PDA

View Full Version : Herinneringe van J L Groenewald



Stefanus
16th April 2010, 11:31
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Broer van Kmdt.Groenewald, Vryburg

Enkele van my ondervindings gedurende die driejarige oorlog.

Ek het groot geword op Soutfontein in die distrik van Vryburg. Ek het soos alle boerseuns my vader se skape opgepas tot op agtienjarige ouderdom toe die donker oorlog jare op ons losgebreek het.

Die eerste skote het op Kraaipan naby Mafeking geklap. Vandaar het Genl. De la Rey na Vryburg en die Vierkleur by die poskantoor gehys. Ons het so pas n endjie padgegee toe een van die Engelse weer die Vierkleur afgehaal het. Hy is egter gevange geneem en die Vierkleur weer gehys. Op Vryburg is ons in twee groepe verdeel. Genl. De la Rey is na Kimberley en die Stellalandse kommando onder leiding van Komdt. Van der Merwe waaronder ek my bevind het is na Kuruman. Ons het die Engelse daar raakgeloop in forte. Die naaste wat ons aan hulle kon kom was ongeveer 1400 jrts, en daar het ons n paar klip forte gebou, naby n Sendingstasie. Die skietery het dag en nag oor en weer plaasgevind. Gelukkig was daar geen kanonne nie. Later het ons moeg geword daarvoor en die Engelse forte gedurende die nag begin aanval. Dan was dit n gegons van koels van die ander wereld soos hulle op ons lostrek. Een aand het ons weer gaan aanval, min wetende dat ons voorgel word. Voordat ons nog kon stelling inneem is met alle geweld op ons losgebars. Daar het my broer Schalk n koel deur die been gekry, maar gelukkig kon ons hom nog weer uitbring na veiligheid. Dr. Bartell, van Duitse afkoms, was ons kamp Dr., en ek was hom behulpsaam met die verwydering van die koel uit sy been.

Na omtrent n maand se vegtery het ons n ou kanon van Pres. Kruger ontvang. Die ou kanon het n groot blou rook nagelaat as hy afgevuur word. Na die derde skoot op die Engelse forte het die Witvlag aan hulle kant uitgekruip, en ons het die plek gaan inneem. Die Engelse is gevange geneem en na anderkant Pretoria gestuur waar die kamp was.

Ons het ook nou klaar gemaak om af te trek na Kimberley waar Genl. De la Rey nog steeds was. Ons het waens met mielies, voer ens. gelaai. Met die laaiery van die waens het ek met my een voet deur die buite reeling van die wa getrap en my been op drie plekke gebreek. Ek het drie dae so gel voordat Dr. Bartell my been gespalk het. Nadat my been gespalk is het die Kommando vertrek en ek is na die hospitaal op Kuruman geneem. Ek was veertien dae in die hospitaal onder behandeling van n Engelse Dr. Daar het my vader my kom haal met n ligte waentjie en ses osse. Na veertien dae by die huis is ek weer weg na die Kommando. Op Veertienstrome het ons klompies boere gekry wat terug trek van Kimberley af op pad na Christiana. Nou en dan was daar skermutselinge tussen ons en die Rooies maar nie om van te praat nie. Ons het terug getrek tot naby Pretoria waar ons die eerste groot geveg gehad het te Sesmylspruit. Ons het n paar dae geveg maar die Engelse het ons begin omsingel en ons moes dus toe maar weer vlug onder die bek van die Engelse Ladiet. Ek moet die staaltjie vertel van die vrouens wat uit Pretoria gekom het om te kom kyk. Wat hulle bedoeling daarmee was weet ek nie. Die Engelse Ladiet het n raps oor ons fort getrek en naby hulle te lande gekom. Glo my dit was n aardigheid om die rokke so gou te sien verdwyn.


Ons het verder terug getrek na Wonderboom waar ons n bietjie asem geskep het. Daar het Lord Roberts die voorstel aan ons gedoen dat enige iemand wat wil oorgee vry en veilig na sy huis kon gaan. Daar het baie van die manne gaan wapens neerl. Ons het hulle egter versoek om hulle goeie gewere aan ons te gee. (mausers) En hulle dan ons ou gewere aan die Engelse gee. Hulle wou egter niks daarvan hoor nie, en ons het van radeloosheid ons eie mense onder die lood gesteek. Hulle het egter gedurende die nag weg loop. Vandaar is ons Stellalanders na Donkerhoek en ons het by Tvlse Genl. Dotwich aangesluit. Daar het ons weer agt dae hard geveg in die randjies. Ons Genl. het sewe van ons Stellalanders uitgestuur om te spioen. Ons merk toe n groot kapkar en vier perde op pad van Pretoria na die Englese kamp. Dit was Engelse offisiere en die kar was gelaai met drank. Ons het die offisiere uitgeskud en laat loop en die kar met perde geneem. Genl. Dotwich was eers woedend omdat ons dit gedoen het en ons straf opgel,maar nadat ons vir hom van die drank geneem het was hy baie besadig en ons moes die volgende dag maar weer gaan spioeneer. Daardie dag was ons amper in groot moeilikheid. Die gras het omtrent drie tot vier voet hoog teen die hang van die randjie gestaan. Ons was sewe saam op die spioenasie rit. Toe ons bo op die randjie kom was die Engelse laer onder die laagte omtrent 600 tree van ons af. Ons besluit toe om op hulle te vuur. Die eerste skote het skaars geklap of die Engelse spring aan alle kante van ons op. Ek het n perd by my broer gekry aangesien my eie perd se rug seer was. Met die skietery word die blou perd toe so senuagtig dat ek nie naby n saal kon kom nie. Die ander maats het al uitgejaag en die Engelse was rondom my, maar het nou net op die ander wat wegjaag gevuur. Die perd het my n klein kansie gegee en ek het raak gespring. Voordat die Engelse mooi kan besef wat gebeur het was ek los onder hulle uit met nie n skrapie aan my nie.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3107&viewfull=1#post3107)

Stefanus
16th April 2010, 11:33
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Die Engelse het nou hulle gevangenisse in die kamp probeer vrystel. Ons Long Tom het op n-----trok gestaan met n lokomotief vooraan. Ons het n skoot op hulle gelos net voordat hulle by die kamp gekom het maar toe trek hulle die Ladiet op ons. Die afstand kan ek nie presies s nie maar dit was n paar myl. Die eerste skoot was net skrams oor ou Long Tom. Toe die Ladiet vir die tweede keer blits het die lokomotief voorentoe beweeg met ou Long Tom, en presies op die plek waar hy gestaan het het die koels geval. Byna was ons ons enigste kanon kwyt.

