PDA

View Full Version : Is dit Christus in die Mosselbaai-wolke?



Die Ou Man
14th February 2010, 09:53
Is dit Christus in die Mosselbaai-wolke?

Johannes de Villiers

2010-02-13 23:18

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=295

Die węreld is in beroering nadat ’n groep Suid-Kaapse Christene glo die eerste tekens van Christus se wederkoms in die wolke bokant Mosselbaai gewaar het.

Sedert die Mosselbaaise dorpskoerant The Mossel Bay Advertiser verlede maand foto’s gepubliseer het van ’n trompet en Christus self wat in die wolke sweef (aldus die plaaslike godsdiensgroep Second 8th Week) stroom reaksie van so ver as Saoedi-Arabië en Washington DC in.

Apostel Rina Bekker van Second 8th Week meen die bal is aan die rol vir die wederkoms.

Second 8th Week is ’n Christelike beweging met ’n sterk apokaliptiese inslag. Bekker het ’n paar jaar gelede die eerste tak in Suid-Afrika gestig. Benewens die Bybel plaas hulle ook groot klem op die apokaliptiese boek van Henog en die voorspellings van Siener van Rensburg. (Siener het volgens Bekker gesę ’n węreldwye herlewing gaan in Mosselbaai begin. “Hy het die wiel van hier af na die Kalahari sien rol, en van daar oor die hele węreld.”)

Een van die beweging se volgelinge het glo al in 2006 ’n reeks foto’s geneem van iets soos ’n rooierige trompet wat bokant die Suid-Kaapse sonsondergang sweef.

Toe die foto’s verlede maand in The Mossel Bay Advertisergepubliseer is, het dit enorme belangstelling ontlok.

Hierna het me. Rosa Ellis vir die koerant ’n foto gestuur wat sy in Danabaai geneem het van wolke wat lyk na Christus die Herder met ’n lam in die waai van sy een arm.

Dié storie is ’n paar keer deur die Advertiseropgevolg en het tot navrae uit Engeland, Amerika, Zimbabwe en elders gelei. “Ek voel al ek moet ’n PA kry om die navrae te hanteer,” sę Lucinda Ross, verslaggewer van die koerant.

“Mense kom nou al na Mosselbaai om te sien wat volgende gaan gebeur,” vertel die apostel.

- ’n Vrou van Groblersdal het laat weet die Here sę sy moet Mosselbaai toe kom – sy pak al haar goed.”

Second 8th Week is nie verwant aan enige hoofstroomkerk nie, sę Bekker. Hulle glo God sal in die eindtye eers sy Bruid reinig.

Die laaste ruk sien sy en lede van haar bewegings glo ook engele. “Ons sien hulle veral in Mosselbaai. Jy sien ’n engel in ’n ligflits. Soms is hy so klein soos ’n koppiespeld. Soms ’n helder lig. Soms ’n lang streep. Jy kan sien dit is bonatuurlik.”

Een NG predikant sę egter hy is skepties oor Second 8th Week se bedrywighede. Ds. Sieg Louw, wat tot onlangs in Mosselbaai gewoon het, meen dié groep stamp gans te veel koppe met die ander kerke in die dorp.

“Dit bly vir my vreemd dat Second 8th Week sę hulle heg groot waarde aan kerkeenheid, maar in dieselfde asem sę hulle alle ander kerke is vals kerke.

“Dit is beslis nie vir my om te sę met wie God praat en wie nie. Ek is wel skepties oor die interpretasies wat aan hierdie foto’s geheg word.”


Uit Rapport (http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/ff102c3088f7410f97148670d776bce7/13-02-2010-11-18/Is_dit_Christus__in_die_Mosselbaai-wolke) dd 2010-02-14

Ou Sanna
24th February 2010, 13:26
Dagsę Almal

Oor die gedeelte van vals kerke voel ek hulle het dalk 'n punt beet; maar in dieselfde asem is hulle dalk ook 'n vals kerk, 'n dwaling??
Waar in die Bybel staan dit in elke geval dat kerk geboue gebou moes word??
Nadat die verskuifbare tempel met die kliptempel vervang is en toe afgebreek is, het die tyd van kerkgeboue tot niet gegaan.
Met die Messiah se kruisiging het die voorhangsle geskeur en het die Allerheiligste oopgegaan vir almal, dus elkeen kan nou as inidividu self na die Vader gaan deur die Messiah - daar is nie meer 'n hoë priester wat namens die gelowiges moet offer of bid of versoening doen nie.

