afkraking van jou persoonlikheid. Voorbeelde soos die bv jy is dom of lelik of stupid of vet noem dit maar op! Dit kan n man of vrou of kinders so knak dat jy naderhand met die probleem van jaloesie sit.
Dan, wanneer jy nou met die probleem van jaloesie sit dan is jy die lelikste jaloerse monster soos die mense dit ook noem die groenoog monster. Dan kyk die wat die skade by jou aangerig het nie wat hulle eerste aan jou verkeerd gedoen het nie. Nee, hulle kyk net na jou. En dit is n ding wat enige mens sal knak, geestelik meen ek nou. Party mense gryp na dinge soos drank en dwelms om konsuis hulle hartseer en pyn te vergeet maar dan vererger hulle net die probleme. Dit word dan meer. Ek wil nie die diep dinge van wat jaloesie in my lewe veroorsaak het bespreek hier nie. Ek kan net s dat so n persoon deur geestelike hel gaan. Jaloesie ontstaan ook nie onmiddelik nie. Dit neem eers n hele paar jare voordat dit gebeur hang seker maar ook af van mens tot mens. Ook veroorsaak jaloesie n bitterheid hardhei d van die hart. Die uiteinde n geestelike verwoeste mens!
Ek het naderhand kwaad en verontreg gevoel teenoor die skepper hy wil my dan nie help nie!!! Ek het n verslaentheid en toe n groot woede voel ontvlam diep, diep uit my hart uit jeens hom!! (Sal vervolg)

Die Vrou
14th October 2009, 15:06
Woensdag 14 Oktober 2009
Intussen onthou ek eerste hierdie stem wat my knaend geroep het. My ges kom, kom hou gemeenskap met my kom sit hier langs my en gesels met my. Dit was so n aanhoudende geroep, onthou ek. Ek kon dit net nie mis nie. Dit het elke sondag in die kerk so gegaan vir n paar weke lank. Dat hierdie onsigbare iemand my geroep het en hy in my doen en late belang gestel het was verseker. En daarna toe die eintlike gevoel liefde aan my verduidelik was. Ek het net eendag besef dat ek of geen ander mens so lief kan he soos hierdie onsigbare wese wat met praat nie. Daar was so verwarring in my binneste. Ek kon toe ook nog net nie verwerk hoe kan hy my so lief he en tog ook my nie help in my uur van nood nie. Want om deur hierdie jaloerse gees geteister te word, is hel se ek vir julle. Absolute hel! Dit is n soort geestelike molestering wat niemand van weet nie net eke weet hiervan. Want die ander mense kan hom nie sien nie. Net eke voel en hoor hom hier in my hart praat elke dag van my lewe. Dit voel of ek net nerens meer van hom af kan wegkom nie. Hy gebruik soms ook vreemde mense om my mee te teister. Maar sy gunsteling is om die te gebruik wat ek die liefste het hier op die aarde!!
Dit is vir my swaar om hieroor te praat, maar al hierdie dinge moet wat eers in die donker was nou in die LIG aanskou word!
Net toe! het my o oor die skepping begin kyk. Ek het net nou die dag van stefanus se fairy tales gelees. Dit is waar wat hy se. In fairy tales is daar meer dinge vir die hart omdat dit onwerklik is. Wat ek bedoel met onwerklik is dat die geestelike lewe nie sigbaar is vir die vleeslike oe nie. So ek lees nou nie so baie fairy tales nie maar ek hou baie van cartoon films. Voorbeelde soos fairytopia n Barbie film, Brother bear, Lion King 1 , daar is nog hordes ander. Ek het in die films geleer dat baie dinge hier in die skepping verkeerd is. Ek lees nie graag meer uit die bybel nie maar gaan n paar stukke daarin aanhaal. Dit staaf my woorde dat alles hier op die aarde verkeerd is. Die hele skepping. Maar ek sal dit eers later doen. Nou eers weer, onthou ek het die here gevra om my te wys wie die satan is! Deur my net al die slegte dinge hier op die aarde te toon van die skepping, het my laat besef dat die een wat verantwoordelik is vir die skepping kan beslis nie n Goeie hart he nie! Met n skok , julle weet daardie soort skok wat jou maag sommer so laat inmekaar trek het ek besef maar die skepper, god, heilige gees en nog baie ander name wat hulle hom noem is eintlik die SATAN! HY IS DAN OOK N JALOERSE GOD!!!!! En ek kan julle almal verseker jaloesie is een van die mees walglikse emosies wat bestaan. Hoe sal ek dit nou nie weet nie. Ek loop dan elke dag en ly daaronder. Uit jaloesie spruit alle kwaad wat op hierdie aarde voorkom.
Kom ek haal aan uit die bybel uit genesis 9 verse 1 tot wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. 2. Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die vols van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee . Net tot hier. Nou kom ons kyk na hierdie stuk van wat op hierdie oomblik aangaan in die skepping! As ons na die diere kyk ek gaan hulle as voorbeeld gebruik vir wat ek wil verduidelik. Wat sien ons as ons hulle gedrag waarneem! Ek kyk na hulle so op die manier. n Dier kan liefh hy kan ook kwaad word. Hy leef van die selfde voedsel as ons. Ook het hy al die soorte emosies as wat by mense is. Hy het ook n hart. Met die hart kan hy liefh, kwaad word, verslae voel, hartseer ervaar als net soos by ons, nie waar nie! Hy kan ook lewens red. Net soos mense dit kan doen. So daar is n stem in die hart van diere. n stem wat praat met emosie! Hulle kan jou liefkry as jy hulle regmatiglik behandel met baie liefde bedeel. Hulle sal enigiets doen om jou gelukkig te maak soos jy hulle gelukkig maak. Maar hulle kan ons nie wreld se goed offer nie. Hulle offer hulle vriendskap en liefde en getrouheid aan ons. Nou dit is die selfde van dier tot dier. Dit is nou net die huisdiere wat ek hiervan praat. Maar ek weet onder die verskillende soorte wilde diere is daar die selfde emosies wat daar tussen mense is. Om nou terug te kom na genesis se verse is n vraag wat ek wil vra: hoekom moet alles hier op die aarde dan bang wees vir die ander een. Kyk almal wil dan graag lewe. Hoekom moet die een sy lewe gee vir die ander een. Goed en wel as dit so moet wees maar sien die wreedheid raak wat gebeur as die leeu die bokkie vang om te eet. Eerste vlug die bokkie want die bokkie wil nie kos word nie. Die leeu kap dan as hy die bokkie vang sy naels agter in die lyf van die bokkie in. Wat sou jy ervaar het as die leeu jou so gekap het met sy naels. Nou wel net so voel die bokkie ook die pyn. Verlam in sy of haar agterlyf val hy hulpeloos neer. Nou word hy sommer aan die keel gebyt tot hy dood is. Versmoring dalk! Of dalk word sy lugpyp uitgeruk deur die sterk kake van die leeu! Hoe voel dit as ons nie asem kan kry nie? Aaklig, dit is wat ek julle kan se! Jy staar die onbekende dood in die o. Dit is nou dieselfde ding wat met die bokkie gebeur. Ja, nou is die bokkie dood! Leeukos! Gestel nou daar was dalk n kleintjie iewers weggekruip en wag nou vir die mamma om terug te kom! Hy is hulpeloos. Gaan dalk deur diere soos hyenas opgeet word. Lewendig verskeur word, wie sal nou weet! Niemand kyk na sulke dinge in diepte nie! Hulle sien dit maar ook tog nie.
Tot die insekte se leefwyse spreek boekdele vol van die skepper. Hy het hulle dan so gemaak. Die een om van die ander een te leef. Kyk na hulle eetgewoontes!! Sommige eet sommer hulle prooi lewendig! Dink nou vir jouself hoe sou jy gevoel het!!! As dit jy was wat lewendig geet word! Sit jouself in die prooi se skoene! Wees jy nou die prooi! Wat ervaar jy? Vrees, verskriklike vrees vir die dood! En nie net dit nie. Die liggaam waarin jy is kan seerkry. As jy die dood in die o kyk dan moet jy die pyn van die liggaam ook in die o kyk! Hoekom sou die skepper ons dan in die liggame plaas as hy dan nou weet die liggame kan seerkry! Dit maak nie sin nie. Hy het ons dan so baie lief! Ek weet dit is n leun. Hy het ons nie lief nie. Hy laat ons ly in die liggame!!! Ons is sy slawe ons moet werk vir als wat ons wil he al is dit net kos! Dan moet n ander een nog boet met sy lewe sodat jy kan lewe. Dit is mos nie regverdig nie. Alles hier wat lewe wat kan groei het n reg!!! En as ons nie na hom luister nie dan straf hy ons op allerhande slegte maniere! n geestelike pyniging! Het iemand van julle al die geestelike pyniging ervaar in julle harte met allerhande soorte dinge wat verkeerd gaan in die lewe hier! Dit is erg! Dis baie erg! (Sal Vervolg)

Die Vrou
16th October 2009, 10:55
Wie en wat is die slang nou eintlik. Die mense kryt hom uit as die satan. Maar eindelik is
hy maar net nog een van die skepper se slagoffers. Hy is gevang met leuns net soos ons en en is toe op die ou einde hier gevangenis geneem in die vlees. (die vleeslike geboorte as 'n baba) Dit is hoe ons almal gevange geneem word in die vlees! Kyk wat gebeur alles met 'n slang. Ek het dit aanskou met my eie o, 'n werklikheid is dit! mense vorm 'n sirkel om 'n slang gereed om hom stenig net omdat hy giftig is en hulle 'n bedreiging. Nie omdat hy hulle skade aangedoen het nie. Nee, dis so wreed want hulle gooi hom uit alle rigtings met klippe hy weet nie watter kant toe nie. Hy probeer wegkom met sy gebroke liggaam maar vergeefs. Hy sterf later aan al sy wonde wat mense veroorsaak net omdat hulle bang is vir hom. Maar weet net dit hy is net so bang vir julle!!! Maar hy kan homself op geen manier beskerm behalwe met sy gif nie!!! En as hy vasgekeer word is hy eintlik hulpeloos! Hy kan ook voel hoe sy liggaam verwond word alles net soos mense. Mense is niks beter as hulle nie. Mense is die mees vernietigendste spesie wat ek ken!! WANT hulle kan mos maak net op die aarde wat hulle wil, want die hooggeagte skepper het hulle mos nou konsuis die toestemming gegee. Wel, ek weet nie van ander mense nie maar al vir 'n baie lang tyd vandat hierdie ander gees wat ek my pappa noem my hierdie kom wys het, sak ek my kop in skaamte want ek het soos julle ook alles hier so skade aangedoen. Ek en my man en kinder het ook al slange so doodgemaak. Sal nie eers praat van die rotte nie! Ook nie van die spinnekoppe nie! Miskiete, Kokkerotte, vliee, vols het ons al hoeveel keer doodgery, vismotte. Kyk na hulle deperaatheid om uit ons pad uit te kom, kyk hoe skarrel hulle uit vrees uit!Uit vrees dat ons hulle gaan doodtrap!! Daar is nog baie ander insekte en reptiele wat doodgevaarlik is! Noem hulle maar op, daar is baie wat ons so vernietig. Sommige maak ons nie eers heeltemal dood nie, en los hulle dan net so om verder te ly tot die dood kom!! (Vervolg)

