PDA

View Full Version : Danil se Profisie



Jaco Slabbert
7th March 2007, 15:42
Ek wil graag die volgende onderwerp begin bespreek: Danil se Profisie en hoe ons dit moet verstaan en hoe het dit betrekking op ons vandag. Ek dink ook dat mens dit nie sonder Openbaring kan verstaan of lees nie. Ek mag wel verkeerd wees. Sal almal se insug wardeer.

Jaco Slabbert
7th March 2007, 15:52
Ek gaan hier begin in Dan 7, dit is waar die gesigte regtig begin het.
Ek sal dit maar so stuk stuk op breek.

Dan 7:1 In die eerste jaar van Blsasar, die koning van Babel, het Danil n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel.

Dan 7:2 Danil het gespreek en ges: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring;

Dan 7:3 en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander.

Dan 7:4 Die eerste was soos n leeu, en hy het vlerke van n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos n mens op twee voete neergesit is en daaraan n mensehart gegee is.

Kom ons bespreek eers die eerste dier, na wie verwys die dier?

Groete

Stefanus
9th March 2007, 01:04
Gaan voort ek luister!

Jaco Slabbert
9th March 2007, 16:13
Stefanus as ek die reg het is die eerste dier dalk twee verskillende lande. Die eerste (Leeu) was 'n teken van ou Britanje en die Arend verwys na Amerika. Wat die mens hart aan betref ek sien dit so dat hulle ook lande is met hulle eie roeping in die groot plan van God. Hoe ek dit by die Witboek moet in bring is 'n ander vraag. Hoe sien jy hierdie dier en wat beteken dit?

Sal graag van jou wil hoor.

Groete

Stefanus
9th March 2007, 20:55
Stefanus as ek die reg het is die eerste dier dalk twee verskillende lande. Die eerste (Leeu) was 'n teken van ou Britanje en die Arend verwys na Amerika. Wat die mens hart aan betref ek sien dit so dat hulle ook lande is met hulle eie roeping in die groot plan van God. Hoe ek dit by die Witboek moet in bring is 'n ander vraag. Hoe sien jy hierdie dier en wat beteken dit?

Sal graag van jou wil hoor.

Groete

Dan 7:4 Die eerste was soos n leeu, en hy het vlerke van n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos n mens op twee voete neergesit is en daaraan n mensehart gegee is.

Jaco, ek het die ooreenkoms al gesien waar die dier (arend) gelykgestel word met Amerika, die ooreenkoms die Eagle van die Amerikaners. Ek persoonlik dink dit het 'n veel dieper betekenis.

Hier moet ons gaan kyk wat se vers 23, die vierde dier, se koningkryk sal op die aarde wees, vers twee skets die skepping, dus verstaan ek die diere/koningkryk een tot drie is nie aardsgebonde nie.
Kan die aandui na die Heersers wat oor die aarde aangestel was?

Groete,

Stefanus
27th December 2008, 23:41
Die Gesig van die Vier Diere

In die studie van Bybelse profesie is Danil 7 om die volgende drie redes van groot belang:
1. Die akkuraatheid en betroubaarheid van die profetiese woord word uitgebeeld deur die feit dat ‘n groot aantal van di profesie reeds in detail deur vier opeenvolgende wreldryke vervul is – dit is die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke.
2. Inligting word hierin gegee wat onontbeerlik vir die verstaan van profesie oor die Antichris en sy eindtydse wreldryk in Openbaring 13 is.
3. Enige objektiewe Bybelstudent sal in Danil 7 genoegsame bewyse vind dat die Vader by sy wederkoms ‘n koninkryk sal instel wat nou nog nie bestaan nie, en wat beslis ‘n aardse koninkryk sal wees.

Danil 7 loop in ‘n groot mate parallel met Danil 2, waar daar ook van vier koninkryke gepraat word – dit is die tye van die nasies – wat by die wederkoms van Christus vernietig sal word om vir sy koninkryk plek te maak. Die groot verskil met Danil 2 is dat ons daar ‘n beeld van die koninkryke kry soos van die mens se kant af gesien, want die goeie hoedanighede van die koninkryke word daar beskryf soos gesimboliseer deur die goud, silwer, brons en yster. In Danil 7 sien ons egter die afskuwelike, inhalige en moorddadige aard van die aardse koninkryke, wat as bloeddorstige roofdiere beskryf word wat mekaar verskeur en onder hulle pote vertrap. Hulle geaardheid word progressief slegter na die einde toe. S sien God hierdie koninkryke.

