PDA

View Full Version : Die Sekulęre Bronne van Informasie - Jesus Christus



Stefanus
25th February 2010, 19:21
Die sekulęre bronne van informasie,
kronologie en aardrykskunde van die lewe van Jesus Christus [1]
Deur: Gert Strydom (http://www.woes.co.za/skrywers/5130_Gert_Strydom.htm)


In heidense bronne skryf Tacitus oor Christene in die tyd van Nero se vervolgings en hy meld dat Jesus Christus tereg gestel is tydens die bewind van Tiberius deur Pontius Pilatus.(1)

Ceasar se trojaanse korrespondent Pliny verwys na Christus, oor die Christene wat hom aanbid (2) en Seutonius meld die uitsetting van Christene uit Rome. (3)

Lucian wat ‘n satiris in die tweede eeu was, verwys na Christus as ‘n drogredenaar wat ‘n nuwe kultus daarstel. (4)

Joodse Bronne

Eusebuis (vierde eeu) noem dat Josephus in sy “Antiquities” na Christus verwys. Josephus skryf oor Christus as ‘n leermeester, as ‘n werker van wonderlike dade, as die Christus wat gekruisig is en uit die graf opgestaan het, soos wat voorspel is. (5)

In sy “Antiquities” verwys Josephus ook na Herodus wat Johannes die doper vermoor en oor Jesus se verbintenis met Jakobus (die broer van Jesus) wie se moord deur die sanhedrin beskryf word. Daar is obskure verwysings in die Joodse Talmud, wat as gevolg is, van hulle siening van Christus is. (6) (7)

Approkriewe bronne

Volgens Tenney bestaan die paar approkriewe sendbriewe uit tower makery en is daar stukke wat aanmekaar gelas is uit die kanononieke boeke en ontbreek akkuraatheid, diepte van leerstelling en verskil dit met die kanonieke boeke oor die lewe van Christus. (8)

In een van die approkriewe sendbriewe word ‘n belaglike verhaal vertel van die duiwel wat homself verander in ‘n bloedsuiende draak en ‘n slagoffer wonderbaarlike genees word deur Jesus se baba doeke te gebruik. (9)

Volgens die approkriewe sendbriewe het Jesus veroorsaak dat ‘n seun sterf wat sy visdamme gebreek het, (10) ‘n seun laat sterf wat in hom vas geloop het (11) en sy onderwyser wat hom met ‘n sweep wou slaan vernietig. (12) Hiervolgens laat hy ook ‘n seun verdor en wegkwyn soos ‘n boom (13) en maak dat Sy beskuldigers blind word. (14)

Volgens die kanonieke boeke van die bybel het Jesus Christus gekom om die wet en die profete te vervul (15) en Jesus sę self om nie te moor nie en selfs om kwaad vir jou broer te wees is soos moord. (16)

Volgens die wet moet mens nie moord pleeg nie (17) en in kontras met moord sę Jesus Christus dat deel van sy sending is om mense te genees en gesond te maak.(18) en Jesus wek verskeie mense wat dood is op (19) en heg selfs Malcus wat Hom gevange neem se oor terug aan sy kop (20) wat sterk kontrasteer met die beeld wat van Hom geskep word in die Approkriewe sendbriewe.

Dit is duidelik dat behalwe die verwysing wat deur Josephus gegee word, die genoemde Joodse en heidense verwysings gemaak is deur mense wat vyandig tot Christus en Christene was en onbekend oor die geskiedenis van die beweging.

Dit lyk ook asof die Jode probeer om die verantwoordelikheid van die kruisiging van Christus weg te probeer verduidelik en Hom probeer diskrediteer.

Dit lyk ook asof Tenney se oordeel oor approkriewe bronne wat te fantasties en ongeloofwaardig is (bv. Satan die bloedsuiende draak) en dat dit nie in ooreenkoms met die kanonieke boeke is nie, korrek is. Volgens Tenney kan geen van die approkriewe materiaal beskou word as eg nie en is die doel daarvan kettery.

