PDA

View Full Version : Vigs en die Dokters van die Dood



Stefanus
11th June 2010, 13:21
Vigs en die Dokters van die Dood – Deel 1

Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/80977_Vigs_en_die_Dokters_van_die_Dood_%E2%80%93_D eel_1.htm)



Enkele dae gelede sę ek vir Aletta dat ek hoor die mense val met dáárdie siekte...”Eisch, banja ęlleke dag, ęlleke dag...” Ek wil seker maak en sę vir haar ek bedoel nie elders nie maar in die woonbuurt naby die Plattelandse dorpie waar ons woon ...”Net hier, hier waar ek vandaan kom, ęlleke dag, soos hulle val soos nou, eisch ...”

En wat sę die virologiese towenaars oor die ontstaan van hierdie ‘siekte’ wat die mense so laat val? Wat word ons, die potensiële slagoffers, deur hierdie wetenskaplike ‘beskermhere’ wat met die dinge werk, vertel? Hoe het hierdie pandemie so skierlik in die tagtiger jare die lig gesien, en vinnig vertak in ‘n netwerk van die dood - Hierdie Vigs pandemie? Hulle hou uit ‘n verenigde front aan ons voor dat ‘n Vigs besmette aap in Afrika, ‘n inboorling aan die boud gebyt het. Hierdie inboorling het ‘dorp toe gegaan’ en het dit vir ‘n prostituut gegee wat dit vir ‘n plaaslike bankier gegee het, wat dit vir sy vrou en drie skelmpies gegee het en woeps – 75 miljoen mense in Afrika is met die Vigs virus besmet.

Wanneer iemand vroeër in jou lewe ‘n stelling oor iets ongewoon, of in die gewone sin, verregaande maak, en jy dan baie later in die lewe duidelike tekens daarvan persoonlik ervaar, en uit betroubare bronne daaroor lees; dan dien dit as ‘n klinkklare bevestiging. Dán val daar ‘n legkaart inmekaar, dán word mens oortuig en dán gaan jou oë oop...
My ou mentor en sy vrou is vandag in ‘n ‘Altesheim’, en die twee trotse, regop mense, wat ‘n ongewone pad deur die lewe geloop het, en ook oor ‘n vęr bo gemiddelde insig en kennis beskik; is nou heelwat ouer. Maar, hulle het betyds diep spore in my siel getrap, my gees gebrei, my visie geslyp en gekanaliseer, en my identiteit bewussyn geanker waar dit tuishoort. Dit was Herr. Helmers wat my in 1990 daarop gewys het dat die “... Amerikaners kollektief oor ‘n siek gees beskik”.

Hulle het ondergrondse laboratoriums waar die wetenskaplikes nie mens verheffende werk verrig nie, maar waar genetiese manipulasie onnatuurlik uitgevoer word, het hy my vertel ... “The X Files, is nie heeltemal so vergesog of uit die Amerikaanse duim gesuig nie” was sy presiese woorde. Hy het aan my verduidelik dat die Amerikaners monster en gedrog behep is, dat hulle ongewoon aangetrokke is tot onmenslike dinge, dal hulle, hul verknog met mismaaksels en gruwel dinge en gruwel verhale en dade... En wat sal die mense van so ‘n stelling dink – sameswerings teorie, spoke opjaag – mal stellings uit konserwatiewe kringe?... Maar, in 1998 pas Dokter William Cambell Douglas, die ‘National Health Federation’ se “Doctor of the Year”, se woorde soos ‘n vermiste stukkie legkaart daarby in - hy spreek sy kommer uit oor die verskynsel dat wetenskaplikes hul prioriteite verkeerd het, en sy kommer bevestig wat my mentor gesę het. Meer nog, hy trek die lyn van monster skepping reguit deur na die VIGS pandemie: “Die mensdom dryf in ‘n klein bootjie onder die beheer van egoďstiese, naďewe, ambisieuse, gulsige, materialistiese en onverantwoordelike genetici en mikrobioloë wat net vir hul eie glorie en niks vir die mensdom omgee nie” skryf Dr. Cambell in sy skrikwekkende boek: ‘Aids The end of Civilization’

Tussen 2004 en 2009 het ek in Irak aanskou hoe die Amerikaners mekaar verdring by die rakke waar die gruwel DVD’s uitgestal word. Hoe afgrysliker hoe aantrekliker, hoe meer bloedstollend, des te beter, hoe wreder en bonatuurlik walglik, hoe meer aanloklik. Die siekste en skrikwekkendste visuele materiaal blyk hierdie leidende mense te mesmeriseer en stimuleer...

