PDA

View Full Version : Germaanse Religie in ons Taal



Die Ou Man
20th March 2010, 19:23
Verwante woorde word hieronder in groepe geplaas. In die (verre) verlede het godsdiens ’n oorheersende rol gespeel in die bestaanslewe van die mens. Dit het 'n stewige stempel afgedruk op die taalgebruik (betekenisspesialisasie van woorde, neologismes, spreuke, gesegdes, ens). Baie Afrikaanse woorde kan vandag direk herlei word na ons ou Germaanse religie.


Aesir of Ase (Groepsnaam vir Germaanse Gode). Moontlik afkomstig van Inoeuropese wortel *ans (asem). Ook moontlik afkomstig van Indoeuropese *osi (Es-boom).

Anu of An (Oudste Mesopotamiese Godheid).

Anu (Keltiese Moedergodin of Moeder Aarde).

Anemos, (Grieks, wind).

Anima, (Latyn, wind, lug, siel).

Animal (Eng).

Vihansa (Naam van 'n Germaanse of Keltiese Godin (te Tongeren)).

Oss, Oxford, Asse, Essen, Asch, Essene, Ashley, Osdorp, plekname.

Oswald, voornaam. Os = God, wald =woud.

Oscar, voornaam. Os = God, gar = spies/spear.

Ans = God in Goties, Ass = God in Oudnoors, Os = God in Oudengels (3).

Ans = paal (totempaal).

Asem = asu (Sanskrit), adem (Nederlands), atem (Duits).

Ans, Anna, Ansie, Anske, Ase, Ask, Asso, Asse (voorname).

Antwoord en Answer, Ant of Ans = Ase en 'woord' van *were in Proto Indoeuropees wat ons nog ken in die woord 'beweer' maar ook in 'sweer' (swear Eng). Antwoord beteken dan letterlik 'praat met die Gode/Ase'. Die betekenis was aanvanklik nie 'teen' nie, maar 'met' of 'vir' in Indoeuropese *anti.

Ons, oss (Sweeds en Noors), us (Eng), unser (Duits) en os (Deens).

Aspoester, Assepoester (Ned) of Assepoes (Ned) = Ase+geliefde (of liefie van die Gode), vergelyk ook pussy (Eng) (6).

Asjas (5) en ook Asgat (7) (troetelname vir klein meisies wat aansluit by Aspoestertjie).

Askungen = Aspoester in Noors (ask + unge) unge = kind.

Es = vuurherd of ook altaar.

Ester, Aster.

As = vuurreste. Vuur was deur die ou Germane beskou as 'n lewende entiteit. Maar vuur was ook as 'n Godheid beskou of 'n geskenk van die Gode (Ase).

Ask (Ask en Embla was die eerste 2 mense volgens Germaanse religie).

Ask (Eng) en Eis (Afr-Ned).

Disaster (Eng).

Ancestor (Eng).

Ace (Eng), Aas in Tarot.

Lokaas

Ostara, Eostre, Ester, Aster (Lentegodin). Moontlik afkomstig van *aus (Indoeuropees, daeraad).

Astarte (Fenisiese Godin)

Ishtar (Mesopotamiese Godin).

Ister (vorige naam van die Donau)

Ooste, Oostenryk, Austria, Australië, Asië en Assirië.


Arg of Arger (Germaanse mitologiese figuur) Afkomstig van Proto-Indoeuropese wortel *arg- (blinkend, skitterend, stralend). Arg is moontlik 'n Waanse Godheid.


Argwaan (arg + waan).

Arger (familienaam).

Argus, Argus was 'n Reus/God in die Griekse mitologie.

Argeloos

Argument

Argent (Eng)

Erne (Eng)

Erg, erger.

Arend


Asega(rd) (Germaanse hemel).


Gard, in garden (Eng).

Garde (Switserse garde, Praetoriaanse garde(2)).


Balder (Germaanse God). Moontlik afkomstig van Indoeuropees *bhel (blink, glansend, son).


Belenos (Keltiese God).

België

Bleek

Blank

Blind

Blunder

Bulder

Bul

Beeld

Bold


Brigid of Brigit (Keltiese Godin)


Brigid (voornaam).

Brit

Brittanje

Bretagne

Bretons


Búri.


Búri was die tweede Reus wat deur die heilige koei Audhumbla uit die ys gelek was(3). Uit Búri sou die Reuse geslagte en die Godegeslagte ontstaan het. Buri is moontlik afkomstig van Indoeuropese *bher (bruin).

