PDA

View Full Version : Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?



Stefanus
24th January 2010, 18:33
Hoor Julle die Kinder Gekerm en Vroue Geween?

Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/skrywers/5410_Waldor.htm)


“Ek weet nie hoeveel begrafnisse daar per dag was nie. Iemand het gesę dat indien die moeders se trane bymekaar gesit kon word, daar genoeg sou wees om ‘n dam vol te maak. Ek kan onthou dat hulle dit gesę het.” Dit was die woorde van Rose Briers oor die Konsentrasiekampe in die Boereoorlog.

In ‘n brief aan ‘The Times’ van 25 Oktober 1901, skryf Britse Generaal Sheridan: “The proper strategy consists of inflicting as telling blows as possible on the enemy’s army, and then causing the inhabitants so much suffering thet they must long for peace, and force the government to demand it. The people must be left with nothing but their eyes to weep with over the war.” Die Engelse kon nie “telling blows” op ons afdwing nie, maar hulle het soveel lyding met die konsentrasiekampe veroorsaak dat ons inderdaad met “...nothing but their eyes to weep with over the war” gelaat is.

Duitsland het tot baie onlangs nog, elke jaar miljoene as ‘skadevergoeding’ aan Israel oorbetaal vir die sogenaamde ‘vergassings’. Amerika het ‘n spesiale museum daarvoor opgerig en jaarliks word daar węreldwyd gedenkdienste gehou wat die mensdom herinner aan die lyding. Rolprente word daaroor gemaak, en ons word op verskillende maniere aanhoudend in die media daaraan herinner. In Duitsland is dit teen die wet om enige aspekte rondom die vergassings te betwis. Die professionele geskiedskrywer, David Irving is tot bankrotskap geneem deur lang hofsake waar hy alleen teen die węreld gestaan het omdat hy in een van sy boeke daarna verwys het dat sekere bewerings oor die vergassings betwis kan word. Ernst Zundel, ‘n Duitsland gebore Kanadees, dien tans ‘n lang vonnis in gevangenskap uit omdat hy ‘n pamflet “Did Six Million Really Die” durf saamstel en publiseer het. Hy het ‘n legitieme geskiedkundige vraag gevra... daar is nie ses miljoen name om die gegewe getal te onderskraag nie. Maar ons, ons het name, ons het vroue en kinder stemme met adresse wat uit die vlaktes van die Suid Afrikaanse Hoëveld tot die węreld uitroep Die geweeklaag van nege en twintig duisend onskuldige vroue en hoofsaaklik kinders, wat uitroep – “En wat van ons?”

Die węreld het hulle rug op die ses miljoen gedraai, lank voordat daar sprake van konsentrasiekampe was. Die węreld kon die Jode gehelp het toe Hitler voor die oorlog ‘n voorstel gemaak het dat Madagaskar vir die Jode as ‘n land gegee word en dat die leidende lande moes saamwerk om dit te bewerkstellig, omdat niemand hulle in hulle land wou opneem of hę nie. Hulle het die voorstel nie aanvaar nie en die Jode se lot is verseël omdat hulle in die oë van die węreld daardie tyd ongewens was. Maar ons nege en twintig duisend vroue en kinders was net in die pad van die hebsugtige Engeland en die leidende magnate wat ons goud wou hę. Ons vroue en kinders was onskuldig op hulle plase, in ons eie land, op hul eie grond, besig om te oorleef, terwyl die mans verbete teen ‘n oormag geveg het vir ons vryheid. En veg het hulle geveg. Generaal de Wet en De la Rey se suksesse het teen Junie 1900 die verbeelding begin gryp en daar was ‘n opswaai in die Boere se moraal. Rudyard Kipling, die bekroonde digter en skrywer het opgemerk dat die Boere: “...taught the British Empire no end of a lesson” – Dit moes natuurlik gestop word want goud blink en niemand durf die Britse Ryk bloedneus gee nie.