Op ‘n mistige oggend in die herfs van 1987 was daar geheimsinnige woelinge onder spreiligte, agter agt voet elektriese drade 5 kilometer van Elko, Suid Carolina in die VSA. Terwyl swaar gewapende wagte die omheinde en beligte area bewaak het, was wetenskaplikes van Clemson Universiteit, met beskermende uitrusting, rubber handskoene en veiligheidmaskers besig om mens gemaakte, geneties aangepaste bakterieë op winter koring oor te plant. Sommige wetenskaplikes was baie besorg oor hierdie verskynsel en benadering van die wetenskaplikes onder staat beskerming en het hul kommer daaroor uitgespreek. Hierdie manipuleerde bakterieë word blou wanneer dit suiker laktose vreet. Laktose is die suiker wat in melkprodukte voorkom. Die vraag wat die besorgde wetenskaplikes vra, is of ‘n mens sal blou word wanneer jy brood eet wat van die ‘manipuleerde’ koring gemaak is en dit in jou maag kombineer met melk en of ander suiwelprodukte? Die groot gevaar waarop die besorgde wetenskaplikes wys is dat ‘n enkele bakterie homself oornag ‘n paar biljoen keer kan dupliseer. Wetenskaplikes in Amerika het sover terug as 1972 reeds ‘n metode ontwikkel waardeur die gene van enige twee of meer organismes op aarde na hartelus vermeng kan word. Die gene van ‘n eend kan byvoorbeeld met die van ‘n lemoen of ‘n zebra gemeng oftewel ‘gekruis’ word. Teoreties kan hierdie gene of hulle dan nou van ‘n slang, haas, dassie of van ‘n dodelike virus soos die Vigs virus afkomstig is, aan jou nasate oorgedra word.

Vigs is nie ‘n natuurlike verskynsel nie, maar ‘n ‘mens gemaakte’ epidemie wat voortgebring is deur ‘n geneties-manipuleerde virus wat in ‘n laboratorium produseer is. Dit is die produk van onverantwoordelike navorsing, oftewel ‘n eksperiment, wat skeefgeloop het en die verantwoordelike instansies en persone, kan uit die aard van die pandemie, nie bekostig om dit te erken nie. Hulle plaas die blaam eers gerieflik op die hap van ‘n aap en daarna in ‘n rookskerm chronologie op die onkuisheid van ‘n vlugkelner... Dr. Douglas wys daarop dat daar nog nooit ‘n bewese geval was waar ‘n aap ‘n retro virus aan ‘n mens oorgedra het, hetsy deur middel van ‘n byt of andersins nie. “Self al sou ‘n aap Vigs deur middel van induksie ontvang, kan dit nie aan ‘n ander aap oorgedra word nie laat alleen ‘n mens” skryf hy. Hy gaan verder: “...Aids started in the cities of Africa where there are no wild monkeys, not in the villages...” Navorsing toon dat die verdubbeling tyd vir vigs ongeveer 12 maande is. Dit beteken dat indien die byt van ‘n enkele aap aan ‘n enkele persoon die virus dwarsdeur Afrika moes versprei, dit 20 jaar sou neem om die miljoen merk te bereik. Maar, inderwaarheid het 75 miljoen Afrikane bykans gelyktydig besmet geraak in die selfde tyd toe dit in die VSA, Haiti en Brasilië verskyn het...Dit kan onmoontlik die werk van een aap wees...

In 1988 verklaar die ‘New Scientist’ van 19 Mei in Londen: “...The Pentagon is supporting research on biological warfare in over 100 Federal and private laboratories including many prominent universities...” terwyl die ‘London Times’ van 11 Mei 1987 op sy voorblad verklaar het dat die Węreld Gesondheid Organisasie (WHO) “...had triggered the Aids epidemic in Africa... through their smallpox immunization program...” Hulle wou ‘n evaluasie maak van die effek wat virusse op immuniteit funksies het, en mens het nie werklik ‘n dieper insig nodig om te besef dat die oproep wat aan die wetenskaplikes uitgegaan het, was; dat pogings aangewend moes word om ‘n immuniteit vernietigende virus te skep of kweek...”They used smallpox vaccine for their vehicle and the geographical sites chosen in 1972 were Uganda and other African states, Haiti and Brazil...the recent past of Aids epidemiology coincided with these geographical areas...” verklaar Dr. Douglas.

