PDA

View Full Version : Openbarings en ander.



Die Vrou
15th February 2010, 11:14
Halo daar julle!

Wel ek het afgesluit met my Getuienis. Maar alhoewel ek nog steeds na ander grond sal gaan soek om my saad te saai het ek besluit om nog steeds hier aan te bly. As julle my dalk kan verwys na nog werwe soos die sal ek dit waardeer.

Omdat julle stil is en nie eintlik met my kommunikeer nie, ken ek nie die inpak van my woorde nie. Ek weet ook nie watter beeld dit aan julle gee nie.

Julle ken my nou en weet wie dit is wat ek dien! En ek hoop dat julle gesen sal word deur die woorde van my Pappa. Dit is tog Sy woorde en nie myne nie.
Verder hoop ek dat Sy liefde soos ek dit ervaar ook aan elkeen hier geopenbaar sal word! Dit is tog die rede hoekom ek hier is, dan nie!

Ek sal van tyd tot tyd poste in die selfde draad pos as opvolg van die een!

Ek wil graag met julle deel dit wat my Pappa my leer en wat Hy ook aan my openbaar het van die Bybel en van die toekoms van ons land en dan later ook die hele Afrika kontinent!

Die hart van n verwonde jongmens!

Hoe sal ons nou weet oor hoe n jongmens voel wat met gebreke in die wreld ingekom het! Ons weet nie. Maar ek ken een so mens en het saam met my Vader bietjie in sy hart n kykie gekry. Die jongmens is te vroeg gebore met die gevolg het sy onderste deel van sy bene nie genoeg tyd gekry om ordentlik te ontwikkel nie. Ek ken nie die fynste besonderhede daar nie, maar as ek sien hoe die jongman sukkel om oor die weg te kom. Voel ek n smart in my hart wat ek nie kan beskryf nie. Hy wil ook graag normal wees. Hy wil ook graag soos ander jongmense dans en speel en aan sport deelneem. In ander woorde hy wil nie gebreklik wees nie. Hy verlang ook na 'n beter lewe as die een wat hy het op die aarde. Hy stut sy hele gewig op sy knee in plaas van op sy voete. Ag, vanoggend het ek net sommer lus gevoel om waaragtig aan die huil te gaan as ek dink aan wat hy deurmaak. Hy vertel hy is nie n kerkganger nie, want almal in die kerke is skynheiliges. Maar hy vertel ook van vele kere wat hy alleen voor die skepper gestaan het en met hom diep uit sy hart uit gepraat het. Hy hom gevra het om net sy lewe hier op die aarde bietjie beter te maak. Hy s dan dat hy sy hart total oopgemaak het en met die skepper gepraat het en hom vertel het van sy seer, swaarkry en sy liggaamlike lyding. Dan het hy met hoop die volgende oggend opgestaan en weet julle nog steeds was sy lewe dieselfde sleg en dan word dit ook nog slegter by die dag. Dan is daar ook nog ander faktore wat in so kind se lewe n groot rol speel. Hy is nie normaal nie, dus, word hy geteister deur ander kinders wat met sy gebrek spot en dan ook nog daaroor lag! Gevolglik kan hy nie n meisie kry nie, n lewensmaat soos dit hier genoem word. Want wat wil hulle dan nou hulle ophou voor met n gebreklike ou! Hy word nou n verwerpeling as gevolg van sy gebrek. Hy kan ook nou nie n werk kry nie! Hoe gaan hy nou oor die weg kan kom, hier het alles mos n prys. As jy nie werk nie kan jy nie hier lewe nie! Want jy gaan nie die geld h om daarvoor te betaal nie. Ja nie vir jou blyplek nie en ook nie vir kos nie!
Wat is nou die uiteinde van sulke jongmense, smart en pyn en verwerping. en in baie gevalle dalk ook nog selfmoord. Want daar is dan net doodeenvoudig geen heenkome nie, sommiges se ouers verwerp hulle ook nog om dinge nog slegter hier vir hulle te maak. En omdat, die lewe hier net te erg is vir hulle!
Moenie vir my s dat die jongmens verkeerd lewe nie, geeneen verdien sulke behandeling nie. Baie van hulle word so met die gebreke gebore. Vir wat laat die skepper toe dat dit nou so moet gebeur!!! Ek sal julle s hoekom. Dit is net nog n bewys dat hy n hartelose duiwel is wat vir geen lewende wese hier omgee nie, WREED is hy. Sy doel is om ons te martel en hy slaag uitstekend daarmee!! Die Satan is hy!!!! Niks goeds kom van die vleeslike skepping wat hy geskep het soos hy dit noem nie!!
Baie jong en ou mense voel dan as hulle heelwat later in hulle lewe gesien dat niks hier gaan verander nie om eerder dan maar die lewe in die skepping dan maar eerder prys te gee as om soos n sukkelaar te moet aangaan.

