PDA

View Full Version : Die Koninging van die Suide



Die Vrou
9th January 2010, 08:19
Met die eerste aanblik van jou
nog voor die eerste strale
het jou skoonheid ons bekoor
Stil en statig, soos n Koningin
skouspelagtig, staan jy daar

Vanoggend…..
geklee in die sagste blou
en net n gedagte aan roos
en jou stad se skitter aan jou hals
soos juwele gesnoer

Met die koel seebries wat opspring
uit die Suide
vou jy n wasige grys mantel
om jou skouers…
n Bedekking vir jou prag

Hoeveel eeue staan jy al daar
met die Leeu aan jou Linker
en die Duiwel aan jou Regter
Twaalf Apostels soos knegte
wat agter jou jou mantel dra

Toeskouer van menige skip
wat om jou voete vaar
waar Twee Oseane hande vat
en jy kragtig staan in
die Kaap van Storms

Mag jy in 2011 gekroon word
as een van die
Sewe Natuurlike Wonders van die Wêreld

Intussen…
vir ons hier aan jou voete
bly jy
ons Koningin van die Suide