Borr. Borr was die seun van Búri. Borr en Bestla (beide Reuse) het drie seuns gehad, naamlik Odin, Vili en Vé. Dit was die eerste drie Gode. Hierdie Gode het die eerste twee mense uit hout geskape, naamlik Ask (man) en Embla (vrou). Borr is moontlik afkomstig van *bheu (groei).

Boer

Beer, Brun (Oudgermaans).

Bruno, voornaam.

Buur, Neighbour (Eng), Nachbar (Duits).

Buurt

Bouer

Baar

Beur


Chrestos. Uit die Griekse Heidendom en dui op 'n Griekse profeet, siener of waarsêer.


Christus (Latynse ekwivalent van die Griekse Chrestos.)

Kersten

Kirsten

Korsten

Karsten(s)/Carsten(s).

Chris, Christina, voorname.

Christmas (Eng).


Dis, Disa, Tes, Tessa, Tis, Tissa of Tesse (Heilige of Goddelike vroulike wese).


Daisy (Eng)

Haegtesse (Wyse Vrou of Heks)

Akkedis (Hagedis, Ned).

Dissel (plant).

Disathing (pleknaam in Swede).


Don(n) (Indo-Europese Godheid, soms tweeslagtig). Moontlik afkomstig van Indoeuropese *(s)tene- (geluid maak). Vergelyk Proto-Germaanse *thunraz, Oudfries thuner, Oudhoogduits donar, Duitse donner, Sanskrit tanayitnuh, Persies tundar, Sweeds tordön, Latyns tonitrus en tonitru, Gallies taranucnus, tanaricus, torunn, tairnenach, toirneis, toirneach en torin.


Donar/Thor (Germaanse God). By Thor val die middelste lettergreep van Donar weg.

Dionysos (Griekse Wyngod).

Dionysus (Latyn, God).

Danu (Keltiese Moedergodin).

Adonai (Heer of God in Hebreeus)

Adoni (Heer)

Thorium

Dios (God in Spaans).

Dieu (God in Frans).

Dio (God in Italiaans).

Theos (God in Grieks).

Dievs (Hemelgod in Lets).

Dievas (Hemelgod in Litous).

Zeus (Griese Oppergod).

Donder

Donner

Tor (Kewer).

Daan, Danie, Daniël, Donny, Donald, voorname.

Don, Donna (Heer, Dame).

Donau (voorheen bekend as Ister. Ister is verwant aan Ishtar, Astarte en Ester).

Deen, Denemarke.

Thunderfield, Thundersley, Thursley, Thundridge, Tusmore (plekname in Engeland).

Donderdag


Draupner (ring van Wodan).


Drup, druppel.

Druip


Duits, Deutsch, Diets, Dutch. Afkomstig van Indoeuropese *teut (alles), later Germaanse *dhiet (volk).


Teuto, Teutone (Germaanse stam of volk).

Diederik, Ties, Thys, Tys (voorname).

Duidelik


Frigg/Freya (Germaanse Godin(ne)) en Freyr, Fro of Frico (Germaanse God). In Oudindies of Sanskrit priya. Afkomstig van Protogermaans *furhtaz (vrees) of *frijaz en ook van Indoeuropese *per (voor).


Vry, vryheid, free (Eng).

Vrolik

Vrou (Duits, Frau en Goties, Frauja en Oudsaksies, Frao).

vroulik

Fjord

Vrees

Fright, affraid (Eng).

Fruit, vrug, bevrug, vrugwater.

Fries, Friesland (Freya's land).

Vlieland

Vroedvrou

Godvrugtig en Godvresend (dieselfde oorsprong).

Vroeg, Früh (Duits).

First (Eng).

Ver

Vors

Frik, Frikkie, Frederik (voorname)

Vrydag


Freki (Wolf van Wodan).


Vrek


Gerizijn (Wolf van Wodan).


Gierig, gierigaard.


Germaan


Ger = spies, gereedskap of toerusting (gear in Eng).

Germaan = spiesman/mens.

Gerhard = spieshard.

Edgar = Ed (edel/ryk) + gar (spies).

Gungnir (spies van Wodan).


God of good (verafgood). Moontlik afkomstig van Indoeuropese *ghau (roep, aanroep), later ook Germaanse *guda (aageroepe wese). Die genus van *guda was in die voorchristelike tyd onsydig. Met die koms van die Christendom het die woord 'God' 'n manlike woord geword met 'n nuwe betekenis. Die woord God is verwant aan die Indoeuropese *gheu (giet, gegote). Die woord God is ook verwant aan die Protogermaanse *gothaz (goed) en van die PIE wortel *ghedh-.


Gote (Germaanse stam).

Gothi (ou Germaanse priester in Oud-Noors).