As daar dalk iemand n jongmens is wat so seer het soos die een hoop ek vandag dat julle gesen sal word met my Pappa se liefde! (As jy Hom nie ken nie, lees dan my getuienis). Sy liefde maak alle wonde gesond. Hy vee jou trane af as jy hom net sal vra. Hy roep vandag na jou, Hy hou sy hand vandag na jou toe uitgestrek en Hy s kom my kind ek weet van jou swaarkry hier waar jy n gevangene is kom dat Ek jou wonde kan genees!!!
Kom dat ek jou vry kan maak van hierdie gevangenis. Vat Sy hand vas en laat Hom nooit weer los nie!!! Want Hy is ons enigste redding en ons enigste HOOP om van hierdie HEL vry te kom!!! Ons moet net in die lyn staan en ons man staan teen hom vir ons vryheid!

Groete en n aangename dag aan almal!

Die Vrou

Vicky
15th February 2010, 19:41
Hallo Die Vrou,

Ek is vreeslik jammer om te hoor van die ongelukkige jong man se omstandighede. Dit is sleg vir enige mens om in sulke omstandighede te leef - maar ek wil net so effe van jou sienswyse verskil.

Ons kies self die liggaam waarin ons gaan leef voordat ons vleeslike geboorte neem. Die rede waarom die jong man die liggaam gekies het waarin hy tans leef, sal net aan hom bekend gemaak word. Ons kies vrywillig ons omstandighede voordat ons hierheen kom - alles natuurlik met die doel om weer eendag terug te kom as volmaakte wesens by ons Hemelse Ouers. Maar dit is 'n lang en pynlike proses, en kan soms 'n hele paar vleeslike geboortes neem. Hy het waarskynlik die liggaam gekies soos dit is om 'n spesifieke les te leer, en hy moet ernstig introspeksie doen en vasstel wat daardie les is. Dan sal dinge vir hom beter begin gaan, en sal hy vrede in sy siel vind.

Ons is almal vrywillig hier. Ons is hier omdat ons nog nie gereed is vir die hoogste hemele nie (alhoewel hier darem 'n hele paar meesters onder ons is wat gekom het om ons by te staan in die proses). Maar hier moet ons geestelik groei, en die beste word wat ons kan word - ten spyte van omstandighede.

Sterkte.

Die Vrou
15th February 2010, 19:46
Hallo Almal

Vicky, ja, jy mag maar verskil, dit is jou reg. Maar mag ek dit net noem dit is nie n sienswyse nie. Ek is oortuig deur my Vader dat ons nie uit eie vry wil in die hel sou kom bly het nie. Ek is oortuig deur my Pappa dat ek gesteel is soos n dief in die nag en toe in die vlees geplaas is as n gevangene om swaar te kry en te werk soos n slaaf. En ook nog deel te h aan al die smarte van die skepping. My Pappa sou my glad nie deur hierdie hel laat gaan het sodat ek nou gereed kan word om n volmaakte wese te word om daar in sy Huis in te pas nie. Sien Vicky in die vleeslike liggaam van my is daar alreeds n volmaakte wese sonder gebreke, n gees skoner as al die juwele van die wreld. Vir Hom my Pappa, is ek pragtiger as net n gewone pragtig. Hy is my Pa en ek is Sy mooi dogter!! Maar laat ek net so s ek is nie vir hom mooier as jy of geen ander een wat hier op die aarde woon nie. Ons is almal vir Hom ewe mooi.

