PDA

View Full Version : Openbaring aan my



Die Vrou
28th January 2010, 09:04
Openbaring van Adam en Eva

Genesis 2 vers 17 se die skepper vir die mense Maar van die boom van die kennis van die goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet , sal jy sekerlik sterwe.
Nou, ons almal weet dit was nie n fisiese boom nie dit was geestelik bedoel.
Die boom is my Vader en die vrug waarvan Eva geet het is die woorde van my Vader. Daarna het sy die vrug aan Adam geoffer en ook Adam het geet en versadig geword. Hy het vir hulle ook vertel, net soos vir my wat die waarheid is, en hulle het gesien dat dit geen leun is nie.
Ek vertel aan julle per slot van rekening geen leuns nie. Ek soek ook nie meer veskonings vir alles wat hier verkeerd is nie. Ek sien dit presies soos dit is. Wreed en lelik, wat die waarheid is.
Verder in Genesis 3 vers 5 se die skepper se woorde maar God(skepper) weet dat as julle daarvan eet, julle o sal oopgaan, sodat julle soos god sal wees deur goed en kwaad te ken. Vers 6 s toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy n lus was vir die o is ja, n boom wat n mens kan begeer om verstand te kry. En sy neem van die vrugte en sy eet en gee ook aan haar man en hy het geet.
Daarna het altwee se o oopgegaan en hulle het die kennis gehad van wat goed is en van wat kwaad is.
Presies soos ek vandag, ek kan sien dat dinge nie hier reg is nie. Daar is baie ander wat dit ook kan sien hulle swyg net. Maar dit het tyd geword dat daar nie meer geswyg word nie maar dat ons ons n eenheid sal vorm en saam sal staan en veg vir ons Vryheid.

Groete

Die Vrou

knipmes
1st February 2010, 21:18
Openbaring van Adam en Eva

... Ek soek ook nie meer veskonings vir alles wat hier verkeerd is nie. .... ek kan sien dat dinge nie hier reg is nie. Daar is baie ander wat dit ook kan sien hulle swyg net. Maar dit het tyd geword dat daar nie meer geswyg word nie maar dat ons ons n eenheid sal vorm en saam sal staan en veg vir ons Vryheid.

Groete

Die Vrou

Die Vrou, naand tog,

Wonderlik om te hoor van edele inborste, maar ek wil graag vra... die "hier" waar dinge nie reg is nie, is dit nou bedoelende hierdie webblad en wat hier gebesig worre...

of is daar eerder na die politiese stelsel verwys waar een sondebok regeerder na die ander manupilasie verwesenlik tot uiteindelike totale anargie waarna maar weer n ander sondebok sal oorneem? Vra maar net?