Inleiding tot die visioen

“In die eerste jaar van Belsasar, die koning van Babel, het Danil ‘n droomgesig gesien en gesigte van sy hoof op sy bed. Toe het hy die droom opgeskrywe, die hoofsaak vertel. Danil het gespreek en ges: Ek het in die nag in my gesig gesien, en kyk, die vier winde van die hemel het die groot see in beroering gebring; en vier groot diere het uit die see opgeklim, die een verskillend van die ander” (Dan. 7:1-3).

Danil het die visioen in die eerste jaar van Belsasar, in 553 v.C. ontvang, toe hy ongeveer 69 jaar oud was. Hierdie visioen pas dus chronologies tussen hoofstukke 4 en 5 van sy boek in. Dit word egter eers n hoofstuk 6 aangebied, aangesien dit nie deel van die historiese vertelling van Danil se lewe is nie. Dit is slegs ‘n visioen en lui dus die tweede helfte van die boek Danil in, wat uit profetiese visioene bestaan.

Die begin van Belsasar se bewind was ‘n betekenisvolle tyd omdat Nebukadnsar minder as tien jaar tevore dood is, met baie politieke spanning en ‘n nuwe oplewing in afgodediens wat daarop gevolg het. Vir die Jode was dit jare van onsekerheid en vrees oor wat die toekoms vir hulle in ‘n vreemde land en onder ‘n nuwe regering ingehou het. In hierdie visioen word sake weer vir hulle in perspektief gestel, en word die ondergang van die goddelose koninkryke en die oorwinning van die koninkryk van God in die vooruitsig gestel.

Danil sien in sy droom dat die vier winde die see in beroering bring. Die see is die rustelose volke van die wreld (Jes. 17:12), en die vier winde is die magte wat aan die werk is om die volke in beroering te bring. Volgens Sag. 6:5 en Op. 7:1 moet ons hier dink aan die mag van God wat die “winde” beheer en gebruik om die gang van die geskiedenis te bepaal, grense aan die mag van die konings te stel en uiteindelik ook die sondige, aardse stelsel te vernietig. Uit die konflik en stryd tussen die nasies kom daar onder die beherende hand van God in die geskiedenis vier koninkryke tot stand wat elkeen besondere eienskappe vertoon.

Die vier ongediertes

“Die eerste [dier] was soos ‘n leeu, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is. En kyk, ‘n ander dier, ‘n tweede, het gelyk soos ‘n beer, en is aan die een kant opgerig; en drie ribbes was in sy bek tussen sy tande; en s het hulle vir hom ges: Staan op, eet baie vleis. Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n ander een soos ‘n luiperd, en dit het vier vlerke van ‘n vol op sy rug gehad; ook het die dier vier koppe gehad, en aan hom is heerskappy gegee. Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was ‘n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad. Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was o soos mens-o, en ‘n mond wat groot dinge spreek” (Dan. 7:4-8).

Die eerste dier was soos ‘n leeu en het die vlerke van ‘n arend gehad. Die leeu en die arend word telkens in die Bybel as simbole vir Nebukadnsar se ryk gebruik (vgl. Jer. 49:19,22). Uit die runes van Babilon is daar ook beelde van gevleuelde leeus opgegrawe. Die res van die beskrywing in vers 4 kan slegs in verband gebring word met die ervaring wat Nebukadnsar tydens sy sewe jaar van kranksinnigheid gehad het. Sy vlerke is inderdaad geknip toe hy in die veld soos ‘n dier geleef het. Daarna is hy weer opgetel en soos ‘n mens op sy voete neergesit. Nebukadnsar het ‘n mensehart gekry nadat hy weer herstel is.

Die tweede dier was soos ‘n beer met drie ribbes in sy bek. Die een kant van die dier was opgerig. Dit dui daarop dat hierdie ryk tussen die Meders en die Perse verdeel was, en dat die Perse ‘n sterker mag as die Meders was. Die drie ribbes in die beer se bek dui waarskynlik op drie groot magte, nl. Lidi, Babel en Egipte, wat deur die Perse verower is. Hoewel die beer baie moorddadig was, word hy aangepor om op te staan en baie vleis te eet. Die grense van hierdie ryk het ook baie verder as die vorige wreldmagte uitgekring. Die Jode het self ook met die Perse se moorddadigheid te doen gekry toe Ahasveros in Ester 3 aan Haman volmag gegee het om die Jode uit te roei.