Openbaring van Adam en Eva

Genesis 2 vers 17 se die skepper vir die mense Maar van die boom van die kennis van die goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet , sal jy sekerlik sterwe.

Nou, ons almal weet dit was nie n fisiese boom nie dit was geestelik bedoel.
Die boom is my Vader en die vrug waarvan Eva geet het is die woorde van my Vader. Daarna het sy die vrug aan Adam geoffer en ook Adam het geet en versadig geword. Hy het vir hulle ook vertel, net soos vir my wat die waarheid is, en hulle het gesien dat dit geen leun is nie.
Ek vertel aan julle per slot van rekening geen leuns nie. Ek soek ook nie meer veskonings vir alles wat hier verkeerd is nie. Ek sien dit presies soos dit is. Wreed en lelik, wat die waarheid is.
Verder in Genesis 3 vers 5 se die skepper se woorde maar God(skepper) weet dat as julle daarvan eet, julle o sal oopgaan, sodat julle soos god sal wees deur goed en kwaad te ken. Vers 6 s toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy n lus was vir die o is ja, n boom wat n mens kan begeer om verstand te kry. En sy neem van die vrugte en sy eet en gee ook aan haar man en hy het geet.
Daarna het altwee se o oopgegaan en hulle het die kennis gehad van wat goed is en van wat kwaad is.
Presies soos ek vandag, ek kan sien dat dinge nie hier reg is nie. Daar is baie ander wat dit ook kan sien hulle swyg net. Maar dit het tyd geword dat daar nie meer geswyg word nie maar dat ons ons n eenheid sal vorm en saam sal staan en veg vir ons Vryheid.


Groete


Die Vrou

Die Vrou
21st February 2010, 10:16
Halo daar julle,

Ek wil bietjie gesels oor Suid-Afrika wat ook genoem word Die Koninging van die Suide. Soos die gedig s wat ek so rukkie gelede geplaas het in n pos met dieselfde titel.

Weet julle ek het so groot stuk beplan om vir julle te skryf oor
n eenheid en ons land. Maar my Pappa het alles kom verander.
Ek, my man en oudste seun het so bietjie gaan stap om ons plot en beplanning gedoen oor hoe ons sal probeer keer dat hulle ons skape steel. Ons het in een week twee probeerslae gehad dat hulle amper gesteel was.
Nietemin het die gesprek toe gegaan na die boere en hoe hulle eindelik teen die swart nasies oorwin het. Maar ek praat nou nie van hoe hulle die ander nasie oorwin het nie, maar wat werklik plaasgevind het te midde in n klein groepie mense wat in n hoek gedryf was. Toe het dit nie meer saakgemaak of hulle beste vriende was of nie, hulle het tesame op hulle kniee gaan sit en die Here gevra om hulle te help en by te staan sodat hulle kan oorwin. Hulle het net daar hulle verskille eenkant gesit al was die een miskien kwaaivriende met die ander het hulle in hulle angs alle kwaaivriendskappe eenkant gesit en toe saam teen die vyand oorwin.

Soos julle weet is hier in hierdie land baie verskillende nasies, bv Duitsers, Holanders, Engelse, Franse, Italianers, Grieke, Portugese, Chinese, Indiers, Zoeloes, Xosas ag en nog vele ander wat ek nie nou kan opnoem nie.
Ja, en ons kom nie so goed oor die weg met almal nie. En op die oomblik is daar in hierdie land soveel smart, woede, moord, ens. teenoormekaar, dat dit ons almal elk in n ander rigting in dwing.