groetnis
knipmes

Die Vrou
2nd February 2010, 11:57
Hello daar Knipmes,

Nee ek bedoel nie die webblad nie, dit is dan n deur wat my Pappa vir my oopgemaak het. En ook wil ek noem dat al stem ek nie saam met dinge wat ges word op Wendag nie ek is nie hier om te oordeel of enigeen sleg te se nie. Ek is hier om almal van my Vader en Sy liefde te vertel. En ook het ek dit goed gedink om aan julle te noem van Sy Openbarings aan my. Nee ek praat beslis nie van Wendag nie. Die mense van Wendag is liefdevol en veroordeel geeneen nie, ook nie vir my nie. Ek lees graag die poste daar kan dalk net iets in wees vir my! Want omdat die taal van die hart partykeer moeilik is om te verstaan is daar partykeer net die regte bewoording wat my help om my Pappa te verstaan. Ek boer eintlik al op Wendag want vir my is my Pappa se dinge belangriker as die wreldse dinge. Ek wil graag sy plan voleindig sien. Nogtans skeep ek nie my gesin af nie ek maak tyd vir alles. Ek wil jou vertel dat my Vader my gewys het dat groot dinge vanaf Wendag of gaan uitspruit soos riviere en almal wat dors het sal kom drink.(geestelik bedoel nou).
Ook stel ek persoonlik niks in die politieke sake belang nie. HOEKOM? Want, vandat daar n regering stelsel en politiek aan bewind gekom is daar net onmin en twis tussen my Pappa se kinders. Uit dit uit spruit baie slegte dinge. Ja, hulle manipuleer baie mense, en bedrog en leuns speel beslis n groot rol, sal nie eers van al die ander slegte dinge praat nie. Maar deur al daardie dinge kry my Pappa se kinders baie seer. Hulle word beledig, verneder en ja ook gemartel en doodgemaak deur daardie dinge. Nog n ding is oorlo is ook afkomend van politiek af. Die satan sweep al die nasies teen mekaar op. Maak hulle woedend kwaad vir mekaar. En dus wat dan plaasvind is baie slegte nagevolge. Hulle kan dan nie n eenheid vorm soos wat dit moet wees in die laaste tye van die aarde nie. Want as almal van opinie gaan verskil, waar is die eenheid dan? Die eenheid gaan beslis n groot rol in ons verlossing speel, ons sal moet saam staan. Ons sal almal ons verskille moet uitsorteer en saamstaan in die LIEFDE!
Nou, om jou te verduidelik van wat ek eintlik bedoel is! Ek praat eintlik van die skepping en hoe alles nou hier inmekaarpas. En ook die wreedheid daarvan. Bedoelende dat die een van die ander af moet leef. Almal bedank die skepper vir hulle voedsel, maar wat van die een wat moet doodgaan terwille van jou lewe of my lewe. Gaan uit in die skepping Knipmes en hou dit fyn dop! Gaan na plekke waar geen mens is om dit te vergerger nie. En sien ook die wreedheid daar raak. Party lewende wesens word sommer lewendig geet. En nog n ding is dat daar ook selfs tussen die diere en insekte argument kan voorkom, daarom dat ek s hulle verskil nie van ons nie. Hulle het ook n hart. Daar kan ook goed en kwaad in hulle harte wees. Het jy ook geweet dat plante mekaar ook dood kan maak. My swaar het my eendag vertel van die een plant wat sy wortel in een van sy jong bome in laat groei het en uiteindelik daardie boom so doodgemaak. Hy het letterlik al die boom sappe met sy wortels uit hom uitgesuig. Hy het moord gepleeg. Dit gebeur by mense en diere en plante, hulle maak mekaar vir die een of ander rede dood.
Nog iets wat ek kan s is dat die skepper met die renboog n belofte gemaak het en toe ges het dat hy sal nooit weer die aarde oorspoel van water en alles hier verdrink nie. Maar nou doen hy dit net plek-plek. Hier verdroog hy als wat leef en daar op n ander deel van die aarde verdrink hy weer alles wat leef. Ons moet heeldag loop en smeek om genade omdat ons nie vir hom luister nie. Nee wat, dit is nie vir my nie. Ek het genoeg gesmeek en gesoebat.
Weet jy, as ek my Pappa iets vra antwoord hy my dadelik. Ek hoef net te vra en Hy voorsien dit wat ek nodig het.
Hy oorweldig my met Sy liefde sonder grense. Geestelik versorg Hy my beter as wat die skepper ooit kon. Die skepper gee net vleeslike dinge en plaas hopeloos te veel laste op ons almal hier se skouers.

Groete

Die Vrou

knipmes
2nd February 2010, 18:59
Hello daar Knipmes,

Nee ek bedoel nie die webblad nie, dit is dan n deur wat my Pappa vir my oopgemaak het...


Die Vrou

Dankie hiervoor, ja inderdaad is ons in wese eens dat hierdie webblad in vele rigtings nog duidelike spore in die Heelal gaan trap, en reeds het!

