PDA

View Full Version : Die Witman se Geloof - Die Hamer van Thor - I



Stefanus
25th February 2010, 19:12
Die Witman se Geloof
Die Hamer van Thor - I
Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/skrywers/5410_Waldor.htm)

Ek het in die reeks “Dawid se Slingervel of Die Hamer van Thor” daarop gewys dat die grondlegging, en die hele geskiedenis van die Christen geloof, nie die ‘Woord van God’ kan wees nie. Die basis van my réde is dat die legio valshede en weerspreking wat dwarsdeur die Bybel gedy, nie vereenselwig kan word met ‘n Onberispelike, Alomteenwoordige, Almagtige Skepper God nie. Verder is die prinsiepe daarin vervat moreel onaanvaarbaar.

Ek glo dat ek die moontlikheid van “Dawid se Slingervel” empiries uitkanselleer het. Verder het ek in die heel eerste artikel dit baie duidelik gestel dat ek met die alternatief - “Die Hamer van Thor” - nie na ‘n letterlike ‘Thor’ verwys nie maar na die: “...prinsipiële verteenwoordiger van die Aries religieuse begrip en moraliteit – die mitologiese verpersoonliking van die Nordiese karakter.” Daarmee bedoelende, die dieper waardes en betekenis agter die mitologiese verhale. Die Ou Testament is op die beurt die mitologie van die Israeliete en is soos enige mitologie, ‘n verpersoonliking van hulle psige omdat dit ontspring het uit hul moraliteit - soos waar dapperheid en heroïsme daarin gesien word om ‘n klip te slinger wanneer jy uitgedaag word vir ‘n tweegeveg met swaarde, en ons weet dat Goliat ‘n Indo Europeër was. Of, om wanneer jy jou vrou se eer moet beskerm, soos met Abram se mitologiese voorbeeld dan, voor te gee dat jou vrou jou suster is en haar voor te stoot eerder as om vir haar te veg... is ‘n moraliteit wat nie maklik by die Europese psige hoort nie. Uit so ‘n fondasie, wat die psige van die mense uit die Midde Ooste versinnebeeld, sal daar uiteraard ‘n dogma spruit wat ‘n ‘ontsnap religie’ voorhou. ‘n Religie wat uitkoms bied van die verantwoordelikhede wat lewenstryd normaalweg van mens sal verg. ‘n Religie wat die wêreld en die natuur verwerp. Omdat die Christen geloof ‘n ‘universele’ geloof is en dit kwansuis die verskille in mense nullifiseer – Dit mense met duidelik verskillende afkoms, herkoms en voorkoms en wie duidelik uiteenlopende kulture en gebruike openbaar, saamgooi in ‘n geestelike ‘kookpot’ waar die klap van ‘n ‘goddelike’ vinger al hierdie dinge net so verwyder. Waar mens skierlik vind dat ‘n gees wat aansluiting vind by die pom, pom van die bos tamboer saam ‘n ander wat aansluiting vind by Wagner of Strauss se vloeiende klanke ‘n half Arabiese God uit die berge van Palestina prys! Is dit werkbaar vir die gees en behoud van die Witman?

So, wat bedoel ek dan met die “Hamer van Thor” oftewel die Witman se geloof?

Voordat die Witman se geloof bespreek kan word moet die Witman se identiteit en sy inherente gees eers identifiseer word. Om so ‘n navraag te doen verg dat daar ‘n objektiewe en Kerk-invloed- vrye studie van die gedragswetenskap in die Middeleeuse Geskiedenis en die geskiedenis van religieë en veral van die sosiologiese, antropologiese, psigologiese faktore by die Indo Europese mense gemaak moet word. Die Witman, oftewel die Indo Europeër van Europa, en veral die Kelte en Germane met al hul onderverdeelde groeperinge soos die Oos en Wes Gote is die groeperinge waaruit ons stam en hul relatief onlangse geskiedenis soos dit ontwikkel was van sowat 600 VC tot ongeveer 754 NC, was ‘n versinnebeelding van die gees wat in hierdie mense geleef het en nog steeds leef. Hulle gebruike en religie was ‘n spieëlbeeld van die ‘onbedorwe’ siel van die Witman. In bogenoemde tydperk het ons reeds ‘n gevestigde en ingewortelde Nordies Germaanse karakter gehad wat formeer is uit die ‘beskouings’ van daardie genepoel.