Dit is toe die Engelse, oftewel Lord Roberts, met die ‘verskroeide aarde’ plan vorendag gekom het. Enige vrou op enige plaas wat enige hulp aan enige Boer wat besig was om teen die Engelse te veg, verleen het – dáárdie plaas moes totaal verbrand en vernietig word. Lord Roberts was ook persoonlik beweeg tot hierdie stappe omdat hy bevordering sou kry as hy die oorlog kon verkort omdat dit die Engelse te veel gekos het en die verleentheid te groot was. Toe Generaal Thomas Kelly-Kemp gevra word om ‘n stelling in ‘n geskrewe opdrag ...”lay waste to...” wat hy gegee het duidelik te maak, het hy die volgende verklaar: “...gather all food wagons, Cape carts, sheep oxen, goats, cows, horses, mares, foals, forage, poultry, destroy what you cannot eat...burn all farmhouses – explain reason - as they have harboured enemy and not reported to British authorities as requiered. Give no receipts, search for hidden stores of ammunition and destroy what you find... The question of how to treat women and children and what amount of food and transport will arise, as regards to he first part they have forfeited all right to concideration and must now suffer for their persistently ignoring warnings agains harbouring and assisting our enemy...”

In die begin het die Engelse die plase afgebrand, alles vernietig en die vroue en kinders só in die oop veld gelos met net die klere aan hul lywe, en dít in die ysige winter van die Hoëveld. Watse man, watse soldaat of kryger, kon in sy wese op ‘n perd sit en vrouens en kinders so agterlaat? Die Australiërs het saam die Engelse teen die Boere geveg en een van hulle, Walker Henderson Thomas, van die ‘Bushmen’s Corps, skryf van die Magaliesburg af aan sy broer “...We burnt hundreds of homes in the pouring rain and had tot turn the women and children out in the wet with only few clothes and very little food. It is a job I cannot stand, and I hope we can get away from it soon. We came overt to fight men, not women and children”. In Engeland het die geskiedkundig bekende Parlementslid Lloyd George in Julie 1900 sy kommer oor die toedrag van sake voor die Britse Laerhuis uitgespreek: “A war of annexation against a proud people must be a war of extermination, and that is unfortunately what we are committing ourselves to – burning homesteadsand turning women and children out of their homes”. Maar die meerderheid Engelse het groot genot daaruit geput om die plase te stroop, die diere dood te maak en alles te vernietig. Ene Luitenant Jack Wynn het nogal ‘n foto van homself op sy perd laat neem en stuur dit saam ‘n foto aan sy ma in Engeland met ‘n brief waarin hy met smaak beskryf hoe hy plase vernietig het. Hy beskryf hoe hy goed gedoen het en telkemale van vyf honderd tot ‘n duisend stuks vee op ‘n plaas gekry het, geslag het wat hulle kon, en die res doodgemaak het...”I give the people only five minutes to pack up and get into the wagon...” spog hy ...” I have no pity on them they are worse than the men”

Luitenant Wynn het eintlik daarmee bedoel dat die veglus in die vroue erger as die van die mans was. In November 1899 verklaar ‘n Britse soldaat John Moody: “The woman are certainly keeping the men up to war fever. It would be a damned good thing to put ‘breeches’ on some of them and send them tot the front” Die weerstand wat die vroue gebied het was van so ‘n aard dat daar onder die Engelse stories versprei is dat daar ‘n groep ‘amasone’ was wat as ‘n Kommando rondbeweeg het... Mens kan jou indink wat die aard van die weerstand was wat die Engelse beleef het. Op die front, die uitstekende Boere krygers waarvan die kombinasie van skietkuns, veldkennis en ruiterskap op die ideale Boerperd - van so ‘n aard, dat die magtige Britse weermag nie hond haaraf met hulle kon maak nie. Aan die ander kant, die Boere vroue wat in hulle eie reg formidabel was. Toe die Engelse nie soos manne op die slagveld kon wen nie het hulle die tipies lafhartige pad gevolg. Teen die einde van die oorlog is 30,000 plase so vernietig. Die Engelse was besonder lief daarvoor om die Boere se klaviere stukkend te kap en het dit nie soos die ander meubels gebrand nie, maar het die hout gevat omdat dit “...so lekker kon brand vir kos maak” Die skade wat aan die Boere aangerig is kan nie vandag gemeet word nie. Benewens die direkte skade op daardie stadium, is die latere nagevolge verewig. ‘n Enkele Kaptein McKillop, skryf byvoorbeeld op ‘n stadium, dat hy 4,000 osse en 12,000 skape wat gekonfiskeer is onder sy beheer het.
Anders as Roberts, was Generaal Redvers Buller ‘n waardige veggeneraal wat daarin geglo het dat ‘n oorlog soos ‘n ridder op die slagveld gewen moet word. Hy het ‘sy soldate’ verbied om enige plase af te brand en die vroue en kinders uit te los. Hy het ook daarin geglo dat die jaag na beheer oor die stede ‘n jaag na roem was “...Collecting Boer capitals was mere trophy waving...” het hy gesę. Maar Lord Roberts het roem gejaag, en anders as die arme Buller, word hy wat Roberts is, vir sy ‘verskroeide aarde’ sukses wat hy aanblaas deur te verklaar dat die oorlog “...practically over...” is, bevorder tot Bevelvoerder van die algehele Britse Magte in Engeland in die plek van Lord Wolseley; en word Lord Kitchener die Opperbevelvoerder van die magte teen die Boere. Roberts kry ‘n helde ontvangs in Engeland en kry ‘n Graafskap en 100,000 Britse pond ‘bloedgeld’. Generaal Buller wat geweier het om die plase af te brand en die vroue en kinders te benadeel, het geen militęre eerbewys ontvang nie, en is teruggeplaas in sy ou pos as opleier van die militęre korps. Ten spyte van ‘n węreldwye renons en besware oor die optrede teenoor die Boere vroue en kinders juig Engeland en beloon Roberts op die manier...