Gytha (Ou Germaanse priesteres in Oud-Noors).

Goties, Gotiek.

Gotland (Sweedse eiland).

Gotenburg, Gothenburg, Götenburg, pleknaam in Swede.

Good bye. Sametrekking van ‘God be with ye’.

Good luck (Gods geluk). Vergelyk ook ‘thanks goodness’ en ‘for goodness sake’ met Good = God. Vergelyk ook die volgende:

Afr/Ned Engels Deens/Noors Sweeds Duits
God God Good Gud Gott
Goed Good Godt/God God Gut

Goeie Vrydag = Godes Vrydag (God se Vrydag) of (God Frey se dag).

Godfrey/Godfried (voorname) God/Goed Freya.

Godiva (voornaam) God + gyfa (give).

Godwin/Goodwin (voornaam).

Goederhande/goderhande (sinonieme Middelnederlands).

Goedertierenheid = godertyeren, goedertyeren (Middelnederlands).

Het Gooi, Gooi en Vechtstreek en Erfgooiers is plekname in Nederland, moontlik afkomstig van die woord Gode, (vergelyk rode en rooi; sode en sooi; rade en raai; gebode en gebooie; gode en gooi). Gooi is ook moontlik afkomstig van Europese *akwa (water), later landstreek, gouw of Gau (Duits) en ander plekname soos Henegouwen en Oberammergau.

Gate (Eng).

Gade

Giet

Geut, Goot (Nederlands).


Ginnungagap (Gapende leegte, voor die aanvang van die Germaanse skeppingsgeskiedenis).


Gaap

Gaping

Ginnegaap

Gap (Eng).


Heks, Haegtesse (Oudengels). Afkomstig van Protogermaanse *hagatusjon-en van Proto-Indoeuropese *khagh-. Haeg = Haag, Hoog of Hoogheid en Tesse = Dis. Dis is ‘n vroulike Goddelike wese, sien Dis onder Germaanse Gode.


Akkedis, Hagedis (Ned), Haghetisse (Middelnederlands), Egithassa (Oudsaksies).

Hag (Eng en Duits).

Hedge, Hedge-priest (Eng).

Edge (Eng)

Haw (Eng).

Hagalaz (rune teken).

Hagar (voornaam)

Hagal (Germaanse God/Godin wat in verband staan met die Rune (tweede groep van agt)). Sien Rune.

Haël of Hagel.

Hoog of Hoogheid.

Haag

Behaag, Behaaglik, Behae, Welbehae.

Heg

Den Haag, Uitenhage, ’s-Gravenhage, Hagen (plekname).

Ziebenhagen, Wiegenhagen, Hagen, van der Hagen, Verhagen (familiename).

Hek

Heining


Heer (van Germaanse stam Hari). Hari het vroeër die betekenis gehad van 'n grysaard of gryse. Maar dit het ook die betekenis gehad van 'n besondere heuwel of koppie (heilig), maar ook 'n strydperk en selfs 'n strydmag. Heer het ook die betekenis gekry van leier of gesagvoerder en ook die aanspreektitel geword van 'n man uit die adel. Met die kerstening van die Germane word die woord Heer 'n aanspreektitel van die Christelike God. Heer is moontlik afkomstig van Indoeuropese *koros (oorlog, stryd).


Herr (Duits)

Hoar (Eng) en Hoary (Eng).

Har (Oudengels)

Heerlik

Haar (s.n.w)

Herder

Eer

Irminsul. Irminsul was 'n legendariese suil in Eresburg (vandag Marsberg). Hierdie enorme suil of totempaal was ‘n Saksiese simbool wat in 772 nc. deur Karel die Grote vernietig was.

Herman en Irma is voorname afgelei van (h)eer + man.

Ermelo, of Irminlo (pleknaam) = (H)eer + man + loo. Loo = heilige plek (plein of oopte) in 'n bos.

Harry (voornaam).

Haarlem, Heerlen, Heerenveen (plekname).

Herrie

Haas. Die woord haas en hare (Eng) het 'gryse' beteken. Maar voor die koms van die Christendom was die haas 'n heilige- en vrugbaarheidssimbool (vergelyk die haas as simbool by die gekerstende Paasfees). Na die kerstening word die haas soms gesien as 'n ongeluksimbool.

Harrow, Harrowden en Harrowdown (plekname in Engeland).


Heid. Heid was die naam van 'n baie bekende Vala of profetes.


Heid is 'n agtervoegsel in baie Afrikaanse woorde.