Die Engelse het ons weer begin omsingel en ons moes trek. Ons paar Stellalanders, ek meen dit was veertien man, het afgetrek na Machadodorp waar ons Pres. Kruger ontmoet het. Daar het ons drie weke gebly. Sondae het Pres. Kruger vir ons kerkdienste gehou. Hy het altyd met n langsteelpyp in sy koets gery. Daar was ook sewe trokke. Pres. Kruger se wag het ons verseker dat dit alles goud bevat het, of dit so was kan ek nie s nie. Pres. Kruger het ons Stellalanders baie goed behandel en moed ingepraat. Na die drie weke se rus het ons deur die bosveld getrek in die rigting van Magaliesberg. Op reis het ons al ons perde behalwe een, my broer s'n, verloor aan perdesiekte. Ons moes toe te voet aansukkel. Ek ken nog n paar van die manne se name wat saam was, nl. My twee broers Schalk en Hendrik, Piet Bekker, Koos Bekker, ------ Silliers (?), Peet Wagenaar, Jan Rieckert en sy seun, nog n Rieckert en Piet Smit. Die ander drie se name het my net ontgaan. Enige van die persone kan vir die waarheid hiervan instaan. Ons was toe onder leiding van my broer Hendrik, later Kommandant.

Ons het deur die bosveld gesukkel en nog hier en daar Engelse teegekom. Soms moes ons vir twee dae en twee nagte sonder kos klaarkom. Ons skoene was al stukkend en klere was maar ook baie effens. Om nog n geweer en twee bande patrone in hierdie toestand te dra is nie speletjies nie. Na nog twee dae sonder kos het ons op n paar kafferhuise afgekom. Koos Bekker was toe nog maar elf jaar oud, hy vra toe vir my of ons nie by die aia iets kan gaan kry om te eet nie. Ek het ingewillig want honger is nie maklik nie. Alles was baie netjies en skoon by die struis. Koos het vir die ou aia iets gevra om te eet, al was dit net n bietjie suur pap. Sy het toe vir ons opgekookte kafferboontjies gegee om te eet.

Dit was van die lekkerste maaltyd wat ek ooit gehad het. Saans maak ons groot vure maar het geen kos om gaar te maak nie. Eendag het oom Jan Rieckert n klipspringer geskiet. Dit het egter ook nie lank gehou tussen viertien mans nie. Eendag het ons weer by n ou kaffer uitgekom. By hom het ons n paar mieliekoppe gekoop en n pot geleen. Die outa het eende ook by die spruit gehad. Taai Cilliers en Peet Wagenaar het n paar pitte geneem en afgesit na die eende by die spruit. Hulle het die eende uit die water gelok en twee doodgeslaan. Toe het ons darem die ook gehad. Toe die ou kaffer sy pot kom haal s ons vir hom daar is nog mielies oor. Ons het baie vet in die mielies gesit en hy kan die maar vat. Hy het ons baie bedank en ons vir hom en toe is ons daar weg.


Anderkant Magaliesberg het ons vir n tydjie by Kommandant Fouche se kommando aangesluit. Eendag moes ons (ver?) gaan verken. Sewe van ons het by n skool agtergebly om die perde bietjie voer te gee. Dit was nie lank nie of ons vind uit dat ons heeltemal omsingel was. Drie van ons manne het dadelik gaan oorgee, want hulle het gemeen daar is geen uitskom kans nie. Ons oorblywende vier, onder leiding van Kommandant Fouche se seun, het besluit om te probeer uitkom. Tussen ons en die Engelse was daar n diep sloot. Ons het stadig langs mekaar na die Englese gery wat nou reeds van hulle perde geklim het, menende dat ons moontlik kom oorgee. Toe ons naby die sloot kom het ons die perde die teuels gegee. Al vier het los oor die sloot gespring, en ons het deurgejaag met n gefluit van koels om ons ore. Daar het ons versprei geraak. Ek en n maat het saam gevlug met die Engelse kort op ons hakke. Dit was moeilik om weg te kom aangesien swarthaak bome aanmekaar gestaan het. Ek het my maat ges om sy perd bietjie in te hou want ek het gesien hy sal dit nie meer ver maak nie. Nog in die bosse het ons weer op n klomp Engelse afgekom. My maat het hulle gou gevang en ek het net gesien hoe hulle hom van sy perd ruk toe moes ek vlug vir my lewe, nog steeds deur die swarthaak bome. Ek het n randjie in die oog gekry en daarheen koers gekies, en dit net met sononder bereik. Bo-op die randjie het ek stelling ingeneem en die paar Englese wat my agtervolg het terug geskiet. Tot my ontnugtering moes ek uitvind dat ek geen draad klere meer aan my liggaam het nie, behalwe my hemp se boortjie en my skoene. Dit was die swarthaak se werk. Ek het my perd n ruskansie gegee en probeer onthou waar die kamp was. Ek het maar verder gery en gehoop op die beste. Later het ek stemme gehoor en nader gesluip. Gelukkig was dit ons kommando se verkenners en hulle het my weer terug geneem na die kamp. Komdt. Fouche se seun het ook later daar ongedeerd aangekom. Ons ander maat was ook gevang. Nadat ons nog n rukkie by die laer was het ons weer verder getrek in die rigting van Potchefstroom. Net voordat ons by Silkaatsnek kom het ons by n klein huisie verby gery. Twee meisies het ons tegemoet geloop en gevra om n koppie koffie te kom drink. Die ander het geweier want die Engelse was weer kort op ons hakke, maar ek het gegaan, dit was koringkoffie maar vir my was dit heerlik. Die tante het patats ook gekook en vir my n paar daarvan in n sakkie gesit om saam te neem. Die het ek onder die manne verdeel wat vir my in die nek gewag het.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3108&viewfull=1#post3108)

Stefanus
16th April 2010, 11:35
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Anderkant Potchefstroom het ons by Komdt. Muller se laer aangesluit vir n rukkie om ons perde te laat rus, en is toe daarvandaan weer verder na die Korkamieser naby Vryburg. Daar het ons n eie kommando op die been gebring. Die Genl. was Genl. Van Zyl end Komdt. was my broer Hendrik Groenewald.