Maar dit was nie “practically over” soos die Lord onder toejuiging aan die verheugde, Koningin Victoria verklaar het nie. Onse Generaal de Wet en de La Rey het begin toeslaan op Britse konvooie en kampe omdat daar nie meer plase was waar hulle voorraad ens kon kry nie. Hulle het groot slae geslaan en dit was duidelik dat hulle nie so maklik oorwin kon word nie. In Desember van 1900 het Koos de la Rey ‘n Engelse konvooi in die Transvaal aangeval en 8000 osse en meer as 100 waens voorraad gebuit. Minder as veertien dae later het hy en Generaal Beyers, Generaal Clemens verras, en in die skermutseling is 650 Engelse gedood en is die kamp gestroop. Die Vrystaatse Boere onder Generaal Kritzinger en Landdros Hertzog, het die Kaap Kolonie binnegeval en op 16 Desember 1900 oor die Oranjerivier gegaan en amper vir De Wet saam met hulle gehad. Die guerrilla oorlog van die Boere het momentum gekry en Lord Kitchener wat pas aangeland het, het ernstige probleme gehad. Hy moes plan maak.

Hy het opdrag gegee dat al die vroue en kinders wat op plase was in die omgewing waar die Boere kommando’s opereer het bymekaargemaak moes word en in konsentrasiekampe geplaas word wat spesiaal vir die doel daargestel is. Kitchener het die idee van die konsentrasiekampe gekry van die wat deur die Spanjaard Generaal Valeriano Weyler gedurende die Kubaanse rebellie toegepas is in 1896-7. Daar is ongeveer 200,000 mense dood in die konsentrasiekampe en die węreld het velle kritiek daaroor uitgespreek, maar Kitchener wóu dit toepas. Daar is streng opdrag gegee dat daar onderskeid gedoen moes word tussen die families van Boere wat nog baklei, en die van hensoppers, en die wat nie geveg het nie. Die mense is dan ook inderdaad in verskillende gedeeltes van die kamp geplaas en die wie se mans nie geveg het nie, het beter behandeling ontvang. Kitchener is aangevuur deur die wete dat indien hy die oorlog vinniger kon beëindig, hy opperbevelhebber in Indië kon word. Dit sou bevordering beteken en ambisie het nog verder bygedra. Hy het in ‘n kort rukkie 47 konsentrasiekampe laat oprig en het in sy koorsagtige gejaag die kampe oorbevolk met die gevolg dat daar hoegenaamd nie genoegsame mediese behandeling en fasiliteite, sanitasie en voeding vir die vroue en kinders was nie.

