PDA

View Full Version : Israel Waarheid Psigose



Die Ou Man
16th August 2010, 21:34
Hierdie bespreking sal waarskynlik hewige reaksie ontlok van individue wat die Boerevolk beskou as die ekwivalent van ’n verregse kultusgroep wat soos ‘n sekte bestuur behoort te word.

Hedendaagse godsdienstige dwepery deur sogenaamde regses is nie vanuit diepe godsdienstige oortuiging nie, maar gegrond in angs en vrese. ’n Religie met ’n sakpas God (wat ook vêr-regs is) word geskep om diepliggende psigologiese vrese en ontmagtiging te oorkom.

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=452Groepies gryp na die Jahweh-kultus van die Ou Testament. Hulle vind veiligheid binne die kultus mentaliteit waar swakkelinge en angsbevange individue nie nodig het om vir hulself te dink en te bevraagteken nie. Daar kan hulle skuil agter die skans van hul “uitverkoreneskap” in ’n fantasie waarin hul lot afsonderlik van ander gebeure en invloede staan. Die Volk se geskiedenis word hanteer asof dit in ’n vakuum plaasgevind het. Asof dit afsonderlik en geïsoleerd van ander volke se geskiedenis verloop het. Die verhale wat handel oor ’n primitiewe aantal stamme soos dit in die Ou testament opgeteken is, word op kinderlik naïewe wyse gekaap as hul eie volksverhale en daardeur word die illusie deur Jahweh self “bekragtig” omdat dit in sy “Woord” gefundeer is. Hierdie hersinskim kry ’n spoggerige naam, naamlik “Israelwaarheid”.

In hierdie psigose sal Jahweh namens die Afrikaans sprekende Israeliete veg. Hy sal ’n leier bring, die vyand verslaan en sy volk se soewereiniteit herstel. En op hulle beurt sal hulle Jahweh beloon deur volksgenote wat nie soos hulle glo nie, met die banvloek (massamoord) te tref. Regses deursoek die Ou Testament vir antwoorde. Die Nuwe Testament is nie kragdadig genoeg nie. Dit klink te versoenend. Die Ou Testament is meer drasties en beskryf ’n HERE wat sektore van die mensdom haat en ander volke uitroei. Hy staan by sy Israeliete solank hulle die bloedkultus en rituele onderhou wat hy gelas het. Dit klink na die ideale God vir die Regses se spesifieke omstandighede. ’n Jaloerse en vergeldende Jahweh aan hulle kant, kompenseer vir hul vrese en magteloosheid.

Jahweh stel egter uit en doen oënskynlik niks om in te gryp nie. Dit skep ’n teelaarde vir rasionalisasie, wat weer lei tot allerlei rutuele en nuwe fantasieë . “Ons staan onder ’n strafgerig.” Verootmoediginsdienste word geloods. Besnydenis rituele van die Ou Testament word ingestel. Jahweh se naam word op die Vierkleur aangebring. Al hierdie dinge word gedoen om Jahweh oor te haal of te lok om polities in te gryp. Jahweh gryp egter nie in nie en die proses van dwepery verdiep.

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=453Daar moet ’n rede wees vir Jahweh se onwilligheid om by Suid-Afrika se politieke prosesse betrokke te raak. Die Volk is nog te “afvallig”. Hulle aanbid die “rugby-god” Die Sabbat word nie “onderhou” nie. Daar word meer vrees gestook en gedreig in die hoop dat die Volk sal verootmoedig. Bedoelende daarby dat volksgenote sonder bevraagtekening sal inkoop by die fantasie wat deur enkelinge gefabriseer en verkondig word.

Jahweh self verklaar nie die rede vir sy onbetrokkenheid nie en die Ou Testament word opnuut verbete bestudeer en selektief interpreteer. Jahweh se stilswye veroorsaak dat die dwepery radikaliseer. Vingers word in eie geledere gewys. Slangsaad teorieë word ingevoer en die vyand wat aanvanklik buite die groep was, word nou binne die groep gesoek en identifiseer. Leiers word verdag gemaak deur hul eie volgelinge. Radikale elemente splinter af en nuwe groepe word gestig.

