PDA

View Full Version : Paasfees - 2010



Vicky
5th April 2010, 11:33
Na 'n gruwelike naweek wat ons almal beleef het, met nog 'n hoŽ profiel plaasmoord op nog een van die Boervolk se kinders, was ek hartseer om tussen die woede en hartseer en flitsende nuusberigte rond te kyk en te besef dat niemand die lyding van ons Meester onthou het nie.

Ek onthou van kleins af die Paasfees as 'n gewyde naweek. Miskien is die 'n klein bietjie anders as Kersfees, omdat dit nie gepaard gegaan het (as kind) met die opwinding van geskenke ens nie. Op 'n manier was Paasfees net 'n herinnering aan die Messias se kruisiging en opstanding. Soos wat ek geestelik volwasse geword het, het die fokus na die opstanding verskuif - want dit is tog waar die oorwinning in die Satan lÍ. Paasfees elke jaar, behoort vir elkeen van ons 'n tyd van stille interne refleksie te wees - waarin ons opnuut die sondigheid in ons moet "kruisig", en saam met Christus opstaan om in liefde en nederigheid te leef soos Hy gedoen het. Ons moet elke jaar opnuut ons Gees vernuwe, om nader aan die Christus te beweeg.

Ons weet dat na elke dood, (geestelik of fisies) daar nuwe lewe, iets beters, wag. God het na die vloed 'n reŽnboog gestuur as belofte van beter tye. Terwyl Suid-Afrika nou in donker tye leef, weet ek dat ons redding naby is. Ek kan nie anders as om my hoop in my Skepper te plaas nie, en blymoedig te wag tot Hy die "nuwe lewe", iets beter, aan ons stuur. Is ons gereed om as Volk weer op te staan uit die stof? Het ons reeds al die sonde en sleg gekruisig? Slegs wanneer ons dit gedoen het, sal ons gereed wees om hergebore te word as 'n geseŽnde Volk. Ek bid dat die Elohim hierdie gedagte in elke Boer en Boerin se hart sal plaas, sodat ons in onvoorwaardelike liefde mekaar kan omhels, en opstaan as nuutgemaakte Geloftevolk.

Ek hoop werklik elkeen van julle het innerlik iets merkwaardig beleef hierdie Paastyd.

Liefdegroete,
Vicky