PDA

View Full Version : My kind



Die Vrou
12th October 2009, 10:16
Jou lewenspad is uitgelê en niemand kan dit keer
Om hoog te vlieg is wat ek jou wil leer
Sweef saam met my op die rug van die wind
En ek sal jou wys waar jou hart is my kind
Als kan vergaan maar my liefde bly staan
Want jou hart is aan myne gebind

Ek is hier as jy 'n vriend wil hê
Wat saam kan lag en huil
Ek is hier ek hou jou altyd vas
En ek sal dit nooit verruil
Ek is hier om elke traan te vee
En alles te kan gee
Ek is hier my kind, ek is hier!

As jy dan eendag terugkom na my huis,
My kind sal ek jou altyd vertroos
Want daar wag ek vir jou...
Sal jy by my kom bly
En ek my hand oor jou kan hou!

Sweef saam met my op die rug van die wind
En ek sal jou wys waar jou hart is my kind,

Al’s kan vergaan maar my liefde bly staan,
Want jou hart is aan myne gebind....

Jou Vader

Ronell.jenkins
12th October 2009, 21:46
Dis baie oulik. Dis net n jammer dat daar mense is wat nie die son oor hul kinders wil laat skyn nie.

Die Vrou
13th October 2009, 08:13
Ek is bly jy vind dit oulik. Maar niks in die gediggie is vleeslik bedoel nie.
Dit is geestelik bedoel. Die oorsprong is eintlik 'n liedjie deur Juanita du Plessis.
Ek het net eendag na die liedjie geluister en die stem van my vader in die Koningkryk
van die Lig gehoor. En dit is nou die eindresultaat. Die Vader waarvan ek praat is die Vader in die Koningkryk van die Lig. Hy is 'n gees en nie sigbaar vir almal nie.
En Hy gun ons al die geluk wat geestelik is. Want hier op aarde is nie eintlik ware
geluk nie. Dit is net tydelik!
Ek het Hom ontmoet en is baie lief vir Hom want ek weet Hy gun my al die geluk en
nog meer.
"Hy genees seer harte weet JY?"