Hludan/Holda/Holle (Germaanse Godin) Ook bekend as Vrou Holle. Die woord hol is afkomstig van Protogermaanse *khulaz en van PIE wortel *kel-. Sien die bespreking van Hemel en Hel.


Hel (Godin van die dood).

Hel = hal(l) of saal, rusoord in die onderwêreld van oorlede mense.

Sel

Saal

Heel

Hool

Helheim = Germaanse rusoord in die onderwêreld.

Hol, woonplek van die Holle en die Hollinne, Holland.

Holda, die Godin van die Holle en Hollinne. (Holle en Hollinne was aardgeeste, maar ook mense).

Holwerd, Hilversum (Hil+fort+soom), Helledoorn, Holbrecht, Schiphol, Helvoet, Helium, Helvoetsluis, Holstein, Holler, Holledoorn, Holendrecht (plekname).

Heuwel

Heul (met die vyand heul = in dieselfde hol of nes kruip).

Held

Van Helsdingen (familienaam).

Walhalla (Germaanse hemel onder leiding van Odin), Val = gevalle (omgekome) stryders en halla = hall, höll.


Huginn (een van die rawe van Wodan).


Geheue


Inguz, Yngvi, Ingwas, Ingvas of Ing (Germaanse God). Hy was die seun van Mannus, maar moontlik ook 'n baie ouer Godheid. Moontlik afkomstig van Indoeuropese *ang of *teng.


Inge, Ingrid, Ingeborg, voorname

Engels, Engeland,

Engel

Angel

Ingvaenes, Germaanse kultuurstam

Angele, Germaanse stam wat in ongeveer 350 nC verhuis het na Engeland.

Scheveningen, Wageningen en talle plekname met -ing in die auslaut.

-ing, agtervoegsel in die Germaanse tale wat dui op die invloed van die God Ing.

Dinxperlo, Dinxterveen, Dingshof, Hardinxveld en Waddinxveen, plekname in Nederland.

Storting, parlement van Noorweë.

Folketing en Landsting, Hoër- en Laer huis van Denemarke.

Alting, parlement van Ysland.

Ding, dinges, dink, thing en think (Eng).

Dank, thanks (Eng).

Dinsdag, Tiwesdaeg (Oudeng), Ziestag (Oudhoogduits), Týsdagr (Oudnoors).

Tiwas was 'n Regtergod of Regsgod en dus heerser van die Ding -vandaar geding (regsgeding) in straf- en siviele sake.

Dink is moontlik afkomstig van tong (Inoeuropees *dinghw wat taal of tong beteken).

Ding of Thing is moontlik 'n versmelting tussen die Gode Tiwas + Ing.


Jarl. Jarl was die kind wat gebore was na die besoek van Rig aan die ouerpaar Fader (Vader) en Moder (Moeder). Jarl was die stamvader van die Adel.


Earl (Eng).

Early (Eng).

Pearl (Eng).

Parel, Pêrel.


Jahweh (Semitiese God).


Jood/Jodin/Jew (Eng)

Juda

Judea

Judas

Judeër

Jiddisj

Judith

Jehova

Jasaja

Jesus


Joel


Jol, jollie.

Juweel

Joviaal

Yoh'el, of ook Elyah en later Elia (profeet).

Karel. Karel moontlik afkomstig van Indoeuropese *ger (volwasse, ryp, oud). Karel was die kind wat gebore was na die besoek van Rig aan die ouerpaar Afve en Amma (Emma). Karel was die stamvader van die vrye burgerlike stand.


Karal (Oudduits vir man, eggenoot of geliefde).

Kêrel

Charleroi, Karelsburg (plekname).

Charles, Karl, Karlien, Carolien, Charlotte (voorname).


Kerk. Afkomstig van Inoeuropese *ker (draai, omwenteling). Later *keruk en in Wesgermaans *kirika. In Oudengels cirice.


Kuros (Grieks, heer).

Kyrie eleison (Grieks vir Heer, wees ons genadig).

Kermis

Kurk

Sirkus

Crux

Kruis


Kon. Kon was die jongste kind van Jarl. Kon is moontlik ook verwant aan die Protogermaanse *kunjan (nageslag).


King (Eng).

Koning

Kunni (Goties, ras).

Kind, kinders.

Kind (Eng, soort).

Kind (Eng, vriendelik).


Lint. Vereenselwig met vrugbaarheid tydens die lentefeeste. Die woord is afkomstig van Protogermaanse *lindo (vergelyk ook Oudhoogduitse linta) en moontlik van die PIE *lent-.


Linden (Eng).

Lime (Eng).

Lente

Linda (voornaam).

Lindeboom

Lindley (pleknaam).