Dit, dan voorlopig, wat Afrika en die ander genoemde teiken lande betref. Maar wat dan van die verskynsel van Vigs onder veral Homoseksuele mans? Natuurlik sal die Kerk as tipiese ‘spook smous’, die duiwel in ‘n virus wil in preek en met kansel fobie in die private binnekamer van homoseksuele gaan lakens deurmekaar krap, maar wat die ingeligte betref gaan die kerk arm aan ‘n realiteit begrip, want vigs kom nie van die homoseksuele se ‘binnekamer doen en late’ nie, dit is oorspronklik doelbewus per ‘eksperiment’ aan hulle gegee...

Wolf Szmuness was ‘n Kommunistiese Pool. Hy was ook iets anders, maar indien ek dit sou noem sal sommige Woes lesers kla dat ek ‘anti Semities’ is. Hy is gedurende die Tweede Węreldoorlog na ‘n Siberiese strafkamp gestuur, maar het wonder bo Semitiese wonder dit oorleef en op die koop toe daarby die mediese skool in Toms Rusland bygewoon. ‘n Hele paar ongewone dinge gebeur met Wolf. Hy trou ‘n Russiese vrou en kry ‘n betrekking in ‘n publieke gesondheid sentrum. Volgens sy biograaf was Wolf baie geheimsinnig oor die tyd in die Siberiese strafkamp. Kommunistiese Rusland laat nooit toe dat enige burger van Rusland saam ‘n naasbestaande die land verlaat nie. Indien ‘n man sou gaan, moet die vrou bly en andersom. ‘n Man en vrou kon saam die land verlaat, indien hulle kinders het, maar dan moet die kinders agterbly. Dit alles om te verhoed dat mense oorloop na ander lande om daar asiel te kry. In 1959 egter vertrek die hele Szmuness familie na Italië waar Wolf ‘n mediese konferensie sou bywoon. Hy loop toe dadelik oor na die Weste en vestig hom sonder enige moeite in New York waar hy baie maklik sonder enige geloofsbriewe werk kry as laboratorium assistent by die New York City Bloedbank van alle plekke. Binne ses jaar word hierdie Russies Poolse emigrant ‘n volle Professor van epidemiologie by die Columbia Mediese Skool en kry hy sy eie laboratorium by die bloedbank. Hierdie uitgewekene keer na Rusland terug en word wonder bo wonder gulhartig as ‘n hooggeplaaste ontvang...

Maar, terwyl hy in Amerika was, was hy met volle finansiële ondersteuning van die Amerikaanse ‘Centre for Disease Control’ en die ‘National Institute of Health’; die meesterbrein agter die Hepatitus B ‘inenting program’ wat op homoseksuele mans uitgevoer is. Hy het daarop aangedring dat die ‘eksperiment’ op erkende, promiskue homoseksuele mans gedoen word. Dit het in November 1987 begin en die eksperimentele entstof is in ‘n regerings laboratorium geskep. Teen Oktober 1979 is die eksperiment voltooi en binne 10 jaar was die meeste manne op wie die eksperiment uitgevoer is sterwend aan vigs. Die eksperiment is in 1980 uitgebrei na al die groot stede van Amerika. Die eerste Vigs geval is in die herfs van 1980 in San Francisco rapporteer. Binne agt jaar daarna was die meeste homoseksuele mans in San Francisco siek of sterwend...

