PDA

View Full Version : Daagliks...



Pionier
21st July 2010, 10:36
Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het
en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was
om die regte prys te betaal.

Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal
en het die hele bose lot daar gel:

Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede,
en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.

Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gel wat duidelik al baie gebruik was.Dit het 'n prys gehad wat baie hor was as al die ander.

Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid.
Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet.

Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel ges.
Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring,
wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.

En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas.
Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens.

Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.
Al wat ek kan s is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie..

Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging s Jesus vir Sy dissipels in Johannes 16:33:

In die wreld sal julle verdrukking h, maar hou goeie moed, Ek het die wreld klaar oorwin.

Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding
dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor.

Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie
Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur..

Dan wil ons soms niks meer met God te doen h nie..

Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is.
Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid,
wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep,

God waarom? Here, waarheen nou?, ek kan nie meer nie.

Dit is waarom Hy vir ons vandag s, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.
Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie.

Ek is hier en Ek het die wreld reeds oorwin.

Daar is hoop vir jou, want Hy lewe!

Pionier
22nd July 2010, 07:09
Duisende paddatjies klim 'n baie
ho toring. Toeskouers skree
:"Julle sal dit nooit maak nie,dis
te hoog....julle is te klein......draai
terug!" Een na die ander gee die
paddatjies op, net een klim tot
bo. Almal wil weet hoe hy dit
gedoen het, maar kom agter hy is
doof!
Dus:
Hou jou doof
vir die perke wat negatiewe
mense op jou lewe stel, jy is tot
ALLES in staat, deur CHRISTUS
wat jou krag gee!
Fil 4:13

Pionier
27th July 2010, 10:37
Dit is op 'n sekere eiland diep in die oseaan, waar die gewoonte was
dat, indien 'n jongman wil trou dan het hy dit eers vir die hele dorpie
vertel. Daarna was die gewoonte dat almal in die dorp dan saam met hom
sou gaan na die vader van die dogter se huis vir die onderhandelinge.
Die pa en die jongman sal dan in die teenwoordigheid van die hele dorp
"handeldryf". Die hoof item op die eiland was dan die koei.
Die jongman sal dan , gewoonlik twee koeie, aanbied vir die dogter.
Indien sy nou uiters mooi was , of slim, dan het hy drie aangebied.
Die rekord in die dorp was vier koeie.


Johnny Lingo was die ryk jongman van die eiland. Die vroue op die
eiland was in ekstase toe Johnny die dag bekend maak hy het sy vrou
gekies. Groot was die skok toe die dorpenaars hoor dit was Lisa. Lisa
was nie in die top tien mooi meisies van die dorp gewees nie. Lisa was
skaam, onvriendelik, verwaarloos en bang.


Almal was by Lisa se huis om die onderhandeling te hoor. Sommige het
gespot en ges dat Lisa se pa moet Johnny eintlik 'n koei of twee gee.
Groot was hulle skok toe Johnny agt koeie aanbied vir haar.
Haar pa het amper inmekaar gesak, maar hy het dit aanvaar. Daardie aand
is hulle getroud en die volgende dag het hulle vertrek na 'n eiland daar
naby waar hul huis was. Dit was hulle eerste huweliksherdenking dat
hulle weer op die eiland kom om vir hulle ouers te kom kuier.
Almal was verbaas oor die paartjie. Eintlik was Johnny op die
agtergrond, maar Lisa was sprankelend, vriendelik, opgewek en liefdevol.
Almal het net oor haar gepraat. Die einde van die dag moes hulle weer
terug na hul huis. 'n Vriend van Johnny het hom nader getrek en uitgevra
na die transformasie van Lisa.
Johnny het ges dat Lisa is van haar geboorte behandel as 'n ou stuk
lap. Sy het later geglo dat sy 'n nikswerd is. Ek het haar aan die dorp
bekend gestel as 'n agt koeie vrou en haar daarna so behandel. Sy het
verander toe sy elke dag my bewondering en liefde in my o sien.
My liewe mens , hoe hanteer jy jou geliefdes ?
Is jou vrou/man ,metgesel en kinders een koeie , twee koeie of agt
koeie mense ?
Julle is vir mekaar geleen ,
Behandel hulle met die liefde van ons Here Jesus Christus en hulle sal weer blom
met vriendelikheid en selfvertroue.

