PDA

View Full Version : Afrikaner Harte!



Die Vrou
8th January 2010, 10:24
Hallo julle!

Dit het vir my tyd geword om aan te stap. Ek wil julle bedank dat julle my die geleentheid gegun het om te kon getuig. Ek waardeer dit baie. En die mooi ontvangs. Ek het nog nooit voorheen hierdie dinge gedoen nie, dit was nou die eerste keer. Ek het ook nie hier op eie houdjie beland nie. My Vader het my die rigting aangewys. Ja, Hy werk so mooi met my, en Hy weet ook net altyd wat ek nodig het en wanneer ek dit nodig het. Al het julle nie eintlik ter harte geneem wat ek geskryf het nie, het my Vader hier op jul werf vir my baie dinge omtrent myself vir my gewys. Ek het nooit werklik geweet waarvoor Hy my geroep het tot nou toe nie. Ek ken nou die pad wat ek gaan stap saam met Hom hand aan hand, ek en Hy! Saam gaan ons staan!

In my lewe van my laat twintiger jare het ek die eienaardigste drome gekry. Altans dit is wat ek gedink het dit was. Nou verstaan ek dat dit toe al my Pappa was wat my voorberei het vir groot dinge. Toe ek die geestelike dinge in my lewe begin soek het, het Hy eenkeer ges Dogter van my volk, omgord jou met n roukleed en wentel jou in die as, bedryf rou soos oor n enigste kind, n bitter rouklag; want skielik kom die verwoester oor ons. Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets.
Sewe jaar lank al word ek deur Hom geleer. Ja, ek het my rug op die leer van die bybel en die prieters en die dominees en die pastore gedraai die oomblik toe Hy my wys dat dit verkeerd was en nie die waarheid nie. Maar dit het eers so in die helfte van die tyd gebeur. Ek wil julle verseker hier vandag dat ek my nie in n verkeerde geestelik realm bevind nie. Ek het al oorweeg om te mediteer maar het dit nog nie gedoen nie. Ek is net soos julle in hierdie vlees vasgevang. Dit maak ook nie van my n slegte mens as ek die waarheid kan raaksien nie. Ek dink eerder dat omdat die mens sukkel om die wrede dinge wat hier plaasvind te probeer verwerk deur eerder maar n leun te glo. Van kleintyd af word dit in ons ingeprent dat die een se dood die ander se brood moet wees. Ek kon toe al die wreedheid nie verstaan nie. Maar somate mens groei en hier op die aarde volwassenheid bereik, verhard jou hart. Dan begin ons dit maar net te aanvaar. Kan ek noem dat ek dink dit is die uitweg van iemand wat nie kan opstaan en s kyk, dit is nou genoeg nie. Hoe reageer julle as n ander julle vertrap! Staan julle nie op en verdedig julle self nie! Het dit dan nie nou die tyd geword dat julle nou opstaan vir julle self nie! Al is hy n gees met baie mag kan julle nog steeds opstaan vir dit wat julle in glo! Ek het begin en ek gaan aanhou tot almal my punt insien. Ek kan sien dat die dinge hier verkeerd is en ek gaan opstaan en verkondig wat my Pappa my geleer het. Ek gaan dit nie net ignoreer nie. Beslis nie!!!

Mense kinders, ek forseer julle nie om allerhande wette na te kom nie. Ek plaas ook geen laste op julle skouers nie. Ek is ook nie hier om julle te leer nie. Ek is net hier om julle na Hom toe te lei. Want ek weet ek kan julle nie oorreed nie. Net Hy kan. Maar omdat julle blind is vir die geestelike dinge in die vlees, het Hy my voorberei en gevra om julle van Hom te vertel. Ek het dit gedoen, met die grootste liefde in my hart. Want ek het gesien dat niemand hier en ook beslis nie die skepper nie en ook nie n mens nie, so lief kan h soos Hy nie.

SUID AFRIKANER HARTE

In vuur en bloed vind ek my nou
Soos elke boer en kind en vrou
n Oormag kwyl nou oor ons land
Staan gewapen tot die tand
Sy skadu val 'n donker wolk oor
die toekoms van ons volk
En veg ons nie, sal ons verdwyn
By die slag van Armageddon
Trek ons die lyn....
Kom boere krygers wees nou helder
Die dag van rekenskap is hier
Die vyand jaag nou oor ons velde
Staan jou man teen die satan
Die satan wil ons volk verower
Belowe Pyn en Smart
In ons harte!

As jy my vra sal ek vir jou s
Al breek die hel hier agter ons los
En al stort die Hemel neer
Hou jou lyn en staan jou man
dis hier waar ons hom gaan keer!

Staan vas Suid afrika!


Groete

Die Vrou...

leerling
9th January 2010, 08:31
Goeiemore Die Vrou, Ek (leerling) vra jou om asb. nog deel te neem en nie nou al die forum te verlaat nie. Ek is bly jy noem ons almal hier aan jou pappa en vertel hom van die baie liefde wat ek persoonlik ook hier kry! Ek lees jou poste oor hom en jou menings- net soos ek al die ander mense s,n lees. Dit is juis hoe ek leer! Indien jy anders besluit, sal ek jou keuse respekteer. Dankie dus van my, vir die deel van jou oortuiginge. Groete en aangename dag.

Die Vrou
9th January 2010, 08:38
More aan jou Leerling,

Jy is vanoggend vir my 'n seen van my Pappa af!! Ek het werklik gedog niemand stel belang in die dinge van my Pappa nie.

Ja, as dit aan jou saak gaan maak sal ek nog bly! Dit gee my nou ook die hoop dat ander so sal voel soos jy. Ek is werklik bly dat jy darem vorendag gekom het en my gevra het om eers te wag.

Ek sal solank jy net onthou dit wat ek hier skryf kom nie uit boeke nie, dit kom reguit van my Pappa.

Groete aan jou

Die Vrou....

Die Vrou
9th January 2010, 10:26
Leerling

Net nog 'n gedagte, waarom vertel jy Hom nie self nie. Juis wanneer 'n mens met Hom kommunikeer deur die hart en wat jy daar ervaar, kan nie in woorde omskryf word nie.
Dit is 'n persoonlike ervaring wat jy in woorde aan niemand kan vertel nie, en ook nooit sal wil verruil nie.

Hy staan tog aan jou sy!

Groete

Die Vrou...