Nou wonder ek wat sal gebeur die dag wanneer die satan hierdie land gaan aanval(en glo my dit is baie nader as wat party mense dink) hoe gaan al hierdie verskillende nasies reageer?
Gaan hulle daardie dag soos die handjie vol boere hulle verskille uitwis en hande vat en na ons Liefdevolle Vader roep wat alreeds gereed staan vir wanneer dit gaan gebeur, en hulle man dan staan teen die satan tesame met Hom ons Pappa in die Koninkryk van die lig?

Ek weet dit gaan en julle?

Groete

Die Vrou..

knipmes
22nd February 2010, 21:08
... baie verskillende nasies, bv Duitsers, Holanders, Engelse, Franse, Italianers, Grieke, Portugese, Chinese, Indiers, Zoeloes, Xosas ag en nog vele ander ... ....wat sal gebeur die dag wanneer die satan hierdie land gaan aanval(en glo my dit is baie nader as wat party mense dink) hoe gaan al hierdie verskillende nasies reageer?...


Naand Die Vrou,

Goed om weer te hoor...


Ons word al lankal al getoets deur beide die goeie en die slegte... hoe sal ons weet wat goed is, as ons nie sleg ervaar het nie?

Is ons geregtig daarop om aanspraak te maak op die feit dat enige ander ras nie dieselfde verbintenis het met God as ons nie? of is hulle laer as ons? of is hulle hor as ons? of is elke mens self opsigself nie maar self verbind tot Gees nie, ongeag ras of kleur?

groetnis
knipmes

Die Vrou
23rd February 2010, 07:42
Hello weer knipmes

Ja, ek stem saam dat in gees is ons eenders nie een verskil van die ander. Nie een is hor of laer geag by my Pappa nie. Ons beteken almal dieselfde vir Hom. Maaar wat vandag hier plaasvind op die aarde is nie wat ek en jy reeds weet nie. Baie mense het rasse verskille en sal mekaar skade aandoen daardeur.
Hulle haat mekaar met 'n passie wat aangevuur word deur die satan sodat daar nie 'n eenheid gevorm kan word nie.

My vraag bly nog steeds sal almal in die land die een wat hom of haar (net 'n voorbeeld) groot skade berokken het se hand kan vat en saam met hom of haar teen die satan kan veg vir ons vryheid? Sal al daardie verskille eenkant gesit kan word. Soos jy ook weet is daar nie net onder verskeie rasse vyandskap nie, maar ook in gesinne, families, vriende en vriendinne of selfs net kennisse. Ook is daar mense soos moordenaars, verkragters ens. Sal ons dalk 'n moordenaar se hand kan vat en saam teen die satan veg....

Groete

Die Vrou..

Ou Sanna
24th February 2010, 13:15
Hello weer knipmes

Ja, ek stem saam dat in gees is ons eenders nie een verskil van die ander. Nie een is hor of laer geag by my Pappa nie. Ons beteken almal dieselfde vir Hom. Maaar wat vandag hier plaasvind op die aarde is nie wat ek en jy reeds weet nie. Baie mense het rasse verskille en sal mekaar skade aandoen daardeur.
Hulle haat mekaar met 'n passie wat aangevuur word deur die satan sodat daar nie 'n eenheid gevorm kan word nie.

My vraag bly nog steeds sal almal in die land die een wat hom of haar (net 'n voorbeeld) groot skade berokken het se hand kan vat en saam met hom of haar teen die satan kan veg vir ons vryheid? Sal al daardie verskille eenkant gesit kan word. Soos jy ook weet is daar nie net onder verskeie rasse vyandskap nie, maar ook in gesinne, families, vriende en vriendinne of selfs net kennisse. Ook is daar mense soos moordenaars, verkragters ens. Sal ons dalk 'n moordenaar se hand kan vat en saam teen die satan veg....

Groete

Die Vrou..