Benewens genetiese verbintenis en voorkoms, is die taal wat mens praat een van die mees bepalende faktore wanneer dit kom by die naspeuring van ‘n mensdom se herkoms. Om so ‘n volkekundige studie te maak sonder taal is soos om statistieke te bestudeer sonder wiskunde. Simplisties gestel, is die wortels van ‘n taal die eerste geluide wat ‘n ‘spesifieke mensdom’ gemaak het om uitdrukking te gee aan die lewe. Om homself duidelik te maak en betekenis aan hul gedagtegang te gee. Om klankwaarde te gee aan dit wat gesien word, gevoel word en ervaar word. Die taal wat mens praat bepaal die grondgebied waaruit jy ontspring het. Hoewel Afrikaans ‘n individuele taaleenheid is, het dit sy oer oorsprong uit die woorde wat in Noord Europa ontspring het. Ons wat Afrikaans praat is dus die sprekers van ‘n taal wat gegroei het uit die wêreldbeskouing van die Germaanse mense. In ons taalklanke is die fluisteringe van ons herkoms en ons waardebepalings soos wat die lewe oorspronklik sonder voorbehoude deur ons voorouers waargeneem is. As ons enigsins van die Israeliete gestam het soos wat sommige regses in hul verwarring met die Ou Testament graag wil voorhou, is dit veral die ‘taal faktor’ wat die mat onder daardie teorie uitpluk. Ons kan ook nie skierlik in ‘n bestek van 300 jaar, ons ‘Ou Testamentiese geloof omswaai, en ook van algehele afskaffers van varkvleis byvoorbeeld, versot raak daaroor nie! Dr. JP Mallory ‘n gesaghebbende antropoloog trek die kring baie nouer na ons spesifiek, in sy studie: “In Search of the Indo-Europeans – Language, Archeology and Myth” wanneer hy as volg daarin verwys. “...The modern Germanic languages are tradisionally devided into two major groups. The larger West Germanic group comprises English which is spoken by over 425 million speakers; German, spoken by approximately 120 million; and Dutch and its derivative ‘Afrikaans’...” Hierdie gesaghebbende noem ons ‘Afrikaners’ by die naam. Hy gaan dan verder en trek die Noord Germaanse groepe soos die Skandinawiërs - Dene, Swede, Noorweërs en Yslanders by.

Om die gees en karakter van die Witman te kan verstaan en te kan waardeer en om die dieper betekenis daaragter te kan begryp, verg dat mens moet weet uit wie en wat die Wit mens bestaan. Jy moet weet waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is. Jy moet weet waaruit jy saamgestel is. Want in die dieper gedeeltes van jou samestelling is daar sekere aspekte wat onveranderbaar is. Hierdie waardes is in die kultuur verweef, en kultuur is die fisiese manifestasie van ‘n mensdom se gees. Daar is ‘n geneties vasgelegde kodifisering wat jou ingeweef het in ‘n kollektiewe groepering. ‘n Groepering wat sy waardes en beskouinge ontwikkel het uit die unieke karakter waaruit hy inherent bestaan. Dit is onder andere baseer op die natuur geykte beginsel van ‘soort soek soort’ – So pas ‘n sekere klas geloof dan by ‘n sekere tipe mensdom, net soos die geval met ‘n volk se smaak vir musiek en ‘n soos wat sekere humorsin by ‘n volk ‘n uiting van die smaak en waardestelsels van daardie mensdom is. Aansluiting by die Godheid, hoe Dit ook al daar uitsien vind vir ‘n mensdom plaas langs die kanale wat eie is aan daardie spesifieke mensdom se gees en karakter. Die selfde ‘tipe’ gees wat in Beethoven geleef het kon tog seer sekerlik nie ook in die beste tamboerslaner van midde Afrika van daardie tyd geleef het nie!