Die derde dier was soos ‘n luiperd met vier vlerke, en hy het ook vier koppe gehad. ‘n Luiperd is ‘n vinnige dier, en as dit nog vier vlerke het, word sy spoed verder beklemtoon. Hierdie simboliek pas die Griekse wreldryk uitstekend. Binne agt jaar het Alexander die Grote ‘n gebied verower wat van Griekeland in die weste tot by Indi in die ooste gestrek het. N Alexander se dood in 323 v.C. op 32-jarige ouderdom, is sy ryk onder vier van sy generaals verdeel – vandaar die vier koppe van die luiperd.

Die vierde dier het nie ‘n naam nie, want hy is t skrikwekkend om met enige bekende dier vergelyk te word. Om di rede word daar ges dat hy anders as die ander was – hy was baie meer wreedaardig en het ‘n paar eienaardighede vertoon, soos die tien horings op sy kop en die klein horinkie wat uit die tien horings te voorskyn kom. Hierdie dier beeld die Romeinse ryk uit. Uit die geskiedenis weet ons dat Rome se mag op ‘n uiters gewelddadige wyse uitgebrei is. Dit was die eerste koninkryk wat daarin kon slaag om die verowerde gebiede te konsolideer en by een groot magstruktuur in te skakel. Die Romeinse ryk het van al die wreldryke verreweg die langste in stand gebly.
Hierdie dier se tande van yster herinner ons ook aan die beeld in Danil 2 wat bene van yster gehad het, waardeur die Romeinse ryk uitgebeeld is. Die tien horings stem met die tien tone van die dier ooreen, en dui op tien provinsies van die Romeinse ryk. Uit die tien horings kom daar dan ‘n klein horinkie op, en dit dui op die Antichris wat uit die herleefde Romeinse ryk van die eindtyd sal voortkom. Van hierdie horinkie word ges dat hy ‘n mond en menso het. Hoewel hy dus dierlik in wese is omdat hy uit ‘n dier groei, sal hy tg ook ‘n mens wees. O dui op insig en intelligensie, en die mond op sy grootpratery en godslastering (Dan. 7:25; Op 13:5).

Die feit dat die Romeinse ryk nooit deur ‘n ander wreldryk verower en onderwerp is nie, verklaar die feit waarom daar sedert Nebukadnsar net vier wreldryke beskryf word. Hoewel die Romeinse ryk as ‘n politieke entiteit in die vyfde eeu n.C. opgehou bestaan het, het die invloed van Europa deur die eeue heen voortgeduur en is groot dele van die wreld deur Europese moondhede gekoloniseer. In die eindtyd sal die ou Romeinse ryk met sy sterk Europese basis herleef en weer ‘n politieke magsblok word. Dit is reeds besig om te gebeur. Wanneer die Europese Parlement sterk gevestig is, sal die Antichris binne die grense van die ou Romeinse ryk na vore tree en drie van di ryk se provinsies onder sy eie mag konsolideer.

Dit is verder ook betekenisvol dat die Romeinse ryk beheer oor die gebiede van die vorige drie wreldryke verkry het, nl. Die Babiloniese, Medo-Persiese en Griekse ryke, dus sal die herlewing van die Romeinse ryk terselfdertyd ook ‘n herlewing van al daardie ander wreldryke wees. Alles dui daarop dat die Antichris se toekomstige wreldregering uit die Midde-Ooste beheer sal word, uit ‘n gebied wat deel van al vier die vorige wreldryke was.

Stefanus
27th December 2008, 23:41
Die koninkryk van God en sy heiliges

Danil s: Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan n brandende vuur; n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen. Ek het toe bly kyk vanwe die stem van die groot woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur oorgegee is. Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie (Dan. 7:9-14).

Die toneel wat hier beskryf word, is nie die eindoordeel nie, al is daar sommige elemente soos die trone en die boeke wat geopen word, wat daaraan herinner. Hier is geen sprake van individuele gelowiges wat die ewige doodstraf opgel word, soos wat die geval in Openbaring 20:11-15 is nie. Hier gaan dit om die oordeel oor die koninkryke soos deur die vier diere uitgebeeld, en veral die oordeel oor die Antichris en sy magte (7:11). As ons dit met Openbaring vergelyk, vind ons n parallelle gebeurtenis in Openbaring 19:19-20, waar die dier en sy volgelinge tydens Christus se wederkoms deur Hom veroordeel sal word.
Die Oue van dae wat op die troon gaan sit, is n beskrywing van God. Jesaja s Hy is die Ho en Verhewene wat in die ewigheid woon (Jes. 57:15). Sy troon was vuurvlamme en dit dui op sy oordeel en wraak oor sondaars. Deel van hierdie toneel van oordeel was die koms van die Seun van die mens, wat n verwysing na die Messias, Jesus Christus, is. Dit is die eerste profesie oor Hom waarin hierdie titel gebruik word. Die koningskap en oordeel is aan Hom oorgegee, soos in 1 Korinthirs 15:24-28 bevestig word. By Christus se tweede koms, wanneer God se oordele voltrek en Christus se koninkryk geopenbaar sal word, sal Hy as Koning en Regter kom. Tydens sy eerste koms het Hy as n nederige dienskneg gekom(Fil. 2:5-8).