Lodur, Lodhur, Lother of Lotter (Germaanse God). Verwant aan die Oudengelse Hlaford, waar Lord (Eng) van afgelei is, maar ook loaf (of bread). Lodur was 'n baie ou God en moontlik verwant aan die jonger Germaanse God Loki.


Lare = Huisgode (was aanwesig in die hout balke van huise).

Laran (Etruskiese oorlogsgod).

Lar (Oudengels, learn).

Lor (Oudnoorse gedig of lofsang aan die Gode).

Laren, pleknaam in Nederland.

Leer, leerstelling.

Teleur, teleurstel.

Verloor

Lord (Eng).

Lordag, Lördag of Lørdag (Saterdag in die Skandinawiese tale).


Loki (Germaanse God). Afkomstig van Proto Indoeuropese *leuk (glans) of Indoeuropees *leug (krom, vou, buig).


Lokah (Sanskrit, grote ruimte).

Loo, Loh, Ley en Lee in plekname, byvoorbeeld Waterloo, Hengeloo, Oslo, Lindley, Ashley, Eeklo, Heiligerlee, Ermelo, ens.

Lok, verlokking.

Lokaas

Haarlok

Laukaz (Lukas), voornaam.

Laukas, (Litous, oop ruimte).

Lucy, voornaam.

Lucifer (fer = verre, dus grote of verre ligdraer).

Luna (Latyn, maan).

Lock (Eng).

Look (Eng).

Luk, geluk, luck en lucky (Eng).

Lig

Lieg


Ook in ‘Good luck’ of in 'Gods geluk'. Die uitdrukking 'Gods geluk' is baie bekend in Nederlands, byvoorbeeld: ‘Met Gods geluk het ek die eksamen geslaag’. Dit beteken: Met God Loki het ek die eksamen geslaag.


Máni (Germaanse God, Maangod). Moontlik afkomstig van Protogermaanse *metanan (meet) of Protogermaanse *maenon en van Proto Indoeuropese *me(n)ses, waarskynlik weer afkomstig van die wortel *me (meet).


Maal, Meal (Eng).

Meet, Maat, Meter.

Maat/maters (vriende).

Maan, Masah (Sanskrit).

Maan (aanbeveel), vermaan, aanmaning.

Maand

Mand, mandjie.

Moet

Maandag

Mannus (Suidgermaanse God). Mannus was die seun van van die God Tuïsto. By sommige stamme was Mannus 'n God, by ander stamme was hy die eerste mens. Mannus afkomstig van Proto Indoeuropese *man, en Indoeuropese *men (gees, denke) en Protogermaanse *manwaz.


Man (mens), Ottomaan, Germaan, Romaan of Romein, Allemaan.

Manu, By die Hindoeïsme die eerste mens.

Menos (Grieks, gees, wilskrag).

Mania, Manies, Kleptomaan, Piromaan.

Manage, Management (Eng).

Mandaryn

Mandaat

Manual (Eng)

Manier, Manner (Eng).

Monnik (of mannik).

Monkey (Eng), van manneke of mannetjie.

Meen

Munt

Moneta (Latyn, munt).

Monument

Monitor

Outomaat, Outomaties.

Min, Bemin, Minnaar.

Meermin

Mannekyn, Mannequin (Eng), Manneken (Duits). Die -kyn of -quin in die auslaut = queen of vrou.

Mane (Eng), Manu (Oudengels), Manen (Middelduits), Mähne (Germaans), *mano (Protogermaans).

Minerva, Romeinse Godin.

Woman (Eng), Wimman (Oudengels). Wife + man.


Magne. Magne is een van die seuns van Donar.


Magnificent (Eng).

Magnum (Eng).

Magnaat

Magneet



Marry (Eng), Proto-Indoeuropees *meri, beteken jong vrou.


Merry (Eng) ook moontlik van *meri.

Merrie, jong meisie, maar ook vroulike perd.

Maria en Marie = jong vrou.

Myriam



Mode. Mode was een van die seuns van Donar. Mode staan dan ook vir goddelike toorn/stemming. Mode waarskynlik afkomstig van Indoeuropese *med (meet).


Mode

Mode (Eng)

Model

Mooi. Mode>mooi, vergelyk rode, rooi en dode, dooie en kade, kaai en rade, raai, ens.

Medikus, Medies, Medisyne.

Module

Modus

Modern


Mithra (Oudpersiese God), Mithras (Romeinse God) en Mithra (Sanskrit). Afkomstig van Proto Indoeuropese wortel *mei.


Maia (Romeinse Godin van vrugbaarheid).

Moeder, afkomstig van Proto Indoeuropese *mater.