Die invloed wat die Roomse kerk op die aanvanklike argeologiese navorsing en studies gehad het oor die herkoms en afkoms van die mensdom, het vir baie jare die ‘benadering’ bepaal waardeur daar gesoek is na bewyse daarvoor. Omdat daar uit die skeppingsverhaal van die Ou Testament beweer is dat alles in die Tuin van Eden ontstaan het is die oorsprong van alles as synde dit in die Midde Ooste en in die omgewing van die gebiede soos in die Bybel bepaal, gebeur het. Hierdie beskouing is deur die Roomse Kerk voorgehou en dié ‘voorkeur’ is met mag en pag aangeblaas. Enige navorsing of ontdekkings wat tot die teendeel oorhel is deur die mag wat die Roomse Kerk gehad het onderdruk. Daar kan met reg gesê word dat die Kerk vir sy eie behoud die ‘Sensor Raad’ was van dit wat die mensdom mag, en nie mag geweet het. Mesopotamië was dié plek, en die basiese teorie het van die staanspoor af uitgegaan dat die mensdom vandaar na die res van die wêreld ontplooi het – hoe kan dit dan anders as die Tuin van Eden dan daar is en Adam en Eva vandaar kom? Die “Lux et Orient” oftewel “Alle lig kom uit die Ooste”, dogma; wat die Christendom ingestel het, hou perse voor dat alle vooruitgang en beskawings uit die Midde Ooste kom. Maar nou, tref die blinde sweep van die wetenskap die ‘woestyn drome’ by wyse van spreke. Met akkurate daterings metodes en verskerpte argeologiese navorsing het daar nou aan die lig gekom dat gevorderde beskawings in Europa in baie gevalle duisende jare voor soortgelyke tegnologiese vordering in die Midde Ooste plaasgevind het.

In dieselfde tyd toe die eerste landbou en die makmaak van diere vir menslike gebruik in die Mesopotamiese rivier valleie plaasgevind het, het dit reeds in Europa geskied. Dit het sover terug as 10,000 VC reeds geskied en teen 5000 VC was dit ‘n algemene gebruik. Insiggewend dat Koper verwerking by die Balkan gedeeltes in die jaar 5000 VC plaasgevind het, dit is 2000 jaar voordat dit in Mesopotamië plaasgevind het. Teen die jaar 5000 VC was daar reeds stede met bevolkings van 1000 mense in Europa gewees. Die megaliete (reuseklip stellasies en monumente) wat op verskeie plekke in Europa gevind kan word dateer vêr genoeg terug dat dit beduidend is van beskawings wat daar was in dieselfde tyd as wat daar ontwikkeling in Mesopotamië was. Die eerste fase van die bekende ‘Stonehenge’ byvoorbeeld, dateer terug na 1000 jaar voordat die eerste piramides in Egipte gebou is. Die tegnologiese vaardighede van die mense wat in Europa was, is misgekyk weens die Bybelse konsentrasie op die Midde Ooste as die ontstaanplek van die mensdom. Daar is meer as 50,000 megalitiese grafkelders in Europa, wat intrinsiek opgestel is waarvan sommige dateer uit 6000 VC.

Noudat die destydse en veral verdere onlangse argeologiese ontdekkings met groter objektiwiteit beskou word soos wat die invloed van die Kerk besig is om te taan, lyk dit al meer asof dinge eerder omgeswaai kan wees. Die moontlikheid dat die ontstaan van dinge eerder in die omgewing van Europa plaasgevind het en die invloed van daar oor beweeg het na die Midde Ooste lyk al meer na die geval. Die meeste leidende argeoloë is dit eens dat die beskawings en ontwikkeling in die Midde Ooste by die Sumeriërs ontstaan het. Alle aanduidings is dat die Sumeriërs skierlik in die gebied verskyn het as ‘n reeds ontwikkelde mensdom. Die baanbrekende argeoloog, Sir Leonard Woolley verklaar in sy verhandeling “ Ur of the Chaldees” - “...People of a new race made their way into the valley, coming whence we do not know, and settled down side by side with the old inhabitants. These were the Sumerians...” hy gaan verder en verklaar dat hulle daar aangekom het met hul beskawingspeil reeds gevorm. Hulle het saam met hulle gebring ‘n gevorderde kennis van landbou, die verwerking van metaal, (onthou ek het in my vorige gedeeltes daarna verwys dat die Israeliete selfs nie eens hulle eie swaarde kon skerpmaak nie en hulp by die Filistyne moes kry) en ook die skryfkuns. Opgrawings bevestig hierdie skierlike ‘inkom’ van ontwikkeling, in ongeveer 4000 VC. “...Then it was not in the Euphrates Valley that the arts were born, and though it is not likely to have been the Indus valley either, later research may well discover some site where the ancestors of our Sumerians developed the first real civilisation of which we have any knowledge...” Dit is die profetiese woorde van Sir Leonard Woolley in 1920...