Ons was toe reeds agtien maande van die huis af en sewe van ons het toe deurgegaan na ons plaas om te sien of ons ouers nog daar is en ook om bietjie te spioeneer. Ons het my ouers nog daar gekry, maar het hulle net vir n kort tydjie gesien, want n kaffer kommando was besig om ons te omsingel. Ons het egter ons weg oopgeskiet en weer by ons laer op Leliesfontein aangesluit.

Twee dae daarna het die hele kommando opgetrek na Soutfontein (ons plaas) en die kaffers op hulle baadjie gespeel. Die wat nie doodgeskiet was nie het Vryburg toe gevlug. Die volgende dag het die Engelse my vader en twee kleiner broers en my swaer by die huis kom vang, aangesien ons dan rebelle sou wees. Vir twaalf maande is hulle in die tronk op Vryburg opgesluit. Elke oggend moes hulle na die poskantoor stap en dan maar weer terug, sonder dat daar enige vrae aan hulle gevra word. Intussen het ons my moeder en broers se vrouens met n wa op die plaas gaan haal en na Perdefontein geneem. n Week later het Lord Methuen hulle daar kom vang en na Kimberley se kamp gestuur. Nadat my vader hulle n jaar in die tronk op Vryburg was is hulle ook na Kimberley se kamp gestuur.

Ons kommando het maar meesal in die weste rondbeweeg en heelwat goed van die Engelse gebuit. Eenkeer het ons weer n klompie bees buitgemaak waaronder n blouwildebees was. Die het ons aan Genl. De la Rey as n geskenk gegee.


Naby Setlagolo het n ou winkeltjie gestaan van mnr. Reynolds. Twee manne, Jansen en Rautenbach, moes mielies daar gaan haal vir die perde. Hulle was nog besig toe hulle toegesak word deur die Engelse. Ons kommando was nie bewus daarvan nie want ons was n endjie weg daarvandaan. Jansen en Rautenbach is na Vryburg geneem waar hulle opgehang is. Net daarna wou ons een aand weer n buit maak. Die broers Kuhn was vir n oomblik by hulle huis wat daar naby was. Ons was nie bewus van die Engelse wat in die omtrek was nie. By hulle huis is Veldkornet Mauce Kuhn an sy broer gevange geneem. Ons het terug geveg maar hulle was te groot oormag. Die twee broers is ook na Vryburg waar hulle ook opgehang is. Ons is toe verder af in Kuruman se rigting. Op Blikfontein moes ek en Bekker gaan spioeneer. Bo-op n platdak huis het die Englese n fort gebou waarvan ons nie geweet het nie en naby was n winkeltjie. Ons mikpunt was die winkel. Gelukkig vir ons het die Englese gevlug met waens vol eetware, n klomp beeste en skape. Ons het onsself gehelp aan n bietjie eetgoed in die winkel en die rapport is aan ons kommando gestuur. Omdat ons die winkel self ingeneem het moes ons toe die volgende dag wagstaan as straf. Ons het op n paar hartbeeste afgekom en Bekker het aangel op hulle. Gelukkig vir ons, was dit mis. Die kommando wat die skoot gehoor het, het gemeen ons het weer te doen met Engelse en n paar man gestuur om te gaan uitvind wat dit was. Ons moes n verskoning uitdink en het toe ges dat dit n vreeslike groot slang was waarna ons geskiet het. Want ons was bang vir verdere straf. Ons het die Engelse waens met hulle buit agterna gesit en van hulle afgeneem met n hele trop beeste en skape. Daar was tussen twee en drie duisend skape en vyfhonderd beeste en tien waens. Hiermee was ons nou oppad terug na die Morakaanse rante. By Brussels moes ons toe oor die spoor gaan, en dit was in die nag. Ons het verkenners uitgestuur maar alles was doodstil. Al die tyd egter het n gepantserde trein naby die oorgang op die spoor gestaan, en die Engelse troepe al langs die treinspoor. Dit was net toe die eerste skape oor die spoor gaan toe dit gaan asof die hel op ons losbaars. Ons het teruggeveg maar dit was n hopelose taak. Gelukkig is daar nie een van ons raak geskiet nie, maar ons het omtrent net vyfhonderd skape en sowat 250 beeste deurgekry, die ander en die tien waens is toe weer deur die Engelse teruggeneem.

Een nag net kort daarna moes ons weer n winkel gaan buit het op die Ghaapseberg. Ons was net n klompie man(s) en ons wou nie dat die Engelse agterkom dat ons nie volle sterkte was nie. Naby die winkel het ons op n paar kafferhutte afgekom. Daar het ons ons voorgedoen as Engelse en n paar skape by die kaffers gekry. Op naam van een of ander Engelse offisier het Genl. Van Zyl n bewys aan hulle gegee en hulle moes toe die geld op Vryburg by die Engelse gaan haal. Dus kon ons toe ongehinderd die winkel stroop waarna ons nog dieselfde nag terug oor die spoor is na die Morakamiese rante.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3109&viewfull=1#post3109)

Stefanus
16th April 2010, 11:39
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Ons het weereens opgetrek na Setlagoli en die Engelse forte aldaar aangeval. Veldk. Blaauw het daar n skoot deur die hand gekry. Ons het teruggetrek en die Engelse n kans gegee om ons te agtervolg. Ons het omgespring en hulle teruggeskiet tot weer binne in die forte. n Hele klompie van die khakies het die dag in die slag gebly. Genl. Van Zyl het teruggetrek na Morakani maar Komdt. Groenewald en twaalf man het in die rigting van die Molopo getrek om te spioen. Ons het op Engelse afgekom en moes maar buite bereik probeer bly aangesien ons te min was teen hulle. Hulle het ons egter knaend agtervolg. Ons perde het begin moeg word en op n randjie het ons afgespring en teruggeskiet. Hulle het later die aftog geblaas. Ons is toe weer terug na ons kommando.