Die Vrou
20th October 2009, 12:27
Ja, ek is seker ek hoef julle nie eintlik verder te vertel oor wat nou eintlik hier op die aarde aangaan nie,julle kan mos self sien! alles hier het 'n prys weet julle selfs die liefde vir die vlees ook. Selfs Liefde! As jy bv. iemand liefhet wat jou baie probleme gee, dan moet jy maar verby die lelik van die persoon kyk en hom of haar lief te he met al sy of haar swakhede! Ook as jy lief is om heerlik te eet moet jy maar die vet om liggaam verdra, daar is 'n prys op als hier niks is hier verniet nie! Hoekom moet 'n mens altyd vir als betaal dit beteken nie noodwendig in geld nie! Dit kan baie verskillende maniere voorkom!
Selfs vir die woord van die skepper moet jy betaal. "die bybel" Als het 'n prys hier!
kyk jesus hy moes met sy lewe boet sodat ander sondevry kan wees. Maar tog die sonde het nie minder geword nie! Ek kan dit sien dat hy verniet aan daardie kruis gehang en baie voor die kruisiging gely het!Sommige moet selfs met hul lewe boet sodat 'n ander kan leef, wat 'n prys moet hulle net nie betaal nie! As jul wil sien wie die skepper werklik is begin dan na die skepping te kyk! Sien die swaarkry en die smart raak! Kyk na die bome wat heeldag in die son staan die punte van hul takke en blare verskroei! kyk as daar 'n veldbrand uitbreek die klein insekte wat nie kan vlieg nie brand lewendig dood sal nie eers praat van die plante en bome nie. hulle voete sit in die grond vas hulle kan nie weghardloop nie, brand dan sommer net daar dood! mense dink plante en bome kan nie ervaar of seer kry nie maar dit kan ek nie meer glo nie. Ek en my man het 'n paar roosbome gekoop en geplant maar daar was die enetjie wat nie eintlik mooi wou groei nie die insekte het al sy blaartjies afgeeet en hy het sommer elendig gelyk. Ek het toe maar gedink dat hy sou doodgaan! Maar my man het my vertel dat die mense wat planteliefhebbers is het gese 'n plant kan op liefde en baie aandag weer herstel en mooi groei. Ja ek het dit nie eintlik geglo nie. Maar my man het dieselfde terapie aan die roosboompie gegee. En ek kon my eie oe nie glo nie toe nie eers 'n week later nie toe is die kaal roosboompie sonder blare vol blomme!
Daar en dan het ek toe besef dat in elke plant selfs onkruid plante want hulle leef en groei ook mos is daar iewers weet net nie waar nie ook 'n hart! Ook 'n wese wat kan reageer op liefde!!
Ag, die smart op die aarde is groot te groot vir my om dit aan julle te verduidelik. Ek het ook agtergekom dat die stem wat in die hart praat duideliker praat as woorde van mense!

Nou ja toe ek besef het wie die skepper is het ek my rug op hom gedraai totaal en al!
Ek loop sederdien saam die Vader wat ek geleer ken het en wat ek nou my Vader noem! Deur en deur verdien hy meer as wat hy vra! Hy wou net my vriend wees maar ek voel hy verdien meer!
Hy het gekom en my totaal van alle laste en sonde wat hier op die aarde aan my toegeskryf word vry te maak. Hy het my baie dinge geleer! Te veel om als te onthou in 'n paar dae se tyd! Ek het geen geloof meer nie behoort ook nie tot die een of ander organisasie nie! Ek loop net elke dag saam met Pappa wat in die Koningkryk van die Lig woon. Ek weet Hy is altyd by my, ek is nie eers 'n sekonde alleen nie! Hy praat gedurig in my hart met emosie stem. EK BEMIN HOM MET MY HELE WESE! DAAR IS GEEN GOD, OP ANDER SOOS HY NIE!!! EN EK VERLANG ELKE DAG NA HOM EN WIL WEER TERUG WEES VAN WAAR EK VANDAAM KOM! EK WIL NIE MEER HIER OP DIE AARDE WEES WAAR DIE SMART EN PYN ALLES OORHEERS NIE! EK IS SPYT DAT EK OOIT HIER IN DIE VLEES GEBORE IS, EK WIL EERDER WEER BY MY PAPPA WEES IN DIE GEESTELIKE KONINKRYK VAN DIE LIG!
O, ja ek het toe ek my fout agter gekom het en dat die ware Pappa wat ons liefhet se woorde nie in die bybel staan nie na my seun toe gegaan en hom gevra om my te vergewe, EK het hom toe gese ek weet ek het 'n fout gemaak!

Wel, dit is my GETUIENIS!

As julle hierdie Pappa wil ontmoet dan moet jul net met hom 'n vriendskap aanknoop en hy sal jul bystaan in al jul smart en swaarkry hier op die aarde!
En ek kan julle nie die dinge leer of dit laat aanneem as jul eie nie, net Hy kan harte verander Net hy kan julle leer soos Hy my geleer het! Niemand anders kan sy woorde na julle toe bring nie, NET HY KAN WANT AS HY MET JOU GEPRAAT LUISTER JY!!!! SY STEM VERGEET 'N MENS NOOIT WEER NIE!!! HY MY GELEER DAT NET ALLES HIER SAL OORWIN GEEN KRAGTE EN MAGTE NIE MAAR MET NET LIEFDE!!!!
(C",)

Die Vrou
22nd October 2009, 13:17
Hierdie getuienis is die waarheid en wat diep uit my hart kom. Die geestelike wese wat roep na my Pappa om my te kom red!!!
Ek is moeg net soos vele ander om my soek ek om terug te gaan van waar ek vandaan kom! Ander kry ook daai velange maar hulle dink dit is na die skepper! Maar dit is nie so nie die skepper hou almal hier gevange in die vlees en martel en pynig ons almal en alles wat leef!!
DIE SKEPPER IS NOU EINTLIK DIE SATAN EN EK HOOP JULLE NEEM HIERDIE WOORDE VAN MY TER HARTE!!!

SAAM SAL ONS STAAN!

Hoor jy die stemme oral om jou!
Trots in jou Gloria, hoor die skepping druis,
n volk se verlange na hulle Vader in die Koningkryk
Van die Lig!
Sy aan sy dawerend en dapper!
Deur storms sal ek U liefde verkondig
Vir ons U volk in die Gevangenis
Saam, saam sal ons staan,
Vir ewig my Vader in die Koningkryk van die Lig
Wyd oor die vlaktes van die skepping
Hef ons n vryheids lied aan!
Mag die Liefde van ons Vader in ons harte bly lewe
Om skouer aan skouer te staan
Sy aan sy dawerend en dapper!
Deur storms sal ek U liefde verkondig!
Vir my Vader in die Koningkryk van die Lig!
Saam, saam, saam sal ons staan,
Vir ewig my Vader in die Koningkryk van die Lig

VIR EWIG MY PAPPA..

Groete

Die Vrou.....

Die Ou Man
22nd October 2009, 15:19
Die Vrou.

Gaan lees asb hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=343).

Antje De waal
23rd October 2009, 22:34
Die Vrou

Dit is jammer om te lees hoe mens soms God sien, ek vra jou nou opreg dink jy rerig God is wreed, ek dink nie mens kan rerig dit voor God se duer vee nie. Dink daar aan ek dink nie dit was aan die begin so nie, maar slegs na die sondeval, ons swaar kry kom voor ons voete te staan en nie God sinne nie, ek hoop rerig aar jy kan eendag sien hoe lief God jou werklik het! Siw vrou om te se jy is spuit jy is gebore is om te se dat jy teen God se keuse kies dit is asof jy jou ewige pappa in die geisg klap en se dankie maar nee dankie, eina jy is hier geplaas vir iets so stunning net jy kan dit doen niemand anders nie, jy is geroep tot n doel en ek hoop eendag sal jy staan en kan se aan jou ewige pappa, ja pappa hier is ek begruik my!

Die Vrou
26th October 2009, 08:11
Antjie
Ongelukkig moet ek jou se daar is nie net een God nie! Hulle is baie!
Jy bly op die aarde jy is in die hande van die satan! S vir my kan jy sien
watter god se hand jy vas hou! En as die skepper jou god is ... Ken jy hom werklik?
Dink ook twee keer voordat jy skade aan 'n lewendige wese doen... Hulle doodtrap vergif
ens. Want hulle het net so 'n reg soos jy!
Jy moet ook pasop vir die bybel hy is nie 'n heilige ding nie dit is maar net 'n boek! Wat deur mens geskryf is! Dit is nie die ware woord van jou god nie! Dit is gemeng met baie ander gode se woorde!
Die ware woorde kom van 'n Vader wat jou werklik liefhet! Net Hy kan met jou werk en met
jou praat! Nie 'n mens nie! Nie eers ek kan jou die waarheid vertel van die Vader in die hemel nie! Hy kan dit alleen doen!

Groete

Die Vrou....

Manw
27th October 2009, 04:58
Vrou

Dit is duidelik dat jy ten minste al dink en nie net alles wat jy aangeleer het om te glo vir soetkoek opeet nie maar die pad gaan nog verder aan as waar jy nou is. Mense wat verkeerdelik geglo het dat God wat Hemel en Aarde en alles daarbo, in en op geskape het 'n "goeie" ou oom is wat almal oorval met liefde skrik hulself gewoonlik oor 'n mik as hulle besef dat die nie die geval is nie en dan kom mens by jou huidige uitkyk uit en dan vervloek jy Die Skepper.