Voorwaar is elkeen hier welkom, met die enigste reel slegs opregte respek teenoor alle wesens, gedagtes en spreuke. As jy nie van vleis hou nie, dan eet jy blare, maak dit nou van jou 'n bok, of 'n leeu? Dit hang af van wie belangstel, want al dink party ek is 'n leeu, eet ek my vleis met so 'n passievolle genot, 'n ander sou sweer dis slaai wat ek eet... daarom is alle vleissoorte en alle slaaisoorte hier welkom, want daar is plek op die bord vir beide, maak nie saak waar die braai is nie... en dit word al hoe warmer....

groetnis
knipmes :heh_heh::heh_heh::heh_heh:

knipmes
2nd February 2010, 19:28
Hello daar Knipmes,

... Weet jy, as ek my Pappa iets vra antwoord hy my dadelik. Ek hoef net te vra en Hy voorsien dit wat ek nodig het.
Hy oorweldig my met Sy liefde sonder grense. Geestelik versorg Hy my beter as wat die skepper ooit kon. Die skepper gee net vleeslike dinge en plaas hopeloos te veel laste op ons almal hier se skouers.

Groete

Die Vrou

Die Vrou,

Mensie, ek wil graag net een ding uitwys wat vir my soos 'n riem onder die hart is, en dis dat daar onteenseglike bewyse bestaan dat die Hemele daarbo en inderdaad die Heelal daaronder vol wesens is wat suiwer in 'n pikorde sisteem opereer, veel hor as ons as mensekinders in rang, volgens die verordeninge soos uitgele deur ons Liefdevolle Wyse God Die Vader.

Daar moet nie uit die oog verloor word dat hierdie planeet se skepping die uitsluitlike taak was van een van die seuns van God genaamd Yehvah (nie Yahweh ! Dis 'n ander..) wat deur Die Allerhoogste (Vader Ad-am) aan Hom toegewys was om te verrig. Hierdie taak sluit in die natuur omvou deur die evolusie wat plante, diere en alle ander vorme van lewe omsluit. Die God Yehvah is die Skepper van die planeet en al haar wonderlike (tog wrede) lewende wesens. Die Skepper van die menslike liggaam is uitsluitlik die werk van die duiwel, soos dit hoort, want dit bring my by jou gedagte hierbo... so wees versigtig om die "skepper" te na te kom...

Die reis vorentoe in die nabye toekoms van een leeftyd gaan eweneens grusaam en wreed,tog uiteindelik wonderlik wees vir die van ons wat die verganklike dinge gaan oorleef in fisiese vorm. As oorlewendes wat dan as vaandeldraers die nuwe Millenium van Die Waterdraer sal ingaan om die planeet weer te omskep in die Paradys wat dit veronderstel is om te wees, vir God Die Moeder en ons almal... voorwaar iets om na uit te sien...

Ongeag die hartseer en verdriet wat voorl vir ons, dis waar dat dinge nie meer so kan aangaan nie, dis waar dat wat opgaan, moet afkom... wees verseker, elkeen wat vir diens aangemeld het by die grondlegging in die skrywe van Die Boek, sal wel aanmeld op hul tyd en plek soos deur Die Allerhoogste bepaal, en elkeen sal daardie bydrae lewer soos voorsien deur ons Goddelike Ouers in die Hoogste Hemele onder toesig van Ons VaderKoning Ad-am en MoederKoning Ev-am. Kom kyk in my oe'e en jy sal sien beide 'n glimlag oor dit wat voorle, tog 'n diepe bedroeftheid oor dit wat daartussen ook nog voorle!!

Wees net sterk en om Hemelsnaam, onderskei tussen aardse godsdiens en diepe Geloof....

groete
knipmes

Die Vrou
3rd February 2010, 07:43
Hello daar weer Knipmes,

Ek bedank jou vir die waarskuwing wat eg is! Ek besef dat hy my agtervolg, ja, ek kan hom gewaar oral waar ek gaan.

Ja aan my is geopenbaar die smart wat wag vir Suid-Afrika dit gaan ook later oorgaan na die hele kontinent. Want sien die Afrika kontinent gaan dieselfde rol speel as Atlantis. Die skepper het hom laat verdwyn en hy wil ook nou die waarheid wat uit die Suidelike deel van Afrika gaan openbaar word laat vernietig.

