PDA

View Full Version : Afrika Adieu



Stefanus
18th May 2010, 17:47
Afrika Adieu
Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/argief/5410_Waldor.htm)


Hulle is lank, baie lank hierdie Soedannese. Veral dié meer na die noorde, waar Afrika maerder en maerder aan plantegroei raak en begin oorgaan tot woestyngebied. Dit is in hierdie land waar rebellie en burgeroorloë sy hoogty in Afrika vier. As daar ‘n struweling is wat plek soek om lewe te kry staan Soedan se uitnodiging met ope arms. Dit is ook hier waar die Verenigde Nasies se grootste Voedsel Projek, die WFP (World Food Program) in sy volheid gons.

Ek was onlangs ses maande lank in Guinee Wes Afrika, en ook vantevore in Mosambiek, Angola, Ovamboland, Kenia, Swaziland, Transkei, die Msinga gebied in die hartland van die Zulus, Kwandebele en...natuurlik die goeie ou Soweto et al. En nou is ek in die suide van Soedan – hulle bly onherroeplik die selfde.

Behalwe vir die klimaat verskil, die variërende plantegroei en verskille in statuur, bly die kleur en geur dieselfde asook dit wat daarmee saamgaan - ‘n kort termyn mentaliteit met ‘n beskouing dat die eerste wêreld hulle verskuldig is. Afrika is stellig die vrugbaarste en mineraal rykste land op hierdie aarde en die argeoloë beweer die baarmoeder van evolusie, maar ten spyte van Mev Plets staan hierdie skatkis van die wêreld bakhand vir die aalmoese van die sogenaamde onderdrukker. En arme ou Angus verkondig eensydige vrede.

Die tien sitplek en twee motoriese vliegtuig met die groot blou letters “UN” aan die kante het sy draai gemaak en lyn op vir die lang oop grond strook tussen die hutte. Ek sien die twee swart vlieëniers frons en kyk vir mekaar. Ek sweet, nie van die hitte nie, daar is voldoende lugreëling, ek was verbaas genoeg toe hulle kon opstyg, maar land op ‘n ‘grond strook’ tussen hutte en dwalende kafferbokke en lang horing beeste...en hulle frons daardie kenmerkende ‘Afrika frons’ wanneer die plooie op die breë neusbrug sulke vraende donker vore maak... “hoekom gee die UN nie wit vlieëniers werk nie, fok...” dink ek. Maar ons sak baie vinnig en my benoude blik om die een vlieënier se skouer sien darem dat die neus van die vliegtuig reg korrel op die oop grond strook. Ek voel my boude trek in soos op skool, in die hoof se kantoor. Ek maak my oë toe, sit terug en praat met die Noord Europese Odin – Valhalla hier kom ek!

Ek dog eks dood, want ek voel hoe ‘n Walkure my so vinnig den hemele opneem dat die styfheid van my boude na die maag toe skuif. Toe ek onseker loer om te soek vir Valhalla, sien ek die swart vlieënier trek die stange teen sy bors en ons styg en kantel skerp na links... Geen Walkure met vol borste en spits tepels wat my vashou op ‘n vlieënde perd nie, nee. Steeds op staal vlerke met propellers in die hande van julle weet wie. “Whats wrong?” vra ek. “Eich, these people are in the meantime building huts on the runway, we very nearly collided” “So what now?” vra ek. “I’m going to try again”...

Ek kyk hierdie keer maar die hele tyd toe ons weer sak. Wragtig, in die middel aan die beginpunt van die aanloopbaan is hulle besig om drie kenmerkende Soedannese hutte op te rig. Die vliegtuig sak dreigend na die hutte, maar ta bly staan en vleg nonchalant aan die spits nok van sy hut. Ek sien die lang swart gestalte kyk ongeërg oor sy skouer na die aankomende, sakkende, brullende yster tegnologie en ek dink... Is dit ook hoe hulle so voor karre inloop. Het hulle nie ‘n persepsie van aankomende gevaar nie, besef hulle dit eers wanneer dit óp hulle is of hulle inderdaad tref? Of is dit suiwere balhorigheid en obsternate aanspraak op reg van toegang? Ons maak dit net. Ek verbeel my die een wiel het ‘n paadjie in die peperkorrels van die gestalte op die grasdak getrap, die rubber merke sal jy nie sien nie.