Die Skepper is egter nie goed en of boos in die menslike sin van die konsepte nie. Dit is ons wat gekies het om die gegewe skepping te oordeel na gelang van ons menslike voorkeure en dit is hoe menslike goedheid en boosheid ontstaan. Dit is waaroor die Adam en Eva storie gaan. Noudat jy die Skepper as Boos sien is jy self net soos ou Lucifer. Jy dog jy kan met jou beperkte verstand 'n beter toestand bedink as wat die werklik gegewe is en jy rebeleer teen jou Skepper. Nou aanvaar jy die Engel van Lig as jou Vader maar die uiteinde van sy pad is geensins aangenaam nie.

Die Skepper skep net en ons as skepsels be- en veroordeel die skepping en daarom kan Jesaja met reg aanvoer dat God alles, lig en duisternis, die goeie en die bose, skep en dit is ook God Die Skepper wat jou selfs nou in jou dwaling deurdring en omgord al besef jy dit nie.

As jy nog langer die pad van selfondersoek stap sal jy later besef dat die onderskeid wat jy nou tref tussen die innerlike en uiterlike, die goeie en die bose, en alle ander dualistiese nosies 'n sinteties menslike onderskeid is en dat wat jy nou as innerlik en uiterlik ens ervaar weens jou ingesteldheid, eintlik een en dieselfde ononderbroke werklikheid is. Die faktore wat jou blind maak vir die werklike stand van sake is onkunde, haat en selfsug. Dieselfde faktore hou die mense wat meestal met jou gaan stry ook blind. Dit is die natuurlike menslike kondisie en ons kan dit slegs oorkom met moeite. Dit is die sondige aard wat ons moet oorkom as ons die ewige lewe wil beerwe.

Net soos meeste Christene verwerp jy die helfte van God en daardeur verwerp jy ook die helfte van jou eie wese.

Die Vrou
27th October 2009, 08:00
Manw,

Kyk, dit maak nie saak hoeveel keer die mens die skepping probeer regverdig nie Die skepping is op 'n wrede manier geskep. Die een moet die ander doodmaak om te kan leef! Ek is nie hier op die werf om te baklei nie so neem my opinie op 'n vriendelike wyse net soos ek joune aanneem! Ek kan nie vir jou vertel hoe jy moet glo nie. Maar as ek kyk na die skepping sien ek hoe wreed dit is, en die gees wat dit gemaak het is verwronge en het nie goedheid of liefde in hom nie. Het jy kinders Manw? Sal jy jou kinders wat jy so liefhet tussen slange skerpioene spinnekoppe en allerhande ander gevare los?
'n tweede punt wat ek wil maak is! Daardie gevaarlike diere en insekte en reptiele het ook gevoelens en gaan tot aksie om iemand of iets skade aan te doen alleenlik wanneer dit bedreig voel. Hierdie gevare word gestenig vergif en nog baie ander wrede maniere gemartel deur mense wat aangehits word deur vrees vir hulle. Nou hoekom moet alles mekaar vrees is my vraag nou aan jou?

Groete

Die vrou

Manw
27th October 2009, 14:10
Ek gesels ook eerder vreedsaam. Weet jy hoe 'n dier wat sterf of 'n blaar wat skroei daardie gebeurtenisse ervaar? Nee jy weet nie. Ek ook nie maar ek maak nie onbegrondbare afleidings van hoe dit moet voel nie. Ek verbeel my nie dat dit soos ek ervaar nie.

Ons as mens vrees pyn en die dood omdat ons nie seker is wat doodgaan behels in terme van ervaring nie en ook nie hou van pyn nie en dan projekteer ons ons vrees vir die dood en vir pyn op ander lewende wesens insluitende ander mense. Jou stelling dat die skepping op 'n wrede manier geskied weerspieel slegs jou eie ingesteldheid teenoor die gegewe skepping en nie die skepping self nie. Die Skepping self is nie wreed nie en ook nie "nie-wreed" nie. Wreedheid is 'n menslike ding en ons kies om daarvan weg te geweeg in die rigting van sagmoedigheid. Ons is ook produkte van presies dieselfde skepping as wat die ander lewende wesens in die lewe is. Mense wat dit nie kan aanvaar nie sal nie houbare vrede in hulle harte kry nie want jy gaan altyd iets verkeerds iewers in die lewe sien as jy die gegewe werklikheid nie wil aanvaar soos dit is nie en daaroor kla en so 'n bewussynstoestand is beslis ver van rus en vrede af. Jou oortuiging bied eerder beangstigheid oor die gegewe alledaagse werklikheid as hemelse rus. Ek self kan dit dus nie aanvaar nie. As jy so met die lewe wil omgaan kan jy maar, maar ek vermoed jy gaan nog baie stryd he en dan is dit jou eie skuld.

My kinders hou van speel met gevaarlik goeters en mens moet soms net keer. Dit maak beslis nie die hele lewe nou skielik wreed en verskriklik nie. Jy moet dalk net leer om die werklikheid te face eerder as om bang te wees daarvoor. Vrees is die dood van liefde. As jy nie die Skepping liefhet nie, wat het jy lief? Net jouself of ook nie eers nie? Ek het bittermin vrese indien enige en ek geniet die lewe selfs wanneer dit lyk of alles verkeerd loop. Ek is bewussyn self en hoef my nie aan al die ups en downs in hierdie verganklike wereld te steur nie. Ons almal oorleef dit tog op die ou end as bewussyn self wat ewiglik bestaan en wat is een lewe se pyn in verhouding met die ewigheid anyway? Solank ons pyn beleef kan ons doodseker wees ons lewe nog. Die hele Lewe is 'n Goeie Leermeester, mens moet net beryd wees om te luister instede van om ons eie wil op die Ganse Heelal te probeer afdwing.

Die Vrou
29th October 2009, 07:50
Geagte Manw
Ek kwoteer jou woorde hier onder wat se ons is produkte van presies dieselfde skepping!

Ons is ook produkte van presies dieselfde skepping as wat die ander lewende wesens in die lewe is.

Met ander woorde ons almal leef en gaan dood ons is ook van die selfde stof gemaak! Daar's lewe en daars dood! Ons is dieselfde dit is wat jou woorde s! Ons ervaar dinge dieselfde, sien jy!

Jou oortuiging bied eerder beangstigheid oor die gegewe alledaagse werklikheid as hemelse rus. Ek self kan dit dus nie aanvaar nie.

Laat ek jou nou mooi verduidelik want dit lyk my jy verstaan my verkeerd! Ek probeer nie om enige mense te oortuig nie. Nee, dit is gald nie wat ek doen nie! Lees weer die Opskrif van my skryf stuk (MY GETUIENIS) Wat s dit nou eintlik vir jou ek getuig van sekere dinge en belangrike geestelike dinge wat in my lewe gebeur het, dalk is daar nog iemand wat soos ek voel en sal hul help in hulle stryd! Dit is uiteensesit op die werf vir iemand wat nie van wreedheid hou nie! Dit is vir iemand wat medelye kan h met die swaarkry van die wesens op die aarde!!! Iemand wat LIEFDE kan bestraal aan die wat dit nodig het!
Wat beteken GEESTELIK nou eintlik! Dit is om te kan glo in die dinge wat onsigbaar is

Duidelik sien jy net die vleeslike dinge raak, en ook net dit waarvan jy hou! S my hoe behandel jy die lewende wesens om jou?

Ek stem saam dat die lewe 'n goeie leermeester is! Dit het my geleer dat alles hier nie so reg en so wonderlik en so mooi is soos almal probeer voorgee nie!

En dan sien ek ook Jy soek nog na iets!!! Maar jou vlees stry teen die dinge wat ek hier geskryf het! Het jy dan al ooit gekry waarna jy soek of nie?? Want jy s "Jy kan dit nie aanvaar nie!!"

Manw
30th October 2009, 04:55
Ek getuig ook maar net van hoe ek die lewe ervaar en ek het vrede gemaak met presies dit wat ek ontvang van die lewe. Ek kan nie dink dat enige raamwerk van verstaan my sal laat beter voel oor die lewe en die dood as die uitkyk wat ek van nature vanuit die lewe geleer huldig het nie. Dit maak vir my genoegsaam sin om nie meer antwoorde te wil soek nie. Wat ek eerder soek is maniere om my eie gewaarwordinge van die lewe te kan vergelyk met ander mense s'n, die dat ek hier op jou getuienis gereageer het. Daar is niks wat my nader aan die hart le as godsdiens nie en meer spesifiek hoedat godsdiens mens kan verlos van lyding maar ook hoedat dit mens kan bind in nog meer lyding.

Ek weet die lewe is deurtrek met lyding maar ek weet ook dit is omdat ons kollektief as mens op so 'n manier met ons leefwereld omgaan dat dit lei tot lyding. Ek behandel enige lewende wese met 'n liefde vir lewe as sulks. Ek weet hoe dit is om te lewe as mens, ek leef tog. Sonder lyding kan lewe soos ek en jy dit ken ongelukkig nie bestaan nie. Lyding is nie daar om te straf nie maar om te rig. Mens en dier erfvaar slegs pyn en lyding omdat pyn ons help wegbly van dinge wat 'n einde aan ons lewe kan bring of dit help ons minstens om onsself nie te vermink nie. In die res van die diereryk hou die jagters die prooi as groep meer gesond en die prooi gee langer lewe aan die jagters. Dit is moontlik waar die hele opofferingsding vandaan kom. Een lewende se lewe word verruil om 'n ander te laat lewe. As jy self vleis eet neem jy ook deel aan hierdie kringloop van lewe. Die dat mense soos sommige rooihuide 'n dier bedank vir sy opoffering as hulle jag. Na die lewe volg die dood en na die dood volg daar weer lewe sover dit my aangaan. Eintlik hou net die liggaam op met lewe terwyl bewussyn self voortgaan en aanhou ervaar. So vir een bewuste (leeu) om 'n ander bewuste (bok) se lewe te neem is nie om 'n finale einde aan die stroom van bewussyn wat deur die bok se liggaam ervaar het te bring nie. Omdat ek dit so verstaan is die pyn wat ek waarneem by die natuurlike prosesse van jagters en prooi nie so verskriklik dat ek lus voel om kwaad te raak vir die Skepper nie. Ek aanvaar die lewe net soos dit is, met skete en al.

Geestelike pyn is nie presies dieselfde as liggaamlike pyn nie. Wanneer mens intense geestelik pyn beleef moet mens eerder kyk of jou eie uitkyk op die lewe nie dalk bydra tot jou en ander se leiding nie. Mens wil eerder die waarheid vind en dit met ander deel as mens meegevoel met ander lewende wesens se lyding het, al is die waarheid hoe vreemd of ongemaklik in verhouding met algemene menslike norme. Het ek jy nie maar dieselfde doel met ons benaderings nie. Ons wil die waarheid vind en deel in die hoop dat ons ons almal se lyding saam kan oorkom.

