PDA

View Full Version : My Pa



Die Vrou
13th October 2009, 12:39
Ek skryf n gidiggie vir my Vader!
Vir n Pa wat ek nooit ooit sal vergeet nie
Hierdie woorde maak n prentjie
Van n Pa wat van sleg dinge niks wou weet nie
En as ek aan Hom dink dan word ek stil
En dan verlang ek na my Pa
In die Koningkryk van die lig
As die son sak en die wind gaan l
En my siel verlang so na die lewende waters
Dan dink ek weer aan my Pa
In die Koningkryk van die lig
Met sy liefde en baie geduld
En die waarhede op die punt van Sy tong
Laat my besef hy is n Pa vir ons almal
Vir elke ding is daar n doel
Pasop vir die slegte Satan
Dit is die woorde van n Pa wat nooit wil
Afbreek maar wil bou
En as ek aan Hom dink dan word ek stil
En ek verlang weer na my Pa
In die Koningkryk van die lig
As die son sak en die wind gaan l
En my siel verlang so na die lewende waters
Dan dink ek weer aan my Pa
In die Koningkryk van die lig
Met die waarhede op die punt van Sy tong
Laat my besef Hy is n Pa vir ons almal...