Afsonderlik van Josephus se verwysing en Tacitus se melding dat Jesus Christus gekruisig is deur Pontius Pilatus in die tyd van Tiberius , kan ons as ‘n gevolgtrekking merk dat Jesus Christus bestaan het.


Voetnotas:

(1) “Maar nie al die verwydering van pyn wat van die mens kon kom, nie alle oorvloed wat die prins kon gee, nie al die versoening wat aan die gode gegee kon word, het Nero vrygestel van die oorweldigende verwoestende vuur. Om die gerug te onderdruk het hy valslik skuld op die Christene gelaai en hulle met uitmergelende foltering gestraf. Christus die bron van daardie naam was tereg gestel as ‘n krimineel deur Pontius Pilatus, prokurator van Judea tydens die heerskappy van Tiberius, maar die fatale bygeloof het weer uitgebreek, nie net in Judea waar dit gebeur het nie, maar ook in die stad Rome...” (My vertaling) Tacitus Annals XV44 The oxford translation, Revised (New York: Harper & Brothers 1885.) P423 Tenney, Merril C. New Testament Survey, WM. B Eerdmans. 1985. P204.

(2) “Hulle het hulle skuld bevestig, of hulle fout was dat hulle die gewoonte gehad het om op ‘n sekere vasgestelde dag te ontmoet voor dit lig was, wanneer hulle in verskillende verse ‘n lied tot Christus gesing het, soos vir ‘n god, en hulleself verbind het tot ‘n plegtige eed, om nie bose dade te doen nie, nooit bedrog te pleeg nie, diefstal of egbreek, nooit om vals te praat en nie om vertroue te skend as getuienis gelewer moet word nie.” (My vertaling) Pliny, Letters X.xcvi. Loeb Classical library, Engelse vertaling deur William Melmoth, hersien deur WML Hutchinson (London: William Heinemann, Havard University press. 1936) P13, P15. Ibid. P204.

(3) “Straf (deur Nero) was op die Christene opgelę, ‘n klas mense met ‘n nuwe kinderlike bygeloof.” (my vertaling) Seutonius, The lives of the Ceasars, Nero XVI. Loeb classical library Engelse vertaling deur JC Rolfe (London: William Heinemann) P111. Ibid. P204.

(4) “...die man wat in Palistina gekruisig is, omdat hy hierdie nuwe kultus aan die węreld voorgestel het... Verder meer het hulle eerste wetgewer hulle oorreed dat hulle almal broers is nadat hulle oortree het om van die Griekse gode af te sterf en daardie gekruisigde drogredenaar te aanbid en onder sy wette te leef.” (my vertaling) Lucien The passing of Peregrinus 12-13. Loeb classical library. Engelse vertaling deur AM Harmon (London: William Heinemann) p13, P15 Ibid P205.

(5) “Nou was daar gedurend hierdie tyd ‘n wyse man Jesus, as dit wettig is om hom ‘n mens te noem, want hy was ‘n doener van wonderlike werke, ‘n leermeester wat die mens die waarheid as ‘n plesier leer. Hy het hom ontferm oor baie Jode en heidene. Hy was (die) Christus. En toe Pilatus onder die voorstelling van die hoof manne onder ons, hom verdoem het tot die kruis, het die wat hom lief gehad het hom aan die begin nie versaak nie, want op die derde dag het hy lewendig aan hulle verskyn soos wat die Godgewe profete voorspel het en tienduisend ander wonderlike dinge omtrent hom is tot vandag toe nie uitgestorwe nie.” Josephus. Antiquities XV III ii.3. Philip Schaff, History of the christian church (Grand Rapids, Michigan, WM B Eerdemans publishing company, 1950.) P92 Ibid P203.

(6) Daar is verwysing dat Jesus “gehang is met Pasga, na ‘n verhoor as ‘n towenaar en een wat Israel weg gelei het.” (Sanhederin 43a) Douglas JD The illustrated bible dictionary part 2 Inter-varsity Press, Lynndale House Publishers, Sydney. 1980 P761.