Die Vrou
Nee wat lyk vir my of jy 'n liberalis of humanis is! Nee daar is nie 'n hande gevattery nie. In die eerste plek moes ons hulle nooit toegelaat het om in ons binnekring in te beweeg nie. Die probleem l daarin dat die kerk jou probeer wys maak (en dalk daarin geslaag het) om die prels vir die honde en die varke te gooi - om die evangelie aan al wat leef en beef te loop verkondig, so asof hulle hond-haar sal afmaak daarvan. Sonder sukses - 99.9% openlik gefaal, en die 0.01%? Nou ja dis oop vir debat, ek reken as die blikkieskos en komberse verdwyn dan so ook die "goeie werke".

Die kerk is gou om die gedeeltes aan te haal: "Draai die wang; wys jou vyand jy is beter as hy, ens.ens.ens. ....maar o we wat dan van die tekse soos: "Slaan met die banvloek, maak dood die vrouens, kinder kleinvee en verbrand alles? Of wat dalk van 'n oog vir 'n oog?

Laat ek vir jou s wat die skrif s:
Jesaja
45:20 Versamel julle en kom, kom almal nader, julle wat uit die nasies ontvlug het! Hulle weet niks (wat moet hulle weet????),
wat die hout van hul gesnede beeld dra en 'n god aanbid wat nie kan verlos nie. Klink dit vir jou bekend?

En wat van die ander nasies? Kyk na die volgende stuk:

2 Kon.17:33, 41

"Hulle (die nasies) het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle (Israel) vandaan weggevoer is. ...

So het hierdie nasies dan die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe." -

God het vir die nasies hulle gode en beelde en en en en gegee om te dien, solank hulle HOM gevrees het, HY het nog nooit ges dat hulle nie mag nie...hulle doen dit tot vandag toe - hulle weet niks, hulle het nie 'n lewende God nie, hulle was nie verondestel gewees om die Evangelie te hoor en te probeer vestaan nie - hulle kan in elke geval nie, baie sendeling het al probeer en misluk, hulle het 'n genetiese (DNA) kode wat hom verhoed om vatbaar te wees daarvoor, sy kode is vatbaar vir voorvadergees aanbidding en what have you......

So moet nie altyd die Satan agter elke daad en optrede soek nie - kyk eerder watter basies grondrels oortree is deur mense, deur dinge op mense "af te forseer" wat nie vir hulle bedoel was nie.

So hande vat en vergewe - absoluut humanisties en liberalities - waar was hierdie regte toe iemand die slagoffer geword het? Nee harde werklikheid - straf 'n oortreder met dieselfde straf as wat hy/sy uitgeoefen het en binne 'n week hou hierdie barbaarse optredes en aksie summier op - so is dit hoe 'n mens die Satan beveg?????

Groete

Die Vrou
24th February 2010, 13:50
Ou Sanna

Die God wat ook as die skepper bekend staan is die een wat straf en wreed optree. Sy geaardheid tref ons ook dan daarom die meeste aan hier op die aarde.
Ek staan vas op my woorde Liefde gaan alles oorwin en nie geweld of oorlo of enige ander wrede dinge nie!

Jy sal ander maniere moet vind om my te oorreed, want die bybel is vol leuns en dus nie 'n woord om my te oortuig nie!
Die bybel is geskryf deur mense nie deur die ware Vader nie! En wie weet wie was by toe hulle daardie boek geskryf het! Want ons is almal geestelik blind en niemand kan sien met wie hulle praat nie.

Ek het ook niks op niemand probeer af vorseer soos jy se nie ek het net 'n vraag gevra!!

Die Vrou
24th February 2010, 13:51
Ou Sanna

Die God wat ook as die skepper bekend staan is die een wat straf en wreed optree. Sy geaardheid tref ons ook dan daarom die meeste aan hier op die aarde.
Ek staan vas op my woorde Liefde gaan alles oorwin en nie geweld of oorlo of enige ander wrede dinge nie!

Jy sal ander maniere moet vind om my te oorreed, want die bybel is vol leuns en dus nie 'n woord om my te oortuig nie!
Die bybel is geskryf deur mense nie deur die ware Vader nie! En wie weet wie was by toe hulle daardie boek geskryf het! Want ons is almal geestelik blind en niemand kan sien met wie hulle praat nie.