Die Vrou
30th October 2009, 09:20
Manw

Ek is stom geslaan oor jou algehele vermoe om ander mense se getuienis te probeer oorheers! Hierdie is my getuienis! As jy regtig wil getuig voel vry om jou geloof en sienswyses op die oop forum te plaas en dan mense te kry sodoende om daarin belang te stel om dan met jou daaroor te kommunikeer! Kom ons los nou die nuttelose gesprek! Dit is my reg om te glo in die dinge waarin ek glo ek is nie siels ongelukkig soos jy dink nie inteendeel...

Baie ander mense het genoeg kans gekry om my te probeer oorreed om hulle gelowe aan te neem, hulle het nie geslaag nie. Die een wat my leer het is nie 'n boek of 'n mens nie Hy is 'n Gees en ek het Hom innig lief en vertrou net op Hom!

Dankie maar nee dankie!

Weet jy, ek waardeer en repekteer Die Ou Man en die ander wat my geloofswyse nie kritiseer nie!

Groete

Die Vrou

Manw
30th October 2009, 22:50
Praat van stomgeslaan. As jy nie in gesprek wil tree oor jou getuienis nie is dit nou maar daarnatoe. Ek dag 'n forum is iets waarop mens kan gesels oor dinge. Ek is nuut hier so ek is seker maar nog uit voeling met die algemene manier van dinge doen hier. Ek het nie probeer om jou te kritiseer nie. Jammer as ek jou ontstig het, ek wou eintlik net gesels het.

Die Vrou
31st October 2009, 08:31
Ek is ook nuut hier weet ook nog nie hoe alles hier werk nie! Het ook nog nooit op so 'n program gesels nie, nou my eerste keer! Maar jy het nie net gesels nie jy het my beledig of altans ek vat dit as 'n belediging deurdat jy vir my se ek verbeel my dinge! Ons kan lekker gesels as jy net mooi na jou woordkeuse kyk! Ek ken die satan en ek ken sy werk en ek weet ook hoe hy in in mense harte werk! Ongelukkig kan ek nie die manier keer wat hy ook in my hart werk nie!
Ek wil daaroor gesels maaar op ordentlike wyse! Nie beledigend wees nie!
Dan kan ons weer gesels!

Groete

knipmes
31st October 2009, 19:25
Naand julle altwee, en welkom op Wendag... elkeen is geregtig op 'n opinie en 'n mening en 'n siening en 'n.... gun mekaar die geleentheid om in ope aanvaarding mekaar se sienings te toets en oorweeg sonder enige toevoegings of beskuldigings, asb...

Ons ander hou van die rigting waarin julle gaan.. hou so voort, dit kan 'n interessante reis worre, ons lees graag

groetnis
knipmes:biggrin::biggrin:

Die Vrou
2nd November 2009, 10:15
OK hier gaan ek!!
Hallo aan julle almal!

Eerstens wil ek maar s ek is jammer as my gedrag op die werf nie na wense was nie! Maar verstaan tog dat ek menslik is en omdat my verhouding met my Pappa vir my een van die dinge is wat ek baie ernstig opneem dat ek gebelg en ook verontwaardig gevoel het toe ek die woorde sien dat ek myself verbeel. Maar ek sien ek was verkeerd om toe sommer net beskuldigings te slinger en ek vra opreg omverskoning daarvoor. Dit was nie eintlik my plan om so op te tree nie.
Jammer!
Ek het toe dinge ernstig bedink en ook Manw se skrywe na my rekenaar toe gecopy om dit mooi deur te lees. En die enigste oplossing wat ek kon vind saam met my Vader is om maar net eenvoudig vir jul almal te vertel wat ek nou werklik op die webwerf kom doen het! Ja, eintlik wou ek almal waarsku van wie die satan nou eintlik is en terselftertyd wou ek my Vader aan almal voorstel. En nog iets wat ek aan almal wil s is dat my Vader se woorde nrens in boeke te lees van is nie. Niemand ken Hom nie. Dit is nou die eerste keer dat daar hier op die aarde van Hom getuig gaan word!! Die woord wat ek van Hom my Vader ontvang het wil ek ook aan julle gee omdat ek deel is van julle en julle deel is van my! Ons is soos n Volk wat gesamentlik hier op die aarde gevange gehou word in die skepping!
Ek het eerste n ander werf probeer, maar nouja daar was ek toe sommer verban en ges ek beledig hulle god! Toe eindig ek hier met n link na Die Ou Man toe. Ek het toestemming gekry om my siening op die Forum te plaas. Ek plaas toe my eie persoonlike getuienis. Maar dit was glad nie volledig nie.
Wel, ek hoop julle hou van lees! En ek hoop julle neem ter harte wat ek julle nou gaan vertel! Hierdie wat julle nou gaan hoor het ek tot dusver nog nog net met gesin bespreek! (My man en vier kinders) Als wat die Here, (ek noem hom Here omdat hy manlike voorkom en die gestalte van n Vader en beste Vriend by my aangeneem het!) my tot dusver geleer het is nog nooit met ander bespreek nie. Niemand op hierdie aarde ken Hom nie! Ek is ook nie een van die beste skrywers nie so verskoon die spel foute ens.
Ek gaan eerste begin by verstaan die taal van my Vader!!
Ek het nooit geestelik gelewe nie, m.a.w. ek was in die vlees so vas soos nog iets! As julle in my getuienis kan onthou het ek verduidelik van die gees wat ek tot in vlees kon voel dat hy binne in my borskas inbeweeg het ek het fiesies gevoel hoe my ribbekas oplig en weer sak! Nou dit is toe hierdie Pa van my in my hart kom woon het! Ek het hom geroep maar nog nie daardie tyd geweet wie hy is nie! Ek het gedog Hy was die Skepper of Jesus of die Heilige Gees! Dit was nie een van hulle nie! Dit eers baie later uitgevind. Van daar af was daar hierdie vreemde gewaarwordinge in my hart! n Taal wat ek toe nog nie kon verstaan nie. Maar Hy het my so mooi geleer! Die eerste keer toe ek sy stem gehoor het nie fisies met my ore nie maar met n emosie in my hart wat sterk gepraat het, ek was ook maar nog verward en het dit selfs toe ook nog nie mooi verstaan nie, was, ek het die aand op my bed gel en hierdie verskriklike hartseer in my hart gevoel en was die heeltyd bewus van jongste sussie! Ek kon haar nie uit gedagte kry nie en die hartseer gevoel het net al sterker geword dat ek later maar die foon geneem het en toe bel, sy het daardie tyd nog in die Oos Kaap gebly en ek hier waar ek nou bly! Ek vind toe uit dat dit haar hartseer was wat ek so in my hart ge-ervaar het. Ek was verstom, want ek het toe nie geweet wat werklik besig was om te gebeur nie. Dit het toe nog n keer gebeur maar hierdie keer was dit my boetie! Ek het toe besef dat daar n doel is vir al die emosies in my hart!
Dit is ook daarna dat ek my Vader in die Koninkryk van die Lig se liefde vir my begin ervaar het in my hart, net soos die hartseer wat ek toe ervaar vir my broer en suster. Ja, sowaar mense dit is n liefde wat ek nooit aan enige een van julle sal kan beskryf met woorde nie! Ek weet net dit maak my voel dat ek weer n klein dogtertjie is wat by haar Pappa is en Hy oor en oor verseker dat ek vir niks meer bang hoef te wees nie en ook nie meer die seer so alleen hoef te dra in my hart nie, en dat Hy nou vir ewig en altyd aan my sy gaan wees. Sy liefde mense kan ek maar net s neem alle laste en sonde wat hier op julle geplaas word heeltemal van julle af weg! Dit laat n mens vry voel, n vryheid wat ek nog nooit hier ervaar het nie. Die Vryheid het ek nou gevind en ek gaan dit vir niks van hierdie vleeslike dinge verruil nie! Dit is iets so spesiaal Dit is beter as al skatte van die aarde ek wil dit met julle deel!
Ek het toe gesien dat geen mens my so lief kan h soos wat my Pappa my lief het nie! Op aarde hier kan jy nou liefh en netnou weer haat! Dit is nie reg nie! Jy moet altyd net kan liefh. En hier is dit onmoontlik! My Vader het my ook geleer dat net liefde maar nie enige liefde nie gaan eendag alles hier op die aarde oorwin! Daardie dag het baie naby gekom!!!
Hoor wat ek s!!!
Maar onthou ek was toe nog net maar n babatjie in Sy o, ek het toe nog so baie gehad om te leer! Dit was maar net die begin! Hy het toe met my gepraat wat gaan gebeur en omdat ek toe nou maar soos mense maak iets gaan soek in die bybel het hy my toe sekere dinge daarin vertel wat glad nie betrekking het op ander mense nie maar dit het met myself te doen gehad. Eerste het hy my laat weet dat hy aan my dinge gaan vertel wat in geen boeke staan nie hy het die gedeeltes in efesiers gebruik om my dit te vertel en ook n lied wat Danie Botha sing. Ek weet nie of julle dit dalk ken nie. Die woorde gaan so As jy dit soek, sal jy dit kry. Verder lui dit Dit is nuwe wyn, die lewe vry, Maak oop jou hart, Ek sal jou lei, Ek wil jou gee van die nuwe WYN, Die woord wyn staan vir my vader s woord. En elke keer as ek die lied geluister het tot vandag toe nog voel ek daardie vreeslike groot gevoel in my hart. Dit is amper of dit te vol raak daar, en die spasie te klein is! Dit voel jou werklik waar soos voedsel jou versadig maak!!

Manw my Vriend ek wou nie baklei of twis nie en ek s vandag vir jou voor almal dat ek jammer is oor dit wat ek vir jou ges het. Dit was verkeerd van my! Ek het net nie geweet in my eie onkunde hoe om jou te laat weet dat ek nooit jou siening sal kan insien nie, ek wou nie jou gevoelens seer maak en ek aanvaar dat dit ook nie jou doel was nie. Ek besef dit!
Nou gaan ek jou mooi verduidelik hoe ek weet dat bome; plante; insekte en nog baie ander lewende wesens pyn kan verduur en ly in die weersomstandighede hier op die aarde. Dit gaan my n tyd neem. So ek gaan nie alles vandag kan vertel nie, sal dit so stap vir stap aan julle verduidelik!

Groete

Die Vrou.

