PDA

View Full Version : Dolksteek in die Afrikaner se Hart



Stefanus
4th August 2010, 09:01
’n Dolksteek in die Afrikaner se Hart
Deur: Waldor (http://www.woes.co.za/skrywers/5410_Waldor.htm)


“Daar het ‘n doringboompie vlak by die pad gestaan, waar lange ossespanne met sware vragte gaan. En eendag kom daar langes ‘n ossewa verby... wat met sy sware wiele dwars oor die boompie ry. Jy het mos doringstruikie my anderdag gekrap; nou het my wiele jou kroontjie platgetrap” skryf Totius in sy ‘Vergewe en Vergeet’... oor die Engelse wat ons kom binneval het.

Die Afrikaner het dit nie maklik gehad nie. Die siel en hart van die Afrikaner is getemper deur ‘n stryd van sy eie wat nie terugstaan vir enige ander mense stryd ter wêreld nie. Die Afrikaner moet hom nie laat bangpraat en ompraat en wegpraat of afpraat van die toekoms eise wat die vasteland van Afrika voor sy voete gooi nie. Toe Brittanje ons binnegeval het, was dit die magtigste land op die ganse Aarde en waarskynlik nog op sy magtigste in sy eie heugenis, en ons, ons was bykans die kleinste landjie in dieselfde wêreld en tydvak. Ons het nie eers ‘n weermag gehad nie. Ons was hoofsaaklik Boeremense wat die grond omgedolwe het en biltong gemaak het.

Toe die groot bedreiging wat wêrelde verower het, kom, en skeepsvrag op onbeperkte skeepsvrag opgeleide en goed gedissiplineerde soldate, met kanonne en ammunisie, onder die bevel en beheer van oorlog ervare generaals en bevelvoerders op hul groot geteelde perde in hul duisende op ons toesak, moes ons inderhaas bymekaarskraap... Komberse oprol, biltong en beskuit in die saalsakke pak, vrouens en kinders groet en op die kleiner boerperd van die veld klim en die wêreldmag gaan aanvat – man, seun en Mauser. Die plotselinge en eensklaps bymekaarbring van boere het sy nadele gehad, maar ten spyte van die feit dat ons daardeur verdeeld, ongedissiplineerd en individualisties was het ons die magtige reus tot verstomming van die ganse wêreld bykans op die knieë gehad. Manne wat relatief kort tevore agter ‘n eenskaarploeg gestaan het en op die jagveld beweeg het, het die geskiedenis se opgetekende taktikusse uitmaneuvreer, uitoorlê en des moers geskiet. Jong seuns wat nog top moes gooi, het Victoria se jong troepe in die gesig gestaar waar kruitdampe en die dood hulle tot mans verhef het. Kinders, wat bereidwillig was om alles op te offer vir hierdie bedoelde land wat geknel is deur imperiale prostitusie.

Toe hulle met reguit houe deur ‘n ligter opponent bloedneus geslaan word, toe gaan hulle buite die kryt en haal dit op die vroue en kinders uit. ‘n Duurder prys kon geen volk betaal nie – kinder grafte en geskroeide plase was die faktuur wat ons in die gatsak moes dra vir ons weerstand. Die gesteelde Cullinan diamant in die Britse kroonjuwele is gedrenk in die bloed van 29,000! Maar, wat die wêreld nie aldag besef nie, is dat by die vredesonderhandelinge was dit die bittereinders met wie die Engelse moes vrede maak, nie die ander nie. Maar die ander kant van ‘n volk is daar ook... die Smutse en die Bothas teenoor die Hertzogs en de Wets. Eersgenoemdes het na die formele bespreking agtergebly en saam met Milner en Kitchener kaart gespeel. Hertzog en De Wet het vertrek.