Ek het ook niks op niemand probeer af vorseer soos jy se nie ek het net 'n vraag gevra!!

Groete

Die Vrou

Ou Sanna
24th February 2010, 14:16
Die Vrou

Jy het nog nie my vraag of versoek geantwoord nie....hoe regverdig jy dat Jesus 'n vals leerstelling is? Jy moet tog grondige redes h hiervoor, of is dit net gevoel of openbaring?

Groete

Die Vrou
24th February 2010, 15:32
Ou Sanna

Ek het jou op my ander draad "No more heroes" geantwoord.

Groete

Die Vrou
1st April 2010, 09:26
More aan Almal,


Nee wat lyk vir my of jy 'n liberalis of humanis is! Nee daar is nie 'n hande gevattery nie.

Nee, ek is nie n humanis of n liberalis nie, nee, definitief nie! Ek dink nie dat ek dit mooi verduidelik het nie. Maar sal dit nou graag doen.

My Pa het my geleer dat omdat die vlees aan die skepper daarvan behoort, behoort ook die vuilheid (sonde) daarvan ook aan hom. Dit is nou die volgende: jaloersheid, moord, molesteerders, haat, nyd, vloek, skel, skinder, leuns, mishandel, wreedheid, twis, onmin, rasse verskille, hoerery, egbreek, misbruik van drank of dwelms of sigarette of voedsel of enigiets wat die liggaam kan inneem, steel, verkeerd begeertes seksueel en ander, rasisme en nog baie ander wat ek nie nou kan opnoem nie.

Hierdie sondes en vuilheid gebruik hy dan om ons geeste wat in die liggaam vasgvang is met die laste van die sonde daarvan te pynig en te martel en selfs ook deurentyd skuld gevoelens te gee van wat jy verkeerd doen terwyl jy in die vlees is. En ook nog wil hy jou die heeltyd vertel dat dat volmaaktheid moet bereik in die vlees wat onmoontlik is. Self Jesus kon nie volmaak wees nie, want hy het nog steeds kwaad geword. Vir my beteken volmaak, totaal en al vry van alle sonde en verkeerde emosies!

Ek gaan jul n voorbeeld gee van wat eenkeer met my gebeur het. Ek het n baie sensitiewe maag en word gou naar vir die geringste, my vlees bedoel ek.
Ek en my jongste dogter het bietjie gaan inkopies doen en terwyl ek en sy so stap struikel ek toe amper oor n mensekind wat voor n winkel op die sypaadjie l in die son in sy vorige aand se ete, hug, ek het so naar geword. Maar n ruk later toe ek sit en dink aan die hele situasie, het my Pa my gewys waar ek die vleeslike dinge erg vind of selfs onvergeeflik, is dit nie die geval by Hom nie. Hy is n gees en is nie onderworpe aan die verderflike vlees nie. Daardie man, n boemelaar neem ek aan, het vir my afstootlik voorgekom omdat my sintuie van my vlees dit nie kon aanvaar het nie. Nie vir my Pa nie, Hy het daar by hom gestaan maak nie saak wat die mensekind verkeerd doen is sy/haar lewe nie, Hy het daar bly staan, dit is dan Sy kind wat daar binne in die vuil vlees vasgevang is. Hy kyk verby die verderflikheid van die vlees en sien net Sy kind wat hulp nodig het, dus bly Hy daar en probeer help deur iemand te kry om vir die ou jammer te voel en soedoende Hom help om Sy kind te help wat daar l weerloos teen die verslawing van die vlees, weerloos teen die tong van die ander mensekinders. Want almal wat verby hom loop bedink en s nie goeie dinge van hom nie.

Dus wanneer jy hande vat met iemand al is hy/sy vuil bevlek in die vlees van die sonde, en heeltemal onaanvaarbaar vir jou vlees, moet jy nie die vlees raaksien nie maar die geeslike wese binne-in die vlees wat skoon en mooi is, en so met hom/haar hande vat al doen jy dit in die vlees.

Groete

Die Vrou..