Na n paar dae se rus het ons opgetrek na Vryburg. In n geveg is ons hoof kanonnier gedood. Ons is n paar dae later af na die Malopo. Ons het egter nie ver gevorder nie toe ons n berig kry dat Komdt. Vd Merwe se perde almal deur die Engelse geneem is. Ons is toe weer terug Vryburg toe en slaags geraak met die Engelse. Ons het weer n klompie van die perde terug gekry, maar die Engelse is met n hele paar weg. Dieselfde dag was daar n hele konsternasie met die jong seun Bekker. Hy het een van die kaffers wat onder wapen was gevang en wou hom doodskiet maar die kaffer spring agter sy perd in. Hy het die kaffer n paar skramskote geskiet toe iemand anders dit sien en die kaffer doodskiet. Onder die wyl het sy perd die loop geneem, reguit na die voerplek van die Engelse perde. Hy gryp toe sommer n ander perd en jaag in die Engelse laer in, gryp sy perd aan die teuels en bring hom veilig uit sonder on geraak te word.


Lord Methuen het toe uitgetrek in die rigting van ons laer en die aand op die plaas Skoonheid kamp opgeslaan. Daar het ons hulle die nag verras, en a goeie klompie van hulle het nie weer geveg nie. Ons het 75 van hulle perde buit gemaak wat losgebreek het, die volgende oggend het hulle verder getrek. My komdt. Broer en ek het gaan spioen die oggend toe ons merk dat ons feitlik omsingel was. Daar was net een genade en dit was jaag en pad oopskiet. Ons was feitlik deur toe een Engelsman skuins by ons probeer verby jaag. Ek het net my perd effens dwars gedraai en aangel in die ry. Die koel het geklap en ek het geweet dit was raak. Daar was nie tyd om te kyk nie dit was nou net jaag vir ons lewe. Nadat die Engelse verby getrek het het ek gaan kyk want ek het goed onthou waar dit was. Die ambulans het hom reeds verwyder maar sy twee patroonbande het nog daar gel. Daaraan kon ek sien dat die koel uit is net waar die twee bande mekaar op die bors kruis, n paar van die patrone het ook nog ontplof.

Bekker en ek het weer gaan spioen, en toe ons weer wou teruggaan na die kommando sien ons dat dit nie meer ons kommando was wat daar staan nie maar wel die Engelse. Nou was hulle rondom ons. Ons het met die pad langs gery. n Groot aantal Engelse het aan albei kante van die pad stelling ingeneem. Ons het op n stap nader en nader gekom. Op n afstand van omtrent 200 tree het ons die perde die teuels gegee, dit was albei goeie perde en ons kon op hulle reken. Die koels het om ons gefluit, maar nie ons nog ons perde het n skrapie opgedoen nie. Nadat ons omtrent 600 tree gejaag het het n koel die onderkant van my baadjie se mou geraak, dit was al.

Ons het klaargemaak om na Kuruman op te trek. Ons het die aand op Bosmanspoort geslaap. Dieselfde nag ontvang ons berig dat die Engelse kinders en vroue op Rouxkloof aangeval en vermoor het. Ons het dadelik afgetrek daarheen en die twee Roux kinders en een Roodt seun, aldrie tussen 10-12 jaar daar dood aangetref. Doodgesteek met bayonette, ook nie doodgesteek nie maar oopgesny. Tant Mina Britz het n skoot deur die been gekry. Ons bloed het gekook, dat sulke dade op kinders gepleeg moet word. Ons het die Engelse op Leliesfontein gekry. Die troepe het meesal bestaan uit basters. Dit was teveel vir ons. Ons het onverskrokke en met haat geveg. Hulle het later gevlug, maar soos te dikwels gebeur het, het ons ammunasie ook op hierdie tydstip opgeraak. Die Engelse wat gesneuwel het se patroonbande was ook feitlik almal leeg. Een keer het ek net gehoor die kanon bulder. Ek het voor my perd op my voete te staan gekom en my perd het op sy knie gestaan. Waar die koel verby is weet ek vandag nog nie. Dit was egter nog meer n aansporing. Veldk. Erasmus, n baie dapper man het n klompie Engelse by n paar kaffer hutte storm gejaag, vinger alleen. Hy het vyf laat sneuwel voordat die ander gevlug het.

Ons het weer met Lord Methuen op Uitvalskop slaags geraak. Ons was daar n paar boere kommandos bymekaar. Ons was sewe man wat eenkant gel het onder Veldk. Van Vuuren. Ek sien toe sewe Engels aangery kom, regop ons af. Veldk. Van Vuuren het ges dit is ons mense maar ek het hom op die neussakke wat hulle perde gedra het gewys. Een kerel, dit was n Kolonialer met n groot snor het reg op my afgery met n groot bruin perd. Ek het gewag tot hey omtrent tien tree van my was toe ek hom "Hensop". Hy het my vas in die o gekyk en ges, "Hensop bedm". Daar was vir my geen ander genade nie, ek moes skiet. Die perd se kop was taamlik hoog en hy kry toe die koel voor die kop en die Engelsman voor die bors. Perd en ruiter het langs my neergeslaan. Die ander het ook gesneuwel. Een van hulle se saalpakke het hom so vasgehou dat hy by hulle laer eers afgeval het, met sewe skote deur hom. Ek het by Veldk. van Vuuren aangehou om die Engelsman hier by my se saal en bandolier te neem. "Nee" het hy ges want hier kom nog Engelse aan. Ons het nog n rukkie stil gel toe ek merk dat ons kommando opgehou het met skiet. Ek het dit aan Veldk. Van Vuuren ges maar hy wou nog nie gehoor gee nie. Ek het nie daarvoor kans gesien nie en opgespring, die twee Bekker broers saam met my. Die ander het gevolg. Ons het na ons perde gehardloop. Ons was net buite toe die Engelse se twee punte agter ons sluit. Ek het toe niks van die mooi saal en bandolier patrone gehad nie, maar darem nog my lewe en die lus om vir my land te stry.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3110&viewfull=1#post3110)

Stefanus
16th April 2010, 11:41
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Ons het toe opgetrek na Brakspruit. Daar het ons ons vasgeloop in n groot Englese mag. Hulle het ons vir twee dae en nagte agtervolg. Sonder om ons die kans te gee om van ons perde af te klim. Dit was die tweede dag die middag dat ons effens kans gekry het. Oom Nicolaas van Rensburg die Siener soos ons hom genoem het, was ook by ons. Hy het sy kombers onder n groot katbos oopgegooi en daar gel. Toe hy opstaan kon ek sien dat hy diep dink. Ek vra hom toe, "Oom Nicolaas, wat sien oom?" en hy s, "ek sien ons trek deur in die rigting van Schweizer Reneke sonder om n skoot te skiet." Ek kon dit nie glo nie want in daardie rigting het dit gewemel van Engelse. Ons het egter soos gewoonlik sy raad gevolg en deur getrek sonder dat daar een skoot geskiet was.