Die enigste waarde van "kerk" is die samekoms van die gelowiges, die onderlinge ondersteuning. Maar laat ons dan kyk waar kom die "kerk" vandaan en wat is die dieper betekenis en hoe mense subtiel op 'n dwaalweg geplaas word?

Groete

Ou Sanna
24th February 2010, 14:35
Hi DOM

Ek wil nou nie afwyk van die draad nie, maar omdat die hoofstroom kerke hier genoem word en onderliggend belangrik is, het ek dit goed gedink om hier aan te gaan - laat maar weet as ons dit onder 'n nuwe draad moet sit.

Aangaande die kerk soos in die vorige poste:

Die anti-chris wat beteken (in die plek van) die werklike Losser van Israel, net so is die kerk dan ook, wat anti (in die plek van) die volk Israel is. Die dwaal lering soos dit verkondig word. Dit is ook interessant dat die woord kerk nie in die Ou Vertaling van die Afrikaanse Bybel voorgekom het nie. Dit was ook getrou aan die Griekse Teks.

Die begrip kerk pas ook die New Age Movement soos 'n handskoen. Die kerk wil ook almal in die węreld opneem in dieselfde liggaam. (Die raad van węreld kerke). Oor die herkoms van die woord is daar baie omstredenheid, en verskil die geleerdes van mekaar daaroor. Die algemene opvatting, dat dit kom van kuriake, wat van die Here beteken, word egter deur Smith=s Bible Dictionary bevraagteken. Op bladsy 117 onder die opskrif church kom hulle tot die gevolgtrekking dat die woord church eerder van kuklos af kom, wat sirkel beteken. Dit kan meriete hę, want daar word dikwels na 'n groep gemeentes as die Ring verwys, as eerste in die ry van die gesagstruktuur van die kerk bo die plaaslike kerkraad.

Die Oxford Dictionary gee egter ook 'n ander moontlikheid aan oor die herkoms van die woorde church en kirk. Kirk is die Skotse weergawe van church. Dit kom van cir(i)ce oftewel circe, soos ook bevestig word deur Chamber=s Twentieth Century Dictionary. Dit is die Latynse naam vir die Griekse Kirke, die naam van die dogter van Helios, die songod. Die woord wat wel in die Nuwe Testament gebruik word, is ekklesia (Strong=s 1577 G), wat uitgeroepenes, oftewel uitverkorenes (Israel) beteken.
Die woord kerk is dus eweneens 'n kompromie tussen sonaanbidding en die leër van die Apostels, want daarvolgens aanbid ons Helios, die songod.
En daarom opereer die New Age Movement spesifiek in die kerk, want dit is daar waar die gelykmakingsgodsdiens gepredik word. Dit is dus presies daar waar ons die antichris moet gaan soek.
Die kerk se hele godsdiens is anti (in die plek van) die leër van die Apostels.

Laat maar weet of ons hier moet aangaan, want dit is net 'n gedeelte uit 'n baie insiggewende stuk.

Groete

Die Ou Man
21st March 2010, 10:02
Waarom Mosselbaai, RSA?


http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=334
If you're new here, you may want to subscribe to my RSS feed. Thanks for visiting!
‘n Menigde profesieë en openbaringe meld dat daar ‘n groot herlewing sal wees en dat dit in die Kaap provinsie sal begin. Meeste Suid Afrikaners is baie bekend met Siener van Rensburg. Vanaf 1871 tot en met sy dood in 1926 het hy meer as 700 visioene oor die toekoms van Suid Afrika, ander nasies asook węreld gebeure gehad. Sy profesieë is tot vandag toe veelbesproke.

Hy het die groot griep epidemie van 1918 profeteer; Engeland se verlies van al haar kolonies, die onafhanklikheid van Ierland, Die Chernobyl ramp van 1986, Princess Diana se egskeiding en dood “’n pragtige Engelse dame in ‘n motor ongeluk wat deur die hele węreld betreur sou word) asook die bankrotskap en skuld van Amerika en Engeland.

Alhoewel meeste van sy visioene oor węreldgebeure, politiek en oorloë was, was daar buitengewone openbaringe wat hy ontvang het, wat hy nie kon plaas nie, wat vir ons dalk van belang kan wees en wat inskakel by die huidige visioene in die lug oor Mosselbaai.

