PDA

View Full Version : Gelukwensing!



Vicky
22nd November 2007, 11:31
http://www.devynns.com/pictures/Baby-Boy-Teddy-Bear-Balloon-Bouquet.jpg

Ek het pas verneem dat ons vriend, Jaco Slabbert, en sy vroutjie, vanoggend geseŽn is met die geboorte van hul eersteling - 'n perdfris en gesonde baba seuntjie.

Jaco, baie, baie geluk met die geboorte van julle kleinding. Ek bid dat ons Hemelse Ouers julle sal lei en bystaan in die opvoedingstaak van julle kleinman, en mag hy vir julle net vreugde en geluk bring.

Liefdegroete,
Vicky

Die Ou Man
22nd November 2007, 16:39
Jaco, veels geluk aan jou en jou vrou. Gee die twee mense in jou lewe al die bystand wat jy kan.

Ek verneem dat die klein Boerman se naam Ulrich is. Help my reg as ons verkeerd gehoor het.


Gender:
Male

Ethnic Origin:
German

Meaning:
Noble leader.

Edele leiers gaan ons wel nodig hÍ. Daarin lÍ ons groot tekort.

Maak jou seun groot as 'n prins en hy gaan eendag 'n koning wees.

Liefde groete.

Die Ou Man

Moeder
22nd November 2007, 17:44
Jaco, baie geluk met die geboorte van julle Ulrich. Kragtige, mooi naam uit ons Nordiese skatkis. Ons bly verwonderd deur die Prag en Liefde van ons goddelike Ouers. In die oŽ van ons kinders sien ons dit.

Nou lÍ die opvoedingstaak voor en moet julle hierdie voorreg van 'n gees aan julle geskenk, koester deur hom te leer van sy goddelike Ouers en aan hom vlerke te gee sodat hy ongekend, vry mag reik na die volmaaktheid van sy Skepper.

Moederlike liefde

knipmes
25th November 2007, 19:02
Jaco, naand,

Aan jou en jou wederhelfte ons opregte gelukwense met jul Engel uit die Hemel... sonder twyfel n grootse taak wat altyd ewiglik liefde bring, ouerskap... net soos in die Hemel...

Al ons liefde
Knipmes (en al my broodmesse)

Jaco Slabbert
27th November 2007, 15:58
Dankie Julle almal ek wardeer dit opreg. Ja dit is 'n klein seuntjie van 3.16kg en 50cm. Ulrich Jeralco Slabbert. Ek dank my godelike ouers vir die klein dingetjie en ek vra dat hulle my die nodige lyding sal gee om die seun in hulle wee groot te maak.

Nogmals baie dankie van my Jaco en my vrou Geraldine.

Die Ou Man
6th December 2007, 17:58
Jaco.

Laat weet hoe dit met die jonge heer en sy moeder gaan.

Jaco Slabbert
7th December 2007, 13:23
Jaco.

Laat weet hoe dit met die jonge heer en sy moeder gaan.

Dankie DOM vir die belangstelling.. Dit gaan baie baie goed. My seun het al 8cm in twee weke gegroei. Hy eet baie goed en is seker die soetste ou seuntjie onder die son. Ek sal sodra ek kan 'n foto pos. Met my vrou gaan dit ook baie goed .... die beste tyd van elke dag is die oomblik wat ek tyd saam met die twee liefdes van my lewe kan spandeer. Ons bad my seuntjie elke dag saam en ek probeer om soveel tyd moontlik saam met hulle te wees. Die doek verander is maar nog vir my aardig maar verder is dit die lekkerste ding wat met my gebeur het.

Groete Jaco

Die Ou Man
28th May 2008, 15:56
Jaco.

Dit is tyd vir 'n vorderingsverlag.

Liefde groete.

Die Ou Man

Jaco Slabbert
28th May 2008, 16:08
Hallo DOM

JA klein Ulrich is nou 6 maande oud en weeg 'n hele 8.9kg. Dit is nogal 'n bul van 'n klein ding. Ek kom nou al agter hoe hy gaan wees as hy groter is, sy karakter is sterk en hy gee nooit op om 'n probleem op te los nie. Hy sal aan hou probeer totdat hy omdop van die moeg. Met moeder gaan dit goed , ons is alby verbaas hoe kleinman vorder, hy doen al dinge wat hulle se eers gedoen word op 'n jaar oud, ek meen hy hou sy eie bottel vas al op 4 maande en hy kan al staan sonder hulp.

Groete Jaco

Die Ou Man
28th May 2008, 16:20
Hallo DOM

hy hou sy eie bottel vas al op 4 maande en hy kan al staan sonder hulp.

Groete Jaco

Boerkjind!