Betekenis van die visioen

Die gees van my, Danil, is in sy omhulsel verontrus, en die gesigte van my hoof het my verskrik. Ek het nader gekom na een van die wat daar gestaan het, en van hom sekerheid gevra oor dit alles; en hy het dit vir my ges en die uitlegging van die dinge aan my bekend gemaak: Hierdie groot diere wat vier is vier konings sal uit die aarde opstaan; en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid. Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier wat van al die ander verskillend was, buitengewoon vreeslik, met ystertande en met koperkloue, wat verslind, vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap het, en oor die tien horings wat op sy kop was, en die ander een wat opgekom het en waarvoor drie geval het, naamlik hierdie horing wat o en n mond gehad het wat groot dinge gespreek het, terwyl sy gestalte groter was as van die ander. Ek het gesien dat hierdie horing oorlog voer met die heiliges en hulle oorwin, totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het. S het hy ges: Die vierde dier die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke en die hele aarde sal verslind en dit sal vertrap en dit verbrysel. En die tien horings uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan, en n ander een sal n hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die voriges en drie konings neerwerp. En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende n tyd en tye en die helfte van n tyd. Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. Hier is die einde van die saak. Wat my, Danil, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar (Dan. 7:15-28).

Danil was baie ontsteld oor al hierdie dinge. Hy was veral begaan oor die vierde dier, waarvan die ekstra horing op sy kop oorlog teen die heiliges gevoer en hulle oorwin het (7:21). Hy was altyd n man van God wie se belang by die heil van sy volk en die kinders van God was. Die versekering word aan hom gegee dat nadat hierdie vier diere regeer en hulle verwoestingswerk gedoen het, die koninkryk deur die heiliges in besit geneem sal word. In Nuwe Testamentiese tye bestaan die heiliges uit twee groepe, naamlik Messiaanse Jode en gelowiges uit die nasies wat die Here Jesus as hulle Saligmaker aangeneem het.

Verskeie aspekte van die Antichris se optrede in die herstelde Romeinse ryk van die eindtyd word genoem. Volgens Danil 7:20 sal hy homself verhef en groot dinge spreek. Johannes s: n Mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek (Op. 13:5). Hy sal oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin (Dan. 7:21). Openbaring 13:7 s: Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke taal en stam en nasie. Die Antichris sal dit doen omdat hy God haat en alle mense wat God liefhet en aanbid, wil verdelg. Hy sal onbeteuelde woede-uitbarstings h en dan vir God en die heiliges vervloek. Volgens Danil 7:25 sal hy woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges mishandel. Openbaring 13:6 s: Hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God.

Daar sal egter n skielike einde aan die Antichris se regering kom: Die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig (Dan. 7:26). Hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie (Dan. 11:45). Volgens Johannes sal hy en sy mede-regeerder lewendig in die poel van vuur gegooi word, en sy volgelinge sal gedood word deur woorde van oordeel wat Christus tydens sy wederkoms sal uitspreek (Op. 19:19-21). Dit is wat sal gebeur wanneer die klip wat in Danil beskryf word, deur die toedoen van God die beeld van menslike regerings sal tref en dit permanent vernietig.
Wanneer Christus saam met sy heiliges beheer oor die wreld oorneem, sal die tydperk waarin goddelose mense met Satan as aanvoerder in leierskapsposisies was, vir altyd verby sal wees. Ons word nou nog uit die teenwoordige bose wreld verlos (Gal. 1:4), maar daar kom n tyd wanneer die heiliges die koninkryk in besit sal neem en die aarde sal berf. Dan sal die aarde vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek (Jes. 11:9). Die groot eindtydse wreldleier van die koninkryk van die duisternis, die Antichris, sal verdelg wees (Op. 19:19-20) en Satan in n bodemlose put gebind wees (Op. 20:1-3).