In 1924 profeteer hy; “Ek het ‘n eienaardige optog van mense gesien; Ek sien ‘n wawiel rol uit Kaapland oor die ganse Suid Afrika en sien ‘n groot skare mense saamdrom. Dis ver in die toekoms en ek glo nie dis oorlog nie. Dit lyk soos ‘n trek. In die boek ‘Stem van die Profeet’ word daar na hierdie optog verwys as ‘n ossewatrek. Dit weerspreek dan die feit dat die profesie se ‘dis ver in die toekoms.’ Ons is lank nie meer in die era van die ossewa nie. Hierdie is ‘n geestelike profesie, daarom kon die siener nie bepaal wat hierdie skare mense voorstel nie. God lig nou hierdie profesieë uit aan die wat Sy tydvlak verstaan.

Siener van Rensburg meld ook dat die tweede koms van Jesus Christus, ‘n JUBELJAAR sal wees en dat dit sal veroorsaak dat die grense van Suid-Afrika verleng sal word tot in Zimbabwe and Namibia. Hy sę dan ook in een van sy profesieë dat die probleme in Suid Afrika van baie korter duur sal wees as dit vergelyk word met ander lande, want die Here gaan Sy krag en seën oor ons uitstort en so veroorsaak dat Suid Afrika ‘n veilige hawe gaan wees vir Christene van oral oor die węreld.

Siener van Rensburg het ook voorspel dat “duisende Christene Europa gaan verlaat en na Suid Afrika toe gaan stroom. Hy het gesien hoe hierdie mense se tente staan vanaf die KAAP tot in die Kalahari en Namibië; vanaf Durban tot in Mosambiek (Maputu). Dit sal tydelike verblyf aan Christene bied; want Suid Afrika sal in daardie tye glo nie net die veiligste land ter węreld wees nie, maar ook die enigste Christenland. (Stem van die Profeet deur Adriaan Snyman)

Apostel Rina Bekker van Second 8th Week Bedieninge, wat 10 jaar gelede een van Suid Afrika se nuutste Apostoliese bewegings hier in Mosselbaai gestig het, glo dat daar ‘n geestelike skakel is wat hierdie profesieë koppel aan dit wat God nou hier in Mosselbaai doen.

“Ek glo daar is ‘n direkte skakel tussen die Trompet foto’s, die Herder in die wolke en die siener se profesieë. Ek glo dat God duidelik met ons praat deur die Siener se profesieë, wat duidelik verwys na die JUBELJAAR (waarin ons nou is) God bevestig dit nou met hierdie tekens in die lug.”

Die optog van mense en Christene wat van dwarsoor die węreld instroom na Suid Afrika, spreek van God se wekroep tot al die nasies. Hy roep die massas op na hierdie area om met Sy eindtyd werk te begin. Vyftien jaar gelede het God aan my openbaar dat Sy herlewing hier in Mosselbaai gaan begin, en soos wat God Sy tekens en wonders gaan vermeerder, gaan die boodskap en krag van God soos ‘n wiel uitrol. “Ek het gesien hoe dit begin in Mosselbaai en dan uitrol tot in Kaapstad, dan weer in die teenoorgestelde rigting na Port Elizabeth, dan uit in al die dele van die land, die węreld in.” Ons leef in ‘n tyd van vervulling van hierdie profesieë.

As ons na die wiel in Siener v.Rensburg se profesie kyk kan ons ook die skakel sien met woorde wat in die afgelope paar maande in apostoliese byeenkomste deurgegee is. God het woorde deurgegee oor “die wiel van mobilisasie”, “mobilisasie van die kerk” . In Januarie 2010 het God aan apostel Rina die volgende woord gegee: “Ek mobiliseer nou my kerk.”

Geestelik gesproke is die kerk op ‘n laagtepunt en is dit nodig dat sy sal terugkeer na God se goddelike orde vir geloof, die verbond van Jesus Christus. Ons het briewe ontvang van mense oral oor Afrika wat die foto’s van die Trompet Basuin en die Herder in die wolke gesien het, en hierdie dinge bevestig wat God nou openbaar. Internasionale reaksie stroom nou ook in.

Bron (http://s8w-southafrica.org/profetiese-woorde/waarom-mosselbaai-suid-afrika/)