Alma Mater, Magna Mater, Stabat Mater.

Mitose, Meiose.

Matras, mattress (Eng).

Miter, Miterbox (Eng)

Matriks

Myter

Maitress

Matrone, matron (Eng).

Matriarg

Matroos

Maternal, maternity (Eng).

Mantra


Munnin (een van die rawe van Wodan).


Memory

Remind, mind

Mymer, mymering


Norn. Norne was skikgodinne wat die Lotsbetemming van elke God, mens, Reus of Dwerg bepaal het.


Norm

Okéanos (Griekse Seegod).

Oceanus (Latynse Seegod).


Oseaan


Reus. Reuse en Reusinne was die vyande van die Germaanse Gode en Godinne. In Middelnederlands rose, ruese en rese. Reus is afkomstig van Proto-Germaanse *risi- en Proto-Indoeuropese *uer.


Rys, Rysende.


Rig. Rig as die witste (vergelyk witty (Eng)) en slimste van die Ase. Hy besoek drie ouerpare. Na sy besoek kry elke van hierdie ouerpare 'n kind. Uit hierdie kinders sou drie klasse ontwikkel (slawe, vryburgers en adel).


Rig

Rigting

Reg, right (Eng).


Rune. Rune was lettertekens (alfabet) van die Germane voor die koms van die Christendom (en die Latynse alfabet). Hierdie tekens is ook in 'n religieuse lig beskou en het magiese waarde gehad.


Rûn (Oudnoors, geheim, towerteken)

Run (Eng)

Ren, renmotor, renperd.

Raunen (Duits, fluister).


Saxno(o)t(e) of Seaxneat (Saksiese God). Saxnoot = Saksgenoot of Saks-kameraad.


Saks(e)

Seks

Ses, Six (Eng).

Sussex (South Saxons)

Wessex (West Saxons)

Essex (East Saxons)


Sibbe (Germaanse familie).


Sif

Sif (Vrou van Donar).

Sewe

Sieben (Duits).

Ziebenhagen (familienaam).

Sibling (Eng).


Siel. Afkomstig van Germaanse *saiwalô-.


See. Die geloof het ook bestaan dat die siel van 'n mens uit water kom en na water terug keer. Vandaar die doop (besprenkeling met water) onder die voorchristelike Germane.

Seele (Duits, siel).

Zahl (Duits, getal).

Zahlen (Duits, betaal).

Zählen (Duits, tel, reken).

Ziehen (Duits, teel).

Taal

Tale (Eng).

Teel

Getal

Betaal

Totaal

Tel

Vertel


Sleipneir (agtbenige perd van Wodan).


Slaap (Eng, sleep).

Sleep (werkwoord), kom van Wodan en sy perd wat deur die lug gesleep het.


Skadi (Reusin). Skadi is die dogter van die Reus Thjasi en sy was die vrou van die God Njord. Moontlik afkomstig van Inoeuropese *skei (skei, sny).


Skip

Skei

Ski


Son (Germaanse Godin Sól/Sunna/Sunne/Sigel) Afkomstig van Proto-Indoeuropese *s(u)wen en *s(e)wol, van die stam *saewel (blink, son); Indoeuropese *sol, *sal, *swon en *swol (geheel, son); Protogermaanse *sunnon.

Seun (zoon), son (Eng). Afkomstig van Proto-Indoeuropese *sunu- of *sunyu-; Protogermaanse *sunuz; Oudengels sunu. Maar die son is in Oudengels sunne en in Oudhoogduits sunna, wat dui op 'n moontlike verband tussen son en seun.


Selene = Maan (Grieks), Afkomstig van Proto Indoeuropese * swel.

Saule (Songodin in Litous/Lets)

Saluut

Soldeer

Solar

Soliede

Al, Alles (Germaanse 's' verval).

Salig

Holos (Grieks, geheel).

Katholiek

Holisme

Helios (Grieks, son)

Helium

Suid

Sonde, sin (Eng).

Sondaar (Sondienaar).

Sin en sentence (Eng).

Sinne (van jou sinne beroof), syne.

Soen, versoen en soenoffer.

Zoniënwoud (naby Brussel).

Sonja (voornaam).

Sint en saint (Eng), vergelyk Sünnermartin in Fries vir Sint Martin en Sinterklaas of Sunderklaas.

Sondag

Surtr, Sutr, Suter of Surt (Germaanse Vuurreus).

Surtalogi (vlammende swaard van Surt).

Satyr Figuur uit die Griekse mitologie.


Saturnus, Latynse Landbougod, planeet.