Ons het weer opgestaan en gebou. Want op ons wonde het gedrup, soos Totius verder dig: “Maar tog het daardie boompie weer stadig reggekom, want oor sy wonde druppel die salf van eie gom...” Die sluimerende verskille tussen die Botha en Smuts gespuis en die Hertzog en De wet begrip het momentum gekry veral nadat Hertzog aangedring het op taalregte en Botha klem geplaas het op “konsiliasie” met die vyand. Botha het Hertzog uit sy “regering van nasionale eenheid” gelaat en Hertzog het in 1914 sy Nasionale Party in opposisie gestig – ‘n wil tot versterking van binne teen ‘n geneigdheid tot aansluiting na buite.

Toe kom Generaal de Wet se gewapende opstand in 1914 omdat Botha onderdanig aan Brittanje was en Smuts in die oorlogskabinet van die Engelse opgeneem is. Die wat met die vyand kaartgespeel het teenoor die wat gery het! Weer is die vegters oorweldig maar nie oorwin nie, want tien jaar later verslaan Hertzog vir Smuts en word Eerste Minister van Suid Afrika.

Toe kom die samesmelting van die NP en die SAPPE, en weer is dit die bittereinders wat weier om politieke vrede te maak en wat die ark van die Afrikanerdom in bewaring geneem het. Daar het ‘n verdeeldheid gekom, maar daarin kon gesien word dat die Afrikaner besig is om verder getemper te word en stelselmatig te groei soos met enige jong land. Dit het kulmineer in die groot verdeeldheid toe die Tweede wêreldoorlog uitbreek in 1939 – Herenigde Nasionale Party, Nuwe Orde, Gryshemde, Ossewa-Brandwag, Afrikaner Party – en in die gestry oor wie die Afrikaners verteenwoordig het die skeidslyne tussen die Afrikanergroepe vervaag en het die Afrikaners saamgestaan en die Smuts bewind in 1948 verslaan.

Die geskiedenis het vir ons duidelik gewys dat die bittereinders en hulle nakomelinge die rigtinggewende en gesagdraende Afrikaners was. Terwyl Generaal Jan Smuts by die inhuldiging van die Voortrekkermonument sy toespraak gemaak het, het die mense weggeloop. Die Smutse en daardie Afrikaners wat bereid was om te onderhandel het niks te doen gehad met Afrikaner dinge soos die ontstaan van die Afrikaanse koerante in die Transvaal, die FAK Sangbundel, die Simboliese Ossewatrek van 1938, die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument, die Reddingsdaadbond, en daarnaas die nywerheidsontwikkeling van Yskor, Sasol, Foskor, Krygkor, die Atoomkragraad, die groot waterbewaring en besproeiingskemas, die groot ontwikkeling op tersiêre onderwysgebied, die suksesvolle politieke ontplooiing van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, die totstandkoming van die republiek van Suid Afrika, uittrede uit die Statebond en daarstelling van die mees voortreflikste voorbeeld van suksesvolle staatsbestuur wat daar ooit in Suid Afrika was.

Ons het verder gesond en sterker geword deur Malan, adv Strydom en toe Verwoerd en gegroei tot die grootste Afrikanereenheid wat daar ooit was. In die Verwoerd era is die Afrikaner geseën met die ideale leier wat op die regte tyd gekom het om ons te lei na ons regmatige plek na ons stryd, pyn en lyding. Ek sal my wil verstout, maar dit sal toepaslik wees om aan te haal juis uit die mondstuk van die Liberale Britse pers van die tyd. Die Rand Daily Mail van 30 Julie 1966 skryf:

“At the age of nearly 65 Dr. Verwoerd has reached the peak of a remarkable career. No other South African prime minister has ever been in such a powerfull position in the country. He is at the head of a massive majority after a resounding victory at the polls. The nation is suffering from a surfeit of prosperity and he can command almost unlimited funds for all that he needs at present in the way of military defence...” dan gaan die koerant verder en sê dat Verwoerd sy vingers vir die Verenigde Nasies kan klap omdat ons onder sy leiding die saak in die wêreldhof in Den Haag gewen het. Maar die woorde van die hoofredakteur van die Britse tydskif Statist, Paul Bareau, vat dit mooi saam: “At the rate of which South Africa is now expanding, the term ‘miracle’ is likely to be apropriate to its developement overt the next few years”

Die Kommuniste se rûe was gebreek. Al die leiers was in die tronk en op Robbeneiland en die polisie was in beheer van die land se binnelandse veiligheid – misdaad was feitelik nul.