Die koninkryk van die heiliges wat in Danil 7 verse 14, 18, 22 en 27 genoem word, word in Openbaring 20:4-6 as die duisendjarige vrederyk van Christus beskryf. Danil 7 s dat hierdie koninkryk nie, soos die ander koninkryke, omver gewerp sal word nie, maar vir ewig sal voortbestaan. Waarom s Johannes dan in Openbaring dat dit net vir n duisend jaar sal bestaan? Aan die einde van die duisendjarige vrederyk sal Christus die koninkryk aan die Vader oorgee (1 Kor. 15:24). Dit beteken nie dat sy koninkryk beindig sal word nie, maar in n ander vorm vir altyd op die nuwe aarde voortgesit sal word. N die duisend jaar sal die huidige aarde verbrand word en sal daar dan n nuwe hemel en aarde geskep word waarin geregtigheid sal woon. Daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam (Op. 21:27).

Stefanus
28th December 2008, 00:05
Die Koning van Die Noorde

Danil 11. Die Koning van die Noorde:

As vertrekpunt vir hierdie hoofstuk verwys Danil na die einde van die Medo-Persiese ryk, die ontstaan van die Griekse ryk en die verdeling daarvan in vier onafhanklike koninkryke:
Kyk, nog drie konings sal opstaan vir die Perse, en die vierde sal groter rykdom verwerf as almal; en as hy sterk is deur sy rykdom, sal hy alles in beweging bring teen die koninkryk van Griekeland. Dan sal n dapper koning opstaan wat groot heerskappy sal h en sal maak net soos hy wil. En as hy opgetree het, sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke van die hemel verdeel word; en dit sal nie aan sy nakomelinge behoort en nie wees soos die heerskappy wat hy gehad het nie want sy koninkryk sal verwoes word en nie aan hulle behoort nie, maar aan ander (Dan. 11:2-4).

Die dapper koning wat opgestaan en die Medo-Persiese ryk verslaan het, was die jong Alexander die Grote. Met sy vroe dood het hy geen opvolgers gehad nie, en is sy ryk in vier koninkryke onder die bewind van vier van sy generaals verdeel. In die voortgesette stryd teen Israel was net twee van hierdie vier provinsies van direkte belang, naamlik die Siriese provinsie ten noorde van Israel en die Egiptiese provinsie ten suide van Israel. Na hulle word in di hoofstuk as die koning van die Noorde en die koning van die Suide verwys.

Vanuit die magstryd tussen hierdie twee koninkryke word die lyn profeties deurgetrek na die optrede van n eindtydse koning van die Noorde, naamlik die Antichris. Hoewel een van die historiese konings van die Noorde, naamlik Antiochus Epifanes, n duidelike tipe van die Antichris was, beskryf Danil van vers 36 af tot aan die einde van die hoofstuk nt die optrede van die eindtydse koning van die Noorde, wat die Antichris is.

Danil beklemtoon in hierdie hoofstuk weer eens die eindtydse toepassing van die visioene wat hy gehad het. Al sy visioene moet egter in ag geneem word voordat enige konkrete gevolgtrekkings oor die verskyning van die Antichris gemaak word. In Danil 7 word die Romeinse ryk voorgestel as n dier met tien horings op sy kop, en die Antichris as n klein horinkie wat uit een van die tien opkom. In Danil 8 word die Griekse ryk as n bokram beskryf wat later vier horings op sy kop gehad het, en die Antichris as n klein horinkie wat uit een van die vier opkom. In Danil 11 word die perspektief in die Griekse ryk egter vernou en word aangedui dat die Antichris die eindtydse koning van die Noorde is wat uit die Siriese provinsie van die Griekse ryk na vore sal kom. Eers word die Antichris dus as een uit tien in die Romeinse ryk voorgestel, dan as een uit vier in die Griekse ryk, en uiteindelik as een uit twee in die Midde-Oosterse provinsies van die Griekse ryk. Daar word ook aangetoon watter een van hierdie twee sy gebied van oorsprong is.

Binne hierdie totale scenario moet ons dus na n gebied kyk wat gemeenskaplik deur die Romeinse en Griekse ryke beheer is. Ons weet reeds uit die oogpunt van die Griekse ryk dat dit die gebied van die koning van die Noorde is, naamlik die Siriese provinsie. Hierdie selfde provinsie was ook onder die beheer van die Romeinse ryk, daarom hoef daar nie oor die Antichris se gebied van oorsprong gespekuleer te word nie. Die Griekse ryk het nie die lande in Wes-Europa beheer nie, daarom kwalifiseer nie een van hulle om die rol van die eindtydse koning van die Noorde te vervul nie. In elk geval is hulle wes van Israel en nie noord nie. Die feit staan dus vas dat die Europese Gemeenskap ook na die Midde-Ooste gaan uitbrei en uiteindelik hulle regeringsetel hier sal vestig. Dan sal die rol van Brussels uitgedien wees.