Laat daar geen twyfel wees nie, geld het onmeetlike mag. Hoewel verskeie variasies sameswerings teorieë rondom geld en die ‘geldmag’ die rondte doen, is daar genoeg geskiedkundige bewyse daarvoor dat ‘geld reguit maak wat krom is’. Een gebied waar geld kronkel dade reguit getrek het en konkel gate toegestop het, dan is dit op mediese gebied en veral met inligting en navorsing oor Vigs. Die hele Vigs skool bestaan uit hoog aangeskrewe viroloë en epidemioloë wat hoofsaaklik deur die Amerikaanse ‘Public Health Service’ en die land se voorste mediese instellings emplojeer word. Hand aan hand met hierdie kliek is die magtigste farmaseutiese firmas in die węreld. Hierdie ‘kliek’ beheer alle navorsing oor Vigs. In minder as ‘n dekade het sekere lede van hierdie kliek van wetenskaplike onbekendheid gespring tot die hoogtes van wetenskaplike prominensie. “Hulle kollektiewe ‘prestasies’ sou nooit bereik gewees het as dit nie vir die vinnig groeiende Vigs pandemie nie...” skryf Dr. Alan Cantwell in “Aids and the Doctors of Death – An Inquiry Into The Origin of The Aids Epidemic”

Indien daar ‘n geneesmiddel of voorkoming middel vir kanker en Vigs gevind word sal die multi miljoen dollar farmaseutiese ‘bestryding’ bedryf teen Vigs skipbreuk ly. Ons is nie in ‘n ‘oorlog’ met Vigs gewikkel nie, maar met mekaar. Ons moet hier in gedagte hou dat die ‘waarheid’ in ‘n tyd van oorlog meermale netjies versteek word vir die publiek...

Word vervolg.

Stefanus
11th June 2010, 13:23
Vigs en die Dokters van die Dood – II

Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/87925_Vigs_en_die_Dokters_van_die_Dood_%E2%80%93_I I.htm)


Vigs is eintlik in sy ‘mediese wese’, ‘n tipe kanker en nie ‘n heteroseksuele of homoseksuele siekte of virus nie. ‘n Virus het nie seksuele voorkeur nie - net soos ‘n hoender nie ‘n politieke party ondersteun of ‘n nagaap ‘n kerkverband het nie. Om vigs ‘n seksuele konnotasie te gee is ‘n misleiding foefie van die siek eksperimenteerders en hul meelopers, met die doel om die fokus weg te neem van die mediese en wetenskaplike verraad wat hulle teen die mensdom gepleeg het en steeds voluit pleeg.

Daar word van ons verwag om te glo dat twee primaat virusse in 1979 uit die oerwoud van Afrika, “...spesie gespring...” het, en in die eksklusiewe bloed van wit homoseksuele mans van Manhattan op geëindig het. So ‘n onwaarskynlike, biologiese scenario, het die kenmerke van ‘n feëverhaal, en Dr. Allan Chartwell skryf in sy verhandeling ‘Queer Blood – The Secret Aids Genocide Plot’ tereg oor hierdie siening: “...I remain stupified that this theory has been so readily and universally accepted as ‘fact’ by Aids scientists...”

In hierdie huidige periode van die mensdom se geskiedenis, waar die oorsprong van die Irakse oorlog op hoogste regeringsvlak, deur leuens en misleiding toegesmeer word, is dit baie duidelik dat die oorsprong van Vigs en twee nuwe aanverwante virusse ook toegegooi sal wees onder wetenskaplike geheimhouding, deur disinformasie, en, of ‘n regering se toesmeer van feite.

Die onmiskenbare moontlikheid dat primaat eksperimentering lank voordat Vigs ontstaan het, daarvoor verantwoordelik was dat HIV tipe sjimpansee en aap virusse na mense oorgeplaas is, word nooit deur die voorste virologiese navorsers genoem of bespreek nie. Enige konneksie tussen die ‘eksperimente’ wat lank voor die verskyning van vigs uitgevoer is, en die eksklusiewe ‘uitbreek’ van Vigs, asook die KS virus by homoseksuele, word geriefliker wys deur die węreldwye ‘Vigs Stigting’ afgeskiet en ignoreer. Die getuienis wat met betrekking tot hierdie onderwerp bymekaar gemaak is, is slegs ‘n fraksie van die omstandigheid getuienis wat bewys dat Vigs ‘mens gemaak’ is. Die epidemie het ontstaan bykans onmiddellik na ‘n dekade van gevaarlike diere kanker-virus eksperimentering.

