PDA

View Full Version : Van Onsself Vervreem



Stefanus
9th December 2009, 20:39
Van Onsself Vervreem
Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/72263_Van_Onsself_Vervreem.htm)


Wat was, en is met die Afrikaner mense verkeerd? Wat maak dat ons die gewillige slagoffers van ons vyande is? Het ons so vêr degenereer, dat ons imbesiele is. Daar moet iewers ‘n verstandelike blokkasie wees wat ons so liggelowig gemaak het. Hierdie snaakse swakheid wat ons het is anders as ons ander swakhede en karakter kenmerke wat geneties aangebore is. Indien hierdie liggelowigheid aangebore was, sou ons nie hier gewees het nie: ons antieke voorouers sou dan lank voordat die geskiedenis kon begin het, opgevreet gewees het. Hoe het hierdie dodelike swakheid aan ons kom kleef, hierdie parasiet wat op ons weerstand teer?

Die swakheid is aan ons vas geskryf. Dit is in ons wese in gepreek. Dit het uit die Midde Ooste en op die rug van ‘n kameel oor die semi woestyn as ‘n vreemde begrip gekom en het soos ‘n kanker aan ons inherente karakter kom vreet totdat ons ‘eie genesende salf’ uitgeput was en nie meer bestaan het nie. Dit het ons van ons eie karakter vervreem. Die siel van die Arier is effektief gekaap en vasgeketting aan morele waardes wat lewe wegneem en progressiewe mens groei op aarde inhibeer.

Toe die Kerkvaders die Christendom na die Germane gebring het was dit ‘n geval van ‘die slawe van God’ wat ‘n geloof kom smous het aan ‘die manne van God’. Die Nordiese begrip van menslike loon wat sy beslag in suiwer heroïese waardes gehad het, was vêr verwyderd van die Christen begrip en moraliteit, waar die lewe en die wêreld verwerp word, en persoonlike heil die lewensdoel is. Waar dit vir die Germaan daaroor gegaan het om die lewe van sy naasbestaandes en volksgenote te verseker, en sy heil gemeet is aan die ywer en sukses waarmee hy dit uitgevoer het, was die Christen moreel gesetel in die begeerte om die skuldgevoel te vermy, en in die vrees vir die straf wat met die sonde kom. Die kerk het alles wat vir die priesterdom ‘n bedreiging was as ‘ongewens’ verklaar en heiligheid en boosheid is gemeet aan reëls en norme wat die kerk daar gestel het om eie mag te beskerm. Daarteenoor het die Germane nie soseer ‘n heilige of onheilige of bose etiket om aardse dinge gehang nie. Alles wat lewe verheerlik en bevorder het is as ‘gesond’ gesien, en is as heel of “whole” beskou; vandaar die woord “holy” soos dit in die kerk gebruik word. Alles wat die lewe teengewerk het en nie goed vir groei en vordering was nie is as ongesond en dus ‘nie heel’ beskou, en dit is beveg. Heiligheid en boosheid is nie gesien in onnodige magte wat net deur die kerk aangespreek kon word, soos wat die Christendom voorgehou het. Dit het niks te doen gehad met ‘n ritueel of gebeure wat vergoddelik is nie.

Die suiwer waardes van die Germane het vir die Christen sendelinge oneindige hoofbrekings besorg. Hulle kon die Ariese waardes nie direk aanvat of probeer transformeer nie want hulle sou te staan gekom het teen ‘n totale weerstand en verwerping, juis omdat die Germane se waardes inherent gesetel was. Gesetel in harmonie met die besondere siel en gees van die uitsonderlike mense van Noord Europa. Die primêre waardestelsel van die Germane wat bestaan het uit krag, dapperheid en lojaliteit moes gedefinieer word en ontvanklik ingeskryf word in die pasifistiese en wêreld ‘verwerpende’ religie. Hulle moes die Christen waardes buig om by die suiwer Germaanse etos aanklank te vind. Dit was onvermydelik dat die Christelike eer, met individuele redding as sy doel, in direkte konflik sou kom met die ‘vridu’ van die Germane – die ras en bloed bande wat verleng moes word na andere deur middel van die eed van lojaliteit, soos duidelik gesien kon word in die Germaanse ‘comitatus’ – die gemeenskap stelsel. Die intensiteit van die bande in die ‘comitatus’ was so sterk dat die prinsiep van ‘eie redding’ nie pos kon vat teen die ‘gemeenskap lojaliteite’ wat in die Germaanse begrip figureer het.

