PDA

View Full Version : RE: Nood Dienste aan boere



Werner
27th December 2009, 15:53
Goeie Middag.

Ek wil graag die volgende met julle deel:

Ons was so ruk terug op n plaas in Nelspruit. Die naweek het heel rustig verloop en vir my wat uit die stad kom was dit hemels.

Die Sondag was daar baie mense vir ete(seker maar hoe die boere dit doen ek dink) Die kinders het gespeel in die veld en in die dam geswem, ons het net lekker gekuier.

Maar toe begin die drama, een van die kinders kom rustig uit die veld geloop met trane in sy oe, sy woorde "Pappa ek is deur n slang gebyt" sy pa se woore was dat dit tog nie giftig kan wees nie.

Daar kom toe nog n suen uit die veld "kyk pappa ek het die slang gevang" om die slang te beskryf +/- 2m lank pik swart bo en grys aan die onderkant.

Terwyl ek die fiasko aanskou val die suen wat gebyt is reg agteroor. Ek is n A.L.S. Paramedic by beroep en het onmiddelik begin om die suen te help terwyl ek my foon vir een van die mense gooi en skree bel die nooddiens(wil nie die naam noem nie)

Ons antwoord was dat hul nie so ver uitkom nie, en dit was ook die volgende diens se reaksie. Wel om die minste te se wag ek nou nog vir die Staat se diens.

Ek was genootsaak om een van my eie heli's te laat kom om die kind by die hospitaal te kry. Hy lewe vandag maar gaan nog baie lank in die hosp wees.

Omtrent n week daarna kry ek n oproep in die midel van die nag, daar was n "ligte" aanval na n argument met n boer se werker die boer is na bewering in die bors geteek met n mes, die vrou in n toestand aangesien hul nie rekom met die nooddieste nie. My antw aan haar "mevrou ry en jy stop net by die hospitaal.

Ek kon niks doen nie behalwe om my beheerkamer te vra om met die mense in kontak te bly en die situasie te monitor.

Volgens my bestaan daar n groot leemte in die boere gemenskap aangande nooddienste. Ek het begin Desember my kantore opdrag gegee om n program uittewerk om sodanige dienste te lewer aan die boere gemeenskap.

Ek en my projek bestuurder het paar punte geidentifiseer waar ons tot hulp kan wees en die projek gefinaliseer oor kersfees. Ons is reeds besig om met agri te onderhandel om die diens te lewer in 2010.

Die produk bestan uit:

1. Emergency Medical Response 24 hours a day
2. Road side assistance 24 hours a day
3. Home assistance 24 hours a day
4. Legal assistance 24 hours a day (limited to R 10 000.00 per client per incident)
5. Security response and paroling
6. First aid Training
7 Trauma counseling
8. Debt counseling
9. Call centre 24 hours a day (Medical advice etc)
10. H.I.V. Management

Die produk word dan gebaseer op n kliente basis teen R 100.00 per maand per persoon

Ek wil glad nie die produk hier bemark nie, maar wil wel "uit die boer se mond" hoor wat hul opienie is oor so n diens en of hul wel belang sou stel.

Dankie