(7) “Daar is verwysing van ‘n man gebore uit ‘n vrou wat sou opstaan en homself gelyk aan God stel teen wie mense gewaarsku word... Daar is ook verwysing na hom om weg te gaan en weer te kom. In twee gesegdes is daar ‘n afbreking van die maagdelike geboorte. Die sewende verwysing maak melding van Jesus met die huur van ‘n hoer, wat duidelik twyfelagtig is” (my vertaling) Tenney, Merril C The zondervan pictorial encyclopedia of the bible volume 3, Zondervan Publishing house. 1980. P522-P523.

(8) “Die approkriewe sendbriewe is meer gerig op tower dade, as wat hulle te make het met onderrig en die paar approkriewe sendbriewe is mosaiekke wat uitgeneem is uit die erkende kanon. In akkuraatheid van vertelling, in diepte van leerstelling en in konsentrasie op die persoon van Christus is daar ‘n merkbare verskil tussen die kanonieke en approkriewe boeke.” (my vertaling) Tenney, Merril C New Testament survey, WMB Eerdemans publishing company. Inter-varsity press 1985. P403.

(9) “Daar was ook ‘n meisie wat geteister was deur Satan, want daardie vervloekte gees het gedurig aan haar verskyn in die vorm van ‘n draak wat haar probeer insluk en het al haar bloed uit gesuig, sodat sy na ‘n dooie karkas lyk... Toe Maria die storie hoor, het sy ‘n bietjie van die water waarmee sy die liggaam van Jesus gewas het oor haar uit gegiet en die baba doeke van Jesus aan haar gegee. Maria het aan haar gesę om die doeke aan die satan te wys as hy verskyn. Toe die draak verskyn en die baba doeke sien het vuur uitgegaan en hom verbrand en hy uitgeroep in ‘n harde stem “wat het ek te doen met U Jesus, seun van Maria en waarheen sal ek van U af weg vlug.”” (My vertaling) The first gospel of the infancy of Jesus Christ Hoofstuk XII: 1 2 12 13 18 The Approcryphal New Testament, William Reeves, London. P51-52.

(10) “Met tyd het die seun van Hanani na die visdam van Jesus gekom om dit te vernietig en het die water weg verdwyn en die Heer Jesus Christus aan hom gesę:” soos wat hierdie water verdwyn sal jou lewe weg verdwyn en dadelik het die seun gesterf.” (My vertaling) The first gospel of the infancy of Jesus Christ, Chapter XIX: 20-21 Ibid. P57.

(11) “Op ‘n ander keer het Jesus in die straat in gegaan en ‘n seun het in sy skouer vas gehardloop, waarop Jesus wat kwaad was aan hom gesę het “ Jy sal nie verder gaan nie” en onmiddellik het hy dood neergeslaan op die grond.” Gospel of the infancy of Jesus Christ Chapter II 7-9 Ibid. P 61.

(12) “ En toe hy sę Aleph, beveel die meester hom spreek Beth uit; waarop die Heer Jesus antwoord vertel my eers die betekenis van die letter Aleph, en dan sal ek Beth uitspreek, maar die meester toe hy sy hand oplig om hom met ‘n sweep te slaan het dit dadelik verdor en hy het gesterf.” (my vertaling) Thomas’ gospel of the infancy of Jesus Christ II:3, 4 Ibid P58.

(13) “Kyk hoe sal jy wegkwyn soos ‘n boom en sal nie blare of takke voortbring nie. Dadelik word hy toe regoor sy liggaam weg geteer en hy het gesterf.” (my vertaling) Thomas’ gospel of the infancy of Jesus Christ II: 3, 4 Ibid P61.

(14) “En onmiddellik het hulle wat hom beskuldig het blind geword.” (my vertaling) Thomas’ gospel of the infancy of Jesus Christ II Chaper II:16 Ibid P61

(15) Matteus 5:17

(16) Matteus 5: 21-22

(17) Exodus 20:13

(18) Lukas 4:18-19.

(19) Lukas 7:11-17, Markus 5:22-24, 35-43. Johannes 11:1-45.

(20) Johannes 21:1-23.


In die sekulęre bronne van informasie, kronologie en aardrykskunde van die lewe van Jesus Christus [2] sal ek kyk na:

Die geboorte van Jesus Christus,
Sy kinderdae
en Sy vroeë bediening.