Hoewel die morele stryd van die Christinne aangepas is om die heroïsme in die Germaanse beskouing te inkorporeer tot ‘n stryd teen die vlees, die wêreld, en die duiwel met verhale van die engele se oorwinnings in gevegte met die demone; het die voor Christelike Germaanse prototipes, waar die beeld van heroïsme onafhanklik gestaan het, baie meer krag gedra. ‘n Vergelyking tussen die Germaanse sosiale struktuur voordat dit met Christendom in aanraking gekom het teenoor die Romeinse stelsel toe Christendom daar posgevat het; dien as geskiedkundige bewyse van die negatiewe effek wat Christendom op ‘n ‘gesonde’ gemeenskap bewerkstellig het. Terwyl groep solidariteit op ale vlakke in die familie en gemeenskap van die Germane verseker is, het daar in die Romeinse gemeenskap ‘n verbrokkeling ingetree omdat die kerk se waardes verwarring gebring het ten opsigte van nasionale en volk verantwoordelikhede teenoor die pasifistiese begrippe. Die ‘draai die ander wang’, en ‘bid vir jou vyand’, of ‘haat jou vader en moeder om my te kan volg...’, het die sterker bindende waardes afgewater en ‘verpap’ - soveel so, dat die Romeine, Germaanse huursoldate moes aanstel om die Romeinse bevolking te beskerm omdat die bevolking nie die wil of die moed gehad het om hulself te verdedig nie...

Net soos hier in Suid Afrika 1600 jaar later, toe die Christendom se kerkvaders by die Cottesloe beraad verklaar het dat apartheid ‘n sonde is en daarmee die Ariese fut uit die meerderheid van die volk se wil om te veg vir hul identiteit en onafhanklikheid gehaal het. Hiervoor kan mens Robert M. Adams se toepaslike woorde met reg bybring:

“This indeed is the simplest definition of decadence, it is not failure, misfortune or weakness, but deliberate neglect of the essentials of self preservation – incapacity or unwillingness to face a clear and present danger” Die pasifistiese grondbeginsels van die Christendom het die fundamentele samebindende sosio biologiese verbintenisse in Suid Afrika, soos in die destydse Romeinse Ryk, verbreek en ‘n ‘gerieflike’ vakuum geskep waarbinne die sosiale aantrekkingskrag van die kerk kon en nou ook kan floreer.

Die sleutel tot ons siel het geword die verlange en hoop op ‘n moeitevrye, onverantwoordelike ‘outomatiese bewussyn’ soos by die van ‘n dier. Ons vrees noodsaak, risiko en die verantwoordelikheid wat rasionale persepsie in die lewe vooropstel. Ons vind berusting in die ‘ontsnap’ uit hierdie aarde met sy stryd, en dit is moreel regverdigbaar om die lewens verantwoordelikhede die rug te keer, net soos wat rotte ‘n sinkende skip verlaat. Net solank ons eie heil verseker is - kan alles om ons maar vergaan. Ons kan die aarde maar opneuk terwyl ons daardeur gaan en ons kan maar smous met ons identiteit, want die plek waar die lam en die leeu saam lê; dit is ons ewige eindbestemming – die Midde-Oosterse lugkasteel waar triljoene karakters, identiteit loos en onophoudelik gaan harp speel.
Ons is van onsself vervreem. Die blye boodskap het die natuurlike heroïsme, verantwoordelikheid bewussyn en lojaliteit by die man en die vrou weggevat en veral die vrou ontneem van haar edele, intuïtiewe magsposisie wat sy altyd in die Germaanse ‘Comitatus’ beklee het. Die Kerk het die geestelike gawes wat die vrou oor beskik het en wat ‘n bedreiging vir die gevrekte priesters was, ‘n bose konnotasie gegee met die skepping van die liederlike heks met die besem – net soos wat die duiwel met die vurk en horings die kerk se versekering op voortbestaan is.

Ons Germaanse voorouers kon nie verstaan waarom die Godheid tot geskrifte gebind moes wees nie en nog minder hoekom tot ‘n gebou gekluister. Die oomblik toe hulle juis tot daardie geskrifte gebind word en in die geboue ingetrek word, het die degenerasie begin. En hier sit ons vandag, heilig, gered, gedoop, hand om die nek van die vyand vir wie ons gebid het...soos Piet Retief.

