PDA

View Full Version : Bybel het Ander Wreld Beskryf



Die Ou Man
26th July 2010, 07:41
deur Matt Heyns

Vir baie jare is die belydenis dat die Bybel gelyk is aan die woord van God aanvaar.

Daar is aanvaar dat elke opdrag, wet, riglyn, gebod en woord uit God se mond self is. Daar is geglo, bely en aanvaar dat God deur sy Gees die Bybel skrywers gelei en genspireer het om dit te skryf. Daar is geglo en aanvaar dat hierdie opdragte vir tyd en ewigheid geld.

Omdat dit van God af kom moes mense gehoorsaam wees aan God se stem/opdragte.

Bybel skrywers was mense. Die Bybel het geen goddelike gesag of aanspraak op 'n mens se lewe nie. Jy verleen gesag daaraan en jy gee 'n bepaalde status en waarde daaraan want jy laat toe dat die Bybel 'n bepaalde rol in jou lewe speel en om oor jou te regeer. Jy laat toe dat 'n bepaalde invloed op jou denke en manier van leef uit ge-oefen word. Die bundel self kan dit nie doen nie. God self is nie in die bundel aan die woord nie.

Mense byt langtand daaraan as jy vir hulle s dat wat in die Bybel staan 'n getuienis is van hoe mense lank gelede oor God gedink het.

Hoe hulle gedink het God is, hoe God dink en hoe God voel. Die gebooie is eenvoudig deur mense uitgedink en geformuleer.

Omdat die gebooie so bruikbaar en so universeel toepaslik is het dit mettertyd kanonieke waarde gekry. Mense het begin s dat dit God se wet is. Moses het byvoorbeeld nie die tien gebooie by God se boodskapper op die berg Sina gekry nie. Daar is meer mitologiese verhale en legendes rondom Moses verweef as wat daar historiese feite oor hom is.

Eksodus is 'n herhaling van Summeriese wette wat eeue ouer is as die verhaal oor die uittog. Die Jode het dus die wet by een van die ander Ou Nabye Oosterse volke geleen en dit in die verhaal in gewerk asof Moses dit op Sina van God se boodskapper sou ontvang het. Toe die Ou Testament eeue later kanonieke status gekry het, en weer eeue later deel van die Christelike Bybel geword het, is aanvaar dat dit van God af kom en daarom moet dit universeel oor tyd en grense geldig wees.

Die verhaal van Moses, wat die wet op 'n berg van God se boodskapper ontvang het, is dekor vir 'n mitologiese drama. Die antieke gode het op berge gebly. Daarom slaan die psalmdigter ook sy o op na die berge toe. Daarom het Jesus ook 'n bergrede waarin hy die wet aan sy volgelinge verduidelik.

Die gebod waaroor die vraag gaan was die vyfde gebod wat beveel Eer jou vader en jou moeder sodat jy 'n lang lewe kan h in die land wat die Here jou God vir jou gee

Daar is niks fout met die gebod nie. Soos wat jy vir alle ander lewe respek moet h moet jy dit ook vir jou ouers h. Waarom is die gebod juis so geformuleer. In die Joodse tyd het hulle nie geglo aan 'n lewe na die dood of aan 'n salige voortbestaan in 'n hemel na jou aardse lewe nie. Al wat hulle geken het was die lewe hier en nou.

'n Mens is deur God gesend beskou as jy 'n lang lewe en 'n groot nageslag gehad het. Albei di elemente kom in die gebod voor. Die Jode het maniere gesoek om hulle lewe te verleng. n Teken dat hulle hierdie sen van God af ontvang het. Een van die maniere waarop hulle besluit het was om te s dat jy jou vader en moeder moet eer.

Die ander rede is dat daar nie finansiele voorsiening vir aftrede in daardie tyd gemaak is nie. Ouers se voorsiening was in hulle nageslag. As hulle oud en swak sou word moes hulle kinders na hulle omsien.

Hierdie gebod reguleer die antieke pensioenfonds. Eer jou vader en jou moeder. Hulle moet deel van jou lewe bly en jy moet hulle versorg. Dan sal jy die sen van die Here ontvang en sal jy ook 'n lang lewe h. Kinders is in die antieke tyd gesien as besittings van hulle ouers. Dogters kon soos beeste aan reisigers en verbygangers verkoop word.

Die meeste dogters het hulle ouers nooit weer gesien nie. Hierdie gebod is pertinent op seuns bedoel. Hulle moes hul ouers eer in die sin van versorg tot met hulle dood. Die beloning is om self eendag die vreugde van 'n lang lewe te smaak.

Ons samelewing lyk baie anders. Daar is ander energie wat in ons verhoudings en lewens 'n rol speel. Eksodus reguleer nie meer ons aftrede voordele nie. Dogters word nie meer verkoop nie. Kinders is gelyk voor die reg en kinders het die status van mense en nie besittings nie.

Respek moet verdien word. n Mens kan nie op eer aanspraak maak as jy nie eer verdien nie. Verhoudings lyk anders. Gesinne lyk anders. Die samestelling van gesinne lyk anders. Dit verander ook meer dikwels met egskeidings en hersamestelling van nuwe verhoudings.

Daarom is dit onregverdig en feitlik onmoontlik om 'n wet oor 'n 2000 jaar gaping te laat spring en om vandag in 'n totaal nuwe situasie goddelike status daaraan te gee om dit vir tyd en ewigheid te laat geld.