Pionier
7th September 2010, 16:00
Charl Arnoldus (Sarel) Cilliers, meer bekend as die geestelike leier van die Voortrekkers, is op 7 September 1801 op die plaas Schoongezicht, distik-Klein Drakenstein, in die Kaap gebore.
Hy is later getroud met Anna Francina Viljoen en elf kinders is uit die huwelik gebore.
Hy sluit op 35-jarige leeftyd by die Potgieter-been van die Groot Trek aan. Sarel was betrokke by Vegkop in 1837 sowel as beide strafekspidisies teen Mzilikazi, maar is natuurlik meer bekend vir sy betrokkenheid by Bloedrivier.
Ander spore wat hy nagelaat het was sy leidende rol in die hele noordelike gebied meer spesifiek by die Winburgse gemeente. Hy staan ook prominent by die stigting van die Kroonstadse gemeente.
Hierdie foto is 'n beeld van hom voor die NG kerk in Kroonstad.

469

Vir die wat fyner kyk let op die liggaamshouding terwyl hy bid, asook die simboliek van die gevegstoerusting waarop hy staan.

Pionier
7th October 2010, 17:44
Christiaan Rudolph de Wet word op 7 Oktober 1854 op die plaas Leewkop, in Smithfield distrik in die Vrijstaat gebore.Hy het later tuiste gevind in die Dewetsdorp distrik wat na sy pa vernoem is. Hy het die Boere by Majuba verteenwoordig en uitgestaan as miilitaris in die Anglo-Boere oorlog aanvanklik onder Genl Piet Cronje.
Hy verwerf beroemdheid vir sy leiding tydens die Slag van Sannaspos buite Bloemfontein.

Genl De Wet was berug nie alleen vir die Guerrilla stryd wat die Boere teen die Imperialis gevoer het nie maar ook as rebel en politikus. Onder die mense was hy bekend met die wyse waarop hy met sy mede-Boer maar veral die Boervroue omgegaan het. Dit is juis hoekom hy by die Vrouemonument begrawe is.

'n Tesis en bykanse lewensbeskouing kan verder by die onderstaande skakel gelees word. Werklik 'n Boere leier sy tyd vooruit.

http://www.wendag.com/Documente/00dissertation.pdf

Pionier
13th October 2010, 09:29
Deutsch-Sdwestafrika ( Suid-Wes Afrika ) word op 13 Oktober 1884 tydens 'n konferensie in Berlyn amptelik as 'n Duitse kolonie geproklameer.

Duiste beheer oor hierdie juweel in Afrika sou slegs 30jaar duur.In hierdie tyd sou meer as 2500 Duitsers hulle daar gaan vestig, daar was ook 'n Boere bevolking van sowat 2000. Die geskiedenis van Suid -Wes oftewel Namibie soos dit deesdae heet is deurspek met burgeroorloe en koloniale aanslae.

Na die Eerste Wereld Oorlog, Manie Maritz se rebellie ten spyt word Suid-Wes 'n Britse kolonie, wat onder 'n VN maandaat deur Suid-Afrika "regeer" word. Vandag is daar steeds sowat 30 000 Duiste afstammelinge in Namibie.

Interessant let op die volgende:Wituland German East Africa (Tanganyika Rwanda Burundi Kionga Triangle) Togoland German South-West Africa (Namibia) German West Africa (Kamerun Neukamerun)

Dit is al die Duitse kolonies in Afrika, in ooreenstemming met Suid-Wes is dit almal lande wat met geweldige bloedige oorloe geteister word, selfs vandag nog.