Sommige gaan wag in die berge van Ceres op die ingryping van Jahweh. Maar hy gryp nie in nie. ’n Ander groep gaan wag in Lydenburg, maar daar gebeur ook niks. Ander gaan om hulle te verhonger in die Bosveld. Na dae se vas en bestudering van die Ou Testament kom hulle op die woord “Suidland” af. Al wat nou kortkom is om hul eie vrees en angs op die res van hul volksgenote oor te dra. Uiteindelik loop ’n SMS wat lui dat die vyand gaan toeslaan omdat hulle “koning” dood is. En so is die resep gebore vir die grootste wanordelike vlugtog en potensiële selfmoord in die geskiedenis van die Volk.

Die “koning” is toe nie dood nie, maar die proses om die vrees psigose van ’n paar enkelinge deur middel van indoktrinasie op onskuldige mense oor te dra, gaan onverpoost voort.

’n Sekte mentaliteit vat pos en die “Volk” word bedryf as die reïnkarnasie van ’n primitiewe nomadiese volk uit die Arabiese woestyn. Belaglike argumente word bepleit. ’n Persoon wat sy minderheidstatus aanvaar, word deur sy broer wat dit weerstaan as deel van ’n ander volk bestempel. Ideologiese skeidslyne raak volksgrense wat reg deur gesinne sny en die volks identiteit word gereduseer tot ’n spesifieke verregse ideologiese beskouing
.
Met die radikalisering van die dwepery, kry die Satan al hoe meer mag. Alles wat verkeerd loop, is Satan se skuld. Maar in dieselfde asem word gepredik dat ons onder Jahweh se strafgerig is. Satan en Jahweh werk al weer saam soos in die dae van Job. Mense wat logies redeneer en hierdie irrasionele denke en gedrag bevraagteken, word gedemoniseer en in die naam van Jahweh se “banvloek” met massamoord gedreig.Hulle besef nie dat
hulle maar net die
gedrag volg van
laboratoriumrotte,
wat aan stres
blootgestel word nie. ’n Klein groepie ideologiese beangstes kaap die volksbewussyn en bedryf dit met ’n bende mentaliteit in die naam van Jahweh.

Met Jahweh aan boord, maak die aanvanklike vrees psigose plek vir narsisisme en onoorwinlikheid in die groep. Die tafel is gedek vir hul eie nasionale selfmoord, soos by Masada. Want selfs dan, gaan Jahweh niks meer as die huidige stilswyende party wees nie.

Al wat “Masada” uitstel, is die stryd om leierskap vir die posisie van die een wat die sekte na hul nasionale selfmoord gaan lei. Miskien is die huidige verdeeldheid in regse geledere ’n bedekte seën en dalk, ja dalk gaan dit die enigste krag wees wat ’n regse Masada gaan verhoed.

In Islam woed ’n stryd tussen die rasionele en die irrasionele en die irrasionele is besig om veld te wen.

Dieselfde stryd woed in volksgeledere en die prys is die siel van die Boerevolk.

knipmes
17th August 2010, 20:55
Die Ou Man,

Snaaks hoe dinge werk... Vader lei my laaste jaar tot by Bloedrivier Monument teen middag op 16 de Desember, met weinig min wat aangaan daar... en toe kom daar so 'n paar mense voorendag wat 'n eie optoggie hou, met 'n vierman wat horings blaas in al vier die windrigtings en toe bid algar. Wat opmerklik was, was die naam van Yahweh op hul vierkleur vlag.

Ek het fotos geneem en hier aangeheg, en het met eerbied na hulle gestaar en hul samekoms met eerbied erken en respekteer.

