PDA

View Full Version : Denke... Impetus!



knipmes
20th April 2010, 20:36
Van vervloee dae vandat tyd self ontstaan het, bestaan daar geskrifte wat die denke van die mens neergepen het. Van die ou wereldse grootse biblioteek in Alexandriee in Antieke Egipte af tot by die internet (vandag se Alexandriee in opgaar van kennis..) was en word daar denke vasgevang wat goed of sleg is van nature, bruikbaar nuttig is, of selfs sienende as duiwels of totaal onbruikbaar tog nogtans as denke vasgevang in ewigheid...

Die outydse geskrifte is vol daarvan, die internet is vol daarvan, die feit is dat dit om die mens gons soos die sogenaamde syfers wat in digitale sein vorm deesdae die lugwee deurklief so intens soos waterstof... DENKE

Deurdat die mens meestal onbewustelik nie lewe in die hier nou nie, maar meestal of in die verlede of die toekoms beweeg in denke heeldag lank, word die mens vasgevang in 'n doolhof van beheer waaroor daar geen houvas is nie. Ongelooflik raar maar waar, of so skyn dit te wees! Sien, denke is iets wat gewig dra, nie net in woorde nie, maar fisies ook. Die internet, en Alexandriee, het oorlopensvolle bewysstukke deur groot meesters soos Socrates wat al lankal dit eens was dat denke bepaal die fisiese lewe! Dit wat ons dink, of veral dagdroom, is dit wat sal materialiseer... hoe groter die energie ingeploeg, hoe groter en vinniger die vrugpluk daarvan! Verbeel jou! Kan mos nie wees nie? Tog is dit onteenseglik bewys, en word hier nie nou van gepraat dat as ek vir twee dae lank aan ‘n sportmotor dink, die rooie moreoggend voor my deur sal staan nie. Nee, dit werk ongelukkig nie so nie, dis fisiek dog geestelik van aard... word daar nie aan die kinders geleer dat mens jou drome nooit moet opgee nie, want slegs deur konsentrasie op doelstellings sal dit bewaarheid word? en word dit nie???

Vanoggend na die heerlikste gesprek met 'n Broer uit die Hemele, vang my gedagtenis my denke vas in 'n warboel van denkende vergelykings, van teenoorgesteldes tot opsommender nadenkende stellings wat loop draai anderkant Pluto. Uiteindelik na my bewussyn bykom, herken ek toe die uiters sluwe skuilende monster wat van die mens maak wat die mens is... of liewer... die mens in toom hou, gebruik en beheer. Hierdie monster wat so ooglopend destyds deur Die Christus teen gewaarsku is: "Julle kyk en kyk en sien nie, julle hoor en hoor en luister nie!" Hierdie monster wat ek ‘n “bekdrywer” noem, weet altoos beter om mens mos te lei in denke hierdie kant of daardie kant toe, tot vervelens toe... en daar val die kloutjie by die oor... en ek besef dat elke iedere bekdrywer waaraan ons impetus verskaf, veral as in ag geneem word dat hoe groter die gesamentlike impetus aan ‘n enkele denkrigting, hoe groter word die moontlikheid dat hierdie bekdrywer in een of ander vorm sal materialiseer iewers vorentoe. ‘n Blikkie “bullybeef” in ‘n koskas is een ding, maar ‘n kamer vol blikkies kos opgegaar word mos oorlogsvoorraad, of wat praat ek als? en Die Christus se woorde kom soos suiwer melk terug op die melkweg van denke... pleks van fokus op die nou, sien en hoor die mens mos die denke wat gevorm word deur bekdrywers in die gedagtenis... in plaas van wat reg voor die mens so logies soos water drink staan.

Die een ding wat die mens van uitwissing, of ondergang, of mislukking, degenerering of ewige nietigheid gaan red is dat elkeen die vermoe sal moet aanleer om te luister, te sien, want daarsonder is die mensdom gedoem. Die Christus het tereg daarop gewys dat “Die Koninkryk van Die Hemele” word binne-in elkeen van die mens gevind, tog vind wynig die weg. Die sogenaamde “holkol” op die maag word meestal ampers permanent geignoreer. Makliker gedoen as gesegt, maar dink daaraan... hoe meer daar byvoorbeeld impetus in denke gegee word aan byvoorbeeld ‘n vermakerige irriterende politikus veral deur die media, hoe groter word die energievlakke rondom daardie entiteit, en gevolglik meer stoomrollender die impetus, en hoe groter die energievlakke rondom, en gevolglik nog meer stoomrollender die impetus, en so aan... tot die punt waar internasionaal impetus aan sotte en sotlike denke verskaf word, slegs deur nie HIER te wees nie! As geen aandag aan ‘n stout kind gegee word nie, sal die stout kind later rustig aan die slaap gevind word...

Die antwoord is duidelik dat daar gefokus moet word in denke... elkeen wat die vermoens gaan ontwikkel om uit die gedagte beherende monster se kake te ontsnap, gaan op die heuwel staan en kyk hoe die monster die res verslind, net soos oom Niklaas dit tereg voorspel het...

Vir die wat ore het om te hoor...
Groetnis
Knipmes