Ek was al besig om my rugsak en ou polisie balsak uit te laai, toe swaai die man op die nok van die hut nog sy arms erg vereg – hoe kan die vliegtuig wat nou al soveel keer hier geland het, wat hulp bring, hom en sy hut amper moer toe stamp? En ek wonder hoekom ek skierlik aan die rooi mannetjie in die verkeerslig in Pretoria se middestad dink wanneer die lig vir jou lankal groen is maar jy nie kan draai nie!

Ek kyk die grond aanloopbaan so en ek dink aan die rolprent ‘Wild Geese’ en hoe Roger Moore en sy manne voor die aankomende swart gevaar gehardloop het na die vliegtuig wat gereed gewag het op ‘n baie soortgelyke aanloopbaan, en ek wonder wanneer gaan daar ook hier gehardloop word? Langs die aanloopbaan staan twee enorme skure met die UN teken op elk geverf. Beide die skure is tot teen die dak gepak met bokse blikkieskos, kookolie groot sakke mieliemeel en ander voedselsoorte. Twee maal ‘n maand vlieg daar ‘n UN vragvliegtuig na hierdie skure by Wunrok in Soedan en top die skure op. Die skure word vol gehou en die kos word weekliks lukraak uitgedeel. Daar is honderde sulke aanloopbane en skure in Soedan, wat die selfde diens kry. Ek is hier vir ‘n ‘inspeksie ter plaatse’
Die WFP kamp is groot en gevestig en ongeveer drie honderd meter van die aanloopbaan en skure af. Dit is waar die UN werkers tuisgaan en besig is met ander hulp projekte. Ek het in my dag des lewens nie soveel eenskaarploeë bymekaar gesien nie.

Derduisende, pragtige groenes. Splinternuut maar dit staan in die son vol stof, en te oordeel aan die bossies wat deur dit groei staan dit daar om te bly. Maar onder ‘n groot boom is daar tien Sudanese wat kratte oopbreek en eenskaarploeg parte uitsorteer terwyl andere onbeperk ploeë aanmekaar bout. Aan die ander kant onder ‘n groot afdak is daar derduisende interessantste besproeiing pompe wat mens met die voet kan trap en wat ‘n ongewone drukking opbou. Dit moet met water gekoppel word en getrap word. Onder ‘n ander afdak is daar derduisende meter swart plastiese pype in groot rolle gebind en bokse en bokse klampe en krane en spuitstukke. Die is met stof en spinnerakke bedek. Die Landcruiser voertuie, veldmotorfietse en ‘vierwielaangedrewe’ vierwielers staan ook stof bedek onder die bome. “Why dont the people use these plows, pumps and farming equipment?” vra ek die UN beampte wat onder ‘n dak waaier voor ‘n skootrekenaar sit. “They dont need to plough the food is ready made and delivered” Toe ek hom vra hoe lank die verenigde nasies al so kos en implemente aflewer, en hy antwoord my “many years”

Ek dink terug aan die twee ure wat ek by die vliegtuig uitgekyk het terwyl ons oor oneindige vrugbare, onbewerkte grond gevlieg het, sonder ‘n enkele hut in sig en ek wonder...

Wat as die wit boere van Suid Afrika hier gevestig kan word sodat daar lewe daaruit kan spruit?

Is dit nie ‘n sonde as mens Godgegewe grond so laat doodgaan terwyl jy bakhand staan en teer op die fondse wat beter sal doen vir kankernavorsing nie?

En ek wonder, as Roby Leibrand suksesvol kon wees om Jannie Smuts in sy moer te skiet en Hitler het die oorlog gewen hoe sou die vasteland van Afrika nou daar uitgesien het?

Die sterkste vasteland op die aarde. Nywerhede, myne, ontwikkeling, fabrieke, landerye – vooruitgang geluk en ‘n geld en goud stelsel waar die valuta waarde gekoppel is aan arbeid en bruto produk. En hier, hier waar die twee UN skure staan sou iemand oor die landerye uitgekyk het met ‘n goeie wyn uit eie kelder en na Wagner en Straus geluister het. Maar nou is dit kermende donkies...

My gedagtes gaan terug na die Polisie Kollege waar Generaal Hennie de Witt kiets regop en pynlik, pynlik netjies oor die paradegrond kyk waar leliewit rekrute ewe netjies en trots uitpasseer, en ek onthou onlangs toe ek weer soontoe gegaan het en die bossies breek deur die teer en houtskool figure drentel oor die eens taboe paradegrond... en ek dink aan ons grondeise...en ek is weer terug in Soedan

En ek vat hierdie dinge saam en ek dink...Afrika Adieu en Suid Afrika Adieu...