Ons is toe weer terug na die Morakaniese rante. Ons het n paar dae daar vertoef om ons perde te laat rus. Tom en Brend Terblanche was die dag aanges om te gaan spioen in die rigting van Pudimoe. Op Bormanspoort in die rante het hulle twee kaffers gevang wat onder wapen was. Net soos met alle ander kaffers wat onder wapen was, was daar vir hulle ook geen genade nie. Hulle is egter nie doodgeskiet nie maar keelafgesny soos n skaap. Hulle het niks daarvan gepraat nie. Die volgende dag is ons weer op verkenningswerk uitgestuur, met een van hulle weer by. Toe ons naby die plek kom het my perd wat maar vol grille was begin rondstaan. Ek kon hom nie verder kry nie. Terblanche het gelag en ges ons moet kom kyk hoekom die perd nie wil loop nie. Toe ons daa(r) kom sien ons dat hulle die twee kaffers so regop laat sit en styf word het.

Vandaar is ons toe na Hartbeesfontein. Daar het ons n kolon Engelse ontmoet met wie ons twee dae geveg het. Komdt. Tollie de Beer en sy manne het ons daar bygestaan. Daar het ek gesien hoe n onverskrokke man hy was. Hy het gedurig gedurende die geveg tussen sy manne deurgeloop en met hulle gepraat. Die kanon koels bars om hom dat hy toe is onder die stof maar dit skrik hom nie af nie. n Paar van sy manne en een van ons is daar gewond. Ons moet toe maar weer die wyk neem. Terloops, daar was n bobbejaan aan n paal vas by die dorp nie ver daarvandaan nie. Met die tweede kanonskoot het hy morsdood langs die paal gel, van skrik.

Genl. Van Zyl en Komdt. Groenewald het toe opdrag gekry van ons hoof Genl. De la Rey om hom op La Rey'skraal te ontmoet. Vandaar het ons saam afgetrek na Taungs om weer ons beeste en skape wat die kaffers gesteel het terug te vat. Ons het die dag tussen ses en seweduisend skape en bokke en omtrent tweeduisend beeste daar gekry. Daar was nogal heelwat skietery want baie van die kaffers was gewapen. Een man het by n struis ingeloer en n kaffer het hom in sy kuiltjie geskiet. Koos Uys was by hom, en het hom net terug geruk en toe die struis aan die brand gesteek. Ta het besluit om maar liewer te braai as om uit te kom. Hy het onder die as bly l. Genl. Van Zyl het bevel gegee om te storm. Hy het vyf seuns van elf jaar onder hom gehad wie se ouers gevange geneem is en wat toe geen herberg gehad het nie. Toe daar gestorm word was daar aan hulle geen keer nie. Hulle het voor die voet doodgeskiet, kaffer of meid. Die kaffers het in die randjies in gevlug. So by tienuur het die gepantserde trein van die Englese daar regoor die randjie kom stilhou en die randjie begin bombardeer, menende natuurlik dat dit die boere is wat in die randjies is. Toe het die aangehou tot die aand donker toe. Ons is toe weer terug na de la Rey'skraal. Daar het ons die buit gedeel. Genl. De la Rey sy deel, Genl. Van Zyl sy deel en broer Hendrik sy deel. Hulle het dit weer onder die burgers verdeel.

Genl. De la Rey het die kommandos van Genl. Van Zyl, Genl. De Beer en Komdt. Groenewald kennis gegee om by Brakspruit bymekaar te kom. Die Siener het ges hy sien n groot Afrikaner bul uit Vryburg kom, maar as hy by klein Hartsrivier kom dan hang sy een horing. Die offisiere het toe saam besluit om Methuen aan te val wat uit Vryburg gekom het. Genl. Kemp se kommando het toe ook by ons aangesluit. Lord Methuen het die aand oorkant die Hartsrivier kamp opgslaan. Ek het die aand toe die offisiere saam raad gehou het luistervink gespeel. Die ander klomp het my gestuur om te gaan afluister wat besluit word. Ek het gehoor Genl. De la Rey gee opdrag dat Genl. Van Zyl, Komdt. De Beer en Komdt. Groenewald die Engelse van agter moes aanval sodra hulle begin trek en Genl. Kemp sal dan van vooraf aanval. Ons het die nag afgetrek tot in die spruit. Teen vier uur die oggend het die Engelse begin klaarmaak om te trek. Ek was toe adj. van Veldk. Erasmus, n baie dapper man. My bynaam wat ek gekry het was Rosie. Hy s toe vir my, "Rosie vandag gaan hulle my doodskiet ek voel dit kom." Ek het hom teegegaan en maar probeer wegpraat. Maar hy het die voorgevoel gehad. Hy s toe aan my dat ek sy handsambok moes neem, maar sy perd, saal en toom moet ek sorg dat sy vrou kry.

Ons het begin optrek nader aan die Engelse laer. Toe ons die wal van die spruit uitklim was dit net lig en daar tref ons n Engelse wag aan. Ek spring dadelik van my perd af en gaan sit. Ek het net gesit toe die skoot klap en hy my perd deur die nek skiet. Die perd het bo-oor my gespring en neergeslaan. Die wag het bly l nadat my vinger die sneller getrek het, maar sy perd het weggehardloop. Ek moes toe sommer n handperd van iemand anders annekseer.