Wat die Siriese provinsie uit historiese tye betref, moet in gedagte gehou word dat dit veel wyer as die huidige land Siri strek dit sluit Siri, Irak en Libanon in. Die ou Babiloniese ryk was ook deel daarvan, asook die Medo-Persiese ryk. Wanneer die Antichris dus uit di gebied na vore tree, sal hy al vier die groot wreldryke verteenwoordig waarvan Danil in sy profesie skryf. Dit is presies waarom Johannes hom as n dier beskryf het wat al vier die diere in Danil 7 verteenwoordig. Hy sal die bek van n leeu h (die Babiloniese ryk), die pote van n beer (die Medo-Persiese ryk), die lyf van n luiperd (die Griekse ryk) en tien horings op sy kop (die Romeinse ryk) (Op. 13:1-2).

Die Antichris sal die Romeine se mag tot verwoesting en vernietiging h, die Grieke se spoed en doeltreffendheid, die onveranderlike wette van die Meders en Perse, en die Babilonirs se oorheersingsdrang en eis tot aanbidding van die koning. Al vier hierdie ryke het n satanies-genspireerde haat vir Israel gehad, en hulleself daartoe verbind om Israel uit hulle land te verdryf en van die aarde af uit te delg. Die Babilonirs het die Jode as ballinge weggevoer, Jerusalem en die tempel geplunder en verwoes, die koninklike dinastie van Juda beindig en die ballinge gedwing om die gode van Babel te aanbid. In die Medo-Persiese ryk het koning Ahasveros aan Haman die volmag gegee om al die Jode dood te maak (Ester 3), en hierdie dekreet was onherroeplik. In die Griekse ryk het Antiochus Epifanes die tempel ontheilig, Israel se godsdiens met afgodediens probeer vervang en baie Jode laat doodmaak. Die Romeine het Jerusalem en die tempel in die jaar 70 n.C. totaal verwoes, 1,1 miljoen Jode om die lewe gebring en 97 000 as krygsgevangenes weggevoer. Al hierdie bose eienskappe sal kenmerkend van die eindtydse ryk van die Antichris wees.

Magstryd tussen die Noorde en Suide:

In Danil 11:5-20 word die magstryd tussen die koning van die Noorde en die koning van die Suide beskryf. Seleusus het beheer oor Siri in die noorde gevoer en Ptolemeus het gesag oor Egipte in die suide gehad. Dit is merkwaardig dat die profesie wat in 535 v.C. oor hierdie twee koninkryke uitgespreek is, honderde jare later, tussen 320 en 165 v.C., letterlik vervul is. Ons het dus alle rede om te glo dat die oorblywende profesie wat op die eindtydse ryk van die Antichris dui, nt so letterlik vervul sal word.

n Langdurige stryd is tussen die konings van die Noorde en die Suide gevoer, met n wisselende mate van sukses aan albei kante. Uiteindelik het die koning van die Noorde die oorhand gekry en die sterkste mag geword. In hierdie voortslepende konflik het Israel dit dikwels ontgeld omdat hulle tussen di twee moondhede gele was. Die volgende is n greep uit hierdie lang geskiedenis van geweld en weerwraak:

Dan sal die koning van die Suide verbitterd word en uittrek en teen die koning van die Noorde veg, wat ook n groot menigte op die been sal bring, maar hierdie menigte sal in sy hand oorgegee word. As die menigte vernietig is, sal sy hart hom verhef; en hy sal tien duisende neerslaan, maar nie sterk bly nie. Dan sal die koning van die Noorde weer n groter menigte op die been bring as die eerste, en n verloop van tyd, van jare, sal hy sekerlik kom met n groot ler en n groot gevolg. En in di tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhef om n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom. So sal dan die koning van die Noorde kom en n wal opwerp en n versterkte stad inneem; en die lers van die Suide sal nie standhou nie, selfs nie sy uitgesoekte manskappe nie, sodat daar geen krag sal wees om stand te hou nie. En hy wat uit die Noorde teen hom kom, sal maak net soos hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie; hy sal ook gaan staan in die Pragtige Land, terwyl daar verdelging in sy hand is (Dan. 11:11-16).

Die koning van die Suide was in hierdie stadium (221-204 v.C.) Ptolemeus IV en die koning van Noorde Antiochus III. Ptolemeus IV het kwaad geword vir Antiochus se veroweringstogte en n ler van 70 000 voetsoldate, 5 000 ruiters en 73 olifante teen hom gemobiliseer en opgetrek om die lers van Antiochus by die suidelike grens van Israel te ontmoet. Ptolemeus was suksesvol in die veldslag en duisende van Antiochus se manskappe het gesneuwel. Ptolemeus het hierdie oorwinning egter nie opgevolg nie en na Egipte teruggetrek om in sy grootheid te roem.