Stefanus
25th February 2010, 19:25
Die Sekulęre Bronne van Informasie – Jesus Christus
Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/skrywers/5410_Waldor.htm)


Die onlangse artikel deur Gert Strydom: “Die sekulęre bronne van informasie, kronologie en aardrykskunde van die lewe van Jesus Christus [1]” het betrekking. Dit het betrekking op die volgende wat ek hier gaan skryf, omdat dit wat in die artikel impliseer word, bots met wat ek betreffende Jesus, in my artikel: “Dawid se Slingervel en die Hamer van Thor VII” probeer voorlę het en uiteraard impliseer – dat Jesus se identiteit soos in die Bybel en deur die Christendom voorgehou, verdag is. Ek wil net hier beklemtoon dat ek Gert nie as persoon probeer aanval nie, maar dat ek van die skryf geleentheid gebruik maak om ‘woorde’ te kruis in Afrikaans en so in my taal openlik rede te voer met dit wat hy ook in Afrikaans voorgelę het. Ons taal is perse nie net ‘n paai en vry taal nie.

Met Gert se artikel maak hy gebruik van die “sekulęre” verwysings en dien dit so as addisionele onafhanklike bevestiging van die identiteit en ‘bestaan’ van Jesus te wees. Hoewel “sekulęr” in die sin meer krag moet dra omdat dit dan vanuit ‘nie kerklike’ of ‘węreldlike’ bronne die Christus teorie onderskraag, is dit eerder ‘sonlig’ op die verdunnende ys waarop die Christendom homself staangemaak het:

Tacitus en Pliny se verwysings is baie insiggewend in die argument. Soos in die geval van Pliny, is Tacitus die geskiedkundige, ook gebore eers twee dekades nadat Christus na bewering aan die kruis gesterf het. Indien daar dus uit hierdie geledere enige verwysing na Christus of enige van sy direkte opvolgers gemaak word is dit tweedehandse getuienis en dien dit nie as enige noemenswaardige bewyse nie. Die spesifieke verwysing na wat Tacitus geskryf het, is lank reeds bewys ‘n invoeging en vervalsing te wees. Daar is in elk geval baie min getuienis van enige grootskaalse vervolging van die Christinne onder die heerskappy van Nero of Domitian. Die vroegste verwysing na enige sogenaamde vervolging van die Christinne deur Nero was toe Melito, die biskop van Sardis in 170 NC verklaar het dat dit verbasend sou wees indien daar so iets kon wees omdat “daar in 64 NC gladnie baie Christinne in die Romeinse Ryk was nie” Melito verklaar verder dat so ‘n vervolging baie onwaarskynlik is. En soos wat die redakteur van Eusebius se ‘History of the Church’ verklaar “In fact up to the persecution under the emperor Decius (250-51) there had been no persecution of Christians ordered by the Emperor on an imperial scale” ‘n Geskiedkundige feit, is dat religieuse toleransie en verdraagsaamheid ‘n Romeinse beleid was. Vervolging het op ‘n baie groter skaal plaasgevind aan die hand van die Christen Kerk.

Wat Pliny betref word daar waarskynlik verwys na sy brief aan Trajan. Die enigste verwysing in die brief is die woord “Christinne” wat die woord Esseners vervang het. Pliny se verslae oor die Esseners impliseer dat indien die brief outentiek is, die oorspronklike verwysing “Esseners” was. Eerwaarde Robert Taylor verwys in sy ‘The Diegesis’ “... The original word was ‘Essenes’ which was later changed to ‘Christians’ in one of the many revisions of the works of ancient authorities by Christian forgers”

Daar word gladnie betwis dat daar Christinne kort na die dood van Christus was nie. Inteendeel, hulle is die nalatenskap van die geloof wat Paulus geskep het. Paulus het die karakter van Jesus geneem en die grondslag geskep vir die Christen volgers. Enige later verwysing daarna in die terme soos die kerk beweer Tacitus, Pliny, Seutonius en Lucian gedoen het, wat verklaar dit perse? Dat die Jesus wat deur Paulus voorgehou bestaan het en God was?