Van onsself vervreem. Ons speel al klaar harp terwyl ons land brand.

Die Vrou
10th December 2009, 07:42
Halo daar,

Ek kan jou eerlik antwoord. Dit is nie net die afrikaner wat so agteruit gegaan het nie!

Dit het alles begin toe die mens meer vleeslike dinge soek as geestelik! Dit is verwerplik vir almal as jy vir hulle se dat die vlees eintlik niks beteken nie, die geestelike dinge het verdwyn die oomblik toe ons in die vlees gebore is! En jy kan maar gaan kyk oral wil mense niks geestelik aanvaar as daar nie net 'n bietjie vleeslik by kan wees is nie! Ons gaan nooit herbore kan word in die gees as ons bly soek na die vleeslike dinge nie!

Kyk bv. hoe die mensdom stry oor waar die heerlikheid van ons Vader nou werklik gaan opstaan. Kyk hoe die mensdom oorlog voer vir meer vleeslike dinge soos grond hulle wil net besittings hier vergader al moet 'n ander daarvoor boet! Dit gaan in die land so en ook in die ander lande op die aarde, gulsigheid om meer vleeslike besittings te kan hê!

Die volk het swak geword as gevolg van hulle vleeslike begeertes!

Jaloesie speel ook 'n groot rol, daarom dat die vroue uit die kerke verwyder word! En nog 'n ding mans heers oor die vroue, hulle word nie toegelaat om hulle geestelike ervaringe te bespreek wanneer hulle in die openbaar is nie.

Dit self gesien, hulle word sumier stil gemaak!

Groete

Die Vrouw...

schalk
10th December 2009, 13:51
Jy is so in die kol ek soen jou sommer!

Het jy al die OERA LINDA boek of dan Adriaan Snyman se vertaling daarvan gelees?

Schalk

schalk
10th December 2009, 13:58
Pasop dat die geestesdimensie warin u so vasgevang is u nie beroof van geestelike groei
wat plaasvind in die realisme van die fisiese nie. Ons is nou maar hier op aard !
ARIESE liefde VIR U

leerling
10th December 2009, 18:17
Goeiemiddag,

Baie dankie vir die skrywe en met verwysing na my pos op: Die Oog van God (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?p=2736#post2736)- en my "soeke" - hoop ek nie jy gee om dat ek sommer op hierdie pos aangaan en meer inligting gee oor die Germaanse gode se geskiedenis nie?


Vanaf ongeveer 300 nC vind daar in Europa ‘n groot omwenteling plaas op die gebied van godsdiens. Vanuit Rome brei die taal, kultuur en godsdiens van die Romeine (Mithraïsme gevolg deur die Christendom) vinnig uit. Alexandrië (Egipte) en Klein Asië (Turkye) word gekersten, maar dieselfde Christendom sou later weer daar deur die Islam verdryf word. Die Suide van Europa word onderwerp aan die Romeinse militêre gesag. Voor hierdie onderwerping was die Christelike godsdiens onbekend ef afwesig in die Keltiese en Germaanse gebiede. Die Keltiese tale en Heidense Keltiese godsdiens sou egter redelik vinnig verdwyn onder die militêre bestuur van Rome. Keltiese gebiede wat nie onder militêre gesag van Rome beland het nie, (soos Ierland) is eers baie later gekersten. Vanaf die 5de eeu word die eerste Germane gekersten. Tussen die 10de en die 12de eeu word die Noord-Germane gekersten en in die 14de en 15de eeu die Baltiese volkere.
Met die bewindsaanvaarding van Karel die Grote (742-814) lui die doodsklok vir die Heidense Germaanse godsdiens en kultuurgoed. Karel laat alle Germaanse heiligdomme vernietig asook hulle geskiedkundige- en religieuse geskrifte. Ons Heidense erfenis moes letterlik van die aardbodem gevee word. In die plek hiervan voer hy die Christelike geskiedenis en religie in. Hy vaardig ‘n aantal godsdienswette uit (Capitularia) waarvolgens die Christendom die Heidendom moes verdring en waarvan sommige oortredings met die dood strafbaar was. Die eertydse godsdiens van ons voorouers, wat duisende jare met ons saamgekom het, is nou beskou as duiwelsgoed. Vaders Abraham, Isak en Jakob, wat onbekend was aan ons voorouers, word nou skielik óns aartsvaders. Die Germaanse Ase en Wane word ingeruil vir die Christelike God(e). Ask en Embla word ingeruil vir Adam en Eva.