Antiochus het omgedraai en n paar jaar later met n veel groter ler teen Egipte opgetrek. In hierdie aanval het hy die hulp van Macedoni gekry, van Egiptiese rebelle n ook van Joodse rebelle wat na Siri opgesien het om Egipte se heerskappy van hulle af te werp. In die proses het die Jode tot hulle eie ondergang bygedra, aangesien Siri sodoende beheer oor hulle sou verkry. Dit het die weg vir Antiochus Epifanes geopen om in later jare n skrikbewind in Israel te voer.

Stefanus
28th December 2008, 00:05
Antiochus Epifanes

n Groot deel van Danil 11 word aan hierdie diktator gewy, omdat hy so n duidelike tipe van die Antichris was:
Daarna sal n veragtelike in [Seleusus IV] se plek optree op wie geen koninklike waardigheid gel was nie, maar hy sal onverwags kom en met liste die koninkryk bemagtig. En die lers van die instromende mag sal voor hom weggespoel en verbreek word, en ook die vors van die verbond. Want sodra n bondgenootskap met hom aangegaan is, pleeg hy bedrog; en hy sal omhoog kom en met min manskappe sterk word. Onverwags en in die vetste dele van die provinsie sal hy inkom, en hy sal doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie: roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi en teen vestings planne beraam, maar net vir n tyd. En hy sal sy krag en sy hart opwek teen die koning van die Suide met n groot ler; en die koning van die Suide sal hom in die oorlog begewe met n groot en baie sterk ler, maar hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam. En die wat sy spys eet, sal hom te gronde rig; en sy ler sal wegvloei, en daar sal baie gesneuweldes l. En wat die twee konings betref, hulle hart sal wees om kwaad te doen; en aan een tafel sal hulle leuens spreek, maar dit sal nie geluk nie, want die einde sal eers op die vasgestelde tyd wees. En hy sal na sy land teruggaan met baie goed, en sy hart sal teen die heilige verbond wees, en hy sal optree en na sy land teruggaan. Op die vasgestelde tyd sal hy terugkeer en in die Suide kom, maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie. Want skepe van die Kittirs sal teen hom kom, en hy sal moedeloos word; dan sal hy teruggaan en sy toorn openbaar teen die heilige verbond en optree; en hy sal teruggaan en ag gee op die wat die heilige verbond versaak het. En deur hom sal lers op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel. En die wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak, maar die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree. En die verstandiges onder die volk sal baie tot insig bring; maar hulle sal struikel deur swaard en vlam, deur gevangenskap en berowing, dae lank. En terwyl hulle struikel, sal hulle met n klein hulp ondersteun word; dan sal baie uit listigheid by hulle aansluit. En van die verstandiges sal sommige struikel, om onder hulle loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde want dit sal nog duur tot op die vasgestelde tyd (Dan. 11:21-35).

Antiochus Epifanes was n veragtelike mens. Hy het homself Epifanes (die skitterende) genoem maar sy bynaam was Epimanes (die mal mens). Hy was nie die wettige troonopvolger nie, maar het sy neef, Demetrius, met listigheid uitoorl. Hy het sy mag met bedrog uitgebrei. Benewens verskeie ander oorlo het hy ook in 170 v.C. teen Egipte opgetrek. n Groot veldslag het net oos van die Nyldelta plaasgevind, waar Ptolemeus verslaan is. In 168 v.C. het Antiochus weer n aanslag op Egipte geloods. Egipte is toe deur die Kittirs gehelp, wat Romeinse onderdane was. Antiochus kon hierdie keer nie die oorwinning behaal nie. Hy het teruggetrek en sy frustrasie en woede op Israel uitgehaal.
In Antiochus se optrede teen Israel het hy die ondersteuning van verskeie Jode gekry wat nie volgens die wet gewandel het nie. Deur hulle het hy n venynige aanslag op die godsdienstige Jode gedoen. Hy het die tempel in Jerusalem ontheilig en n beeld van die Zeus daarin opgerig. Israel is op di manier gedwing om n Griekse god in plaas van hulle eie God, Jahweh, te aanbid. Diegene wat van die geloof afvallig geraak het, is verder deur Antiochus verlei. Daar was egter ook di wat tot die dood toe standvastig in hulle geloof in hul God gebly het.