Silencio
13th October 2010, 19:26
Pionier, baie goeie leesstof en inspirasie dankie, jy sal merk ek het die 12de 'n stuk geplaas genoem "wanneer mismoedigheid jou verblind"

Vriendelike groete
Silencio


Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het
en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was
om die regte prys te betaal.

Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal
en het die hele bose lot daar gel:

Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede,
en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.

Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gel wat duidelik al baie gebruik was.Dit het 'n prys gehad wat baie hor was as al die ander.

Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid.
Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet.

Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel ges.
Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring,
wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.

En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas.
Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens.

Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.
Al wat ek kan s is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie..

Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging s Jesus vir Sy dissipels in Johannes 16:33:

In die wreld sal julle verdrukking h, maar hou goeie moed, Ek het die wreld klaar oorwin.

Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding
dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor.

Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie
Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur..

Dan wil ons soms niks meer met God te doen h nie..

Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is.
Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid,
wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep,

God waarom? Here, waarheen nou?, ek kan nie meer nie.

Dit is waarom Hy vir ons vandag s, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.
Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie.

Ek is hier en Ek het die wreld reeds oorwin.

Daar is hoop vir jou, want Hy lewe!

Pionier
15th October 2010, 15:01
Godfried Andreas Watermeyer is op 15 Oktober 1917 op die plaas Spitzkop, distrik Middelburg(O-Kp) gebore.

Die belangrikste van Watermeyer is reeds op ander drade hier op die forum genoem.

oa: http://www.wendag.com/forum/showthread.php/601-Miljoene-sal-in-Sondvloed-Sterf

Pionier
22nd October 2010, 11:20
Boere Generaal Jacobus Hercules de la Rey is op 22 Oktober 1847 op die plaas Doornfontein distrik Winburg gebore.

De la Rey is alom bekend as millitere strateeg en aanvoerder.

Wat opvallend is, is hoeveel Boere leiers in Winburg of die distrik gebore is, dink ook aan Sarel Cilliers se verbintenis met Winburg, vandag is die Vrystaatse dorpie byna vergete en verlate.

Pionier
8th February 2011, 07:17
Die volgende het op http://www.landbou.com/gespreksforum verskyn :24:

Etosha: Waar die leeus Afrikaans verstaan.

Hulle s daar is nie 'n werk wat meer gesog is as die van 'n natuurbewaarder nie. Dis nie heeltemal sonder rede nie, want dis 'n voorreg om op 'n plek te kan werk waar jy heeldag en aldag in die natuur verkeer.

Dit terwyl die meeste ander mense baie moet betaal om net 'n bietjie daarvan te ervaar.

Ek was een van daardie bevoorregte mense, 'n natuurbewaarder in die Etosha-wildtuin, een van die regte "manne van die panne". Daardie wereld se mense praat mos nie van Etosha of die wildtuin nie, hulle praat van die naweek "'n bietjie panne toe gaan".

Die hoofnatuurbewaarder was 'n man wat geglo het alle natuurbewaarders moet gereeld patrollies te perd doen. Dan moes ons elke maandeinde 'n volledige verslag indien.

Ek kan nie presies onthou hoeveel uur se perdepatrollies verpligtend was nie, maar hier aan die einde van die maand moes ons gewoonlik 'n plan maak om die voorgeskrewe kwota vol te kry.

Dii patrollies was soms 'n nagmerrie, veral as jy sou opdrag kry om digbeboste gebied te gaan verken. As jy 'n goeie ruiter was, kon dit dalk lekker gewees het, maar ek het nie in daardie klas geval nie. Ek het darem redelik goeie balans gehad, en miskien om daardie rede het ek nooit van 'n perd afgeval nie.

Daar was ook die lekker van patrollies, want ek en my perd, Swernoot, wat van poonse afkoms was, het mekaar goed verstaan. Wanneer ek hom op die vlaktes teuels gegee het, het Swernoot dit net soveel soos ek geniet.

Omdat daar gewoonlik leeus in die omgewing was, het die jaag-episodes altyd in ooptes plaasgevind waar mens ver kon sien. Dit was ook nie my plan om onder takke deur te jaag en Absolom-Absolom te speel nie.

