PDA

View Full Version : Wat verstaan ons van die Gode van die Bybel?



Ou Sanna
3rd February 2010, 17:24
Dagsę Almal

Dit is nou 'n geruime tyd vandat ek die laaste keer 'n nuwe draad geplaas het, maar ek wil tog lees wat ander mense dink.
Die basis hiervan is definitief die Bybel en wat daarin geskryf staan; en ja daar is navorsing daaroor gedoen. Maar ek moet erken dat dit 'n mens tog laat dink en dit is nie so vergesog nie.

Die basis van die draad is dus, wie is die Gode van die Bybel en wat lees on van hulle?

Hoekom klink dit so baie asof die dinge waarvan in die Bybel geskryf word so bonatuurlik en "anders" is....'n voorbeeld hiervan is tog al in Genesis waar ons lees dat die "Engel" die tuin van Eden moes beskerm met 'n flitsende swaard - nou dit klink baie vreemd teen die agtergrond van die Bybelse geskiedenis, kennis en gebruike van daardie tyd.

So wonder ons dan maar almal, maar wat beteken die flitsende swaard dan? Van sover as die Bybel teruggaan (ongeveer 6000jaar) tot relatief onlangs, kon ons maar slegs wonder, maar met onwikkelin van tegnologie ens. is daar nou deesdae laser en radar en microgolwe ens.

Dan kom 'n mens tog tot die gevolgtrekking dat die flitsende swaard (en selfs in die sci-fi films) dat dit iets soos 'n laser kon wees?
Sal dit dus beteken dat daar sover as 6000jaar gelede al lasers of derglike instrumente in gebruik was? Dit blyk uit baie navorsing dat dit wel moontlik kon (of wel was) as daar na seker opgrawing en artifakte gekyk word, selfs die manier waarop harde materiale so fyn en glad gesny was dat dit vandag slegs deur iets soos 'n laser gedoen kon word?

Maar dit laat 'n mens dink - hoekom na 6000jaar het ons eers weer hierdie tegnologie of 'n soortgelyke tegnologie? Wat het dan van daardie eerste tegnologie geword of het dit verlore gegaan, of is dit net "verborge" gehou totdat die tyd ryp was? En beste van alles waar het hierdie tegnologie vandaan gekom?

Hier volg 'n stuk wat ek gelees het en dit het my laat dink (sommer rofweg vertaal):
Ons (die aarde se bevolking) is al geruime tyd besig om met ruimetuie die onbekende buite ons atmosfeer te besoek, te bekyk en na te vors. So moet ons daaraan dink aan die populasie van die aarde wat nou so hewig groei dat daar in die nabye toekoms nie meer genoeg plek sal wees vir almal nie, so dus een van die redes waarom daar na nuwe horisonne gesoek word en natuurlik dan ook vir minerale en grondstowwe wat voortdurend opgebruik en moontlik uitgeput sal word.

So stuur die aarde dan ruimtevaarders in die ruimte in op soek na hierdie moontlikhede en so word daar toe op die maan geland en nou lyk mars nie meer so 'n onmoontlikheid nie. So kom ons sę in die nabye toekoms onwikkel die ruimtevoertuie meer sodat daar vir langer periodes in die ruimte rondgereis word. (Dit gebeur alreeds op die Muir Ruimtestasie waar dit bykans op 'n permanente basis beman word.

Die storie verloop dan so dat ons ruimtevaarders dan daar buite in die ruimte op soek is na 'n geskikte planeet wat lewensvatbaar is, dus faktore soos: gravitasie, suurstof, stikstof en wat ook al belangrik is. Verbeel jouself dan dat hulle wel op so 'n ster of planeet afkom en die atmosfeer omtrent soos die wat hulle na soek of gewoond is aan.....hulle land daar en begin ondersoek instel.

Maar veronderstel dat hierdie planeet se ontwikkelingsvlak omtrent in dieselfde vlak van ontwikkeling is as die aarde 6000-8000jaar gelede, dus is daar mense op die planeet, en die ruimtevaarders neem die volgende waar:
Hulle sien mense of wesens wat steen implemente en gereedskap maak
Hulle jag met speise en stokke
Hulle het tipies bokke, skape of derglike mak diere wat hulle aanhou
Hulle maak eenvoudige noodsaaklike huishoudelike apparate van hout en klip en been

Maar plaas jouself in die skoene van die primitiewe wesens/mense wat nou net die mees onbeskryflikste gebeurtenis van hulle lewens waargeneem het:
Die een of ander vorm van "wilde dier/monster/voël" wat uit die lug geval het en by hulle tot stilstand gekom het
Die monsteragtige ding maak die oorvedowendste geluide en blaas lug en hitte en helder lig en stof en wind op.......
Alles natuurlik doodnormaal vir iemand van ons hedendaagse lewe hierdie dinge ken en "groot" word daarmee - tegnologie.

Is dit dan nie 'n normale reaksie van hierdie primitiewe bevolking om hulle gesigte in die grond te druk en hulle gesigte te bedek nie - hulle is bevrees - tot vandag toe nog het hulle die son, die sterre, en die maan aanbid....

Maar vandag het die onmoontlike gebeur: Die gode het vanuit die hemel op die aarde neergedaal!!!!!!

Laat ons dan eers hier stop en in die volgende pos vat ons die scenario verder.......

schalk
12th February 2010, 16:49
Ja en as n ou bietjie met n ordentlike konkordansie en van die profete boeke rondspeel kan die' gesigte" wat die ouens gesien

het nogal die prentjie van n ruimteskip aanneem! Wanneer ek n behoorlike tydjie kry sal ek graag in aansluiting van wat u se

n vertaling (myne met behulp van n konkordansie) weergee van n deel uit Esegiel wat ek lank terug al gedoen het. Moet dit net opspoor!

Gaan u nog verder skryf hieroor?

Ou Sanna
17th February 2010, 17:25
Ja en as n ou bietjie met n ordentlike konkordansie en van die profete boeke rondspeel kan die' gesigte" wat die ouens gesien

het nogal die prentjie van n ruimteskip aanneem! Wanneer ek n behoorlike tydjie kry sal ek graag in aansluiting van wat u se

n vertaling (myne met behulp van n konkordansie) weergee van n deel uit Esegiel wat ek lank terug al gedoen het. Moet dit net opspoor!

Gaan u nog verder skryf hieroor?

Ja beslis; ek moet net 'n tydjie afknyp om dit verder te skryf.

Groete