468467466

Mens hoef nie deel te wees van enige groep om respek te toon of te handhaaf nie... dalkies is dit dieselfde groep waarvan jy hierbo opper?

Punt is dit, hierdie sektes en groepies wat so ontstaan behoort hoegenaamd nie en sal geeneen wat die Waterdraer Kruik gaan dra kan verlei nie, en sal uiteindelik vanself of wegsterf of tot insig kom... wees nie bevrees nie, hulle het huidiglik nog niks om aan vas te kleef nie, en die OT is al wat die wellus van bloed in algar wat "reverse rassism" beleef kan aanblaas tot groter hoogtes om hul of te verswelg of te vernietig of nie?

Die Waterdraers sal uiteindelik algar uit die noodgreep ophelp boontoe!
Vir die wat wil hoor!

groetnis
knipmes:Yawn::Yawn::Yawn:

Die Ou Man
17th August 2010, 21:00
Uit die argiewe (http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2003/02/04/2/9.html).


Kritzinger verwys na Weskoppies oor psigose-tekens
Me. Ryna Kritzinger, ma van mnr. De Wet Kritzinger.

Twee ondersteuners van mnr. De Wet Kritzinger, vermeende Pretoriase busaanvaller, by die Pretoriase hooggeregshof. Hulle het dié ramshoring kort voor sy verskyning geblaas.

Die vermeende Pretoriase busaanvaller mnr. De Wet Kritzinger se oortuigings oor godsdiens en verhoudings is sterker as dié van 'n fanatikus.

Dié getuienis oor Kritzinger (30) se geestesgesondheid is gister in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor voordat hy vir 30 dae na die Weskoppies-hospitaal vir waarneming verwys is omdat hy tekens van 'n psigose toon.

Sy verhoor is tot 29 April uitgestel.

Kritzinger staan tereg op drie aanklagte van moord en vier van poging tot moord nadat hy glo in Januarie 2000 in Constantiapark, Pretoria, op 'n Putco-bus vol mense losgebrand het.

Prof. Almero Weyers, 'n kliniese sielkundige, het getuig hy het Kritzinger ondersoek met die oog op die hofsaak.

Volgens Weyers toon Kritzinger geen insig of skuldgevoelens nie. Hy ly aan 'n ``delusie'' of waan. Sy oortuigings, veral oor geloof en verhoudings, is só sterk dat dit nie sommer verander kan word nie. Hy glo steeds hy het die regte ding gedoen.

Beeld het vroeër berig hy is 'n aanhanger van die Israel-visie en dat hy hel toe sou gaan as hy sou selfmoord pleeg. ``Hy het 'n situasie beplan waarin die polisie hom sou skiet,'' het Weyers getuig.

Kritzinger se vrou het hom verlaat. Volgens sy geloof mag sy nie weer trou as hy nog leef nie. Hy wou sy vrou beskerm teen sonde en wou haar daarvan bevry deur self te sterf.

``Hy kan tussen reg en verkeerd onderskei, maar oor sekere fasette soos geloof is hy disfunksioneel, veral onder stres.

``Hy redeneer normaal, is intelligent, maar hy is definitief abnormaal as dit by sy godsdiens en verhoudingslewe kom.''

Die bestuurder van die bus, mnr. Mdudzi Graem Nyembe (37), sowel as twee passasiers, me. Constance Phasa (45) en Go-Go Connie Mathebula (29), is tydens die voorval dood. Nog vier passasiers is ernstig beseer.

Me. Martha Hala, een van die vier wat dit oorleef het, het gister gesê haar ``hart is seer dat die saak nie aangegaan het nie. Dis nou al drie jaar.''

nmulder@beeld.com

Die Ou Man
19th August 2010, 13:42
Die volgende is 'n opsomming van die Israel Waarheid ideologie deur Marcel Pierre Rademeyer (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-van-Westdene-in-die-kop-geskiet-20100617) wat op die internet skryf onder die name, JakeWhite12, Gaafbedonnerd, Anti-liberaal en Daffodil. Verskoon die taalgebruik.