In 2004 laat publiseer Christopher Knight en Robert Lomas die derde opvolg van ‘n intensiewe studie wat hulle gemaak het: “The Book of Hiram – Unlocking the Secrets of The Hiram Key” en daarin vat hulle van die nuutste argeologiese ontdekkings saam met die eertydse, forseer hulself deur die ernstige weerstand wat die kerk teen hul bied, en wys daarop dat die tradisionele bewoners van die Midde Ooste, die Abrams et al, nie die baanbrekers kon gewees het nie, net soos wat Sir Leonard Woolley in 1920 impliseer het. Hulle wys daarop dat die bouers van die megalitiese strukture in Europa, en veral die wat die “Stonehenge” gebou het, dit om een of ander onverklaarbare rede in ongeveer 3000 VC skierlik gelos het. Argeologiese aanduidings wys daarop dat die selfde invloede wat by die strukture in die Midde Ooste geld, by die megaliete in Europa teenwoordig is. Dieselfde tipe krale en skerwe wat by “Stonehenge” gevind is, is ook by die piramides in Egipte gevind. Die strukturele korrelasies is te verbindend om toevallig te wees. Hou in gedagte dat baie van die Egiptiese mummies soos die van die Faro van die Bybel, Ramases II, en die beendere van die Filistyne et al bewys dat hulle Indo Europees (blank) oftewel Aries was...

Die argeoloog, Dr Euan Mackie neem hierdie moontlikheid verder in sy boek “The Megalithic Builders” dat daar ‘n professioneel ontwikkelde priesterdom was wat van hulle lede fisies na ander gebiede gestuur of laat trek het en dat hul spesiale vaardighede en kennis so versprei is...”These energetic newcomers and their hybrid descendants would create out of local resources and imported ideas a vigorous new theocratical culture, which in favourable circumstances, would develop from small beginnings to something quite elaborate.” Die megalitiese sirkel by Nabta in die Suide van Egipte wat op so ‘n breedteligging geplaas is dat dit met die somersonstilstand, wat by die Europeërs se gebruike sterk figureer, soos by “Stonehenge”, is duidelik beduidend dat daardie invloed soontoe oorgebring is.

Die Witman van Europa, noem hom nou maar die Germaan, Frank, Nordiër, Noor, Viking – kollektief die Ariër, het sy spesifieke gebied waar hy ontspring het. Hy het ‘n afgesonderde en uitgesonderde gees en karakter wat eie is aan homself. Hierdie skeppende en verheffende gees wat reik na die sterre, wat meegebring het dat beskawings geskep is en die uitspansel ingevaar is tot op die maan; spreek van ‘n strewe en ‘n lewensbeskouing wat die progressiewe kontinuïteit wat in die skepping en in die natuur verwesenlik word komplimenteer. Hierdie gees het in Europa waar dit vandaan kom ‘n geloof beskouing uitgeleef wat lynreg bots met die fatalistiese, geloof wat die natuur en die lewe in en van die wêreld verwerp, wat formeer is uit die gees van die Midde Ooste...

Toe die Germane daardie bloeityd in hul eie habitat, Europa was, en hulle daar in harmonie met hul gees ‘n lewensbeskouing en waardes ingeleef het wat uit eie karakter formeer is, was hulle op alle gebiede ‘n formidabele entiteit.