Ten spyte van die stappe wat Karel die Grote geneem het, was die kersteningsproses ‘n langdurende onderneming. Dit was ‘n proses wat eeue geduur het, oor geslagte heen. Ons inheemse godsdiens is nie plotseling ingeruil vir die Christendom nie. Dit was ‘n proses van samesmelting tussen die nuwe en die ou godsdiens, waarna die kerk telkens weer die “verkeerde” of Heidense gebruike probeer wegwerk het. Trouens, die kerk stry vandag nog teen sekere “Heidense” gebruike. By sommige stamme het die omskakeling glad verloop, veral in die suide van Europa. As die adel ten gunste van die Christendom was, het die res van die bevolking nie getwyfel nie en geen vrae gevra nie, maar gevolg. Sommige stamme (streke) het die omskakeling nie as drasties ervaar nie. Die Godin Freya is met beeld en al behou, maar Freya heet nou Maria.

By die meer noordelike Germaanse stamme was die omskakeling egter stroef. Die Germane staan bekend vir hul hardkoppigheid, eiesinnigheid en drang na onafhanklikheid en vryheid. Die wens van die koning was nie noodwendig ook die wens van die bevolking nie en die invoer van ‘n nuwe godsdiens is beskou as ‘n vorm van roof. Miljoene Heidene en hekse (en later ketters) sou deur die swaard en op die brandstapel sterf in die poging om hulle onder dwang te kersten. Hierdie mense was nie bereid om hulle ou godsdiens te versaak nie; hulle was bereid om vir hulle Gode en Godinne te sterf, en hulle het ook.
Hierdie brutale vervolging wat oor meer as ‘n duisend jaar gestrek het, word vandag deur die kerk verswyg. In teenstelling hiermee het die kerk die vaandel van Christelike martelaarskap hoog gehou. Baie Christene beskou “die Christen” vandag steeds as ‘n soort martelaar en daar word steeds verwys na die vervolging van Christene “deur alle eeue heen”. In werklikheid was die groot vervolging presies andersom.

Met die koms van die Romeinse Christendom na die Germaanstalige gebiede, kry die Romeinse taal 'n magsposisie. Karel die Grote laat die nodige kundiges uit Rome haal om 'n onderwysstelsel op die been te bring - geskoei volgens die Romeinse voorbeeld en aangebied in die Romeinse taal (Latyn). Ons Germaanse skrifstelsel, bekend as Rune, word aan die kant geskuif (sover moontlik vernietig) en vervang met die Romeinse taal en Romeinse alfabet. Op taalgebied sou die Germane 'n grootskaalse terugslag beleef. Die Germane in die Noorde van Italië (Longobarde en Ostrogote), die Noorde van Frankryk (Saliese Franke) en die Noorde van Spanje (Visigote) verromaniseer.

Met die kerstening van die Germane sou die posisie van die vrou in die gemeenskap op 'n aantal domeine 'n insinking beleef. In die voorchristelike tyd het die Germaanse vrou 'n baie belangrike rol gespeel in die gemeenskap. Die hele mediese beroep was in die hande van vroue (1). In die Germaanse godsdiensbeoefening het vroue 'n oorheersende rol gespeel, want daar was baie meer priesteresse as priesters. Vroue was gesien as sterker figure op die gebied van telepatie en intuïsie en daarom was hulle besonder geskik as adviseurs van die volk, konings en aanvoerders van die leër. Die gebruik van rune was meestal in die hande van vroue, hetsy die skryfkuns, hetsy die magiese beheersing daarvan.
Volgens die Christelike leer moes die vrou 'n onderdanige rol speel. Sy was immers volgens dié nuwe leer die oorsaak van alle sonde in die wêreld. Uiteindelik het die vakkundige Germaanse Wicca's of Hekse (Wyse Vroue) op die brandstapel beland en het waardevolle talent verdwyn, asook kennis wat oor duisende jare opgedoen was. Die mediese diens is nou met mans gevul (vroue kon assisteer) en in die nuwe godsdiensbeoefening het die vrou geen funksie meer gehad nie, want sy kon geen amp beklee nie. Sien ook die Germaanse vrou. ( Volgende pos)

Met die koms van die Christendom het daar ook op kultuurgebied ‘n hele omwenteling plaasgevind. Die eerbiedwaardige ou Germaanse Gode en Godinne is afgedank. Hulle het nou demone geword. Die nuwe godsdiens is in die kollig geplaas. Dit het weerklank gevind in die taal en talle woorde het nou heel ander betekenisse verkry (sien ook die bladsye wat die herkoms van woorde behandel) (2).