Opregte Bybelse Israelgelowiges...

1. Steur hulle nie aan die terme “Boer” of “Afrikaner” nie want ons weet dat mens (liberale) ½me!dedwiste en me!dnaa!ers onder albei vind. Trouens : Mens vind liberaliste onder ELKE Blanke (Westerse) volk.

2. Is verbind tot die hele Bybel en nie nét tot ‘n deel (of Testament) nie.

3. Glo dat ALLE (en slegs) Blankes (Adamiete, Erfsondaars) kwalifiseer om op die gelowige Israel van God ingeënt te (mag) word ; en NIE nét sg Afrikaners of Boere nie. Dws Alle Blankes, wêreldwyd. Ons is dus 100% “Pro- White Nationalist” !

4. Is Pro-Wit Demokraties, dws glo dat ware demokrasie (‘n idee is wat) slegs prakties haalbaar is in ‘n homogene, suiwer BLANKE (Westerse, Adamiese) samelewing – dws waar geen nie-blanke teenwoordig is (‘n sê in het) nie.

5. Is gekant teen linkse, liberaal-humanistiese (Teosofiese) pers en media.

So, soos Anton Barnard kan sien is die Bybelse Israelgelowiges toe NIE so dom en verkramp as wat hy wou verkoop nie. Ateïs Anton Barnard moet nou vir ons kom vertel met presies wátter beginsels of uitgangspunte van die Israel-identiteit hy nie saamstem nie.

Terloops Barnard : Is dit perdalks omdat ons Bybelse Israelgelowiges NIE jou geliefde houtkøppe (geestelik of op enige wyse) akkommodeer nie dat jy ons so haat, hmmmmmm...? Ek dink so !

Die punt is : Ons Bybelse Israelgelowiges is die WARE “White Nationalists”.

Uit PRAAG (http://www.praag.co.za/menings-magazine-196/briewe-magazine-230/8687-godsdienstige-fundamentalisme-sal-ons-einde-beteken.html).

Die Ou Man
20th August 2010, 12:32
Die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) is tydens die volksvergadering wat oor die naweek van 25 – 27 September 2009 te Vegkom naby Heilbron in die Vrystaat gehou is, aangewys om die besluite van die vergadering uit te voer. Bron (http://www.volksvergadering.co.za/?page_id=47).

Die Volksvergadering het besluit dat die nakoming van die Volksgeloftes ‘n Teokratiese staatsmodel vereis. ‘n Komitee is saamgestel om dit te ondersoek. Bron (http://www.volksvergadering.co.za/?page_id=53).

Hier volg die amptelike standpunt van een van die ampsdraers van die Geloftevolk Koördineringskomitee en selferkende "Israeliet", naamlik Gerhardt Smith. Sy gesprek met ene Marco het soos volg verloop:

Oorspronklik gepos deur jjgsmith

In daardie opsig, ja. Ek weet. Ek verstaan. Geen probleem.

Verstaan dan dit : Wanneer die onvermydelike bruin goed die waaier gaan tref (of getref het) in Azanië, dan is daar heelwat van ons (Boere) wat hierdie (sekere) obskure, boheemse, teosofiese en goddelose, ens, ens, “Boere” sumier met die banvloek gaan tref en ons sal nie terugstaan, waarsku, onderhandel, kibbel of eers mooi praat nie. Ons sal net blitsvinnig toeslaan en skoonmaak. Punt. Wie gaan ons keer?