Hoe het hul beskouings, geloof en karakter daar uitgesien? Hoe het dit hulle gebaat, en hoe het hulle dit so tragies, grotendeels verloor?

Word vervolg.

Die Ou Man
5th March 2010, 10:33
Die Witman se Geloof – Die Hamer van Thor – II

Deur: Waldor (http://woes.co.za/artikels/vertoon/80197_Die_Witman_se_Geloof_–_Die_Hamer_van_Thor_–_ II.htm)

Slegs ‘n religie wat inherent aan ‘n mensdom is, sal daardie mensdom ten volle kan dien en preserveer. Die wil wááruit, of manier, wáárop respek vir die natuur en die ‘kreatiewe krag’ wat daaragter staan, betoon word, moet uit die ras-siel van die volk spruit. ‘n Kultuur is die spieëlbeeld van ‘n mensdom se kollektiewe en gemeenskaplike siel. So verskil die gees wat in elke ras wandel van mekaar. Indien die Oosterse mense dieselfde gees as die Europeër gehad het, sou ons kulture nie verskil het nie. Elke ‘kollektiewe gees’ se soeke na ‘n aansluiting met die Godheid word versinnebeeld in die religie wat oorspronklik uit daardie ‘volksgees’ te voorskyn kom.

Die oorspronklike geloof van ons mense het die gees en karakter van die Witman veelvuldig gedien. Die natuur en die natuurwette ís die werk van die Skepper – daarom is die natuurwette heilig – dit is ons Yster Geloofsformulier. Die heroïsme wat in die mitologie voorgekom het, was gebruik om die nodige karakter by die kinders te skep sodat hulle kon ontwikkel tot produktiewe en behoudende lede van die familie, die stam, en die ras. Voortplanting en ‘eksklusiewe’ okkupasie van ‘n grondgebied was een van die noodsaaklikhede vir kontinuïteit in die voortbestaan van die Noord Europese volkere waaruit ons direk stam en waaraan ons onlosmaaklik behoort. Die religie het ‘n vrugbaarheid begrip en ‘n kryger gees tot die siel van die betrokke mensdom laat spreek. Mitologie regverdig ‘n kultuur se aktiwiteite. Deur middel van die gesag van die gerespekteerde karakters in die mitologie word gevestig die kultuur se gebruike, rituele, religieuse ondertone, wette, sosiale strukture, hiërargieë, territoriale aansprake, kuns, ambagskuns, vakansiedae, tegniese wenke vir jag, oorlogvoering en ander take. Mitologie skep en gee vir die mensdom rolmodelle, veral rondom die krag, deursettingsvermoë en dapperheid wat in die verhale van die gode tipeer word.

Mitologiese gode is nie alwetend, almagtig en alomteenwoordig nie. Soos mense is hulle beperk, het hulle foute en word hulle aangedryf en aangevuur deur emosies en ambisies. Juis omdat hulle uit die wil, wense, karakter en behoeftes van die mense geskep is.