Met die kerstening van ons voorouers is alle ou religieuse verhale verban. Sommige van hierdie verhale is van Heidense elemente gesuiwer, dus vroom gemaak, en sou verder deur die geskiedenis gaan as mites en sprokies. Dieselfde sou gebeur met figure soos Dwerge, Reuse, Feë, Trolle en Elwe. Hierdie figure het belangrike rolle vervul in die Germaanse religie.
Daar is by die kerstening gebruik gemaak van ‘n tegniek wat ons vandag nog ken: ‘n nuwe feesdag word ingestel op dieselfde dag as die oue, juis om die oue te verdring (3). Konstantyn het die heilige rusdag van die Christene (sabbat) verskuif na die Heidense Sondag en nie andersom nie. Op die lange duur sou Sondag vir die Christene heilig word en die Heidense viering daarvan is heeltemal verdring.

Die geboortedatum van Jesus was onbekend. Tog het die kerk besluit om dit te vier presies op die allerbelangrikste fees van die Germane en die Romeine, naamlik die Joel en Saturnalia. Die verdringing in hierdie geval was egter nie suksesvol nie. Die belangrikste verandering was in die naamgewing. Joel heet nou Kersfees. Ook is met Paasfees probeer om Ostara of Ester te verdring. Ook in hierdie geval was die verdringing hoofsaaklik suksesvol in die naamgewing.
Uiteindelik sou die Christelike geloof ‘n volslae oorwinning behaal oor die Germaanse en Keltiese religieë. Die rede hiervoor was nie dat die een God beter sou wees as die ander een nie. Die vernaamste rede vir die oorwinning sien ons by die botsing tussen superieure en inferieure gemeenskappe. By alle dergelike kontakte verloor die inferieure (ondergeskikte) gemeenskap sy taal, kultuur en godsdiens gedeeltelik of selfs ten volle. Vergelyk die kontakte tussen Westerlinge en inboorlinge in die Nuwe Wêreld.
Die ou Germane en Kelte was “onbeskaafd”. Die Romeine was “beskaafd”. Die Christelike godsdiens is beskou as die toonbeeld van die beskaafde wêreld. Die Germane en die Kelte sou die Christendom aanvaar en verder in die wêreld versprei. Volkere wat hulself as ondergeskik beskou het in hul kontak met die Christelike Weste sou in ‘n mindere of meerdere mate afstand doen van hul taal, godsdiens en kultuur. Die Chinese en Japannese het hulself beskou as ewe superieur met die Christelike Weste en om hierdie rede kon die Christendom daar geen voet in die deur kry nie.

Vandag ken ons baie verhale uit die vervloë tyd. Maar dit is verhale uit die Bybel. Ons vertel dit graag aan ons kinders. Dit is mooi verhale, maar dit is verhale van ‘n ander volk. Dit is nie verhale van ons Germaanse en Keltiese voorouers nie. Met die oorname van die Christelike godsdiens het ons ons eie Germaanse en Keltiese godsdienste ten volle in die vergetelheid verskuif. Ons het ons eie verlede verban en die verlede van ‘n ander volk aangeneem. Ons het ‘n skat aan religieuse en kulturele erfgoed deur ons vingers laat gly. Wat vandag nog onder Christene bekend staan as “bygelowe” of “Heidense” praktyke, is dikwels nog die reste van die godsdiens van ons voorouers, wat ‘n aantal eeue gelede as heilig gekoester was. Die Christendom is van oudsher nie Germaanse erfgoed nie, maar leengoed. Die voorchristelike religie van ons voorouers is belangrike erfgoed wat ons aandag verg.

Ons ou Germaanse erfgoed is 'n kosbare Heiligdom.