Oorspronklik gepos deur jjgsmith

Feit is : Of sekere mense nou arrogant, beswaard of ontsteld is hieroor of nie ; ons GROOTSTE vyande sit reg tussen ons, onder ons neuse. Hulle is nie swart nie. Hulle is wit. En hierdie vyande is blykbaar onder die indruk dat hulle onaantasbaar is en dat ons nie weet wie hulle is nie en dat mense nie al hulle besonderhede op lyste opgaar nie. Die dag van afrekening sal bewys of ons weet en of ons nie weet nie. Intussen is ons rustig, neem ons waar en skryf ons op. Want hierdie wit vyande bestaan en hulle MOET eendag wortel en tak uitgeroei word. Ons sal nie saam met hulle die aarde kan deel nie. Neem kennis. Om daaroor te huil of kla sal geen verskil maak nie.

Oorspronklik gepos deur marco

Ja? En wie gaan die kriteria bepaal waarvolgens hierdie ouens uitgehaal mag word?

Moenie 'n fout maak nie, hier is baie ouens op hierdie forum wat dink net hulle het die regte antwoorde of kriteria want ons elkeen verbeel ons ons word deur God gelei! En 'n mens kan jou maklik verbeel hoor!

So voor jy nie op water kan loop of water in wyn kan verander nie sou ek sê jy moet baie goed gaan nadink voor jy uit jou eie wil optree. Net omdat jy kwaad is vir mense en voel hulle 'verdien' om dood gemaak te word beteken nie jy is geroepe of is geregverdig nie.

Oorspronklik gepos deur jjgsmith

Hiervoor sal jy maar seker rustig en geduldig moet wag en sien. God sal in die toekoms bepaal wat en hoe (dinge) gaan gebeur. Maar dat wit goddeloses, liberaliste, teosofiste en verraaiers, ens, mee afgereken sal word, twyfel ek nie. Dit gaan gebeur, sg ‘klad’ al dan nie. Daar sal byvoorbaat geen plek te vinde wees vir diegene wat al ewig met die natuurhelle (geestelik) wil verbroeder nie.

Oorspronklik gepos deur marco

Nee wat, ek dink julle 'groeppie' is 'n bietjie te fanaties!

Besef jy daar is baie blankes wat deur hulle leiers mislei word deur hulle te vertel dat die swarte sy 'broeder in Christus' is en dus sy gelyke! Baie van hierdie mense doen net omdat hulle skuldig voel en God wil behaag en daarom luister hulle na hulle leiers. Jy kan hierdie mense nie verantwoordelik hou vir dit nie. Hulle leiers wel maar ook net tot op 'n punt!

Dit is beslis nie so maklik om die 'regte' kriteria te stel vir dit nie. Ons mense is geneig om eenvoudige oplossings te soek en werk dan daar volgens kriteria uit. Soms werk dit so maar baie keer nie! Veral nie in 'n geval soos dié nie!

Mens kan aan jou 'houding' agterkom dat jy baie ernstig besig is om planne te maak rakende spesifiek hierdie ouens! My vraag is: Jy is nie dalk verbitterd teenoor wat sulke mense aan jou persoonlik gedoen het nie en daarom jou passie?

Ek hoop nie dis 'n 'ja' op daai antwoord nie!

Oorspronklik gepos deur jjgsmith

Ek self is nie so seer besig met enige planne nie. Ek het nie die tyd of energie nie. Daar is egter ‘n menigte ander mense wat wel planne maak en ook baie ernstig is hieroor. Ek praat van húlle. Verder dink ek moet jy effens meer realisties na hierdie prentjie kyk. Dink jouself ‘n bietjie in... kom ons sê hier vind eendag ‘n massaslagting onder die blankes plaas (wat ons vermoed so gaan wees), gepleeg deur hulle dierbare en geliefde houtkop-naastes. Probeer jouself indink wat die (praktiese) gevolge hiervan sal wees : Hordes (dalk meer as die helfte van die) blankes sal uitgemoor wees. Die oorlewendes sal nie kwaad wees nie, hulle sal smoorkwaad, briesend en vol onverdunde apartheidswoede wees. Hulle sal kóók. Hulle sal geregtigheid soek. Dink jy hierdie oorlewende groep blankes sal dán nog daarvan hou (of dit verdra) wanneer daar weer ‘n “Angus Buchan” of ‘n Ferdi of ‘n Frikkie Potgieter of ‘n Lukas Swart of ‘n Jagpanzer of ‘n Kaapstad of ‘n Boertjie Phillip of ‘n JEFourie of ‘n Oom Henri of ‘n PIONIER, ens, ens, opdaag om die houtkoppe (geestelik) te akkommodeer, te evangeliseer, te help, in te stop of mee te verbroeder, ens...? Wat dink jy? Ek dink nie so nie.