Die Germaanse geloof is meer esoteries en is gekoppel aan die mens se interaksies en praktiese ondervinding met die natuur – en die natuur is die sigbare en aanvoelbare bloudruk van God se wil en smaak – en nie onderworpe aan, of gebaseer op, ‘n ‘dogma’ nie. “...Dit is ‘n religie van werke, en nie van geloof nie. Die uitvoering van die tradisionele rites en van die diensbaarheid aan dit waaruit jy saamgestel is, is essensieel...” skryf Professor Jean Haudrey in ‘The Indo-Europeans’. ‘n Religie wat baseer is op sterk waardes kan nie in emosionele fanatisme verval nie. Die Germaanse religie het sy oorsprong in ‘n gemeenskap waar ‘n algehele en komplimenterende rekonsiliasie en eenheid tussen die priesterdom en die kryger stand aan die een hand, en aan die ander hand tussen die burgery (boere), en al die magte van vrugbaarheid en voeding bestaan het. Hierdie ‘grondliggende basis’ van die mitologie, het die sentrale motief van die Indo-Europese ideologie gevorm – die konsep waarvolgens die wêreld en die gemeenskap slegs deur middel van harmonie en samewerking van soewereiniteit, mag en vrugbaarheid kan oorleef. Ons oorspronklike geloof was ‘n verwesenliking en uitdrukking van ons wil wat diep in ons genetiese geheue vasgebrand is. Julius Ceasar skryf in 53 VC in die sesde boek van ‘De Bello Gallico’ ...”The only beings they recognise as Gods are things that they can see...and by which they are obviously benifited like the Sun, the Moon and Fire...” Verwyder van die geskrewe fatalistiese dogmatiek uit die kanker kamers van die Midde Ooste het ons voorouers, sonder die sondeerkrag van ‘n teleskoop, die opkoms van die son in die koue noorde van Europa aan hulle lywe ervaar, die vormverandering en die gloed van die maan in die stilte van die nag aanskou en die hitte en krag van die brandende vuur beleef. Met die geykte natuur as rigting gewer het hulle die Godheid agter hierdie dinge eerbiedig. Hulle het ‘n religie ontwikkel wat dankbetuiging tot die lewegewende krag openbaar het.

Dit beteken hoegenaamd nie dat daar nie ‘n geestelikheid in die Nordies Germaanse religie bestaan het nie. In werklikheid was dit ‘n vry en ongeskonde religie – vry en ongeskonde van die degeneratiewe fatalisme wat ook die oorspronklike geloof van die Romeinse Ryk gekaap het en waardeur dit deur die wêreld van die Ariese siel versprei het. Die natuur filosowe van duisende jare gelede was deur hul intense bestudering van die natuur oortuig dat daar ‘n kreatiewe mag en intelligensie in die universum teenwoordig was. Die grondslag van hul filosofie, en hierin het die krag gelê, het nooit geleer dat die Absolute, die Ewige, die Onaantasbare, die Oorsprong Gewer God, kant kies in die ewige stryd om voortbestaan en vooruitgang van die verskillende spesies op aarde nie. Die hele natuur verklaar duidelik en onomwonde dat slegs die sterkes, die wyses, die uitgeslape en die wat op en wakker is oorleef. Die mindere en swakkes vergaan. Die mees algemeen, of meer populêre geskifte oor die religie van die Germane word gekry uit die kapittels van die latere Frankiese konings, die ‘Capitularia Regum Francum’, die Galliese kerkreëls, die ‘Concilia Galliae’ en ook natuurlik in die biografieë, preke en korrespondensie van die Christen sendelinge. Daar moet in gedagte gehou word dat al bogenoemde geskrifte vanuit ‘n anti heidense beweegrede en vooroordeel geskryf is, in ‘n tyd toe die kerk fanaties was oor enige iets wat van hul dogma verskil het. Hulle bydrae tot ‘n objektiewe en akkurate begrip van die Germaanse religie en etos het gebukkend gegaan aan ‘n erge vooroordeel ten gunste van die Christendom. Daarom is daar ‘n verwronge en negatiewe beeld geskep oor die kosmologiese en ideologiese persepsies van die vroeë Germaanse mense. Ek dink byvoorbeeld hier aan die skepping van die begrip van hekse. Die kerkvaders het heksery geskep as teenvoeter vir die waarde wat die Germane aan die vroulike intuïsie gehad het. Die vroulike intuïsie was vir die alleen manlike priesterdom van die kerk ‘n bedreiging.