(1) 'Hollandse Medisyne' soos Duiwelsdrek, Wit Dulsies, Staaldruppels, ens, is 'n oorblyfsel van medisyne wat deur die ou Germaanse Wicca's ontwikkel was.
(2) So was Loo ‘n heilige plek of plein in ‘n bos, maar in moderne Engels kry die woord selfs die betekenis van toilet. Interessant is die pleknaam Lochristie in België. Die Heidense Loo word hier aan Christus gekoppel. (Ander plekname met –loo is Waterloo, Hengeloo, Hoenderloo, Het Loo, Ermelo ens.) ‘n Ander interessante pleknaam in Nederland is ‘s Heeren Loo. Die ou Gode is ook aangespreek met die titel Heer, maar die woord Heer kan ewe goed betrekking hê op die nuwe godsdiens.
Die woord “ding(es)” het ook ‘n negatiewe betekenis gekry. Die woord “dinges” kom van die God Ding. Aan die begin van die kerstening was Ding in sommige streke selfs nog meer gewild as Wodan. Tog het Donar, Wodan en Freya nie hierdie vernedering ondergaan nie, terwyl ‘n mens dit juis sou verwag het.
Ook die woord “heks” ondergaan ‘n betekenisverandering. Aanvanklik was hekse vakkundige medici, maar na die kerstening, duiwelsgebroed. So ook die woord “Heiden” wat gewoon ‘n plattelander was (iemand wat tussen die heide woon). Omdat die adel en die stedelike bevolking eerste gekersten is, het hulle op neerhalende wyse na die agtergeblewe plattelanders begin verwys as Heidene, bedoelende baie slegte mense.
(3) Dink aan die viering van Geloftedag op 16 Desember. Hierdie fees het nou ‘n nuwe naam en nuwe betekenis en nuwe aanbieding. Oor ‘n paar geslagte sal die gewone mens op straat nie weet wat die oorsprong van hierdie fees was nie.

Groete en aangename dag.

leerling
10th December 2009, 18:28
Goeiemiddag,

Stefanus, ek hoop jy ken vir Waldor - hierdie een is spesiaal vir hom.

Die Germaanse Vrou

Met die koms van die Christendom na Europa, sou die rol van die Germaanse vrou in die maatskappy, 'n metamorfose ondergaan. Voor die koms van die Christendom was die vrou (net soos die man) 'n eersterangse burger. Sy het hoë aansien in die gemeenskap geniet. Geen Germaanse leër het dit ooit gewaag om 'n stryd te begin, sonder om eers die vroue te raadpleeg nie.
Tacitus (56-120n.C.) skryf dat die Germane geglo het dat daar iets heiligs in die vrou skuil. Sy het oor profetiese gawes beskik. Sy was heldersiende. Sy het oor telepatiese en intuïtiewe kragte beskik wat van haar 'n Sieneres gemaak het om mee rekening te hou. Die Volva's kon alles sien van die begin tot die einde: van die skepping tot die einde van die wêreld (Ragnarok). Sy is vereer vanweë haar vermoë om beheer uit te oefen oor bonatuurlike en magiese kragte. Verder was die Germaanse vrou vereer om haar verleidelike skoonheid en aantreklikheid. Juis om hierdie talente, was die vrou van haar voetstuk gehaal met die koms van die Christendom.

Baie Germaanse vroue het om haar middel 'n klein swastika of sonwiel gedra. Dit het simbool gestaan vir oneindigheid en die ewige lig. Haar armbande was in die vorm van 'n slang (of akkedis) wat vrugbaarheid en wysheid vergestalt het. Ook het sy sleutels aan 'n gordel om haar middellyf gedra. Dit was simboliese sleutels wat haar outoriteit bevestig het en haar toegang verleen het tot die bonatuurlike wêreld. Vergelyk ook die sleutels van die koninkryk van die hemel (Mat 16:19); die sleutels van die dood in Openb 1:18 en ook die simboliese sleutels wat die katolieke priesters dra.
Daarbenewens was sy 'n outoriteit op die gebied van die geneeskunde. Dit was 'n terrein waar geen man hom mee bemoei het nie. Sy het medisyne aangemaak. Sy het gesorg vir die siekes en die gewondes. Sy was die heler en die dokter. Verder het sy kinders voortgebring en as sodanig is sy gesien as die skepper van menslike lewe. Sy het in die lig gestaan van die Moedergodinne. In die Germaanse religie was die Godinne en Gode ewe heilig. Man en vrou was gelyk. Die eerste twee mense was tegelykertyd geskape uit hout. Ask en Embla (twee selfstandige bome).
Moedegodinne: Die skeppers van alle lewe op aarde.