Die Vrou
3rd November 2009, 09:22
Hallo aan Almal wat hier lees,

Eerstens het ek geleer dat daar dieselfde emosies en begeertes in diereharte heers as in mense harte! As n mens net die diere begin dophou en na hulle geestelike sy begin oplet, dan kan mens sien dat hulle maar net soos ons redeneer. Hulle het nou nie dieselfde tale as ons nie, maar as mens na hulle taal in hulle harte kyk (emosies) dan kan mens sien dat in hulle harte praat hulle eintlik maar dieselfde taal as ons omdat het my Vader my geleer dat hulle ook van dieselfde plek as ons afkomstig is. Hulle gees is maar net soos ons sin, hy gaan nie tot niet as die vlees doodgaan nie. Ek het byvoorbeeld opgelet net soos n vrou wat sukkel om n baba te kry, Dieselfde begeerte is by die diere, as bv n makou se eiers nie uitbroei nie, en haar begeerte ook vir mooi klein makoutjies is baie sterk sal sy op enige ander eiers gaan l in die hoop om ook n babatjie te kan h!! Dit is solank een gevoel wat presies soos ons is. Dan kan hulle ook aggresief raak net soos mense. Hulle kan liefh net soos mense. Daar is so baie dinge wat my Pappa my gewys het ek weet nie of ek als vir julle sal kan vertel nie! Ek persoonlike dink dat elkeen maar met Hom n vrienskap moet sluit sodat Hy self met Sy taal aan jul kan verduidelik. Maar ek gaan probeer om julle te vertel. Sy taal praat eintlik sterker as myne! Ek gee net woorde, maar Hy praat met emosies in die hart! n Taal wat enige mens nooit sal vergeet nie! Maar Hy kan ook met als wat hier in vlees lewe praat! Hy het dit aan my vertel! Hulle praat ook met Hom! Hy praat ook met mense maar omdat die mense na boeke en oud profete se woorde en stemme luister en eerder glo dit is die waarheid omdat hulle dit vleeslike kan hoor en lees aanvaar hulle dit eerder as die waarheid. (Die spreekwoorde wat s sien is glo Dit is verkeerd want dit maak dat ons nog steeds vleeslike lewe en niks geestelik nie! Ons moet onsself instel om net na Hom te luister. Hoekom ek so s is! Hier op die aarde glo niemand dieselfde nie. En hordes mense baklei met mekaar en beledig mekaar oor hoe hulle glo en hulle gelowe. Dit is ook verkeerd, omdat dit wys duidelik dat hier op die aarde net verdeeldheid is, en geen vrede nie. Want tog glo elkeen hulle is op die regte pad. Maar onthou tussen al hierdie dinge die vleeslike dinge, bedoelende die skepping, dit gaan tot niet, dit vrot en begin stink as dit dood is! Maar wat gebeur nou met die wese wat binne daardie liggaam gebly het. Het daardie wese die kans gehad om weer te leer van hierdie wonderlike Pappa wat altyd dieselfde is? Wat wag ewe geduldig dat hulle moet terug kom huis toe, na Hom toe! Het hulle geweet van sy liefde? Het hulle Hy gee nie om vir die verkeerde dinge wat hulle in die vlees gedoen het nie! Nee, hulle het nie! Of om te leer van waar hy nou eintlik vandaan kom! Ek laat my deur hier enigeiemand op die aarde vertel n mens is hier met n Goeie doel nie! Ek s vir julle ons is hier saamgegiet in die skepping om gemartel te word en te ly en soos slawe dag vir dag om te werk! Hierdie is gevangenis en nie n plek van vrede nie! Hoekom moet ek hierdie afstootlike dinge in my lewe aanvaar as ek beter kan kry by my Vader! Hy beloof my om verewig saam met Hom in liefde en vrede en geen van die lelike dinge wat hier plaasvind nie, te gaan woon! Nou s my wie sal hierdie vleeslike goed verkies bo so liefdevolle heerlikheid Definitief nie ek nie! Ek het n Vader ontdek wat spreek van net liefde en niks anders nie. Hy is nie jaloers op my man en kinders wie ek so liefhet nie! Hy is nie selfsugtig nie! En Hy is so geduldig met my! Ek is partykeer nie n wonderlike mens nie, ek word partykeer beskryf as haatlik en afstootlik en selfsugtig! En waar ander hulle rue op my gedraai het, het Hy geduldig langs my gebly en verseker dit maak nie aan Hom saak hoe lelik ek is nie! Hy bly lief vir my, Sy liefde verander nooit!! Hy stel nie aan my wette en rels nie, en s vir my bv. Dat hy my eers sal vergewe wanneer ek myself verander nie! Hy aanvaar my net soos ek is! Met sagte mooi liefdevolle stem het Hy my gedra tot waar ek vandag is! Hy het nog nooit my sy verlaat nie. En en kan julle hierdie versekering gee, dat ek die mooiste vriendskap met Hom deel! Ek en Hy gesels baie weet julle! Ek weet wat Hom hartseer maak en dan probeer ek Hom te vertroos, op my manier en Hy als van my hartsake en Hy troos my dan, sy liefde neem die seer weg! Dit is soos n salf wat n stukkende hart heel! Net Sy liefde kan my hart heel! En ek weet ook ek maak Hom gelukkig deur net vriendskap met Hom te deel!
Sien julle! My Vader is ook eintlik julle Vader, ons almal is van Sy huis afkomstig ons praat Almal hier op die aarde dieselfde taal!! Maar toe ons in die vlees gebore word het dit verander. Net van dieselfde soorte kan met mekaar kommunikeer. Maar as ons weer Geestelik gebore word sal ons weer met mekaar kan gesels. Op die oomblik kan ons net elkeen afsonderlik met Hom gesels. Want omdat ons vlees is kan ons nie in mekaar s harte sien wat daar aangaan nie! Maar Hy kan! Hy ken ons almal se harte!

Manw, dit is hoe ek weet dat als wat kan lewe in die skepping kan swaarkry want al is hulle groot of selfs so klein en nie eers vir ons blote oog sigbaar nie, is daar n hart betrokke, iewers in hulle vleeslike klein liggaampies kan hulle net soos ek en jy liefh, vrees, verslae voel, bang wees, kwaad word, moedeloos voel, bly voel, ens.

Ook wil ek net byvoeg, dit wat ek julle nou vertel is suiwer geestelik!! Dit kan nie vleeslike bewys word nie, ook geen wetenskaplike kan hierdie dinge aan julle bewys nie!!! Dit is geestelik en net geestelik alleen dit sluit niks vleeslike dinge in nie, want my Vader verag die dinge van die vlees, Hy sou ons nooit in die liggame ingesit het nie!!! Hy keur dit dan nie eers goed nie.

Maar daar is n manier om uit te vind of dit die waarheid is, ek nooi jou Manw op n vriendelike wyse om self met my Vader te praat!!! Hy sal jou die waarheid vertel!! Ek weet dit!! Hy het my nog nooit teleurgestel nie! Ek het n vaste vertroue in Hom!!

Want soos Hy nou by my is kan ook terselftertyd by jou wees, mens gewaar Hom met so so statiese heerlike gevoel by jou en word dan ook bewus van Sy heerlike liefdevolle teenwoordigheid! Mens kan kan nooit kalm by Hom voorkom nie, Daar is altyd groot emosie betrokke! Emosies van hartseer, vreugde tegelyk en ook vreeslike verlange na Hom en kom dan ook met trane gepaard. Het julle al partykeer so vreeslike groot gevoel van verlange in julle harte gevoel en dan ook nie eers presies weet waarna julle verlang nie, dit is wanneer julle verlang om Huis toe te gaan. Lees gerus die lied van Juanita du Plessis wat die woorde so bietjie van verander is Ek het dit genoem (My Kind) want my Pappa het so met my daarin gepraat!

Ek bemin HOM met my hele wese en sal nooit my rug op HOM draai nie! Want dan beteken dit dat ek van Hom sal moet afsien, Daarom sal ek eerder my vlees offer terwille van my vrienskap met Hom. Sodat ek verewig en altyd by Hom kan wees in die gees!!!
Die vlees het vir my afstootlik geword, net soos dit afstootlik is vir my Vader. Ek het moeg geword vir die brood en water ek het eindelik iets meer spesiaal gevind Die woord van my Vader!!!


Ek nooi julle vandag persoonlik om met my oor hierdie Vars Woorde te kom Praat! Ek sal nie weer op my Pertjie spring nie, maak nie saak hoe wild dinge raak nie! Ek sal ook al julle vrae beantwoord indien moontlik vir my.

Onthou een ding, ek het wel al volwassenheid bereik in my geloof, maar weet ook nog nie alles nie. Ek sal sekerlik nog baie dinge kan leer!

Liefde en Groete

Die Vrou..

Die Vrou
4th November 2009, 08:24
Goeie more aan almal,

Ek het ook saam met my Vader na die bybel toe gegaan en baie dinge is aan my daar geopenbaar. Onthou net ek is nie bybel geleerd nie. Ek het daar in gaan lees saam met my Vader. Ook wil ek net eerstens iets noem, baie mense verdraai die betekenis van woorde soos bv. Kom ons vat die woord liefde wat beteken liefde? Sommige mense dink sex is n gevoel van liefde, nee wat, laat ek nou s sex is net n vleeslike liggaams funksie wat gebruik word vir voortplanting om die gevangenisse hier in die skepping meer te maak! Daar is geen ware liefde aan dit verbonde nie! Liefde is om iemand met al sy/haar foute lief te h sonder om dinge vir hom/haar te s en doen om hulle seer te maak, soos my Pappa se liefde. Hy sien my met al my foute en het my nog steeds lief sonder om my seer te maak of sleg te s. Hy straf my ook nie om sy will te doen nie, Hy forseer my ook nie met allerhande wette om Sy wil te doen nie! Hy bly my beste Vriend en is lief vir my net soos ek is vir altyd en altyd!

Iets wat ek wil byvoeg op gister se skrywe is dat in die bybel staan dit duidelik geskryf in Romeine om eerlik te wees...