Ons het nou die laer gestorm. Ons was maar omtrent driehondered burgers teenoor omtrent tussen twee en drieduisend Engelse en dit op n kaal vlakte met net hier en daar n miershoop. Die son was al uit en Genl. Kemp was nog nie daar om van voor af aan te val nie. Die kanonne het op ons geboer maar gelukkig was hulle geneig om bietjie oor ons te skiet. Die Artilleri van die Engelse wou eenvoudig nie ingee nie. Veldk. Erasmus, Piet Bekker en nog drie het deur die voetgangers gejaag en die kanoniers agter die kanonne gaan doodskiet. Toe eers het Genl. Kemp en sy kommandos opgedaag.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3111&viewfull=1#post3111)

Stefanus
16th April 2010, 11:44
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Daar naby was n kleikraal en daarin was Engelse, Hensoppers, hotnots en perde. Genl. De la Rey het van sy manne agter die Engelse Pom-Pom gesit wat ons afgeneem het. Die eerste skoot was net oor die kraal. Die tweede een was raak. Dit was nie lank nie of die witvlag word op getrek. Komdt. Groenewald en sy adj. Van Rensburg het nader gery. Toe hulle naby kom skreeu een van die Engelse offisiere, "skiet hom dood". Gelukkig het hulle dit gehoor en omgespring. Hulle skiet toe net sy perd deur die boud. Die adj. het n handperd gehad en gou was die saal op hom en hulle kon toe darem veilig deurkom. Toe was die duiwel los. Genl. De la Rey moes die kanoniers by die kanon gaan wegvat want hulle wou nie ophou skiet nie. Lord Methuen was toe al reeds gewond en Veldk. Erasmus reeds gesneuwel soos hy voorspel het. Piet Bekker is ook sleg gewond, nadat hulle sy sewende perd onder hom dodgeskiet het. Hy beweer dat hy gesien het dat dit n baster was wat hom geskiet het. Een van die Engelse het hom nog sy water bottel gegee om te drink. Met albei arms af en die koel net onder die hart deur die bors. Daar was nog drie gewond maar nie een ernstig nie. Die een het sewe vleiswonde gehad. Vier Kolonialers wat presies eenders aangetrek was het n waterseiltjie bokant Lord Methuen gehou vir skadu. Sy been is net bokant die knie met n dm-dm koel afgeskiet.

Klein Bekker, elf jaar oud, het ook nie sy kinderstreke gedurende hierdie bloedige slag vergeet nie. Hy het n Engelsman "Halt" geroep en sy geweer geneem en gevra vir geld. Hy was een van die weiniges onder ons klompie wat n bietjie Engels kon praat. Die Engelsman het hom sy geld gegee, Bekker het die afgetel, die helfte geneem en die ander weer terug gegee. "Het julle jam?" vra hy toe. Die Engelsman gaan haal toe vir hom n blik van die wa af en Hendrik sit lekker en eet. Intussen gaan die geveg nog steeds om hulle voort. Meteens kom daar n Engelsman by hulle verby gejaag te perd. Hendrik het sy geweer opgetel en vir die Tommie by hom ges, "nou sal ek jou wys hoe skiet n boerseun", aangel na die jaende Engelsman en toe die skoot klap het die Tommie sy saal verlaat om nie weer op te staan nie. Die een by hom het net uitgeroep, "Oh God!"

n Klompie van die Tommies ens. het uit die kraal gespring en weggejaag. Kapt. Horn, myself, Hendrik Jacobs en nog iemand het hulle agterna gesit, maar toe ons by die kraal verby gaan het die ander persoon (sy naam het my ontgaan) gesneuwel en Hendrik Jacobs het n koel net agter die o deur gekry. Hy het later weer herstel. Nou was dit net Kapt. Horn en ek. Ons het hulle gou ingehaal want hulle het die ou groot perde met die groot pote gery. Ons spring dan af en skiet en jaag hulle dan maar weer in. Hulle het toe in die rigting van Sannieshof gegaan. As ons gewere te warm word vat ons maar net ander van die gesneuweldes. Daar was nie een wat eers probeer het om terug te skiet op ons nie. Ons het so baie tyd tot ons beskikking gehad dat ons gekyk het, hoeveel ons met een skoot kan afskiet. Dit was maklik want hulle het almal op n bondel gery. Dit was net so maklik om vas te stel hoeveel daar val, want die Tommie wat val se ou perd draai net uit en begin wei. Ons het tot sewe perde getel wat met een skoot uitdraai. Later het ek moeg geword hiervoor en ek sien toe op die linkerkant ry n klomp Hensoppers en ek wou hulle bykom, maar hulle was skuins voor en ek moes toe half by die Engelse verby gaan. Kapt. Horn het nog teegestribbel, maar ek is weg. Die naaste wat ek aan hulle kan kom was 600 tree. Ek het afgespring en geskiet. n Groot bruin perd het in die lug geklim en op sy knie afgekom. Maar hy is weer op. Na die oorlog het die eienaar van die perd, ene Terblanche my vertel van die skoot wat sy perd deur die kop gekry het. Die perd het hom deurgedra tot op Kraaipan waar hy hom water gegee het en hy toe dood neergeslaan het. Ek het hom goed laat verstaan dat daardie koel nie vir so goeie dier bedoel was nie.


Later het Genl. Kemp en van sy Burgers en Genl. Van Zyl kom hand bysit want nou het die Engelse weer begin veg. Een van die Hanskakies het oorgegee, maar Genl. Kemp gee toe opdrag om hom dood te skiet want dit is n Hensopper. Hulle wond hom toe net aan die been en toe Genl. Kemp verby kom skiet hy sy perd onder hom dood. Ons het die gesien en was bang hy sal Genl. Kemp doodskiet. Kapt. Horn het hom toe in die stof laat byt. Oom Daan van Vuuren het langs my gery. Ek het n baster agter n mierhoop sien l wat op oom Daan aangel het. Ek het oom Daan n waarskuwing gegee en in die ry het hy sy geweer aan die skouer gebring en geskiet, die baster was voor die kop getref. Ons het hulle nog n endjie agtervolg en toe teruggedraai. Ons het by n plaashuis gekom waar die tannie net n groot hoeveelheid botter gekarring het. Daar het ons toe elk n lekker beker karringmelk gedrink voordat ons verder is. Sy vertel toe dat n baster die oggend daar was en hoe sy toe gepleit het dat hulle tog nie all haar beeste moes vat nit. Die baster het toe ges, "Miesies daar is nie tyd vir beeste nie, die boere jaag ons dat ons bars."

Die terugtog was nie aangenaam nie. Oral l doeies en gewondes wat om water roep, en ons het nie eers vir onsself nie. Waar moes ons nog kry om vir hulle te gee. By die kraal waar die groot slag was het dit aardig gelyk. Die kraal was nie ver van die rivier (of lopie) af nie. Die bloed van die Engelse en Hotnots en perde het by die hek uitgeloop na die rivier dat die skuimbolle daarop gestaan het.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3112&viewfull=1#post3112)

Stefanus
16th April 2010, 11:46
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Die seun Bekker het by Lord Methuen gekom voordat Genl. De la Rey daar was. Hy het so n slap rand hoedjie gehad, hy gooi toe sy hoed vir Lord Methuen en s, ek sal jou ruil. Die wagte s toe vir hom dit is Lord Methuen wat daar l, hy kannie sy hoed vat nie. Ek is Hendrik Bekker antwoord hy en stap weg. Later het Genl. De la Rey weer die hoed van hom terug gekry vir Lord Methuen.