Nogtans moet ek jou net s dat die skepper wat die mens gemaak het ook die aarde geskep het met al die wesens daarop.

Die ding is ek weet ek praat die waarheid maar ek kan nie vir julle die vleeslike bewyse gee nie, dit is deur my Pappa aan my verduidelik.

Groete

Die Vrou

Die Vrou
3rd February 2010, 07:47
"Wees net sterk en om Hemelsnaam, onderskei tussen aardse godsdiens en diepe Geloof...."



Knipmes deel my mee wat jy met die woorde hierbo bedoel asb!

Die Vrou
:unsure_1:

Die Vrou
3rd February 2010, 07:56
Knipmes!

Net een laaste dingetjie, ek neem in wat jy s maar ek reageer net op wat my Pappa aan my toon in my hart!

Groete

Die Vrou

knipmes
4th February 2010, 21:44
Die Vrou,

Ons gaan akkoord met die feit dat elkeen wat "luister" en nie net hoor nie, en "sien" en nie net kyk nie, sonder twyfel 'n skakel met die onsiende deel van ons het, wat uit ware geloof gelei en beleef worre, anders as diegene wat aardse godsdiens self as goddelik ervaar en daardeur gelei (mislei?) word, soos tereg geskrywe staan dat vanuit alle hoeke van die aarde sal aanbid word op die bree weg... Hoe gouer elkeen die verskil tussen die twee "sien" en "luister" na die ontwakende oproep van binne, hoe gouer die deure wat open na die klein smal weg tot herkoms. Jesus seg mos tereg: "Gees is Gees, en vlees is vlees, die wind waai, jy weet nie vanwaar of waarheen nie, netso is die Gees... jy weet nie vanwaar jy kom nie, en ook nie waarheen jy gaan nie, weet wel, dat jy gaan!"

Die woorde was nie gemik op u self nie, Die Vrou, maar op alle lesers wat dalkies hier kom lees... ek aanbid nie die Bybel of enige menslike kerk nie, dos ek seg maar net!

Ek kom van Die Hemele af, is hier op diens van bo, gaan weer terug as ek klaar is, daar is niks maar niks wat dit kan verander nie... Vaandeldraers van die nuwe millenium kan sien hoe dinge agteruit gaan om uiteindelik weer vorentoe reg te kan kom, wees sterk in die wete dat ons nie alleen is nie...

groetnis
knipmes

knipmes
4th February 2010, 21:51
Bokkie, ek is glad nie belangrik nie!



Knipmes!

Net een laaste dingetjie, ek neem in wat jy s maar ek reageer net op wat my Pappa aan my toon in my hart!

Groete

Die Vrou


En ook moet dit so wees, want ons word elkeen afsonderlik mee gepraat... watter vader sal vir Sy kind 'n klip gee, as hy Hom om brood vra? Net soos in die Hemele, luister ek na al my kinders gesamentlik en ook afsonderlik, net soos dit in Die Hemele gedoen word, daar waar ek so geleer was om dit hier te kom navolg... doen jy nie maar dieselfde nie, ons kan leer van mekaar, maar ons geloof kom uit in 'n "gut feeling" gevoel op die krop van die maag of diep in die hart van harte, dit verskil van mens tot mens, tog is dit dieselfde vir ons almal...

groetnis
knipmes

Die Vrou
5th February 2010, 07:32
Knipmes,

Dankie vir die mooi manier wat jy redeneer, geen veroordeling nie. Ek hou daarvan. Ons sal nog baie gesels!

Groete

Die Vrou

Die Vrou
5th February 2010, 07:37
Knipmes

Nog 'n laaste!

Ek weet wat jy bedoel met die vleis etery en die slaai en so aan maar wat gaan gebeur as daar iets op jou bord kom wat jou maag glad nie wil verteer nie, maar dat jy dit dalk baie nodig gaan kry in die toekoms???

