PDA

View Full Version : Die kenner van Harte



Die Vrou
9th October 2009, 17:53
Mensekind, jy lyk dan so verlore
Ek sien die trane in jou o
Ja, Ek weet jy het die diep seer gekry
Maar waarom sal jy nog langer ly
Net gedeelde hartseer bring verligting
En n stappie nader aan berusting
Daar is niks te groot of klein vir My,
Selfs van hartseer kan Ek jou bevry
Want Ek is die kenner van harte!
En jou seerkry is aan My bekend
Met n olie vir gebroke harte,
Word met tere liefde aangewend
Graag wil Ek die seerplekke verbind
Want Ek is die kenner van harte!!