Ons het die dag 75 basters en hotnots met wapens gevang. Soos voorheen ges was daar vir hulle geen genade nie. Hulle moes eers self n lang sloot grawe en toe is hulle op n ry langs die sloot geplaas om dood geskiet te word. Toe die skote begin klap het party so vinnig geval dat ek vandag nog twyfel of almal wel koels gekry het.

Oorlede Veldk. Erasmus en Bekker wat swaar gewond was het saam in een van Lord Methuen se lang tent waens gel. Ons het met die hele laer weer terug getrek na die plek waar ons die oggend begin het. Daar het ons Veldk. Erasmus en die ander begrawe. Daar het ons ook weer die buit verdeel. Genl. De la Rey het Lord Methuen met sy koets en muile terug gestuur na Klerksdorp. Die been is later afgesit. Daar was reeds meningsverskil tussen die Ds. en Genl. De la Rey. Die Ds. wou gehad het dat Lord Methuen dood geskiet moet word, want hy was die groot kop agter die instop van vroue en kinders in die konsentrasiekampe. Genl. De la Rey het egter besluit om hom terug te stuur. Waar Brakspruit en Hartsrivier in mekaar loop het ons die waens en osse verkoop. n Wa met trekgoed het ons toe 5 pond voor gekry, en groot uitgegroeide osse een pond. Maar dit was nog beter so want more neem die Engelse dit miskien weer af. Ek het daar ses osse gekoop wat ek darem behou het. Die het ek later weer geruil vir n perd.

n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om by die herbegrafnis van Veldk. Erasmus te wees te Sannieshof by die feeshuis. Ek het die voorreg gehad om die kissie waarin sy oorskot was aan te gee na die graf. Daar is ook n vierkleur op sy kis neergel.

Toe het die Engelse begin met hulle kettingtrek. Vanaf Mafeking tot by Taungs het die lyn gestrek. Naby Taungs het hulle n klein opening gelaat, en ons is daar deur. Ons het n hele klompie van die Engelse wat in die ketting was gevang.


Net anderkant Leliesfontein het ons weer slaags geraak met n Engelse kolon. Ons het hulle omsingel en twee dae en n nag met hulle geveg. Die nag moes Veldk. Du Plessis en n korporaal, broer Schalk en Gawie van Deventer gaan wagstaan. Die volgende oggend het ons ons perde los gemaak en wou gou so n bietjie slaap want die nag was lank. Ek het net die stang uit my perd se bek gehaal en hom by my laat wei. Dit was net toe ek begin wegraak dat ek so half deur die slaap hoor dat broer Schalk vir oom Gawie van Deventer s dat dit mos Engelse is wat hier aankom, hulle het egter eers seker gemaak voordat hulle my wakker maak. Die Engelse was toe versterkings wat vanaf Vryburg gestuur is en hulle was toe al op ons. Hulle het onder ons perde begin skiet om hulle te laat weghardloop. Gelukkig my perd was baie mak en gehoorsaam op sy naam. As ek hom roep kom hy altyd aangedraf. Toe die perde begin hardloop het ek net op sy naam geroep. Die ander was toe reeds op hulle perde. Ek het nog my kombers opgevou, die ander het geskreeu gooi hom weg maar ek wou nie want ek weet hoe dit is om sonder n kombers te wees. Veldk. Du Plessis het die voorste Tommie platgeskiet en nog een gewond. Dit het ons n kans gegee om weg te kom. My perd het aangedraf gekom en net sy lyf skuins vir my gedraai om te spring. Daar was nie nog kans om n stang in sy bek te sit nie. Ons het reg op n diep sloot afgery en ons perde moes toe maar weer spring. Gelukkig het hulle dit gemaak. Dit was nou net broer Schalk, oom Gawie van Deventer en ek. Die ander het daar in die bosse weggekruip. Hulle het later weer by die kommando uitgekom. Veldk. du Plessis en die korporaal is daar gevang, Veldk. Du Plessis is in die arm gewond.

Ons is n paar dae daarna af na Danielskuil. Daar het ons die Engelse forte in die nag bekruip. Naby was n sloot en daarin het ons stelling ingeneem. Ons moes die hele dag, en dit was kwaai warm, in die sloot bly, want as ons durf uitkom het die Engelse dit vir ons nog warmer gemaak. Ons moes wag tot die nag om weer uit te kom. Ons het darem n hele klompie vee buitgemaak en begin met die terugreis. Die volgende oggend toe ons nog slaap is ons egter verras deur die Engelse. Wat die wagte gemaak het weet ek nie maar n mens kan hulle ook nie kwalik neem nie want slaap kansies was daar maar min. Veldk. Van Vuuren is in die slag gewond in die been bokant die knie. Dit was die enigste ongeval wat ons in die slag gehad het. Ons het hom per kar saam deurgebring en sy been het gou weer aangegroei. Ons het darem met ongeveer twee duisend skaap en vyfhonderd beeste deurgekom.

Op Kersfees aand het ons weer Vryburg gaan aanval. Dit was n helder maanligaand en ons het gevorder tot naby die spoorlyn toe hulle ons gewaar. n Hele ruk het ons vasgebyt maar moes later die wyk neem, terug met die Amalia pad. Voordat ons die randjie oorgaan toe waai my hoed af, omdat ek nie kans gesien het om my hoed te laat l nie het ek maar eers weer omgedraai en hom opgetel. Die stoffies het hier om my uitgeslaan soos hulle op my skiet, maar ek het die hoed gekry en laat spat. Agter die randjie het ons weer terug geveg vir ongeveer n half uur en toe terug getrek.

Volg (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/528-Herinneringe-van-J-L-Groenewald?p=3113&viewfull=1#post3113)

Stefanus
16th April 2010, 11:51
Anglo-Boereoorlog: Herinneringe van J L Groenewald

Daar was n vroue kamp ook wat rondgevlug het. As daar dan so n kansie kom dan besoek ons hulle en speel volkspele om sodoende weer bietjie die swaar te vergeet. Daar was n Erasmus meisie, baie rats en ook baie aanvallig. Ek het net altyd probeer om haar in die oog te hou.