Swaard. Vergelyk Oudengels sweord en Oudhoogduits swert, afkomstig van Proto-Germaanse *swerdan en Proto-Indoeuropese wortel *swer-. By die aflegging van geloftes deur die ou Germane, was tydens die seremonie dikwels 'n swaard aanwesig.

Sweer, swear (Eng). Vergelyk Oudengels swerian; Oudhoogduitse swerien, en Gotiese swaren, afkomstig van Proto-Germaanse *swarjanan en van Proto-Indoeuropese wortel *swer-.

Swart

Saturnalia

Satire

Saterdag (Sæternes of Sætern of Saturnus).


Tiwas,Tiu/Tyr/Tuïsto (Germaanse God). In Oudindies of Sanskrit devah. Moontlik afkomstig van Indoeuropees *dei (stralend, hemel).

Dyeus (Opper Indo-Europese Godheid)


Dionysos (Griekse Wyngod).

Dionysius (Latyn, aan God).

Danu (Keltiese Moedergodin).

Adonai (Heer of God in Hebreeus).

Adoni (Heer), Don (Spaans, heer).

Donna (Dame), Doña (Spaans, dame).

Adoons, voornaam.

Deus (God in Latyn).

Dios (God in Spaans).

Dieu (God in Frans).

Theos (God in Grieks).

Zeus, Griekse Oppergod en God van die regte (Diwos > Dios).

Theo, voornaam.

Theologie

Divinus (Latyn, Goddelik).

Dier (ook sinoniem met Duiwel).

Devi, Moedergodin by Hindoeïsme. In Sanskrit beteken Devi Godin.

Deva, By die Hindoeïsme is Deva's bonatuurlike onsterflike wesens.

Del of Devel (God in Romani (Sigeuners)).

Duiwel en duwweltjie.

Thingsus (moontlik 'n versmelting tussen die Gode Tiwas en Ing).

Dinsdag, Dinxendach (middelnederlands).


Tree (Eng).


Tru (Eng), onder of by 'n boom was geloftes afgelê deur die Ou Germane.

Tree, betree.

Trou, vertrou en getrou.

Troos

Drie

Dries, voornaam.


Thrall. Thrall was die kind wat gebore was na die besoek van Rig aan die ouerpaar Áe en Edda. Thrall het 'n getinte huiskleur gehad, sy vel was vol rimpels, sy hande grof, sy gesig was lelik, sy vingers was dik en sy rug was krom. Hy was die stamvader van die slawe.


Trol

Drol


Vader. Afkomstig van Indoeuropese *pater (vader, priester).


Pater, Peter, Pieter

Patriot

Pappas (Grieks, grootvader).

Papa (Latyn, vader, Pous).

Papa, Pappa.

Pous

Paaps


Vale ( 'n seun van Wodan/Odin)


Vala. Vala was 'n profetes, wat 'n verslag gee van die kosmiese lewe.

Vaal

Faal

Veel

Vel

Fel

Fale (Germaanse stam, later Wesfale en Oosfale).


Veda ('bybel' Hindoeïsme). Moontlik afkomstig van Indoeuropese *weid (sien, kennis).


Weet

Wet

Wys

Wis, Wiskunde.

Edda (Germaanse 'bybel')

Eed en ede


Vé (Germaanse God, vorm drie-eenheid met Wodan, en Vile.


Wy, inwy (Wy het vroeër die betekenis gehad van heilig).

Vê (tempel in Oudnoors).

Wierook

Wye, Weedon, Weyhill, Wyham, Weeley, Whyly, Willey, Wiligh, Weoly, Weeford, en Wyville (plekname in Engeland).


Vile (Germaanse God, vorm drie-eenheid met Wodan, en Ve).


Wil

Will (Eng)


Viking(e). Noordgermaanse volkere. Viking afkomstig van Indoeuropese *weik (veg, oorwin) en Protogermaanse *wikon. Tweede element verwys na die Germaanse God Inguz, Yngvi, Ingwaz of Ing.


Oikus (Grieks, huis).

Vicus (Latyn, stadsdeel).

Victor, Victoria, Vicus (voorname).

Victory (Eng).

Veg

Wyk

Week

Sandwich (Eng).

Villa

Reykjavik, York (was aanvanklik Jorvik (Jord (oord of aarde) + wyk), plekname.

Vormers (groep Elwe wat van gedaante kan verander). Met die woord Vormer of Wurm(er) was vroeër ook insekte bedoel wat 'n gedaanteverwisseling kon ondergaan).


Vorm

Wurm

Wormer, Wormerveer en Wijdewormer (plekname in Nederland).