Wat die swartes betref het Verwoerd vorendag gekom met die beleid van afsonderlike ontwikkeling waar die swart state met ons hulp so ontwikkel sou word dat hulle ‘n eie landgebied kon hê waar hulle al die geriewe kon geniet wat die Witman in Suid Afrika gehad het. Indien hulle na vyf jaar kon wys dat hulle hul onafhanklik kon bestuur en nie kompromieë aangaan met die kommunistiese vyande van Suid Afrika nie, sou ons hulle gehelp het tot totale onafhanklikheid. Daar was beplanning vir industriële ontwikkeling naby die grense van die Tuisland State en vir vinnige treindienste wat die werkers heen en weer kon vervoer. Hierdie plan was werkbaar, baie werkbaar en in die ‘werkbaarheid’ daarvan, was die belofte van rasse harmonie tussen die Swart mense met hul eie geleenthede aan die eenkant en die Afrikaner sin aan die ander kant. Elk binne hul eie kulturele opset.

Ons weermag was baie sterk en besig om al sterker te word, die Afrikaner was verenig, trots waardig en die potensiaal het getintel. Ons het losgebreek, en die jukke afgeskud en was op pad om nie net uit te styg nie maar boop die wêreld stelling in te neem... Die mense wat die land opgebou het en ontwikkel het was gelukkig en het dit by die stembus gewys... die Afrikaner het die verkiesing dawerend gewen. Ons het ‘n blink toekoms gehad want ‘n leier het stelling tussen ons en ons vyande ingeneem.

Voor ‘n Klerksdorp gehoor het Dr. Verwoerd in Engels gesê: “I would rather be abused for being a granite rock than soft clay”
By ‘n ander geleentheid het hy gesê:

“If we give in to the demands made on us we will destroy ourselves, and no country would willingly commit suicide. If they put their words into deeds, we as a nation will fight for our interests. We will never give in. We can, and we shall win, but then we must have the confidence that we were placed here in the southern part of Africa with a definate purpose.”

So klink die polsslag uit die hartkamer van ‘n volk ... “die salf van eie gom” Toe kom ‘n kommunis en hy steek ‘n dolk in die hart van die Afrikaner...

En weer is ons oorgelaat aan die politieke ‘kaartspelers’ wat dobbel met die siel van ‘n volk. Die “Gatomswaaiers” wat eerder soos “soft clay” voor die aanslae van buite ons, plat geknie word. Die Afrikaner is oorgegee aan ‘n lafhartige, politieke bende van verraaiers. Ons het weer ‘n ‘Vorster Bende’ gekry. Net soos wat die eertydse Voster Bende indirek die oorsaak van Generaal de la Rey se dood by ‘n pad blokkade was, het die nuwe Vorster Bende en sy opvolgers ons in die dood in mislei. FW de Klerk skryf in 1977 in ‘Skietgoed: “Magsdeling in ‘n federasie is ‘n bloudruk vir die ondergang van die Witman in Suid Afrika” maar in sy mou het hy as politieke kaartspeler ‘n ‘koggelaar kaart’ versteek waarmee hy op die regte oomblik ‘sonder ‘n mandaat’ in die hand van die vyand gespeel het.

Aan hierdie verraaiers wat probeer vlug vir die oordeel van die geskiedenis wil ek saam Jaap Marais sê: “Die geskiedenis laat hom nie uitoorlê deur politieke praksering en konstitusionele geknoei nie. En misdaad, ook teen ‘n volk, verjaar nie!”

Die Vrou
4th August 2010, 10:26
“If we give in to the demands made on us we will destroy ourselves, and no country would willingly commit suicide. If they put their words into deeds, we as a nation will fight for our interests. We will never give in. We can, and we shall win, but then we must have the confidence that we were placed here in the southern part of Africa with a definate purpose.”


Ons sal oorwin! Hierdie woorde geld vir nou ook.