PDA

View Full Version : Vir alle Vroue



Die Vrou
11th May 2010, 08:54
More almal,

Ek het hierdie klein boodskappie gekry en ek plaas dit hier vir 'n Vrou wat miskien bietjie af voel....

Onthou 'n vrou het krag wat mans verstom. Sy kan probleme hanteer, swaar laste dra. Sy is die draer van geluk, liefde en opinies. Sy glimlag as sy eintlik wil skree, sing as sy wil huil, huil as sy gelukkig is en lag as sy bang is. Sy veg vir dit waarin sy glo, neem standpunt in teen onreg. Daar is net een ding verkeerd met haar, sy vergeet wat sy werd is!

Groete

Die Vrou..

Die Vrou
25th August 2010, 09:50
Elke vrou behoort te besef sy kan nie veel verander aan die lengte van haar bene, die wydte van haar heupe of die geaardheid van haar ouers nie...

Elke vrou behoort te besef haar kinderjare mag dalk nie perfek gewees het nie... Maar dis verby...

Elke vrou moet vir haarself uitklaar presies wat sy sal doen of nie sal doen nie ter wille van die liefde...
Hoe om alleen te bly selfs al hou sy nie daarvan nie.
Wie sy kan vertrou en wie nie en hoekom sy nie alles persoonlik moet opneem nie.

Elke vrou behoort te weet waar om te gaan as haar siel lafenis nodig het, of dit nou haar beste vriendin se kombuis of 'n luukse gesondheidspa in die berge is.

Elke vrou behoort te weet wat sy sal kan regkry binne een dag...
Een maand en een jaar...
En wat sy nie sal kan reg kry in n leeftyd nie.

Elke vrou behoort 'n vriendin of twee te h vir wie sy hierdie boodskap kan stuur sodat hulle kan onthou om te lag en dans en sing sonder rede, sommer net as vrou...

WANT JY IS BAIE, BAIE SPESIAAL EN KOSBAAR....

:wink_2:

Die Vrou
14th October 2010, 08:58
Die Vrou

Wat maak my swak? My vrese.
Wat maak my heel? My Geestelike Vader.
Wat hou my staande? My geloof.
Wat maak my goedhartig? My vermo om nie heeltyd aan myself te dink nie.
Wat maak my eerlik ? My integriteit.
Wat hou my gedagtes skoon? My soektog na ware kennis.
Waaruit leer ek die beste lewenslesse? My foute.
Wat hou my kop omhoog? My trots, nie my arrogansie nie.
Wat as ek nie kan uithou en aanhou nie? Dit is nooit 'n opsie nie.
Wat maak my suksesvol? My moed om aan te hou met opstaan as ek geval het.
Wat maak my bevoeg vir alles wat ek doen? My selfvertroue.
Wat maak my mooi? My alles!
Wat maak my 'n vrou? My hart.
Wie is ek...........?

Ek is voluit vrou!

" Vir mooi o,.. kyk altyd na ander se goeie eienskappe; vir mooi lippe,... s net vriendelike woorde; vir grasie,... loop met die wete dat jy nooit alleen is nie. "

knipmes
14th October 2010, 19:13
En dis toe nou net daar wat ek toe verlief raak....


weer van voor af...
groetnis
knipmes

knipmes
14th October 2010, 19:20
Sien, alle Vroue in my se ogies is Blommetjies, want in my Vader en Moeder se Tuin, kry mens net die mooiste Blommetjies...

Hier op aarde is alle maar alle spesies, die manlike die spoggerige ene! Kyk maar na die leeu, en die pou. Alles behalwe een spesie! Die aardse menslike spesie, hier is die Vroulike die spoggerige een, en met reg so want met die koms van Die Ewige Evangelie gaan die onreg teenoor die Vrou uiteindelik reggestel word, om Haar regmatige plek langs haar wederhelfte in te neem... nie onder, agter, voor of bo hom nie, maar langs hom, ewewigtig in alles!

Uiteindelik!

Daar is boggerol so mooi soos 'n Blommetjie, of wat praat ek al's. (behalwe vleis natuurlik, so tong in die kies)

groetnis
knipmes

Die Ou Man
14th October 2010, 21:03
met die koms van Die Ewige Evangelie gaan die onreg teenoor die Vrou uiteindelik reggestel word, om Haar regmatige plek langs haar wederhelfte in te neem... nie onder, agter, voor of bo hom nie, maar langs hom, ewewigtig in alles!

Uiteindelik!

Daar slaan jy nou die spyker op sy kop!

Dit was nooit ons natuur om die vrou as 'n minderwaardige besitting te hanteer nie. Tg is dit presies hoe die manlike ikone van die Joodse Tenakh (Ou Testament) hulle vroue hanteer het.

Ek haal aan uit "Germane (pos #3) (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/539-Die-Germane)".


Met die koms van die Christendom na Europa, sou die rol van die Germaanse vrou in die maatskappy, 'n metamorfose ondergaan. Voor die koms van die Christendom was die vrou (net soos die man) 'n eersterangse burger. Sy het ho aansien in die gemeenskap geniet. Geen Germaanse ler het dit ooit gewaag om 'n stryd te begin, sonder om eers die vroue te raadpleeg nie.

Tacitus (56-120n.C.) skryf dat die Germane geglo het dat daar iets heiligs in die vrou skuil. Sy het oor profetiese gawes beskik. Sy was heldersiende. Sy het oor telepatiese en intutiewe kragte beskik wat van haar 'n Sieneres gemaak het om mee rekening te hou. Die Volva's kon alles sien van die begin tot die einde: van die skepping tot die einde van die wreld (Ragnarok). Sy is vereer vanwe haar vermo om beheer uit te oefen oor bonatuurlike en magiese kragte. Verder was die Germaanse vrou vereer om haar verleidelike skoonheid en aantreklikheid. Juis om hierdie talente, was die vrou van haar voetstuk gehaal met die koms van die Christendom.

Die Vrou
5th February 2011, 08:05
MY MILLENIUM VROU

My dierbare vrou,
jy weet dit is somtyds maar moeilik
vir ons harde manne om te s
wat aan ons harte kou
Maar aai, nou s ek vir jou
in ons ware liefde
kan jy maar vertrou
Want jy - jys my Millenium Vrou.

Jys my mreson, jys my volle maan
sonder jou krag, sou ek nooit bestaan
Jys n vrou wat sal, nie n vrou wat sou
Jys my beste vriend, my Millenium Vrou.

Ek is lief vir jou, tien duisend maal
Jys my Droomprinses in ons feverhaal
Ek bly maar net n gewone ou
Jys my beste vriend, my Millenium Vrou.

Diep in my hart was ek n vegsoldaat
maar jyt gekom en my vry gelaat
Jys my lewensmaat, ek vertrou in jou
Jys my beste vriend, my Millenium Vrou.

Jys my lewensmaat, ek vertrou in jou
Jys my beste vriend, my Millenium Vrou.