PDA

View Full Version : Christus Waterdraer : Bespreking

Baardman
15th November 2007, 11:15
Goeiemôre Die Ou Man

Ek het twee vrae aangaande die bostaande stuk:

1) Hoekom (in u opinie) sou Christus tyd neem om in gelykenisse te praat met mense aan wie dit nie gegee is om te verstaan nie? Dis mos tydmors. Die enigste redes waaraan EK kan dink is sodat dit vir later generasies (potensieel ONS) bewaar kan bly, of anders was daar moontlik enkeles in die groep wat WEL kon verstaan, en dis vir hulle voordeel gedoen. Ek sal graag u standpunt wil hoor.

2) Die aanhaling uit Johannes 14:26 in my AOV lees "...wat die Vader in my naam sal stuur, Hy sal julle alles leer..." (nie "Sy sal julle alles leer" nie). Die woord in Grieks is volgens Strongs geslagloos (die wondere van e-Sword), so 'n beter vertaling tog sal wees "...in my naam sal stuur, die Heilige Gees sal julle alles leer...". Hoekom vervang U "Hy" met spesifiek "Sy" in die aanhaling?

En laastens (jammer, dis 3 vrae) - is hierdie net deel een van 'n reeks poste, of waar kom die waterdraer (in die titel) in?

Groete
Baardman

Die Ou Man
15th November 2007, 18:24
Goede avond Baardman.

Vraag 1. Die gelykenisse is vir iemand soos ek. Lees ook die woorde van Jesus in die Evangelie van Thomas 62.

Jesus het gesę: "Ek vertel my geheime aan die mense wat dit waardig is. Moenie dat jou linkerhand weet wat jou regterhand doen nie! (Uit APOKRIEWE OU EN NUWE TESTAMENT.)

Vraag 2. In die rolle wat in die kruike bewaar is, kry ons 'n kykie in die geloof van die tyd, sonder 2 000 jaar se vertroebeling deur dogma. Daar was toe reeds 'n debat aangaande die vroulikheid van die Heilige Gees. Jy dui nou juis aan dat beide ek en die Bybelvertalers verkeerd is. Dit is juis my dilemma in die boek waaraan ek werk. Die Engels maak voorsiening vir "sex", wat uitdruklik op geslag dui en "gender" wat nie noodwendig geslagtelik is nie. Afrikaans bied nie hierdie onderskeid nie. Manlik en vroulik dui in Afrikaans eksplisiet op geslag met geslagsorgane en al. Hierdie siening kan nie toepassing vind op die Gees nie. "Gender", wat nie noodwendig op fisiese geslagtelikheid dui nie, vind wel toepassing. As jy vir my 'n onderskeid in Afrikaans kan bied tussen vroulik wat na geslagtelikheid verwys en vroulik wat na "gender" verwys, sal ek dit verwelkom.

Dankie vir jou advies. Dit verg egter 'n afsonderlike in-diepte ondersoek en bespreking. Ons moet dit beslis verder debatteer.

Vraag 3. Ons kom by die waterdraer.

Liefde groete.

Die Ou Man

Ou Sanna
12th March 2009, 07:02

Hallo DOM

Wanneer kom ons uit by vraag 3... Die Waterdraer????

Groete
Ou Sanna

Die Ou Man
12th March 2009, 10:17
Ou Sanna.

Ek het 'n inleiding hier (http://www.wendag.com/forum/showthread.php?p=348#post348) geplaas.

Liefde groete.

Die Ou Man

Ou Sanna
12th March 2009, 13:02
Hi Almal

Hieronder 'n baie interresante kykie na die Waterdraer Era:

Age of Reason (Waterdraer)

Aquarius is the water bearer, its ruler is Uranus. Aquarius' imagery is that of the servant pouring out the water of knowledge, quenching the world during a time of spiritual drought.

We're moving into a great age that promotes the radical, the unexpected, and the freedom to follow our impulses on all levels. Gone will be the days of false doctrines and absurd ideas about God, medicine, education, and love. Material greed and political power will crumble, making way for spiritual rebirth / self-knowledge. Hallelujah!

The control and power that corporations and government have had over us will be overthrown and revised by humanity as a whole. No longer will the majority be ruled by a few select individuals. Also, science and religion will merge and people will begin to comprehend that spirit and matter are derived from the same source, and are only modifications of the One Universal Energy.

Meanwhile, UFO's, alternative medicine, astrology, and other subjects previously looked upon as weird or taboo will become more and more commonplace. 'Mystical' methods of self-help and understanding will help people to become more in tune with their spiritual selves in preparation for The Age of Aquarius.

"The Aquarian Age is about harmony, equality and balance. We're going to let go of ego and the belief that man is better than anything else on the planet," adds Johnson. If there's one quality that will define the Aquarian age, it is compassion.

It is also important to mention that the feminine aspects of God, which have been ignored, neglected and reviled for the eternity of the Age of Pisces, will again be recognized and revered, says Brown. Now society will come to terms with divinity of both masculine and feminine aspects, of Mother Earth and Father Sky, of yin and yang, and of the synthesis of energies for a more balanced world view.

Interresant nę???

Groete
Ou Sanna