Eendag het Genl. Van Zyl ons gestuur na n plek naby Vryburg waar die kaffers forte gehad het waaruit hulle dan spioen. Ons vyf het opdrag gekry om die forte te gaan vat. Ons was negeuur die oggend daar toe ons twee sien aankom, geklee in smart jaste en elkeen met 6 geweer en bandolier vol patrone. Hulle het gekom tot by ons toe een van ons opspring en hulle Halt. Hulle het afgespring maar terselfdertyd het ons gewere gepraat. n Mens kon te duidelik die stoffies op die jas sien uitslaan wanneer die koel hom tref. My geweer het daar geweier om te skiet. Eers toe die een omtrent 500 tree weg was kon ek die eerste skoot inkry. Die een het daar bly l, maar die ander een kon nog op sy perd kom en wegjaag. Naby Vryburg op die Stellapad het hy afgeval. Daar het Eddie Pentz wat met n kar daar verby kom het hom opgelaai en hom hospitaal toe geneem. Hy het sewe koels deur hom gehad en is ook in die hospitaal dood.


Een staaltjie wat ek graag wil vertel is die volgende. Ons was naby Schweizer Reneke. Ons het op n plaas aangekom waar n paar vrouens gebly het, hulle nooi toe die offisiere uit vir n eetmaal. Ons Burgers het toe n endjie van die huis af onder bome gaan l en rus. Die tannie het buite n endjie van die huis af gekook. Kort-kort het sy uitgekom om na die kos te kyk. Ons het begin planne maak om die kos in die hande te kry. Toe ons dan ook reken die kos is nou gaar, het ons net gewag tot die tannie in die huis ingaan, toe n paar van ons jonges opgespring en maak vir die potte. Daar was n paar hoenders in n groot pot wat nou net begin braai het. Ons het elkeen n hoender aan die been gegryp en laat spaander. Ons was ook net pas terug by die ander toe sien ons daar gaan die tannie nou uit met n skottel om die hoenders te gaan haal. Maar sy het net n le pot gekry. Sy het eers n ruk gestaan en rondkyk en toe weer terug gastap huistoe. Teen hiedie tyd het ons reeds die hoenders verslind. Sy was ook nie lank in die huis nie of hier kom die offisiere. Ons het goed geweet wat hulle kom soek. Hulle het ons gedreig, mooigepraat en alles probeer maar nie een van ons het iets van die hoenders geweet nie. Hulle moes maar weer onverrigtersake terug gaan huistoe na n maaltyd sonder vleis.

Ons het weer een nag in die rigting van Taungs opgetrek om daar oor die spoor te gaan. Op Bosmanspoort het ons die tyding gekry dat daar vrede gemaak is en ons na Schweizer Reneke moet gaan om wapen neer te l. Ons het getrek tot by Heuningspruit. Daar het Genl. Van Zyl en Komdt. Van Zyl ons bymekaar geroep en gevra of daar van ons is wat nog sal voortgaan om te veg indien dit nodig is. Ons was 35 Burgers wat uitgestaan het en ges het dat ons in die twee republieke sal veg tot ons dood toe of tot oorwinning. Op Schweizer het ons eers al ons patrone en kanon koels weggeskiet voordat ons ons wapens neergel het. Ons het ook ons wapens voor ons eie offisiere neergel en nie voor die Engelse nie. Vandaar is ons na die Hollandse kerk. Op die trappe van die kerk het een van die Engelse offisiere n toespraak gelewer. Hy het toe gevra vir drie "Hoera's" vir Genl. De Wet. Dit het ons soos uit een man opgegaan. Toe hy vra vir drie "Hoera's" vir die Engelse Genl. het ons jong klomp weggedraai en weggestap. Om vir n man wat ons vrouens en kinders in kampe gestop het, en daarop geroem het dat daar 2600 dood is, het ons nie kans gesien om "Hoera" te skree nie.

n Endjie verder daarvandaan het n klompie vrouens en meisies gestaan. Tussen hulle het ons n Haasbroek gesien wat n Hensopper was. Tom Terblanche kon homself nie beteuel nie en vir Haasbroek voor die vrouens n deftige drag gegee. Vir hulle soort was ons moeg en sat want as dit nie vir hulle was nie wat die wreld hierlangs goed geken het en toe saam met die Engelse gestaan het nie sou ons kanse baie meer rooskleurig gewees het. Die hele oorlog was vir my niks. Al die swaar het n nietigheid geblyk teenoor die oomblik toe ek my geweer moes neerl. Alles het gebreek binne in my. Vir byna drie jaar het ons geveg vir ons vryheid wat ons nie kon kry nie.

Ons offisiere het ons toe almal afgedank en elkeen het sy eie koers gegaan. Ons Stellalanders in die distrik van Vryburg kon nie eers na ons huise terug keer nie. Ons mag vir vyf jaar nie oor die grens gaan nie. My broers en ek het toe maar n plaas in die Vrystaat gehuur en weer van vooraf begin boer met niks. Ons kon toe darem na drie jaar weer terug kom na Soutfontein ons plaas.

Van die persone wat ek ken en wat nog leef wat in ons kommando was is die volgende: Komdt. Groenewald Johannesburg, Naas Raubenheimer Vryburg, Jan Theron Vryburg (ook n Stellalander maar nie van ons kommando nie) Alec Vosloo Broedersput, Abraham Vosloo en Marthinus van Rensburg Stella, Tom Terblanche en Andries van Wyk die grapmaker.

Daar het nou al meer as vyftig jaar in die tussentyd verloop en ek is bly om te sien dat ons weer op die regte pad is van n Republiek, en ek vertrou dat die Here my nog n tydjie op aarde sal toelaat om daardie dag te beleef.


Ek laat hierdie skryf want ek kan dit nie self doen nie en ek wil dit graag aan ons nageslag nalaat. Alles wat hierin staan is net gebeurtenisse wat my eie o gesien het. Niks is bygelas of weggelaat sover ek kan onthou nie. Al die gebeurtenisse is nog helder voor my, net die datums kan ek nie meer presies onthou nie.

LJ Groenewald 21/5/1966