Wel, ek kan jou belowe, wanneer ek hierdie massa-volksmoord oorleef sal ek nie te vinde wees om die aarde te deel met enige tipe liberale (teosofie-geneigde) witmens wat steeds die nie-blanke op enige wyse wil akkommodeer of ter wille wees nie. Ek sal sulke blankes haat, vervolg en sumier wil uitwis. En ek glo daar sal dán letterlik tienduisende blankes wees wat nét soos ek voel. En ek skat dat ‘n liberalis (teosofis) blitsvinnig ‘n uiters skaars spesie sal word wie se lewensduur nie lank sal wees nie, want hulle sal gejag word en geslag word. Dit is wat ek dink.

Verstaan jy nou?

Aangehaal uit: Boer (http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=17975&page=5) op boerevryheid.co.za.

Die Ou Man
22nd October 2010, 20:56
Die vlagskip van die Israel Visie faksie in Suid-Afrika is die Dogter van Sion. Dit is die manne van siener.co.za faam wat die wegraping voorspel het. Die voorspelling het gekom en gegaan en almal loop nog in hul verganklike liggame rond.

Dit is ook die manne wat voorspel het dat die verottende lyk van oorlede Meintjies sou opstaan uit die dood. Die voorspelling was geplaas in die Verbondskoerier (publikasies van Dogter van Sion) gedateer 10 Oktober 2003, 17 Oktober 2003, 20 Oktober 2003. Die dokument, Profetiese gebeure vanaf Augustus12, 2004 tot September 13 is nogal heel amusant.

Dit verduidelik hoedat Die Dogters van Sion onder die lapa gestaan het en in die rigting van die Vrystaat, Jahweh se gees geblaas het om die half onbinde lyk van Meintjies, in die naam van Jahweh te laat opstaan. Nodeloos om te sê, Meintjies is later maar begrawe.

Jahweh se muti het toe nie gewerk nie.

Die Ou Man
22nd October 2010, 21:14
Dirk van Vuuren is die openbare gesig en leier van die Dogter van Sion. Hy was ook die voorste dissipel van Linda Newkirk. Hy het tonne vals professië die land in gestuur eerdat hy tot sy sinne gekom het. Toe, in die uitgawe van 2 Okt. 2004, verduidelik hy aan sy mede-Israel Visie verdwaaldes met 'n lang omhaal van woorde en verwysings uit die Skrif, dat Linda 'n vals profeet is. By implikasie is Dirk as dissipel van 'n selferkende vals profeet ook 'n vals boodskapper. Dirk gaan toe verder en gee 'n lesing van hoe 'n profeet moet lyk. Dirk rig die skade aan en dan preek hy vir die Volk. In die proses is die nalatenskap van Siener van Rensburg ernstige skade berokken.

Die Ou Man
22nd October 2010, 21:25
Die mees opsprakendwekkende vals profesie uit Israel Visie geledere in onlangse tye is die voorspelling en bevestiging van Mandela se dood.

Die volgende is 'n aanhaling uit opper-Israel Visie leier, Dirk van Vuuren se skrywe.


Alhoewel ons by www.siener.co.za nie noodwendig met alle aksieplanne van die Suidlanders saamstem nie, is ons oortuig dat hierdie inligting korrek is, aangesien ons eie bronne ook so berig het. Mandela is dus reeds dood. Ook is daar aan ons berig gebring dat alle ambassades ook dienooreenkomstig ingelig is, maar dat die algemene publiek nie ingelig mag word nie.