Die uitdrukking om loutering en reiniging en suiwering aan te bring tot die tyd van die einde (11:35) is n oorgang van die beskrywing van Antiochus na die beskrywing van die Antichris in die laaste verse. Die geweldige lyding wat Israel tydens Antiochus se regering verduur het, het wl aan die einde van sy bewind tydelik opgehou, maar die loutering, reiniging en suiwering van Jahweh se volk het deur die eeue heen voortgeduur. In die komende verdrukking onder die bewind van die Antichris, sal Israel ongekende beproewings en vervolging verduur.

Die eindtydse koning van die Noorde

Antiochus Epifanes se ontheiliging van die tempel deur die oprigting van n gruwelike afgodsbeeld daarin, asook die verpligte aanbidding van die beeld, is n direkte heenwysing na dit wat die eindtydse koning van die Noorde, die Antichris, ook sal doen. Die Here Jesus het in sy profetiese rede spesifiek hierna verwys:
Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Danil, sien staan in die heiligdom laat hy wat lees, oplet dan moet die wat in Juda is, na die berge vlug Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie (Matt. 24:15,16,21).
Die Antichris sal die tempel in Jerusalem ontheilig deur homself daarin tot God te verklaar (2 Thess. 2:4) en n beeld van homself daarin laat oprig (Op. 13:14-15).

Die laaste aantal verse van Danil 11 het nie op Antiochus Epifanes betrekking nie, maar slegs op die Antichris:
En di koning sal doen net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word. En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou. Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer. So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel. Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei. Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vry raak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon. En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie. En hy sal mag h oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Lbirs en die Kusiete sy voetstappe volg. Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref. En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie (Dan. 11:36-45).

Die Antichris sal homself bo elke god verhoog selfs ook bokant die God van die hemel, want hy sal op Hom geen ag slaan nie. Hy sal ook die liefling van die vroue verag, wat op Christus dui. Joodse vroue het altyd begeer om die moeder van die beloofde Messias te wees, omdat dit aan hulle baie eer sou bring. Die Antichris sal slegs een god vereer, en dit is die god van vestings. Dit is n beskrywing van Satan, want dit is hy wat sy onderdane leer oom oorlo te voer en vestings in te neem. Die eindtydse koning van die Noorde sal weer met die koning van die Suide (Egipte) in botsing kom. Die moderne Arabiese wreld sal dus tussen n radikale noordelike deel en n gematigde suidelike deel verdeeld raak. Die noordelike deel sal deur die Antichris uit Siri of Irak beheer word. Hulle sal deel van n vergrote Europese gemeenskap word, waaroor die Antichris ook beheer sal verkry onderweg na sy einddoel as wreldheerser wat ook as God aanbid sal word.
Die Antichris sal beheer oor die goud en silwer verkry en dus ook n ekonomiese diktator wees. In Jesaja 10 word hierdie koning van die Noorde die Assirir genoem. Hy sal s:
Die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos n maghebber neergewerp. En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na n volnes, en k het die hele aarde bymekaargeskraap soos n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat n vlerk verroer of n bek oopgemaak of gepiep het nie" (Jes. 10:13-14).
Hy sal sy beleid van internasionalisering dus sonder testand deurvoer.
Gerugte uit die Ooste sal hom verskrik en hy sal uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref. Hierdie gerugte sal waarskynlik met die groot opmars uit die Ooste in verband staan waarvan ons in Openbaring 9:14-19 lees. Dit verwys na lande oos van die Eufraatrivier, waarvan Sjina die belangrikste is. Volgens die Afrikaanse Bybel sal die Antichris sy paleistente, m.a.w. sy militre beheersentrum, tussen die see en die berg van die heilige Prag opslaan. In die oorspronklike taal word daar egter in die meervoud na se verwys. Die bedoeling is dat hy homself op die berg Sion in Jerusalem sal ingrawe, wat tussen die Dooie See en die Middellandse See is.

Die Antichris se mag sal sonder die toedoen van mensehande verbreek word. Dit sal op die dag van die ware Christus se wederkoms gebeur, wanneer hy saam met sy mede-regeerder, die valse profeet, gevang en lewendig in die poel van vuur gegooi sal word (Op. 19:19-20). Paulus s die Here Jesus sal hom met die asem van sy mond verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet maak (2 Thess. 2:8). Geen menslike f duiwelse mag sal hom op daardie dag kan help nie, want Christus het alle mag in die hemel n op aarde. Die god van die vestings, Satan, sal niks aan die skielike beindiging van die Antichris se bewind kan doen nie, want hy sal ook gevang en vir n duisend jaar lank in n bodemlose put gebind word (Op. 20:1-3).