Nou, ek gaan julle die vers gee wat my Vader so aan my verduidelik het Dit is Romeine 19; Daar word ges die skepping wag met reikhalsende verlange na die openbaarmaking tot sover! Die openbaarmaking van wat? En as daar van die skepping gepraat word, van wie word daar gepraat? Beslis nie net van die mense nie, dit bedoel die hele skepping dit sluit alles wat in vlees lewe in! Dit is nie net mense wat gered gaan word uit die Koninkryk van satan maar die hele skepping. In vers 20 staan daar ook want die skepping is aan die nietigheid onderworpe-nie gewillig nie maar ter wille van Hom nou die hom s vir my dat dit die skepper is en hy is die satan. Hy forseer ons om hier te bly in die vlees liggame! Die woorde kan nie anders gesien word nie!! Dit is die sin se betekenis en dit s net en beteken net een ding!
En dan as julle verder lees by vers 22 Dit s want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barends nood is tot nou toe Dit het my Vader vir my ges is dat ons almal, als wat lewe, niks wat lewe kan kan uitgesluit word nie, maak nie saak hoe sleg of hoe goed hul is nie hulle is deel van die Volk en hulle wag om vry gemaak te word!!! Maak nie saak watter opinie ons van hulle het nie, Die Here my Pappa het hulle ook lief net soos hy my liefhet! HY sal nooit eerste vir my kom haal en dan laaste vir julle nie, Hy sal ons almal saam kom haal Hierdie volk Sal met eenslag gebore word!! In die Gees natuurlik!!! Die vlees sal dan tot niet gaan en net gees sal oorbly!!!Barensnood beteken geboorte
Hier op aarde is nog niemand gered nie!!! Mense dink hulle lewe geestelik maar dit is nie so nie, ons sal eers geestelik wees wanneer ons nie meer in die vlees is nie. Ons kan nie altwee h nie, ons moet of gees of vlees wil h! Dit gaan nie saam nie! Dit is wat ek bedoel met brood en water! Die vlees lewe van brood en ook van water voedsel en vloeistof, want dit is die voedsel om die vlees te laat groei fisies groei!!! Nou waar is die voedsel van jou gees dan nou? Mense voed deesdae net die vlees! As hulle iets nie met die vlees kan sien nie, dan beteken dit net doodeenvoudig niks vir hulle nie! Dit is verkeerd mense, ons moet glo in die dinge wat nie vir ons sigbaar is met die vleeslike o nie! My Pappa is nie sigbaar nie! Hy is n Gees n Wonderlike en Liefdevolle Gees Pappa!!! Mense wil nie eintlik meer iets geestelik h nie baie selfs ek het in die begin so gemaak ek het na die Here toe gegaan vir vleeslike dinge! Hoe meer ek vleeslik gevra het, het ek net geestelik ontvang, ek was baie dae teleurgesteld, want dit het swaar met my gegaan hier, geldelik was daar ook verliese en geestelik was die satan besig om my te verwoes nou wat moes ek nou eintlik doen, net alles sommer net so opgee!! Nee, ek kon nie net opgee nie, Want dan het dit beteken dat ek alles en almal vir wie ek innig liefhet gaan verloor! Dit is deur my gesoek dat ek gekom het tot hier waar ek vandag is! Maar ek soek sowaar nog meer as wat ek reeds het, dit voel net nog nie genoeg nie. Ek wil meer weet van my Pappa en ek sal nooit hier rus kan vind nie, tot ek weer terug is by my huis waar ek werklik hoort nie.

Liefde en groete

Die Vrou....

knipmes
4th November 2009, 20:42
... dit voel net nog nie genoeg nie. Ek wil meer weet van my Pappa en ek sal nooit hier rus kan vind nie, tot ek weer terug is by my huis waar ek werklik hoort nie.

Liefde en groete

Die Vrou....

Bokkie, vergun my...

Jesus het verwys na "Die Koninkryk van die Hemele is binne-in jou!" Ek is tuis enige plek in die slotsom van die Heelal want maak nie saak waar ek is nie, my Hemelse Herkoms is myne deur onlosmaakend deel te wees van ons Goddelike Ouers. Ek is wat ek is deelagtig aan die WONDER wat IS ewiglik...

groetnis
knipmes:biggrin::biggrin::biggrin:

Die Vrou
6th November 2009, 08:04
More aan almal weer en aan jou Knipmes!

Ek dink nie ek het dit verduidelik nie. Dus sal ek dit nou mooi verduidelik! Wanneer ek in die bybel lees en dit gebeur nie eintlik nou meer nie. Want daar staan eintlik niks in van my Vader nie. Ek wou maar net daai deel aan julle uitwys dat net dit wat ek vertel het is presies wat my Vader aan my verduidelik het. Die verhale en die lering van Jesus is nie van toepassing nie. Kyk, Wanneer my Pappa met my kom praat dan praat Hy alleenlik net met my, en Hy sal nie my dinge met ander mense se verhale vergelyk nie. Hy sal my bv net die dinge s wat op my lewe en net op myself van toepassing is nie waar nie. Hy sal nie met my dinge bespreek wat vreemd is en niks met my te doene het nie. Jesus se dinge het niks met my eie lewe te make nie en my Vader is al klaar vir my n voorbeeld al kan ek Hom nie sigbaar sien nie hoor ek sy stem in my hart en luister daarna. Ek is n blinde want ek kan hom nie sien nie, ek kan net Sy stem hoor, en ek ken Sy stem. Hy ken my daaglikse stryd en dit is waarmee hy my help en Hy weet om al die dinge wat hier so verkeerd is aan my te verduidelik. Jy sien Knipmes, ek bespreek alles wat hier op die aarde aangaan met Hom, ek wil alles van die skepping weet. Want ek het by Hom gaan vra hoekom is dinge so sleg is hier! En ek het Hom ook gevra hoekom het Hy ons dan nou in die breekbare liggame ingeplaas het as ons ook n gees het soos wat Hy is, want Hy is gees. En dit is Sy verduideliking aan my, ons geeste word hier in die liggame gevange gehou teen ons sin. Dit was wat daardie verse ges het in die bybel. Want dit het my vrae wat ek aan Hom gevra het geantwoord. Die ander dele het niks met my te doen nie. Want ek kry nie my woorde van die bybel of die mens nie, ek kry dit by my Vader direk, ek hoef nie eers met Jesus te praat om Hom iets te vra nie, Hy het my mooi laat verstaan dat Hy my Vriend is en nie te heilig is sodat ek in Sy teenwoordigheid kan kom nie. Want ek het vrae gestel aan Hom en Hy het my toe geantwoord. Sien jy, knipmes. En laat ek jou ook maar dit vertel Hy is ook altyd by my! Ek weet dit verseker. Want hy is n Pappa van Sy woord. Hy het my beloof dat oral waar ek sal gaan in hierdie gevangenis Hy daar langs my sal wees! Altyd en altyd! En ek glo en het n vaste vertroue in Hom! En ek weet verseker dat Hy my en alles wat hier lewe gaan kom haal!

Liefde Groete

Die Vrou.

Die Vrou
11th November 2009, 08:19
Halo almal,

Ek wil julle graag vertel van op watter manier my Pappa my vertel dat hy my liefhet! In die begin het ek dit verwar met vleeslike gevoelens. Ek kon nie hierdie gevoel verstaan het nie, dit is n onverwagse gevoel van liefde diep diep in die hart, gedink dit was maar net n gevoel vir vleeslike dinge, want die satan is maar altyd ook byderhand om n mens te verwar, en vir mens ook n gevoel te gee want Hy praat ook met dieselfde stem as my Pappa. Die emosie, gevoel stem! Al hoe ek hom kan onderskei is dat sy stem gee jou emosie of gevoelens of begeerte vir die vleeslike dinge, natuurlik als met die vlees te doen!
Het jul nog nooit gewonder waar kom die liefdes gevoel vandaan nie. Soms gebeur dit as daar niemand by jou is nie, het jul nog nooit gewonder nie? Dit skep nogal verwarring by n mens. Wel ek weet nie van by julle nie maar dit het met my gebeur. Dan is daar ook nog, soms verlang jy so baie maar jy verstaan nie hoekom of waarna jy verlang nie! Weereens verwarring, onthou nou jou gees praat dieselfde taal as hierdie geestelike Pappa, dus jy het ook n emosie stem! Want ons almal soos ek voorheen ges het, het dieselfde stem. Ons gebruik hom net nie meer nie! Want ons het geleer om met die vlees te kommunikeer en nie meer met die gees nie! Partykeer gebeur dit dat hierdie wonderlike Vader ons waarsku met gevoelens teen gevaar of selfs vir ons Inligting gee inverband met n ander persoon op hierdie manier. Jy sal dadelik reageer of soms stel ons dit uit hierdie gevoel van onrus of bekommernis en ja, dan met slegte nagevolge! Soms reageer jy onmiddelik en dan vra die ander persoon maar hoe het jy dan geweet, jy antwoord dan, ek het net so n gevoel gekry! Die gevoel emosie stem is ons geestelike taal!

Nou wil ek julle n vraag vra, julle hoef dit nie te antwoord nie, maar dink daaraan! Het julle al die gevoel van liefde so ervaar, en nie verstaan waar dit vandaan kom nie? Dan sal julle nou weet waar dit vandaan gekom het!

Groete

Die Vrou.