Dirk van Vuuren

Bron (http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?5717-Suidlanders-en-Misleiding/page5)

Hierdie vals berig is gedurende 2007 uitgevaardig.

Die Ou Man
22nd October 2010, 21:40
Dogters van Sion is gesetel by:


Plot 225
Kameeldrift-Wes
Amper h/v Charlstraat en Van der Hoffweg wes


Dogters van Sion hou streng by die feeste van die Ou Testament. Dit is ook alom bekend dat hulle Joodse gebruike die Boervrou as onrein uitbeeld en degradeer tot 'n Midde-Oosterse besitting van hul pseudo-Israelitiese mans.

Boervroue in menstruele siklus word op plot 225 van die Israel Visie beskou as onrein (vuil) en word nie toegelaat om die kombuis te betree en voedsel aan te raak nie.

Op plot 225 word die Boervrou beskou as 'n tweederangse Midde-Oosterse wese wat (ingevolge die Joodse mitologie) die mensdom in die verderf gedompel het deur seks met 'n slang te hê.

Die Ou Man
22nd October 2010, 21:47
Teen hierdie agtergrond bied plot 225 die volgende praatjie (http://www.volkstaat.it/index.php?option=com_content&view=article&id=457:conference-of-boer-women-piet-rudolph&catid=56:latest&Itemid=82) aan:



Konferensie van Boerevrouens

Met die oog op die verslegtende toestand waarin die Boerevolk verkeer en die rol van die vrou in die opheffingswerk wat vir ons lê en wag, beoog die Aksie Boere-Republikeine ‘n saamtrek van Boerevrouens en -dogters bo 13 jaar.

Die doel van die konferensie is om indringend te besin oor die bydra van en die identifisering van vroueleiersfigure wat kan help om ons Boerevolksaak aan die gang te kry en hoe om wal te gooi teen verslegting en verbastering.

Die tema is die Volk en die Vrou vorentoe ─ Wat doen ons? Referate sal ook gelewer word deur mans maar ons wil hoofsaaklik die dames se insette kry .

Dit word beoog vir Saterdag 30 Oktober 2010 vanaf 11:00 tot 16:00. Registrasie R50-00 wat verversings insluit.

Laat weet asb of u kan kom.

Plek:
Plot 225
Kameeldrift-Wes
Amper h/v Charlstraat en Van der Hoffweg wes.

Koördinate:
S 25 – 71612 \ E 028 – 00611
of
S 25 42.967 \ E 028 00.367

Reg van toegang voorbehou.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk (http://www.volkstaat.it/index.php?option=com_content&view=article&id=457:conference-of-boer-women-piet-rudolph&catid=56:latest&Itemid=82).
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

Nou wonder ek so by myselwers of die vroue wat gaan bywoon hul "onrein status" moet verkaar.

Silencio
22nd October 2010, 22:11
(bron ) - Pasop vir die dogters van Sion � Maya en Anneke FB

Maya en Anneke,

Lees hier (http://home.global.co.za/%7Ekoerier/bloed_media_verklaar.htm).

Lyk my die Wit Wolf, Barend Strydom, is ook betrokke.

Hier is 'n uittreksel van hulle verklaring:

Nooit, maar nooit sal die lede van die Dogter van Sion ʼn verskoning aanbied vir die Godgegewe instelling van Apartheid nie.

Ons Hemelse Vader JaHWeH, het apartheid in die Tien Gebooie verordineer en in Sy Sewende Gebod verbied Hy uitdruklik rassevermenging en verbastering.

Ons verklaar dat enige ooreenkoms, belydenis en belofte om restitusie, wat deur Krog en kie namens die blanke aangegaan word, geensins bindend op die duisende lede landwyd van die Dogter van Sion is nie.