Ook by die ou Germaanse godsdiensbeoefening het sy 'n leidende rol gespeel. Daar was baie meer priesteresse as priesters in die Germaanse gemeenskap. Bowendien, skryf Tacitus, het die manlike Germaanse priesters hulle soos vroue geklee.
Die oordrag van ons volksgeskiedenis en volkskuns na die volgende geslagte was hoofsaaklik in haar hande (moeders lees vandag nog Germaanse 'sprokies' voor aan hul kinders). Ook op die gebied van skriftelike taalhantering het sy 'n leidende rol gespeel. Die meeste runemeesters was vroue. Dit het nie alleen taalhantering ingesluit niet, maar ook die magiese aspekte van rune. Met die koms van die Christendom is die Germaanse rune deur die kerk verbied. Sien rune.
By die bestudering van die Germaanse mitologie blyk dit duidelik dat vroue 'n belangrike skakel gevorm het tussen die mens en die Goderyk. Die Drie Norne (vergelykbaar met die Griekse Fate) bepaal immers die lot van elke mens. Die kryger wat op die slagveld sterf word deur die Walkure na die Walhalla begelei. Mense wat 'n strooidood (beddood) sterf, word onder beskerming geneem van die Godin Hel. Daarbenewens speel die Hekse, Wicca's, Seidkona's, Volva's, Elwe, Disas, Matrone en Gefjons 'n belangrike rol as intermedium tussen die aardse lewe en die Hiernamaals. Sien die hoofstuk wat Germaanse- Gode en Godinne behandel vir meer inligting oor hierdie vroue.

Met die koms van die Christendom na Germaans-Keltiese Europa vind 'n ommeswaai plaas. Die vrou word 'n tweederangse burger. Erger nog, tydens die Middeleeue is sy wreed en brutaal vervolg. Juis haar eens gewaardeerde talente sou haar op die brandstapel laat beland. Miljoene talentvolle vroue is in Europa deur kerkvaders na die brandstapel begelei. Die Heks (Wyse Vrou) sou met die koms van die Christendom verander in 'n bose Heks (Duiwelsgebroed).
Waar die vrou in die ou Germaanse gemeenskap die berader en die arts was, moes sy met die koms van die Christendom hierdie vakgebied opgee. Die mediese beroep sou voortaan met mans gevul word (vroue kon nog assisteer).

Ondersoekers wys daarop dat talle Germaanse- en Keltiese vroue aanvanklik (na hul kerstening) ook Christelike priesters was. Dit was 'n taak wat hulle volvoer het voordat hulle gekersten was. Maar vroulike Christelike priesters was 'n doring in die oog van Rome. Hierdie vroue moes die veld ruim en die Christelike priesteramp verlaat. Die priesterlike amp was nou die uitsluitlike domein van die man.

Die nuwe godsdiens het die vrou beskou as oorsaak van alle sondes in die wêreld. Eva is deur 'n 'pratende' slang verlei waarna sy die onskuldige Adam verlei het. Sonder die vrou, sou die man nóóit gesondig het nie. Sy veroorsaak 'n sondeval.
Na die sondeval het die sonde nie opgehou nie. Met haar skoonheid sou sy elke man tot sondige gedagtes verlei. Beeldskone vroue het tydens die Middeleeue 'n groot risiko geloop. As sy te mooi was, beteken dit dat sy moontlik 'n verleidelike heks was, wat op die brandstapel hoort. En as sy te bekwaam of intelligent was, het sy dieselfde risiko geloop.

Daar was selfs vroeër in kerklike kringe geglo dat 'n vrou nie 'n siel het nie. Sy is geskape uit Adam. Sy was beskou as deel van Adam: sonder identiteit. Sy kom uit die man (by die Germane kom die man uit die vrou) en was nie eerste geskape nie, maar tweede. Om die rede moet sy onderdanig wees aan die man. Omdat die vrou skuldig was aan die sondeval moet die man oor haar heers, volgens Gen 3:16.