Die Vrou
17th November 2009, 09:44
Goeie more aan almal wat hier lees,

Mense vandag wil ek met jul bespreek n baie belangrike aspek van die geestelike en vleeslike lewe! Ons sal nooit solank ons geeste in die vleeslike liggame is kan geestelik lewe nie, want as ons in die vlees is soek ons die vleeslike dinge!!
Kyk ek wil jul waarsku dat Jesus n vlees is en al word daar ges dat hy nou god is, kan hy nie instaan vir wat hier in die skepping gebeur nie!! Want ja, hy het wreed gesterf en daar is ges dat dit vir almal op die aarde is! Maar kyk om jul rond!! Daar het nog niks verander sedert Jesus dood is nie!! Die sonde is nog steeds hier en dit het erger geword sedert Jesus se dood!! Kyk nou dit is so dat wanneer ons nog in die vlees is soek ons bewyse in die vlees, Jesus was gebore en hierdie god het Jesus gebruik om baie mense nog verder in die verdoemenis van die vlees in te sleep!! Kyk, wat aangaan hier op die aarde, Jesus het julle hier agter gelos in al hierdie gevare om konsuis vir jul n plek in die hemel voor te berei!! Maar onder tussen gaan al die wrede en slegte dinge voort hier in die skepping! Dit s my duidelik dat die god wat op die aarde regeer selfsugtig is en te heilig is sodat ons in sy teenwoordigheid kan kom!!! Nou moet ons deur n vlees van sy keuse na hom toe gaan vir hulp!!! Mense, dit is verkeerd!! Want dit is net nog n bewys dat ons eers vleeslik dinge moet kan sien voordat ons glo!! Dit is verkeerd mense!!! Ek het nie n vlees nodig om met my Vader of soos wat ek hom ook nog noem Die Prins van Liefde te kan kommunikeer nie!! Ek het nie nodig om heeltyd om vegiffenis te smeek vir my sonde nie!! Ek kan met Hom praat elke oombliik elke sekonde van elke dag en Hy is daar vir my!!! Ek voel altyd deur sy teenwoordigheid wanneer ek met Hom praat!! Ek repekteer Hom vir wie en wat Hy is!!!! Maar ek aanbid Hom nie!!! Dis net die skepper en Jesus wat will aanbid word! Jesus was onskuldig in dinge van die skepper ingesleep, ek voel jammer vir wat hy moes deurmaak. Die god het aan hom belowe dat hy net soveel mag en krag as hy sou h. Dit was ook n leun!!! Jesus het alleen doodgegaan!! Want toe het die afstootlike god die skepper om ontrek!! Daar is net een skepper god!!! Daar is geen ander nie!!! Daar is nie n slegte of goeie skepper nie!!! Daar is net een en hy is afstootlik, en wreed!!!!! Die skepping is sy gevangenis vir geeste!!!! En hier word die geeste verlei met allerande vleeslike dinge en ook is hulle sy slawe, hulle werk hul lewe om hier en bereik eintlik net wind, want als hier gaan eindelik tot niet!!! Ek het nou die dag nog n stokou tannie gewaar haar liggaam so oud sy sukkel vreeslik om te loop en oor die weg te kan kom en dan is haar kinders nog daar om haar aan te jaag, maar ek sien haar ou bene wou net nie meer nie, ek het haar so bitter jammer gekry!!!! Ek het gesien hoe kyk sy om haar rond op soek na hulp, maar niemand het gehelp nie!!! Dan word daar nog ges dat dit n sen van god is om so lank te lewe hier op die aarde!!! Dit is gn n sen nie dit is n straf om in so n gedane liggaam te moet oor die weg kom!!! Almal sien wat hier op die aarde gebeur, en aanvaar dit sommer maar net, en s!!! Nou wat kan ons nou eintlik doen!!! Maar ek s vir julle vandag ek gaan dit nie aanvaar as my eie nie, ek het n Pappa ontmoet wat my liefhet net soos ek is en ek gaan Hom nie verruil vir hierdie vleeslike dinge nie!!! Ek sal aanhou en aanhou tot ek eindelik weer terug is by Hom!!!! Ek aanvaar nie hierdie vleeslike goed as my eie nie!!! Dit is walglik en afstootlik!!!! Kyk ook nou Jesus is lankal oorlede en die mense vier sy verjaardag!!! Maar dit is al!!!! Vir meeste gaan dit vandag net oor die vleeslike geskenke wat hulle kan kry dit gaan ook oor patytjies waar hordes verkeerde dinge plaasvind!!! Jesus se lyding is lankal vergete!!! Dit gaan nou net oor geskenke en partytjies!!! Jesus wat n vlees was kon niemand na die ware Heer en Vader toe lei nie want hy was maar net n vlees!!!! En hy het ook die skepper se woord verkondig!!! Partykeer het hy dinge nog moeiliker vir mense gemaak om nou konsuis by die skepper uit te kom!!!! Hoor wat ek julle vertel vandag Alles hier op die aarde is verkeerd en vir die verderf!!!!
Kom laat staan die vleeslike dinge en kom ons roep in n eenheid na n Vader en pappa wat ons waarlik lief het en ons wil vry maak van die slawerny en vleeslike dinge hier in die skepping!!!!

Groete

Die Vrou.....

Die Vrou
24th November 2009, 12:20
Massa Slawerny en handel dryf met lewende wesens!!

Hierdie is n seer gebeurtenis op die aarde! My Vader het my gewys hoe word baie lewende wesens deur dit gedryf en terselftertyd ook verwoes en gemartel. Eerstens wat hy doen hy gee die mens n begeerte in die hart om te werk! Dan sal die mens op die begeerte reageer en s ek voel lus om te werk of selfs net iets te doen. En ek persoonlik dink dat die mens die meeste afstootlikste dinge hier op die aarde bedrywe want ek het nog nooit n dier teegekom wat slawerny dryf met lewende wesens om geld in te samel sodat hulle meer skatte kan he hier op die aarde nie!! Hulle het dit nie eintlik nodig nie maar nogtans wil hulle dit h!!! Ja, hy gee aan ons die begeerte om besighede te stig om sodoende ryk te kan word in die skepping of soos dit nog genoem word die wreld. Is dit nie verskriklike nie? Want net deur die gedagte van om ryk hier op die aarde te wees dryf die mens voort om al hoe meer besittings in die hande te kry. En natuurlik kos dit geld!!! Die een ding waarvoor sommige mense ook moord sal pleeg om dit in die hande te kry. En dan is daar ook ander wat nie geld in die hande kan kry nie, en dan gaan hulle sommer maar net dood van die honger!! Ek het al voorheen ook genoem dat alles hier in die plek n prys het! Wel hierdie is die fisiese prys waarvan ek praat die vleeslike een! Sien, dit is hoe die mens n slaaf is, en nou omdat die mens n slaaf is nou maak hy of sy ook n ander mens n slaaf om hulle werk vir hulle te doen sodat hulle kan rus. Baie mense is onder betaal vir die harde werk wat hulle moet doen! Maar die eienaar van die besigheid kyk nie na hoe sy mense hard werk sodat sy bankbalans groter kan word en hy net al ryker nie. Hierdie liggame kan net soveel verduur en niks meer nie! Dan gaan dit afdraende met daardie mens. Dan kan die mens voel dat hy of sy nie meer so hard kan werk nie. Party het hulle rue seergemaak toe hulle jonger was met fisiese harde werk en die dag wanneer hulle ouer raak pynig daardie besering hulle! Ja, en kan n mens glo dat die mens dan ook die diere en insekte hulle slawe maak, net hulle werk verniet vir geen beloning nie! Soms word hulle net forseer om dit te doen wat die mens wil he hulle moet doen, en niks anderste nie. Byvoorbeeld hoender henne vir die eiers wat hulle l. En elke eier wat gel word is n geboorte vir die hen en alle vroulike geslagte is gestraf deur die skepper na die ding wat Eva gedoen het sodat elke geboorte pynlik is vir die vroulike geslag maak nie saak wat jy is nie dier, insek, mens, vis of vol! En wanneer hulle nou gedaan is en niks meer eiers kan le nie, dan is hulle nou net goed vir een ding en dit is om geslag te word sodat die mens kan eet! Afstootlik is dit vir my vader! Want daardie henne het ook n hart en het ook gevoelens. Het julle al gesien hoeveel liefde kan n hen in haar hart he vir haar kroos, wel dan weet jul dat hulle ook net soos die mens dinge kan ervaar! En dat hulle ook begeertes kan he, en n verlange soos bv om vry te kan wees of selfs net n beter lewe kan he as om net eiers te moet l elke dag van hul lewe! Daar is nog baie ander soorte soos kuikens wat n soort voedsel kry om gouer te groei en vet te kan word sodat die mens net hulle lekker vet kan eet en die een wie se boerdery dit is net al vinniger ryker kan word, dit gaan mos so in die hoender bedryf. Ook gehoor dit gebeur by die rooivleissoorte soos beeste. Hulle word n middel toegedien om vinniger te kan groei om slaggereed te kan wees. Die mens probeer al hoe meer om die lewens siklus van die diere so te beinvloed dat hulle vinniger groei sodat die mens meer produksie kan lewer! Dit is n gruweldaad in my Pappa se o! Dit is n gruwel om diere net groot te maak om jouself te verryk hier op die aarde! Dan is daar ook nog natuurlik handeldrywe met insekte!!! Kom ons begin by die mees gewildste een die by Ek weet nie of julle mense werklik weet hoe gevaarlik n klomp bye bymekaar kan wees nie. Maar ek het al gesien en ons kon net toekyk hoe hulle ons diere doodsteek toe hulle die dag kwaad geword het vir die een of ander rede dit was net een nes. Die boere hou meer as 50 neste bymekaar aan, en daar is miljoene bye in een nes. Mens kan hulle nie stop nie, daar is taal verwarring, hulle kan jou nie verstaan nie en jy kan hulle nie verstaan nie!! Dus kyk jy maar net toe hoe hulle alles doodsteek! Hulle hou nie op voordat daar geen meer wese is wat beweeg in die omgewing nie. Ek weet die bye is onskuldig, hulle doen wat hulle nodig vind om hul byenes te beskerm. Soos ons ook maar sou doen by ons huise. n byeboer noem daardie mense hulle self. Hulle steel ast ware die voedsel van die bye om te verkoop vir geld. Hulle stel duisende ander lewende wesens in gevaar met hulle boerdery! Hulle plaas hulle kaste net waar hulle wil en ry doodeenvoudig weg sonder enige bekommernis wat nou van die omgewing se lewende wesens gaan word. Die bye word ook vergas en dan beroof die mens die byenes van sy voedsel! Skande is dit net nie!! Nog n gruwel in my Vader s o! Die mens bedrywe aangevuur met die begeertes in hulle harte die mees afskuwelikste dade! Die dier of insek probeer maar net om te oorleef. Maar die mens, nee wat, hulle probeer om alles vir hulle self te kry hier op die aarde! Hulle sal hulle huise en doolhowe bou oor ander lewende wesens. Hulle ruk al die gras en plante uit en ook talle bome wat al meer jare op daardie stuk grond bly as die mens vir hulle geboue en paleise! Hulle gee nie n duit om vir die wese wat sy lewe moet opoffer vir hulle menslike giere nie! Hulle neem ook meeste van die grond in besit sodat daar weinig oorbly vir die plant en die dier. Gaan besoek gerus bietjie die vlooimarkte waar hulle met lewende wesens handel dryf! Julle sal geskok staar na wat daar aangaan! Alle soorte vols se voete word met insolation tape vasgemaak bv hoenders, poue, kalkoene, eende, makoue, ganse, ens. En hulle word net so laat val in die hokke waar hulle moet bly l totdat hulle verkoop word! Die mens gee nie eers om of die dier op sy gesig of nek val nie! Ek kon die lyding van die dier waarneem! Dit het my sommer hartseer laat voel! Ja, en dan sal die ander mense wat diere aankoop op daardie vlooimarkte net loop en spog hoe goedkoop hulle van die soorte diere of vols gekry het!! Maar weet julle daar is nie eintlik n prys hier op die aarde wat vir die waarde van die lewende wese kan betaal nie!! Daar is nie genoeg geld ter wreld om vir dit betaal nie! Dit het my Vader aan my gewys!