Moet nou net nie dink ek was bang nie. Ek was mos een van die "manne van die panne" en ons het nie maklik geskrik nie. Ek was, soos hulle s, net versigtig.

So gebeur dit toe dat ek en 'n kollega besluit om 'n patrollie te doen om ons ure "vol te maak". Nie een van ons was al te perd op die Etosha-pan self nie en ons besluit toe om 'n bietjie dieper in die pan te gaan rondry.

Ons het die voertuie met die perde se sleepwaens ver van die pad gelos, op 'n punt iewers tussen Okondeka en Wolfsnes, vir die wat daardie wereld ken.

Daarvandaan is ons te perd die pan in. Dit was nogal 'n ekspedisie, maar baie veilig: As daar enige leeus op die pan was, sou ons hulle op 'n goeie afstand kon sien. Hoewel die rit 'n onbeskryflike ervaring was, wil ek nie daaroor uitwei nie. Hierdie storie gaan oor dit wat ons met die terugkeer ervaar het.

En wat 'n ervaring was dit nie !

My kollega, Francois, het 'n perd gery wat kort tevore op Grootfontein gekoop is. Omdat die perd 'n lyf gehad het wat baie aan die van 'n renperd herhinner het, is hy July gedoop.

Toe ons uiteindelik weer uit die pan kom en "voet aan wal" sit - dis letterlik hoe dit gevoel het - het Francois gereken ons moet kyk wie's eerste terug by die bakkies.

Die twee perde het ook geweet ons was op pad huis toe en het nie op hulle laat wag nie. Aangesien dit oop vlakte was, het hulle op volle vaart reguit na die bakkies toe koers gekies.

'n Hele ent vorentoe, min of meer op ons pad, was daar 'n groot boom, stoksielalleen op die vlakte. Uit die aard van my belangstelling in bome wou ek sommer so in die verbygaan kyk watter soort dit is. Ons het die perde soontoe gestuur.

July was ietwat vinniger as Swernoot en ek het effens agter geraak.

Maar skielik, 'n entjie voor my, het die lyftaal van Francois en sy perd verander. Ek kon sien daar is erens 'n groot skroef los. July het eers links gemik en toe regs en toe weer links. In 'n stadium het dit vir my gelyk of Francois sommer so in die hardloop van die perd gaan afklim.

En toe sien ek hulle. LEEUS !

Die hele Okaukuejo-trop van 24 leeus het in die skadu van daardie boom gel en slaap. Daar was nie tyd om te stop of uit te swaai of selfs op te styg nie. Ons was te naby.

Francois doen toe al wat daar was om te doen. Hy stuur vir July reg in die middel van daai trop leeus in sonder om spoed te verminder. Om die slapende leeus se aandag te trek en hulle te oortuig dat hy eintlik 'n gevaar is waarmee rekening gehou moet word, begin spreek hy hulle toe so effentjies in tale aan.

Kyk, ek het al gelees van die Comanche-Indiane se oorlogskreet, en hoe bloedstollend en vreesaanjaend dit is. Maar dis 'n vulletjie teen dit wat daardie dag uit Francois se keel gekom het.

Die leeus moes seker dink hulle word aangeval deur iets uit 'n ander wereld, want hulle laat spaander in alle rigtings om pad te gee voor die aanstormende skreeuende gedierte.

Ongelukkig het 'n paar jong leeus koers gekies in presies dieselfde rigting waarheen ons oppad was. Ek kon sien July begin die gevaar loop om hulle in te haal en op hulle te trap.

En net daar verander July se hardloopstyl dramaties. Iewers moes Francois July se "panic button" gedruk het, want hy skakel oor na iets soos 'n kruising tussen 'n volstruis en 'n seeskilpad. Met die agterpote hol hy met alles wat hy het om te probeer wegkom van die leeus agter hom; met die voorpote roei hy so half in die lug om tog net nie op die leeus hier voor hom te trap nie.

