PDA

View Full Version : Skepper vs God



schalk
23rd November 2009, 17:29
Wat dink mede- denkers en filosofeerders van die gedagte dat daar n Skepper is van alles
wat bestaan en vir elke bewoonde planeet of sterrestelsel n God met sy adjudante bv.
engele, serafs ens.
Dat hierdie god dalk n mens of ander lewende wese was wat in geestesontwikkeling so
gevorderd is dat hy/sy afgevaardigd is om God van die aarde te wees?:idea:

knipmes
23rd November 2009, 20:18
Hallo schalk, gaan lees gerus die draad

Boerseun / dogter vir God (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=165)

Onder die Boervolk Teologie afdeling (Boerseun / dogter vir God (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=165)) op hierdie werf. Dit behoort meer insae te gee oor waar en hoe alles ontstaan het, dis 'n lekker reis, geniet...

groetnis
knipmes

Die Ou Man
27th November 2009, 08:22
Wat dink mede- denkers en filosofeerders van die gedagte dat daar n Skepper is van alles
wat bestaan en vir elke bewoonde planeet of sterrestelsel n God met sy adjudante bv.
engele, serafs ens.

Die onderwerp Jahweh of Elohim (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=143) sluit aan by jou vraag.

Jahweh, die God van Israel is, volgens die oorspronklike tradisie deur die Allerhoogste (El) oor die Israeliete aangestel. Die Bybel verwys na die Seuns van God wat oor verskillende volke aangestel is. In die Nag Hamadi teks is Jahweh, die God van die Ou Testament, een van die Seuns van God.


Dat hierdie god dalk n mens of ander lewende wese was wat in geestesontwikkeling so gevorderd is dat hy/sy afgevaardigd is om God van die aarde te wees?:idea:

Volgens die Witboek is Adam (Mens) deur die Skepper aangestel om te "heers" oor die aarde as geestelike Vader en gaan hy met die wederkoms weer in die vlees verskyn.

leerling
30th November 2009, 15:05
Goeiemiddag oom Schalk. Ek het die pos gelees - Critias by Plato - en die verhaal sluit vir my aan by oom se vraag. Dit stem nou nie heeltemal ooreen nie, maar dit se vir my dat ,n -soortgelyke- moontlikheid defnitief vandag oorweeg en ondersoek MOET word. Want ek dien ,n God waar/wat NIKS onmoontlik was, is of OOIT sal wees nie, en die GOD is nog onbekend aan my. Ek se so a.g.v. Al die leuens en snert wat al deur die eeue aan ons opgedis word en ons eet maar altegraag lepeltjie vir lepeltjie die gemorskos! Daarom soek ekself (deur die hulp van MY Opperwese/Skepper/God/Heer,Koning) soos EK verstaan en dien met my hele hart, siel en verstand, (met die mate wat aan my toebedeel is) en dus glo ek dan ook dat ek netso leiding sal kry. Groete en aangename dag.

Manw
2nd December 2009, 01:51
God die Allerhoogste, Wese Self/Grenslose Lig, skep wesens en deur wesens, soos mense.