Dit is waaroor alles hier gaan werk om geld te kan verdien om te kan eet of oorleef! As jy nie kan nie, is jy verlore en op jy eie!

n Slawerny is hierdie plek die aarde ook genoem deur die skepper die tuin van eden

Groete

Die Vrou..

schalk
24th November 2009, 13:37
Alles waar liewe mens maar ons moet eet.Die bekende profeet Kalil Gibran se in een van sy geskriffies dat hy die bees bedank daarvoor dat die sy lewe gegee het sodat hy Kalil gevoed kan word. Is dit nie wat die ONSE VADER OOK SE WANNEER ONS DIE SKEPPER DANK VIR VOEDSEL NIE ? Dankie dat U AAN ONS VOEDSEL verskaf laer af op die skeppingsorde wat ons dan sonder gewetenswroeging kan eet! Daarom dan ook dat n vegetarier dieet fyner geestesontwikkeling tot gevolg het?!
SCHALK

Die Vrou
24th November 2009, 14:56
Halo Schalk,

Ja, reg genoeg, daar word gedank vir die voedsel, maar nie vir die dier nie. Die Skepper word bedank. En as ek kyk hoe die dier ook maar spartel om nog aan die lewe te bly kan ek niks anders dink as dat hy onwillig doodgaan vir my lewe nie. Hulle hulpgeroep is vir ons nie hoorbaar nie omdat hulle uit hulle harte om hulp roep. Dan verder is daar ook nogal mense wat hulle ete lewendig voorberei dit wil se lewendig kook sonder om dit eers dood te maak. Ek weet nie of jy my hele getuienis gelees het nie, maar ek glo die skepper is die satan! Hy is nie 'n goeie wese nie! Ek het 'n vriendskap en verhouding met 'n gees wat nie die skepper is nie. En sy woorde staan nie in die bybel nie en daarom neem ek ook nie die onse vader meer ter harte nie! Sy woorde word direk met my gepraat. ek hoef deur 'n mens of enige ander manier met hom te praat nie. Ek praat direk met hom. Hy is vir my die wonderlikste vriend en Vader! Ek het hom innig lief en kan nie wat totdat ek weer by Hom kan wees nie. Want die vlees is nie mmeer vir my begeerlik nie inteendeel dit het vir my afstootlik geword as ek na alles kyk wat hier aangaan.

Groete

Die Vrou....

schalk
27th November 2009, 16:40
Ai so n doodsbegeerte tog! Is dit die mens of die GROOT GEES wat opneuk? Ek kry die indruk jy lewe baie afgesonderd. Miskien moet jy net bietjie webreek met n lekker naweek!
Terloops het jy al DIE GROOT GEES as vroulik ook ervaar?
Ek praat ook direk en nie deur dominee, Jesus of wie ookal nie maar jou kommunikasie met
'' JOU GEES'' bekommer my want dit laat jou al hierdie negatiewiteit ervaar!
SCHALK

Die Vrou
27th November 2009, 17:36
Schalk,

Doodsbegeerte se jy, nee dit is net 'n begeerte om by my Vader te kan wees in die gees. Inteendeel ek leef nie afgesonderd nie! ek het 'n man en vier woelige kinders hulle hou my baie besig en gelukkig!! Ek het nie 'n wegbreek kans nodig nie! Ek doen dit wanneer ek met my Vader gesels ek breek weg van al die stress van die lewe op aarde wanneer ek by Hom sit en gesels!! En dit is gereeld! Ek weet nie van die GrootGees waarvan jy praat nie!

Schalk jy het dan nou gese dat alles wat ek skryf die waarheid is, nou hoekom is die waarheid dan negatief. Kan dit wees dat julle nie die waarheid in die o kan staar nie, en dat jul nou agter 'n leun wil wegkruip! Ek dink ook dat dat 'n gebed om te dank vir voedsel net 'n trooster is, om skuld gevoel van die dier se dood te bedek!

En 'n vegatariers, ons plant wortels bv. hy is nog besig om te groei dan pluk ons hom uit en eet hom! Hy leef nog, nou wat is die verskil tussen plante of diere wat leef! Ek verstaan ons moet eet, so ek en almal wat hier bly is skuldig om als dood te maak. Maar die mens is die ergste! Ons moet eet omdat ons dit nodig het maar party hulle onnodig eet agter die lekker aan!
En ook net nog 'n ding almal wil meer geestelik lewe maar almal besef nie dat solank ons in die vlees is ons nooit geestelik sal kan lewe nie, omdat die vlees die dood beteken en die gees die ewige lewe!

Groete

Die Vrou...

Die Vrou
9th December 2009, 09:45
Die Boervolk!

Ek lees nog gereeld op die eerste werf waar ek my eerste boodskap aan mense geplaas het! En ek het in die begin gedink " Sies dat volwasse mense tog so kan tekere gaan" Hulle vloek mekaar letterlik uitmekaar uit! Hulle beledig nie net mekaar nie, hulle stel die afgryslikste voorbeelde vir enigiemand wat daar gaan lees. Ja, ek het 'n wroeging ervaar soos nog nooit tevore nie! En wanneer mens die dinge wat als daar gese word lees, word mens sommer so koud in die hart! Dat hulle nie kan besef dat hulle eintlik almal van die selfde familie afkom nie! Dat as hulle in 'n gevegskryt geplaas moet word, kan ek niks anders dink as dat hulle mekaar te lyf sal gaan en letterlik sal verskeur net soos die diere sal doen nie. Ek het gisteraand weer daar gaan lees! En, ja, my Pappa wys my toe dat hulle ook maar maak nie saak wat hulle verkeerd doen nie, per slot van rekening ook sy KINDERS is! En dat Hy hulle net so liefhet soos wat Hy my liefhet! My Pappa is nie 'n Groot Gees nie Hy is my beste vriend en Vader in die Koninkryk van die Lig! Hy verhewe Homself nie bo my of enige iemand hier op die aarde nie! Maak nie saak hoe bevlek ons hier op die aarde is van die laste en skulde en sonde nie, Hy vertel my Hy gee nie om nie! Hy s dat ons na Hom toe moet kom, self, net soos ons is! Hy wil ons self leer en self in die regte rigting stuur! Hy wil nie h dat ons agter al die vleeslike dinge aanhardloop en Hom daar gaan soek nie, want Hy staan reeds langs elkeen van ons en wag dat ons Hom moet roep om ons in al ons swaarkry hier op die aarde te kom verlos! Die enigste manier is maar om die vlees agter te laat en net na die geestelike vreugdes te soek! Ek het reeds al genoem dat die vlees die dood beteken mense. Want wanneer hierdie liggame waarin ons geeste is, siek word of seerkry op so 'n manier dat dit doodgaan, sal ons gees vry kom van die gevangenskap van die satan! Ons sal dan weer geestelik gebore word vry van die vleeslike liggaam!

Wat hierdie boerevolk van ons betref, waaroor twis ons dan nou oor waar die waarheid gaan opstaan en hier seevier op hierdie aarde!!! Hoop eerder tesame dat hierdie hele skepping spoedig bevry sal word en alles weer in die gees herbore kan word! Moenie asseblief nie!...Weer 'n mens julle arm maak nie!!!! Jesus was 'n mens net soos ons!!! Jesus gaan julle nie kom Haal nie!!! Julle hoop is verniet op hom! Hoekom wil julle weereens h dat 'n vlees julle moet kom red as julle geestlike Pappa reeds nou langs julle staan en wag dat julle Hom moet roep om julle vry te maak!!! Hoor wat ek julle s mense Ons Pappa wag angstig om ons vry te maak!!! Maar ons moet tesame na Hom roep want Hy wil geeneen agterlaat hier op die aarde om nog verder so swaar te kry nie!

Saggies en teer is die roepstem van ons Pappa
Hy roep, my kinders, kom tuis! Almal wat moeg is kom TUIS. Hy staan en wag aan die deur van ons harte, Hy wag daar vir jou en vir my!


Vandag, mense HOOP ek Dat daar van nou af met julle gepraat sal word deur my Vader, nie met 'n stem wat hoorbaar is vir die vleeslike oor nie! Maar met sy spesiale stem wat alles hier kan verstaan, "Sy emosie stem" wat 'n klipharde hart sal oopbreek en onmiddellik weer sag sal maak! Daar waar dit in daardie hart eens soos 'n woestyn was dor en leeg en kaal sal hy dit besprinkel met lewendige water sodat dit weer kan begin lewe. Hy sal dit vertroetel met 'n liefde wat geen lewende wese sal kan weerstaan nie!!!

En weereens s ek dat net liefde alles hier gaan oorwin!!! Geen oorlo en bloeddorstige gevegte nie, Maar, "Net Liefde, Sy liefde, ons Pappa sin"

Liefde en Groete

Die Vrouw.....

Die Vrou
31st December 2009, 07:36
Halo daar weer almal,

n Eenheid wat beteken dit nou eintlik in die geloofs afdeling! Ek stem saam dat die Groot Lig eerste in Suid Afrika gaan skyn. Dit weet ek verseker! Maar voor dit kan gebeur sal elke mens in die land tot inkeer gebring moet word dat hulle n eenheid sal moet vorm. Dit beteken dan dat almal een Here, Vader of Pappa sal moet ondersteun. En op die oomblik wat ek sien is n deurmekaarspul. Ja, baie dien die Skepper. Maar al dien hulle een God of Koning of Pappa vorm hulle nog steeds nie n eenheid nie. Want groepies mense reg oor die land spring op en hulle almal s hulle dien die God of Vader op die regte manier. En ek weet verseker dat geen Lig hier sal begin skyn voordat die mense nie n eenheid sal kan vorm nie. Ja, ons kan maar oral soek hier op die aarde in geskrewe stukke na die waarheid oor n geestelike Koninkryk, hierdie is n woestyn wat die waarheid betref. Die waarheid staan nie in een boek geskryf nie! Dit is wat die woorde Die nuwe wyn nou eintlik beteken. Dit is woorde wat vars is en nog aan geen mens gegee is nie. Niemand ken daardie woorde nie. Dit is woorde wat reg uit die mond van die Vader sal kom! Nie uit die mond van n mens of boek nie!!!

Ek hoop dat hierdie tydperk wat voor ons l, hierdie land se mense tot inkeer sal kom en dat hulle sal moet besef alvorens die Lig hier sal kan begin skyn hulle eers sal moet besef dat hulle n eenheid sal moet vorm in n geloof!

Nou watter geloof sal nou die regte een wees? Net Vleeslik, Of, net Geestelik. Onthou nou die vleeslike dinge gaan alles tot niet. Dit sal net die Geestelike lewe wees wat gaan oorbly!!! Wat gaan julle kies?

Groete

Die Vrou