Dink so bietjie daaraan!

Groete

Die Vrou...

knipmes
7th February 2010, 09:14
Knipmes

... iets op jou bord kom wat jou maag glad nie wil verteer nie...


My Moeder het my van kleins af geleer om alles op my bord te eet, want mens mors nie met kos nie... wel, ek het nog altyd die slegte goed soos groente dan heel eerste geeet, en die lekkerste (dis nou rys, aartappels en vleis - in daardie orde) dan rustig en lekker geniet, sonder om 'n berg te maak van die sleg wat nog kon voorle... my broers het altyd eers die lekker geeet, en dan die verskoning gebruik hulle is vol, maar keer op keer was hulle gedwing om die bord leeg te maak en dan was dit 'n stryd der stryde vir hulle om die sleg te kon hanteer, intussen het ek al lekker poeding geeet. Kyk, ek is nie lief vir enige kos behalwe vleis nie, en sien die res as slaai... en as ek nou slaai moet eet dan is n ou hoendertjie darem maar lekker hoor.. dis die lekkerste krispy (Italian, French, Greek..??) slaai denkbaar..

Jesus het my geleer van hoe sal jy weet wat die kleur wit is as jy swart nog nie ervaar het nie?? goed as jy sleg nie ervaar het nie?? armoede en rykdom, liefde as jy haat nie ervaar het nie?? Hoe kan jy ons Vader liefhe en tog mense haat? Jesus het nie bedoel dat jy glad nie mag haat nie, en alles moet liefhe "per say" nie, nee, Hy het my geleer om slegte dinge soos haat te beproef.. dit te verstaan en beleef voordat ek dit sou kon verstaan, en eers dan kan jy weet wat is om lief te he sonder enige grense van haat... dan is daardie slegte dinge op die bord 'n aanwins en dis wat jou magie volmaak, sodat jy dan die lekker goed op die bord nie meer sien as kos assulks nie, maar as die soetste druiwe van die lewe, want dis Gods gegewe liefde in volmaaktheid... alles het 'n pikorde, en jy moet slegs leer waar in die ry staan jy self, nie probeer om andere in die ry te wil oordeel oor waar hulle staan nie!

Oom Niklaas het verwys na smeltkroese vir ons volk, wat eers die swaarkry moet beleef voor dit sal goedgaan, persoonlik dink ek dit gaan nog hoepeloos te goed met onse mense, want hulle eet nog die vleis, aartappels en rys, sonder groente want dis nou mos onnodig, watwou van swaarkry... die bleddie vyand mos!

Ek stem saam met jou dat die sleg in die bord nie net brood nodig is nie, maar 'n uiterste MOET! anders gaan die smeltkroese nog lank vat...

groetnis
knipmes

knipmes
7th February 2010, 09:22
Knipmes,

Dankie vir die mooi manier wat jy redeneer, geen veroordeling nie. Ek hou daarvan. Ons sal nog baie gesels!

Groete

Die Vrou

Die Vrou, baie dankie hiervoor, onthou egter net dat ek is glad nie belangrik nie.... wat ek doen en seg altoos voor my Hemelse Ouers is egter wel!

Kyk uit na nog vele gespreke...

groetnis
knipmes (nou weet jy hoekom ek knipmes met 'n klein letter spel...)

knipmes
7th February 2010, 09:35
Net nog 'n gedagte wat opkom... so gepraat van borde en oordeel...

My wonderlike sielsgenoot eet slegs 'n appel met 'n mes in skywe gesny met die pitte (stronk soos sy dit noem) netjies uitgesny om weg te gooi. Ek aan die ander kant, gryp die ding aan die nek (takstukkie wat uitsteek op die kop) en verorber die hele ding, pitte en al (of daar nou 'n s"k"innekop daarin was of nie) en gooi net die takkie weg...

Die Christen Bybel praat ook van 'n "appel", nou vra ek... maak dit saak hoe jy dit eet, die kant om of daai kant om?? ek en Beterhelfte het tog beide wel 'n appel geeet, nou hoe nou?