Die jong leeus gee toe gelukkig pad na weerskante en July kon weer sy voorpote normaal aanwend. Toe hulle grond raak, slaan hy oor na die hardloopstyl van 'n windhond in volle vaart, want sy agterpote kom elke keer hier langs sy ore verby soos hy hom inspan om spoed aan te sit.

Dit kan ook wees dat July probeer wegkom het van die gillende ruiter op sy rug, want 'n hele ent anderkant die boom was Francois steeds besig om die leeus in te lig oor wat hulle behoort te doen en waarheen hulle kon gaan.

Ek kon net 'n paar woorde uitmaak, en een het vir my na "voertse-e-e-k!" geklink. Die res behoort nie gepubliseer te word nie.

Die leeus het so positief gereageer op sy instruksies, dat 'n mens maar kan s Etosha se leeus verstaan Afrikaans.

Maar nou moet julle onthou, ek kom nog agterna, met Swernoot steeds salig onbewus van die drama, "happy go lucky" oppad bakkie toe.

Die volgende oomblik is ons tussen die leeus. Swernoot sien hulle en hoor hulle en ruik hulle en ek dink hy het hulle gevoel ook.

Kyk, ek was nie 'n kenner van perde nie en het nie geweet perde het Turbo Boost nie. Toe ons so mooi tussen die leeus is en Swernoot kom skielik agter hier is nou groot fout ... toe skop sy Turbo in.

Toe ons onder die boom uitkom, toe sit ek heel agter op sy kruis en klou soos 'n klein bobbejaantjie aan sy ma soos wat Swernoot onder my uitgehardloop het. Maar ek het my pad kon terugklou tot in die saal.

Kort daarna is ons verby Francois en July, volspoed plus 81%.

My sleepwa se agterklap was gelukkig reeds laat sak. Die klap se grendel het gereeld losgeskud en ek het dit altyd met 'n tou vasgemaak sodat dit nie moes oopval nie.

Gewoonlik het ons maar gesukkel om die perde in die sleepwa te kry, maar die slag het Swernoot sommer self daar gaan skuiling soek. Met die intrapslag vat hy die tou so in sy bek en trek daardie klap agter hom toe, so groot het hy geskrik.

Die kante van die sleepwa was van plank, en aan die een kant was daar 'n gat waar 'n kwas uitgeval het. Toe ek die tou vasgemaak het, stap ek agter toe om die grendel in te skuif en ek sien 'n beweging by die gat.

Toe ek deur die gat kyk, kyk ek in Swernoot se oog vas. Hy was besig om met een oog uit te loer waar die leeus was ....

Francois-hulle het eers 'n rukkie later daar opgedaag.

Ek kan onomwonde s dat niemand nog so vinnig beweeg het op 'n perd se rug soos ek daardie dag nie.

Ek het later die saal met water en seep gewas, maar dit was terperntyn wat uiteindelik die reuk verwyder het. Perde se sweet ruik heeltemal anders nogal sleg - as hulle geskrik het.

En eers veel later het dit my bygeval dat ek nooit gekyk het watter boom daardie was nie.

Piet Grobler

Silencio
9th February 2011, 19:16
Thanks dis nogal iets om te beleef! ek het nou lekker gelag vir die verhaal!!:24:

Pionier
10th February 2011, 17:06
"Dominee" se klein Jannie, "daar is iets wat ek nie verstaan nie."

"En wat is dit, Jannie?" vra Dominee
"Volgens die Bybel het die Kinders van Israel die Rooisee oorgesteek. Reg, ne?"

"Ja, dit is so."

"En die Kinders van Isreal het teen die Filistyne oorlog gemaak, reg?"

"Ee.....reg."

"En die Kinders van Israel het die tempel gebou, reg?"
"En die Kinders van Isreal het teen die Egiptenare geveg, die Kinders van Isreal het teen die Romeine geveg, en die Kinders van Israel het altyd iets belangriks gedoen, reg?"

"Ja dit is so," stem Dominee

"Wat is jou vraag?"

"Nou wat het die grootmense dan gedoen?"