Die baie relatiewe vraag wat hier afgevra moet word is: ‘Is dit regverdig om homoseksuele mans, swartes, en sjimpansees te blameer vir ‘n siekte wat sy ontstaan daarin kon gehad het dat ‘inentings programme’ in werking gestel is waar homoseksuele mans en swartes as proefkonyne gebruik is. Navorsers beweer die HIV virus het in Afrika uitgebroei meer as ‘n halfeeu voordat dit in 1982 in Amerika uitgebroei het - hoewel daar in Amerika geen inkubasie tydperk vir homoseksuele mans was nie. Die oomblik toe homoseksuele mans hulself beskikbaar gemaak het vir die ‘regering geborgde’ hepatitis B inenting eksperimente, het hulle begin sterf aan ‘n ‘vreemde’ virus uit onbekende oorsprong. Die hepatitis B eksperimente het in Manhattan begin in die herfs van 1978, en die eerste paar Vigs gevalle (almal jong homoseksuele mans van Manhattan) is in 1979 deur die CDC rapporteer.

Wetenskaplikes versuim ook om te verduidelik hoe ‘n ‘splinternuwe’ herpes virus in 1970, ook saam met HIV by eksklusief homoseksuele mans in omloop gebring is. Hierdie herpes virus, word daar nou geglo, is die oorsaak van ‘Karposi Sarcoma’, die sogenaamde “gay cancer” van Vigs. Voordat Vigs bekend geraak het is Kaposi Sarcoma nooit in gesonde jong mans gesien nie. Hierdie Kaposi Sarcoma is in 1994, ‘n dekade nadat HIV identifiseer is, vasgestel, en is nou verwant aan ‘n primaat kanker vormende herpes virus, wat ekstensief bestudeer is en in diere laboratoriums ‘n dekade voor Vigs ‘oorgedra’ is.

Daar is genoegsame bewyse, en ‘n intelligente mens kan vandag genoegsame afleidings maak en oplees werk gaan doen om tot die logiese gevolgtrekking te kom dat Vigs deur die mens geskep is. Die ander aspek wat uit hierdie feit spruit, en natuurlik baie nou daaraan verwant is, is die toesmeer van inligting oor die verspreiding van vigs. Die węreld leiers het reeds hul hand in die skepping van Vigs gehad, so dink nou net aan hoe die mense sal reageer indien daar uitgevind word dat vigs boonop op baie meer maniere opgedoen of versprei kan word as wat die media vir ons voorhou. Indien die mensdom die algehele waarheid oor die ontstaan van Vigs asook oor die verspreiding daarvan te hore kom, sal die mees logiese reaksie wees dat regerings geforseer sal word om meer drastiese stappe teen die verspreiding van Vigs te neem; en dit het verrykende politieke en ekonomiese implikasies vir regerings en finansiële instansies. Soos met enige lewens gevaarlike epidemie, is daar net een oplossing - toetsing moet verpligtend gemaak word, en diegene wat daarmee identifiseer word, moet uit die gemeenskap verwyder word en afgesonder word. Enige iets minder as dit is vrugtelose wensdenkery.

Die implikasies om sulke stappe te neem is te kras vir die papbroek regerings van die węreld. Dit bring eintlik mee dat die beskermhere van die mensdom meer waarde heg aan die persoonlike gevoelens van die besmette verspreider, as in die belange van die gesonde en weerlose mensdom. Dit kom daarop neer dat die besmette persoon se regte beskerm word, en die regte van die onbesmette persoon misken word. Wat ‘n siek, siek paradoks! Daar is ‘n steekproef in San Francisco gemaak om te bepaal hoe die mense voel oor verpligte toetsing vir VIGS, en die enigste persone wat besware gehad het, was hoofsaaklik promiskue homoseksuele en Negers, en dit op sigself vertel ‘n storie. Dink net wat die implikasies vir Suid Afrika sal wees... die helfte van die parlement op ‘n eiland neergesit!
Deur dus vir die mense voor te hou dat vigs slegs versprei kan word deur direkte kontak met besmette bloed en veral deur onbeskermde seks met ‘n besmette persoon, plaas dit die algehele meerderheid van die ontwikkelde węreld bevolking in ‘n apatiese gemaksone. Maar die situasie sal drasties verander indien die intellektuele mensdom wat juis politieke en ekonomiese stukrag het, die waarheid moet hoor en skierlik regerings en hul wetenskaplike meelopers met mag konfronteer en onder druk plaas. Daarom stoot regerings instansies, medici, wetenskaplikes en gesaghebbendes dit wat vleiende geluide in die media en op forums maak voor as die oorsake, en enigste gevare. Die hele kaboedel wetenskaplikes en medici wat met die Vigs virus te doen het is ‘n skool ‘toesmeerders’ wat eksperimentele gewin najaag ten koste van die belange en gesondheid van die mensdom.