Alreeds op 16 Desember 1998 en 16 Desember 1999 het lede van die Dogter van Sion ewige trou aan die God van Bloedrivier gesweer en dat hulle NOOIT die Gebod van apartheid sal oortree nie. Vandag op 16 Desember 2000 sal die lede van die Dogter van Sion hierdie Gelofte weer bevestig.

Nee wat, vergeet maar van Koresh – hierdie lyk na 'n Jonestown-slagting op die horison.

Silencio
22nd October 2010, 22:16
Aan die Ou Man, op verdere navorsing van hierdie bespreking het ek op 'n ou artikel van u afgekom wat ek baie insiggewend gevind het en plaas dit net weer hier ter herinnering aan die wyse woorde destyds deur u gedeel. Ek hoop van harte nie u gee om dat ek weer u artikel hier aanhaal nie.

Groetnis
Silencio


Dogter van Sion: Laaste Asem of Nuwe Begin

Toevallig lees ek vanoggend die Verbondskoeriers (publikasies van Dogter van Sion) gedateer 10 Oktober 2003, 17 Oktober 2003, 20 Oktober 2003. Ek lees ook die dokument Profetiese gebeure vanaf Augustus12, 2004 tot September 13.

Hierdie skrywes neem my terug na die tyd toe Die Dogters van Sion, Jahweh se eie uitgesoekte familie was. Toe hulle onder die lapa gestaan het en in die rigting van die Vrystaat, Jahweh se gees geblaas het om die half onbinde lyk van Meintjies, in die naam van Jahweh te laat opstaan. Onthou julle nog die Meintjies sage? Dirk van Vuuren was 'n voor-blaser.

Dirk van Vuuren was ook die voorste dissipel van Linda Newkirk. Hy het tonne vals professiee die land in gestuur, voordat hy tot sy sinne gekom het. Toe, in die uitgawe van 2 Okt. 2004, verduidelik hy aan ons met 'n lang omhaal van woorde en verwysings uit die Skrif, dat Linda 'n vals profeet is. Dirk self ook natuurlik. Dirk gaan toe verder en gee 'n lesing van hoe 'n profeet moet lyk. Ek was verstom. Hy rig die skade aan en dan preek hy vir die Volk. In die proses is die nalatenskap van Siener van Rensburg ernstige skade berokken.

Terug in die hede, gaan kyk ek toe vanoggend watter twak Dirk deesdae as evangelie aan niksvermoedende mense verkoop. Nou wil ek beleefd vra dat enigiemand wat nou staan, liewer moet sit. Ek haal nou die geswore Israeliet woordeliks aan:



"Ja, geagte leser, dit is net so eenvoudig soos dit. Die Koninkryk het 'n Vader, 'n Moeder en daar is kinders, ouer broers en susters, sowel as jonger boeties en sussies.

26 En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die diere wat op die Aarde kruip.

27 En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld; na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape
Hieruit kan ons dan die volgende aflei:

Daar moet 'n Man en 'n Vrou in die Hemele wees.
Die kern van die Elohim is die van 'n gesin.
Hulle moet 'n soortgelyke, maar veel meer verheerlikte verhouding as die van 'n getroude man en vrou hê.
Die Wil van JaHWeH geskied in die Hemele net soos op die aarde.
Die aardse koninkryk is 'n direkte afbeelding van die Hemelse Koninkryk. Daar is dus twee of dalk meer Koninkryke.

Alles in die Skrifte moet herlei kan word na die opset van 'n huisgesin, want anders het JaHWè;shua vir ons gelieg en dit kan onmoontlik waar wees. Die afbeelding van die Tabernakel in Levítikus, die Tempel in Konings, sowel as die Troon in Openbaring, moet een en dieselfde ding voorstel - naamlik die Hemelse Huisgesin.
Daarin moet 'n Vader, 'n Moeder en kinders wees.