Jesus het dan meeste van Sy tyd nie tussen die hoe klas nie, maar wel die lae klas deurgebring want hulle het geweet hoe om die appel te eet, die hoe klas moes nog eers leer, en as ek so na my volksgenote kyk, dan wonder ek darem baie hoor!!!

Snaaks egter dat die appel glo die enigste vrug is wat geen voedingswaarde het nie volgens wetenskaplikes, tog die mees besproke vrug van alle tye is.... snaaks man, snaaks... maar aie vir my tog so 'n lekker eet dingetjie! stronk en al! Kyk, ek seg altoos, dat as ons allemal in 'n ry moet loop staan van goed na slegte een agter, dan sal ek maar sommer sonder enige teenstruweling daar by Pluto heel maar heel agter in die ry gaan staan, want 'n slegter donner (verskoon die verwysing!) sal jy nou sekerlik nie kry nie... in anyway sal ekke veg vir my plekkie heel agter, want my Oupa het my baie baie maane gelede geleer dat agteros kom mos ook in die kraal! (Jesus en die lae?klas..??)

groetnis
knipmes

Die Vrou
8th February 2010, 10:32
knipmes

S nou daar word van jou verwag om die rys, vleis en aartappels heeltemal te los en net die
slegte is oor op jou bord. Gaan jy dit nog aanvaar?? :unsure_1:
Groete

Die Vrou

Die Vrou
8th February 2010, 10:53
knipmes my vriend!

Eintlik moes ek dit anders genoem het. Tot dusver het jy net van appels gepraat, reg! Wat as jy nou in die plek van
'n appel 'n tros druiwe ge-offer word en aanges word om die appels te laat staan? :unsure_1:

Groete

Die Vrou...

knipmes
8th February 2010, 15:14
Maar Bokkie, (vergun my)

Dis nodeloos om te wil aanvaar dat op hierdie planeet jy net vleis rys en aartappels op die bord sal kry, sulke dinge gebeur net in die Hemele... as alles hier so lekker was, waarom het ons vrye wil gekry as geskenk? (die wat aardsgebonde is reken mos dit gebeur net in die muvies!)

Alles wat my kant toe kom, was deur myself so bewerkstellig... wat jy saai sal jy maai... die keuses wat ons maak het altoos 'n reaksie en sal jy in elk geval kry wat jy dalkies dink jy nie voor gevra het nie, maar tog kry, en dan wie se skuld is dit? God s'n? Jesus s'n? my broer s'n? my Moeder s'n? die buurman s'n? of die beste.. die duiwel s'n?

soms kry ek appels, soms druiwe, en net soms as ek nou regtig soet is, dan vleis en rys en aartappels, met groenbone daarby! Bless my soul! En so leer ek die pikorde ken, so klim ek die leer na bo, so bou ek brue waar net eilande was... hoe het die oumense gese? "so kom ons om, so kom ons om!"

groetnis
knipmes

knipmes
8th February 2010, 20:03
knipmes my vriend!

... en aanges word om die appels te laat staan? ....

Naand Die Vrou,

Ek wil graag weet wie of wat sal my so kan aans... dis mos my keuse in ALLES hier, niks en niemand kan my dwing nie...

groetnis
knipmes

Die Vrou
9th February 2010, 17:22
Hello knipmes

My woordkeuse was seker nou nie reg nie. Jammer hieroor! Ek wou jou nou nie kwaai maak nie. :unsure_1:
Sal later weer met jou praat is bietjie besig op die oomblik en kry maar min tyd vir die rekenaar.

Groete

Die Vrou
:blush:

knipmes
9th February 2010, 19:16
... wou jou nou nie kwaai maak nie... :blush:

Daar is net mooi niks wat jy kan doen wat my kwaai sal kry nie... verstaan goed wat jy bedoeld het, kyk uit na jou antwoord...

groetnis
knipmes