Die tente waarin die vroue en kinders geplaas is was heeltemal onvoldoende teen die kwaai weersomstandighede. Meeste van die vroue en kinders is so vinnig bymekaargejaag met die vernietiging van die plase, dat hulle net die klere aan hul lywe gehad het. Hulle is dus in die tente ingeprop, met die minimum kleding teen die dodelike winterkoue van die hoëveld. Omdat die Boere wat so op die plase gebly het, vir ongeveer 200 jaar in afsondering en alleen gebly het en nie in kontak gekom het met al die virusse en siektes wat deur die mense gedra is wat met die skepe ens in kontak was nie, het die oorbevolking van die konsentrasiekampe veroorsaak, dat veral die klein kindertjies, die kieme vinnig optel het en dit het versprei.
Die mees hartverskeurende situasies het ontstaan en baie moeders moes hulpeloos toesien hoe hulle kindertjies, honger kermende in hulle arms wegkwyn tot in die dood. Sake is vererger omdat daar ‘n wantroue ontstaan het tussen die mediese personeel en die vroue, omdat die vroue geglo het dat die Engelse hulle kinders doodmaak. Wanneer ‘n siek kind weggevat is na die hospitaal tent mag die moeder die kind gladnie besoek het nie, en in die meeste gevalle is die gestorwe kind net so na die moeder teruggebring. Om sake te vererger het die Engelse die hensoppers en ‘joiners’ beherende posisies gegee en hierdie verraderlike Boere het genot daaruit geput om die vroue te vermaak. Mev Marie Proudfoot onthou baie goed hoe hulle deur die verraaiers behandel is: “Die joiners het die vroue in die kampe veel erger behandel as wat meeste van die Engelse gedoen het. Hulle was vermakerig en het die vroue verkleineer ‘julle mans is besig om te veg en julle sterf van die honger terwyl ons genoeg kos kry!’ Hulle het alles gekry wat hulle wou gehad het”
In Engeland is daar vrae begin vra oor die konsentrasiekampe. Dit was grotendeels as gevolg van ‘n Engelse predikant van Cornwall in Engeland se dogter, Emily Hobbhouse, wat besluit het om na Suid Afrika te kom en veral die konsentrasiekampe in die Oranjerivier Kolonie vroeg in 1901 te besoek. Sy het aan die begin van die oorlog aktief deel gehad aan die ‘South African Women and Childrens Distress Fund’, en het toenemend bekommerd geraak oor die verslae wat uit die Boere Republieke na Engeland oorgekom het. Baie van die ware feite oor die toestande in die konsentrasiekampe wat deur die Engelse ‘gesensor’ is, is deur Emily Hobbhouse oopgevlek. Emily was diep geskok met wat sy in die enkele kampe wat sy besoek het gevind het. Sy het na die oorlog ‘n boek geskryf: “Lest We Forget” waarin sy die situasie bespreek het. Hierdie boek is vir ‘n tyd verban deur die Engelse en is amper onbekombaar vandag. Een van Emily Hobbhouse se briewe wat sy geskryf het vorm die basis vir ‘n inskripsie op ‘n monument wat vir die slagoffers van die konsentrasiekampe opgerig is:

“The people massed there, had no tents. Some crept under railway trucks, while others had begged bits of sailcloth from Tommies, and, sticking two or three sticks in the ground, threw a canvas over, making a rude shelter in which, however, they could seldom stand upright. In such a shelter I was called to see a sick baby. The mother sat on her little trunk, with the child across her knee. She had nothing to give it and the child was sinking fast... there was nothing to be done and we watched the child draw its last breath in reverent silence. The mother nneither moved nor wept, it was her only child. Dry-eyed but deathly white she sat there motionless, looking nota t the child but far away into the depths of grief beyond all tears. A friend stood behind her who called upon Heaven to witness the tragedy, and others crouching on the grouns around her wept freely. The scene made an indelible impression on me”

Engeland het tot vandag toe nog nie om verskoning gevra vir hierdie lafhartige optrde nie, maar elke jaar spreek hulle hul simpatie uit wanneer die Jode hulle ‘Hollocaust’ herdenk. Die koningin het onlangs haar simpatie namens Engeland teenoor Israel uitgespreek en gesę dat dit ‘n les moet wees vir die węreld. ‘n Les vir die węreld? Ken sy nie haar geskiedenis nie, of staan sy met haar Britse styfheid apaties teenoor die moord wat haar bloedlyn goedgekeur het en hulle Generaals uitgevoer het?

Oorlede Jaap Marais, die destydse leier van die Herstigte Nasionale Party het namens die party en die Afrikanervolk in die negentiger jare ‘n amptelike eis aan die koningin en die Britse regering gerig om hulle skuld te erken en om verskoning te vra. Hulle het nie eers die ordentlikheid gehad om daarop te reageer nie.

Hoor julle die kinder gekerm en vroue geween?