Daar is egter medici en wetenskaplikes wat weier om saam met die stroom te gaan en wat getrou aan die etiek en vereistes van die eksakte wetenskap, dit hul plig ag om die mensdom in te lig oor die feite wat so skandalig tragies van ons weerhou word. Hierdie wetenskaplikes kom met skokkende feite, en logiese argumente en afleidings vorendag, en wys duidelik daarop hoe gevaarlik dit is wanneer die mensdom se persepsies deur misleiding só kanaliseer word dat opsigtelike gevaartekens misgekyk en selfs ignoreer, of erger nog, verwerp word. Die probleem wat hierdie wetenskaplikes egter ondervind om die feite bekend te kan maak, is beduidend in die verbetenheid waarmee die waarheid verdoesel word. Hiermee het ek persoonlike ondervinding...

Ek dink hier aan die vermaarde Jood, Dr. Ruben Cher – Suid Afrika se “Doctor Aids”. Die man wat in die laat tagtiger jare oral aangehaal is en op televisie verskyn het. Die ‘voorste’ Suid Afrikaanse Vigs ‘kenner’ en ‘navorser’. Dr. Cher het oral rondgegaan, lesings gegee, seminare toegespreek en op nasionale televisie verklaar dat Vigs ‘n seksueel verwante virus is en dat dit nie ‘n gevaar inhou indien mens ‘n kuise lewe lei. In Junie 1990 was ek nog in die polisie en met verlof by die huis. Ek het toe oor die radio gehoor dat daar ‘n seminaar oor Vigs in ‘n ouditorium, vir medici en mediese studente gehou gaan word, en dat die seminaar deur niemand minder as Dr. Ruben Cher, gelei gaan word. Die doel van die seminaar was blykbaar om duidelikheid te gee oor sekere vrae en onduidelikhede mbt Vigs. Ek het op daardie stadium al ‘n redelike studie gedoen oor die geskiedenis van Vigs, en ek moet bieg, was eintlik ook bietjie lus vir die Jood wat almal so oor die TV paai. Ek het toe vasgestel dat dit ‘n oop seminaar was en dat ek nie daar geweier sou word nie, en het gegaan. Daar was baie geneeshere en ook baie studente. Dr. Cher se hele aanbieding het sentreer rondom die gevare van vigs, en die implikasies wat onkuise seksuele verhoudings inhou. Alles wat hy gesę het, het hy vantevore ook oor die televisie vir die publiek gesę. Dit was vir my duidelik dat hy ‘n lawaai op die oppervlak maak om aandag uit die dieptes te hou, maar toe kom vraetyd! ‘n Geneesheer het gevra oor die toetsing van bloed wat vir oortappings in die bloedbank gestoor word en die stelling gemaak dat net elke soveelste monster vir vigs getoets word. Dr. Cher het dit bevestig en... vertel dat sy vrou ‘n bloeier is en kort vantevore ‘n dringende bloedoortapping by die algemene hospitaal in Johannesburg moes ontvang. Hy het daar voor al die persone in die seminaar vertel dat hy persoonlik die bloed vir vigs getoets het voordat hy toegelaat het sy die oortapping ontvang. Toe vra ‘n student of mens Vigs kan kry deur ‘n ‘French Kiss’. Almal het gegiggel, maar ek wou hoor wat hy sę. Nie ja of nee nie, maar “Only if you spit about one litre of saliva in the persons mouth...” was die sluwe antwoord... “there is no case where somebody contracted aids from a kiss” het hy bygevoeg.

Ek het hom gevra of dit waar is dat Vigs ‘n inkubasie tyd van tot vyftien jaar lank kan hę... en hy bevestig... toe vra ek hom hoe weet mens wie jy gesoen het vyftien jaar gelede? Ek het hom ook gevra of dit waar is dat die vigs virus vir sewe dae lank in gewone water kan leef... hy het my agterdogtig aangekyk, en gevra wie ek is. Ek het weer my hand opgesteek en hy het gesę dit is my laaste vraag. Ek het hom gevra of mens Vigs deur ‘n muskiet kan kry wat pas ‘n Vigs besmette persoon gebyt het. Hy het gesę hy weet nie van so ‘n geval nie – toe vra ek hom of hy kaal saam ‘n Vigs besmette persoon in ‘n gaas hok sal sit vir ‘n hele nag saam ‘n duisend muskiete... toe beveel hy my om te sit...