Die oorspronklike religie van die Europeër het die aarde aanvaar. Daarteenoor het die Christendom die natuur – die vlees – en die aarde verwerp. Ons antieke voorsate het nie geglo dat geestelikheid jou regverdig en rasioneel gemaak het nie. Hulle het eerder geglo dat regverdigheid en om rasioneel te wees, jou geestelik gemaak het. In die mistici van ons geloof was die begrip vervat dat geestelike illuminasie bekom word deur die laer natuur te verhef na ‘n vlak van effektiwiteit en suiwerheid. Die religie is dan die spieëlbeeld van die harmonie wat tussen die natuur en die kultuur gedy, en dit is duursaam, duursaam soos brons. Hieruit het die Germaanse ‘commitatus’ ontwikkel – ‘n gemeenskap gerigte ideologie met ‘n krygers etiek as onderskeidende eienskap. Dr. Mary Crawford Clawsey van die Universiteit van Maryland in die VSA werp insiggewende lig op die religieuse ideologie wat deurslag vind in die uiters prysenswaardige en gemeenskap versterkende vertikale verhouding tussen die kryger en die leier. ‘n Wedersydse respek het gedy, en hierdie respek was geskoei op die begrip van kontinuïteit van die lewe na die dood. Die besef van ‘n kontinuïteit indien mens dapper en eerbaar sterf ter beskerming van jou identiteit en grondgebied het meegebring dat daar ‘n ‘eer kameraderie’ gedy het. Tacitus skryf: “...On the field of battle it is a disgrace to a chief to be surpassed in courage by his followers, and to the followers not to be equal tot he courage of their chief... the chief fights for victory, the followers for their chief...”

Hierdie religie van die Germane wat ook in hul kultuur, hul gemeenskapslewe en veral in hul ideologie deurgekom het was nie net ‘n sosiale voorbeeld van groep solidariteit nie, maar het inslag gevind op elke vlak van die Germaanse verwantskap en familieskap struktuur. “...This is quite the opposite of the situation that existed in the urban centers of the Roman Empire when Christianity was takin root and expanding...” skryf Professor Russel

Een van die grootste gesaghebbendes op die gebied van vergelykende mitologie, Dr. Georges Dumezil, vind in sy model van Indo Europese gemeenskappe, die teenwoordigheid van ‘n fundamentele ooreenkoms in die ideologiese en sosiale strukture van die gemeenskappe in Indië, Persië, Griekeland, Rome en die voor Christelike Noord Europa – met ander woorde daardie mensdomme wat hul ontwikkeling en beskawings te danke het aan die verspreiding van die Ariese ras. Die religieuse begrippe en standpunte van die Europeër is ‘n religie wat uit die genetiese kode spruit – dit is ‘n DNA geloof. Dit die voetpad wat getrap is op die pas en die loop van die Arier. Professor James C. Russel wys in sy studie: ‘The Germanization of Early Medieval Christianity – A Sociohistorical Approach to Religious Transformation’, daarop dat onlangse wetenskaplike navorsing bevind het dat: “Genetic factors are now claimed to account for approximately 50 persent of the individual differences in religious attitudes, values and interests. If combined with the notion of group personality or ‘syntality’, these findings may contribute towards the development of a genetic approach to societal religious identity”. Nou ja toe. In gesprek met die tydskrif ‘The American Sociologist’, vermaan Gerhard Lenski sy kollegas om ‘n beter persepsie te hê oor die invloed van biologiese faktore op sosiale sisteme ...”If we persist in ignoring, or worse yet, denying the powerfull influence of genetic and biochemical factors, we jeopardise sociology’s credibility in the scientific community”

Daarom wou die Germaanse leiers destyds by die Roomse Kerkvaders weet “Waarom moet die geloof in ‘n boek vasgestel word?”, en so het ‘n geesgenoot van my eendag ook opgemerk:

“Indien die inhoud van die Bybel weggeneem word en jy het dan nie ‘n geloof nie, waaruit het jou geloof dan bestaan...?”

Volgende aflewering meer oor die kultuur, letterlike gebruike, beskouings en waardes wat deel uitgemaak het van die religieuse beskouing van die Germane, en dan hoedat die geskiedkundige en sosiale invloede van Christendom op die Germane af forseer is. Ook oor die aanpassings wat die Kerkvaders in die Christendom moes aanbring sodat dit by die Germane kon inslag vind – ons kan eintlik omgekeerd praat van die ‘Germanisering’ van Christendom...

Word vervolg...

schalk
9th March 2010, 13:14
Regtig puik gestel dusver. Ek sien waarlik uit daarna om die res van die artikel te lees!
Groete Schalk