Ons godsbegrip en spiritualiteit lyk ook anders. Ons idee van lewe, van dood, van ouers en kinders lyk anders. Ons ken ouers wat nooit ouers moes gewees het nie. Ons ken kinders wat dwaas sal wees om in verhouding met sulke ouers te bly. Ons kan nie 'n rel afkondig en laat geld ongeag die omstandighede nie. In ons wreld bepaal die omstandighede nogal grootliks wat reg is en wat nie.

Vir ons is God nie 'n koning wat op 'n troon in die hemel sit, wette maak, en mense se name in 'n swart boekie opskryf as hulle nie by daardie wette bly nie. Vir ons werk daardie konsep nie meer nie.

Vir ons is daar ander sienings wat belangrik is. Ons leef in 'n ander verhaal. Ons idee oor God is ook totaal en al anders. Bybelse wette kan nie voorskryf of laat regeer omdat dit in die Bybel staan nie. Ons het die reg om dit krities te bevraagteken. Om dit af te skryf. Of om waarhede daaruit te neem en dit steeds in ons lewens te gebruik.

Dit is nie God se wette en daarom vir ewig bindend nie. Dis gebooie deur mense geformuleer vir hulle tyd en omstandighede volgens hulle lewensbeskouing, behoeftes, hulle prentjie van God en gerig op hulle verstaan en instandhouding van die werklikheid.

Ons lewe en wreld lyk anders. Vanuit ons verstaan van die goddelike probeer ons om ons samelewing sinvol in te rig. Volgens ons verstaan van spiritualiteit probeer ons Liefde wees. Daar is nie wette van buite wat ons lewe regeer nie maar 'n wet van binne wat die

Liefde laat leef.

Mense sal oor die punt moet kom waar hulle dink dat wat in die Bybel staan van God af kom en ewig geldig is. Eerder wette wat mense formuleer om sekere sake in die samelewing mee te orden volgens die lewens en wreldbeskouing van die mense vir wie dit geformuleer word.

Niks meer of niks minder nie.

As omstandighede oor 'n paar jaar anders lyk word die wet gewysig, aangepas of geskraap.

Bron (http://www.nuus24.com/MyNuus24/JouStorie/Bybel-het-ander-wereld-beskryf-20100514)

Pionier
26th July 2010, 08:06
DOM hierdie is baie goed verwoord. Sodra 'n mens die konsep aanvaar dat die Priesters/owerstes in die OT ook maar net mens was, met menslike foute(kom ons noem dit sonde) word die OT verklaarbaar.

Indien ons aanvaar dat die skrywers/Priesters sondig was, het hulle dan ook soms opdragte van die duiwel en soms opdragte van God uitgevoer.

Ek is tans besig om te kyk of daar nie 'n noemlike verbintenis aan sekere aanvaarbare(volgens Christelike norme), maar andersyds onaanvaarbare gebeurtenisse in die OT is nie. Bv. waar gepraat word van HERE(Jahweh) en "Here HERE". Is die een HERE Jahweh, en die Here HERE die vleestelike of anders om?

Die Ou Man
26th July 2010, 10:36
Pionier, ek het hard probeer om die spreekwoordelike Ou Testamentiese baba te ontstrengel van die badwater voordat ek dit uitgooi. Uiteindelik het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daardie baba reeds verdrink het.

Wat my aanbetref is die lewende Baba in die Nuwe Testament. Die Ou Testament is 'n dokument wat handel oor 'n vergange godsdienstige era wat moes dien om die Israeliete se primitiewe bloedkultus te voed en te onderhou. Buiten om te dien as geskiedkundige dokument wat die oorsprong en ontwikkeling van die Christendom, Judasme en Islam aandui, het dit geen Goddelike gesag of geestelike waarde vir die gelowige wat die wederkoms afwag nie.

Ek poog om in die Ou Testament onderskeid te tref tussen die voorskrifte van die priesters/skrifgeleerdes en voorskrifte van die profete. Die profete had Goddelike gesag.

Die volgende is 'n opsomming van die boek: "Priestly Rites an Prophetic Rage" deur Lena-Sofia Tiemeyer.


Although Judah's prophets and priests often stood united in their concerns for the cult, many prophetic texts from the 6th and the 5th century BC testify to a major disagreement between them as to how to worship God. Lena-Sofia Tiemeyer analyzes the critique of the priests as found in the prophetic texts from that period. In these texts, the prophets accused the priests of misdemeanours in both the cultic and the social realm. The author further explores how the same prophets envisioned a more righteous priesthood. The earlier promises in Isaiah 40-55 form the background of this critique. Much of the post-exilic prophetic literature sought to explain the non-fulfilment of these promises. The author shows that the shared focus of most of these explanations is a culpable priesthood. She further demonstrates a different picture of the post-exilic priesthood from the one often previously assumed. Rather than attributing cultic monolatry to the post-exilic priests, reformed through their suffering following the destruction of Jerusalem, she shows that the emerging new clergy were not so very different from their pre-exilic predecessors. In addition, in contrast to the common assumption that the prophetic literature displays contradictory views, the author stresses the similarity between the thoughts and ideas displayed throughout Isaiah 56-66, Haggai, Zechariah 1-8 and Malachi. Bron (http://www.bookreviews.org/bookdetail.asp?TitleId=5792)