Dr. Mark Whiteside en Dr. Caroline MacLeod van die Instituut vir Tropiese Medisyne in Miami dagvaar die Amerikaanse Regering en beweer dat die CDC (Centre for Disease Control), inligting, oor die oordraagbaarheid van VIGS deur insekte, van die mense weerhou word. Hulle hou vol in die aanklag, dat die mensdom die reg het om te weet van die lewensgevaarlike bedreigings wat hulle in die oë staar. Hulle stel dit baie duidelik dat VIGS ‘n bloedverwante siekte is en dat dit gladnie voldoen aan die klassieke kriteria van ‘n streng seksueel oordraagbare siekte, soos wat daar aan die mense voorgehou word. Die feit dat omgewingsfaktore ‘n baie groot rol in die verspreiding van die epidemie speel word deur die wetenskap en die media totaal misken. “Elke groot epidemie in die geskiedenis van die węreld was aan omgewingsfaktore gekoppel” sę Dr. Whitehead. Met cholera en ingewandekoors, was dit water, met tuberkulose was dit sproei (hoes en nies) en artikels soos handdoeke, vadoeke, sakdoeke en skottelgoed; met pokke was dit artikels en kos – met geelkoors, denge koors, plaag, malaria en tifus, was die hoof verspreider insekte. Die wetenskap en mediese instellings ...”discredit insect transmission of AIDS in the abscence of scientific data...” verduidelik Dr. Macleod in die klagstukke voor die hof. In ‘n openbare debat op die televisie netwerk ‘Good Morning America’ het Dr. MacLeod dit aan die verteenwoordiger van die CDC, Dr. Gry Noble duidelik gestel dat hulle onjuiste statistieke versprei en dat 40% Vigs besmette kinders in Afrika Vigs vrye moeders het. “So where did they get AIDS?” wou Dr. MacLeod tereg weet. Sy het verder verwys na die feit dat Die Pasteur Instituut in 1990 ‘n studie gedoen het en gevind het dat 30% val alle muskiete in Afrika met VIGS infekteer is... Daar is onweerlegbaar vasgestel dat Vigs 48 uur nadat ‘n muskiet ‘n besmette persoon gebyt het die aktiewe virus nog dra. Hou daarby in gedagte dat die VIGS virus in elke bestaande laag van die menslike vel kan bestaan.

Die baie hoog aangeskrewe en węreld leidende mediese tydskrif ‘Lancet’ van September 1985 verlaar in ‘n artikel: “The aids virus can survive outside the body alive and infective in body fluids for 7 days if dry and for 14 days if wet”...

Nou ja. In die ‘Vigs węreld’, wat ook die mediese węreld is, is daar verskeie ‘gesaghebbendes’ (soos Dr. Cher) - die Vigs wiggelaars, en paaiers. Mense wat ander mense vir wie se lewens hulle verantwoordelik is in die palms van hulle hande het met die feite, naby feite, halwe feite en blatante fiksie wat hulle skaamteloos soos dobbelstene rondgooi...al verskil is die dobbelstene het nie nommers op nie. Dr. Robert Gallo, een van hierdie Amerikaanse dokters wat aanvanklik daarop aanspraak gemaak het dat hy die Vigs virus ‘identifiseer’ het en daardeur befaam in ‘die regte kringe’ geraak het, gooi so ‘n ongemerkte steentjie wat die mense nie sien nie. Hy verklaar saam met Dr. Flossie Wong-Staal, dat hulle met hul navorsing en toetse gevind het dat die mense wat die simptome toon en reeds siek is met vigs, minder virus in hulle bloed dra as Vigs draers wat gesond is, en dat hulle slegs daarin kon slaag om Vigs virusse uit die speeksel van gesonde Vigs draers te isoleer maar nie by mense wat reeds siek aan vigs is nie. Soveel vir Cher se soen storie!

Vrees is die enigste verdediging wat daar beskikbaar is vir die onkundiges, of ongeletterdes of oningeligtes. Dit is die gebrek aan vrees wat diegene doodmaak wat van beter moes geweet het...

Word vervolg...