Waan, Wane (Groepsnaam vir Germaanse Gode). Die Wane het in aansien hoër gestaan as die Ase. Waan is afkomstig van Indoeuropese *wen (liefde, genot, bevredig).


Vanadis (Die Godin Freya is 'n Vanadis genoem: Vana = Wane+Dis).

Vanadium (vernoem na die Vanadis Freya).

Venus (Vrugbaarheidsgodin).

Waan

Waansinnig

Wanindruk

Vaandel

Wonne, (Duits, lus)

Woon

Wen

Gewoon

Argwaan


Walkure (Godinne wat gesneuwelde krygers van die slagveld begelei het na die Walhalla).


Valk

Walk (Eng)

Wolk

Volk (voetvolk = voetsoldate)

Valkenswaard, pleknaam in Nederland


Wodan, Odin, Godan (Oppergermaanse God). Afkomstig van Indoeuropese *wat of *wot (gees).


Wodan, Oudgermaanse *wōdana, Goties Wōds, Oudnoors Óðr, Oudhoogduits Wotan, Longobardies Godan, Oudengels Wēden en Oudsaksies Woden.

Odendaal, familienaam

Odendaalsrus, Odinburg, Odinburg Gardens (by Pta), Edenvale, plekname in Suid-Afrika.

Odenthal (by Keulen), Godesberg (Wodansberg), Odenburg, Odenwald, plekname in Duisland.

Odense, pleknaam in Denemerke.

Edinburg (Odinburg), Wydensfeld, Wodnesbeorth (later Adams Grave), Wansdyke, Edinvale, Wodnes-beorh, Wodnes-denu, Wednesbury, Woodnesbourgh, Wornshill, Wednesley, plekname in Brittanje.

Gunsela, later Woensel (Wodansloo), Woezik (in 1196 Wonseke = Wodanseik), Woensberg (Wodansberg), Ghonsdreecht, later Woensdrecht, Uden (Uuden of Uoden) en Wanssum (Wodan + soom (rand)) plekname in Nederland.

Tuin van Eden, U(u)den, Edin of E(e)den: Vergelyk ontwikkeling van (W)ēden, (W)odan of Odin na (W)ednesday (1).

Thinus, van Othinus (Odin).

Woede

Wood (Eng) en woud.

Wodanium (metaalsoort).

Woensdag


Wicce of Wicca (medisynevrou of Wyse vrou).


Witch (heks), wichen.

Wiggel, wiggelroede, wiggelary, maar ook in ‘wik’ en weeg.



Ymer. Ymer was die eerste Reus wat deur die heilige koei Audhumbla uit die ys gelek is.


Immer

Immers

Hymer. Hymer is 'n Reus met 9 dogters (of eone). Hierdie 9 dogters is die 9 moeders van die God Heimdal.


Ygg (Germaanse God). Waarskynlik van Inoeuropese *aig (eik).


Yggdrasil (Lewensboom).

Eie of eigen.

Eg, eggenoot.

Ei, eier of egg (Eng) (Eiers was opgehang in die Lewensboom tydens die Joelfees; Eiers ook beskou as vrugbaarheidsimbole).

Eik/akker(boom), Aigilops (Grieks, eik), Eiche (Duits, eik).

Eikel/akker(neut).

Ecke, later Eyke, Maaseik, plekname in België.

Bergeik, pleknaam in Nederland.


(1) Tuin van Eden ook moontlik afkomstig van die Germaanse Godin Idun. Idun was die bewaker van besondere appels in die Asegard. Haar appels het ewige jeug, onsterflikheid of vrugbaarheid verseker. Hierdie verhaal toon groot ooreenkomste met die Christelike skeppingsverhaal.
(2) Pretoria het ’n Latynse oorsprong (sowel as die woord ‘praat’). ‘n Praetor is ‘n voorganger of leier (prater). Die hoofkwartier van die Romeinse leer het bekend gestaan as Praetorium. Die Switerse wagte wat vandag nog die Vatikaan bewaak staan bekend as die Praetoriaanse Garde.
(3) Die woord God as aanspreektitel is ’n latere ontwikkeling (koms van die Christendom) en is hierdie woord afgelei van die woord Goed. Die Germane het hulle gode op die naam genoem of soms die groep aangespreek. Daar was twee groepe: naamlik die Ase en die Wane.
(4) Vergelyk in die verband ook die Heilige koei in die Hindoeïsme. Sien Hinoeïsme onder Heilige Skrifte.
(5) Vergelijk ook die woord vegtersjas.
(6) Die woorde poets en poes is ook aan mekaar verwant.
(7) Vergelyk ook die woorde hardegat, slapgat, ens.