PDA

View Full Version : Kersfees 2009



Die Ou Man
24th December 2009, 21:36
Een van die mooiste en sentrale temas van Kersfees (Christusfees) is die seŽnwense en uitdeel van geskenke.

Die tradisie om geskenke op Kersdag uit te deel, is gesetel in die gebaar van die Wyse Manne (Magi) wat geskenke vir die Christus gebring het. (Terloops, in Spanje is dit nie Kersvader wat op Kersaand geskenke uitdeel nie, maar drie Wyse Manne/konings.)

Die Magi was sterrekundiges wat uit die Ooste (PersiŽ) gekom het. Uit hul bestudering van die sterre en kennis van die verband tussen die "dae" van die skepping en die "tye" van die Skepper, kon hulle die tyd van die Meester se geboorte akkuraat voorspel.

'n Dag wat spesiaal afgesonder word om te herdenk dat daar vir ons 'n Verlosser en Middelaar gebore is, dra 'n edel en skoon motief, ongeag al die uitbuiters wat daarby aanhaak vir finansiŽle gewin en die verdagmakers daarvan.

Ons gedenk die geboorte van ons Meester op 25 Desember en ons doen dit as 'n dag van blydskap.

Elke Kersfees hiervandaan nader egter die einde van Kersfees, wanneer die herdenking van die Meester se geboorte, deur die Dag van die Wederkoms vervang sal word.

Ons kan vanjaar Kersfees vier met die een oog op die geboorte van ons Verlosser en die ander oog op die Dag waarop die "derde Adam" sal kom om met sy yster septer te regeer.

In ons tyd sal daar ook "Wyse Manne" na vore kom om die "tyd" aan te dui.

Ons is bevoorreg om te lewe in 'n tyd wanneer die son oor Kersfees en die "geboorte" sak en die eerste strale van die Wederkoms agter die horison sigbaar word.

Ek wens my mede-volksgenote 'n geseŽnde Kersfees en 'n blye vooruitsig na die Wederkoms toe.

En my seŽnwense word vergesel deur my diepe oortuiging dat die Boerevolk gesuiwer word om gereed te wees om as "gasheer" vir die Wederkoms op te tree.

Wat Israel was, sal my volk word (G A Watermeyer (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?t=71)).

Liefde groete.

Die Ou Man