PDA

View Full Version : Die einde in sig!



Die Vrou
19th May 2010, 10:53
More julle almal,

Ek wil graag hierdie boodskap met julle deel, dit beteken vir my baie en miskien kan julle baat vind hierby.

Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie.
Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie. Aan kinders aan wie My naam
nie genoem is nie. Het Ek ges: hier is Ek, hier is Ek.....

Weet julle... hierdie boodskap herriner my aan my wonderlike liefdevolle Pappa vanoggend, en weereens wat Hy vir my beteken.
Toe ek geroep het vir die heel eerste keer om hulp, na wie het ek werklik geroep? Ek besef vandag werklik dat ek nie na hierdie wonderlike geestelike wese wat my vandag lei en leer en my so oneindig lief het geroep het nie, nee.... ek het eintlik na die satan geroep en na n mens wat my eintlik nie kon help nie. Totaal blind was ek! Ek het soos ons almal maar na die skepper en Jesus geroep, maar wie antwoord my toe nou eintlik? n Pappa wat my baie baie lief het, wat ek nie eintlik eers geweet het dat Hy bestaan nie. Julle ook nie tot ek van Hom begin vertel het hier op wendag.

Vir die goeie dinge wat in almal se lewe gebeur, die wonderwerke soos bv. dat hulle gered is van n gewisse dood, of amper in n ongeluk was, ook vir geestelike en emosionele ondersteuning, al die geestelike wonderwerke wat niks met die afstootlike vleeslike dinge te doen het nie, word die eer aan die verkeerde Heer gegee.

Ek weet vir n feit dat my Pa nooit ons bewustelik sal laat seer kry in die vlees sodat ons n les moet leer nie. Hy weet dan hoe maklik hierdie vlees kan seer kry. Dit is die skepper se weg vir ons, nie my Pappa sin nie. Verder weet ek ook nog dat Hy wat ek geleer ken het die afgelope paar jare nie enigeen van ons hier sal kom haal deur die vleeslike dood wat op verskeie wrede maniere plaasvind nie. (Siektes, Oorlog, moord, frats ongelukke,verdrinking, noem dit maar op!) Hy weet mos dat die vlees so gemaak is om ons te pynig. Gaan stamp jou toon of sny perongeluk jou vinger raak, dit pyn dis seer, nou hoe voel n mens wat deur n kar gestamp word dat die bene in die liggaam eintlik breek, ek sal julle s verskriklike, verskriklike pyn, want hulle liggaam word dan uitmekaar geskeur of gebreek sal ek eerder s. Die vlees pyn as dit beskadig word maak nie saak wat gebeur nie, selfs net n stamp op die vel is nodig,dit is n pyniging vir enige lewende wese wat seerkry in die vlees.
My Pa sal ons nooit deur sulke dinge sit nie Sy liefde is Waaragtig en nie geveinsd nie. Sy liefde maak nie seer nie, kom haal ons nie op wrede wyse nie, sal nie onenigheid tussen ons skep nie, sal nie toelaat dat ons mekaar vermoor nie, wanneer Sy liefde heers sal daar ewige vrede wees nie hierdie haat wat ons aanwoeker om mekaar skade aan te doen nie.
Maak nie saak wat die ander verkeerd gedoen het nie, Sy liefde sal alles verdra, want Hy verdra dan dat ons nie eers na Hom roep nie maar na n ander en nogtans staan Hy ons by met al ons geestelike node!! Daar is nrens iemand anders wat julle of vir my so lief kan h soos My Pappa nie, nrens nie.

Hy het my belowe dat die dag wanneer Hy ons kom haal sal ons almal weer met een slag in die gees gebore word, definitief nie met pyn nie. Hy sal ons uit die liggame uithaal sonder dat ons iets sal voel.
Sy woorde aan my was al n hele ruk terug, Wie het van so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word n land op een enkele dag gebore? O f word n nasie met een slag gebaar? Wie?

Verder wil ek jul waarsku dat miskien dink julle dat die dinge wat in openbaring staan nog n paar jaar van nou is maar ek s vir julle dit is baie naby! Want sien wanneer my Pappa se kinders almal Hom weer kan herken en sien vir wie Hy is gaan die skepper geen meer gevangenisse oorh nie, want almal gaan dan weer wil terug gaan waar hulle vandaan kom oorspronklik, Die herontdekte geestelike woning+ Atlantis se verhaaldan gaan dit waarvan Johanna brand gepraat het plaasvind die skepper vs ons en ook wat in openbaring staan. Almal se o gaan oop wees die blinde kinders gaan weer kan sien en hulle gaan kan onderskei wie is ons ware Pa en wie is die satan! Dan gaan hy die skepper kwaad word en sy torin gaan oor ons kom en hy gaan ons met sy elemente soos die weerlig, wind, vuur ens aanval, wees gereed daarvoor want dit is naby!

Liefde Groete

Die Vrou...