Wat Josephus die Joodse geskiedskrywer betref met betrekking tot die verwysings na Christus die volgende:

As die bekendste Joodse geskiedskrywer, het hy geskryf in die eerste eeu na Christus. Sy vader was Matthias, ‘n geëerde en geleerde lid van ‘n priesterlike familie. Matthias het in Jerusalem gebly in dieselfde tyd as Pilatus en hy sou baie waarskynlik vir sy historikus seun Josephus alles vertel het aangaande die ‘bisarre’ en ‘wonderlike’ gebeure wat in die Evangelies genoem is indien dit wel ‘n paar jaar voor sy geboorte sou plaasgevind het. Josephus self, was aangestel in Galilea gedurende die Joodse oorloë en was daar gedurende die selfde tyd toe Paulus kwansuis die gramskap van die Romeine op homself en sy volgers sou getrek het. Ten spyte daarvan het hy deur ál sy werke, wat baie volumes bevat wat met groot detail oor eeue se geskiedenis saamgestel is absoluut niks oor Paulus of die Christinne geskryf nie. Oor Jesus skryf hy twee kort paragrawe. Hoewel baie gemaak word van hierdie enkele paragrawe, word dit deur vakkundiges en apologete as vervalsings beskou. Hieroor verklaar die gerespekteerde gesaghebbende Biskop Warburton van Gloucestor (1698 – 1779), dat die Josephus inlassing: “...a rank forgery and stupid one too”. Joseph Whelles verklaar in sy boek ‘Forgery in Christianity’ dat Josephus as ‘wonderwerk verkoper en aanhanger’, behalwe vir die enkele vervalste gedeelte waarin daar na Jesus verwys word, absoluut niks skryf van sy volksgenoot Jesus, wat wonderwerke verig het nie. Die enigste verwysing is die wat gedoen word deur “that very dishonest writer” Biskop Eusebius in die vierde eeu na Christus. Joseph Welles wys daarop dat die Katolieke Ensiklopedie erken dat Origen, en die vroeër Kerkvaderlike skrywers niks van die verwysing van Eusebius af geweet het nie. Charles Waite wat eintlik ‘n Christen apologeet is, vra in sy boek ‘History of the Christian Religion to the Year Two Hundred’, die vraag of dit moontlik kan wees dat Josephus wat in die selfde tyd as Paulus geleef het, se paaie met al sy omswerwinge en geskiedskrywing, nooit met die van Paulus gekruis het nie? Sodoende swyg Josephus wat die belangrikste bydraer tot die Jesus verhaal kon wees dus heeltemal.

Die apokriewe boeke is net soos die ou Testament, niks meer as ‘n versameling absurde valshede nie en moet bejeën word met objektiewe inagneming van die mentaliteit van die mense wat dit geskep het.

Elke verwysings in die artikel wat die “gevolgtrekking merk dat Jesus Christus bestaan het” verwys na wat daar gesę word, oor wat daar gesę is, van wat daar gesę was. Waarom kan die manne wat kontemporęr tot Christus was hom nie ten minste ietwat bevestig nie? Moet ‘n mens gaan krap in onbetroubare bronne om ‘n onberispelike God se vleeslike wandelinge en doen en late te bevestig?

Niemand betwis dat Napoleon of Hitler of Alexander die Grote bestaan het nie. Selfs Nero en Tiberius se bestaan word nie betwis nie waarom nie – omdat hulle almal inderdaad bestaan het. Watse vraagstukke regverdig dit dan dat Jesus se bestaan bevraagteken kan word. Net die feit dat dit met verwysings bevraagteken kan word spreek vanself... God in die vlees op ‘n gegewe tyd in die onlangse geskiedenis moet ‘n onbetwiste gegewe wees!

Het ons die reg om onskuldige kinders te mislei met iets wat ons nie onbetwis kan bevestig nie?

Ek het respek vir Gert se navorsing, en die duidelike moeite wat hy gedoen het maar dit loop alles skipbreuk omdat die populęre geskiedenis te gerieflik bekombaar is en die teendeel daardeur nie opgesoek word nie.