By die bestudering van die Bybel (en die Koran), blyk dat die Midde-Oosterse vrou 'n besonder onderdanige posisie beklee het ten opsigte van die man. Sy spreek haar man aan as ''heer'', sy is onrein wanneer sy menstrueer of geboorte geskenk het. Verder word sy beskou as haar man se eiendom. Die Bybelse vrou is 'n stil figuur op die agtergrond. By die bestudering van die Germaanse Edda's is dit baie duidelik dat die vrou op geyke voet met die man verkeer. In die Edda's is sy prominent op die voorgrond aanwesig.

Ook by die Kelte blyk dat vroue voor die koms van die Christendom hoë posisies beklee het. Boudicca was byvoorbeeld in Brittanje in die 1ste eeu n.C. 'n baie belangrike koningin en leëraanvoerder. Maar sy was nie die eerste en enigste nie. Tacitus skryf dat die Romeinse leërs dit later nie meer vreemd gevind het om teen Keltiese leërs te veg onder aanvoering van 'n vrou nie. Ook in die Keltiese sages kom koninginne voor wat leërs aangevoer het. Nog ander bekende vroulike leëraanvoeders (of vroulike stryders) onder die Kelte was Medb, Scáthach, Aoife, Credne, Coinchend, Estiu, Cartimandua, Onomaris, Eponina, Chiomara, Camma, Macha Mong Ruadh, ens. Talle ondersoekers en geskiedskrywers (byvoorbeeld Tacitus en Pausanius) maak melding van die hoë posisies van vroue in die Keltiese gemeenskap.

Keltiese en Germaanse vroue kon die hoogste posisies in die maatskappy bereik sonder wetlike belemmering. Hulle kon maklik van hul mans skei as hulle dit sou verkies. By 'n egskeiding het die vrou haar eie besittinges behou asook alle geskenke wat sy by haar man ontvang het. Germaanse- en Keltiese vroue kon grond besit en het erfreg gehad. Romeinse- en Griekse vroue daarenteen, het hierdie regte nie gehad nie. Romeinse- en Griekse vroue het die status gehad van slavinne en is beskou as 'n besitting. Met die koms van die Christendom na Noord en Wes-Europa vind 'n oordrag plaas van die Romeins-Griekse kultuur na die Germaans-Keltiese kultuur. Die maklike egskeidings onder Germaanse- en Keltiese egpare is 'n halt toegeroep by die invoering van die Christendom.
Met die koms van die Christendom is 'n patriargale tradisie in Midde-Europa gevestig. In Nederland sou vroue vanaf 1922 algemene stemreg verwerf het. Die kerk het dit teëgestaan. As blyk van afkeur van die invoering van vroulike stemreg, is selfs 'n nuwe politieke party gestig, naamlik die Staatkundig Gereformeerde Partij. Hierdie party bestaan vandag nog steeds en is steeds gekant teen vroulike stemreg en die vrou as ampsdraer.
By die bestudering van die Keltiese en Germaanse mitologië val dit op dat die vrou nie alleen 'n belangrike rol gespeel het in die maatskappy nie, maar selfs 'n verhoogde status gehad het. Sy was 'n simbool van die Moedergodin. Sy het simbool gestaan vir kennis, wysheid en geregtigheid. Die huidige simbool vir geregtigheid in talle Westerse lande is 'n weegskaal of die afbeelding van 'n vrou.

In Europa sou die kersteningsgolf die laaste oor Noord-Europa gespoel het. Die Heidendom het daar die langste stand kon hou. Om hierdie rede het die Noord-Europese maatskappy nooit werklik 'n patriargale maatskappy geword nie. Selfs vandag nog word die Skandinawiese lande as 'vroulike' lande bestempel teenoor die Midde-Oorsterse 'manlike' lande.

Schalk, is die "e-book" van OERA LINDA dalk iewers beskikbaar vir my om te lees?

Groete en aangename aand.

Stefanus
10th December 2009, 23:54
Hello leerling,

Die "The Oera Linda Book (http://www.wendag.com/OeraLinda/contents.html)" kan hier gekry word.

Liefdegroete,
Stefanus

leerling
11th December 2009, 14:55
Goeiemiddag Stefanus, en my opregte dank. Nou het ek weer lekker baie leeswerk. Ek sien jy het tot baie laat gewerk, groot ekskuus ook vir die inbreuk op jou slaaptyd. Groete en aangename dag.