PDA

View Full Version : Die Bonsai Boompie



Die Vrou
20th September 2010, 08:22
Lank gelede is daar 'n Bonsai Boompie gebore in 'n Kweekhuis. Hy het daar groot geword en dit aanskou as sy een en enigste woning. Hy het lank en gelukkig daar gewoon. Sy Pappa wat 'n mensekind was het hom elke dag mooi versorg en vertroetel. Hom gereeld besproei en geknip en hom in die skaduwee laat staan waar daar nie te veel son was om hom seer te maak of selfs dood te brand nie. Sodat hy 'n volmaakte Bonsai kon word. Elke dag met hom gepraat en met Liefde vertroetel tot hy sy volmaaktheid bereik het.

Eendag wat hierdie Bonsai Boompie nooit sal vergeet. Het daar nog 'n ander mensekind gekom en hom gekoop. Hy gaan toe na 'n nuwe woning. Daar in die nuwe woning het hy in koudste kamer in die son gestaan elke dag die koudste nagte en die warmste dae beleef. Die mensekind kon sien dat hy waarlik ongelukkig was. Sy blaarjies het begin verwelk en een vir een afgeval stadig maar seker was die eens gelukkige Bonsai boompie aan die wegkwyn.

Naderhand toe al sy blaartjies af was en hy amper kurkdroog verdroog was het die menseking besluit om hom op 'n ander plek te plaas waar hy miskien gelukkiger was. Sy het hom vertroetel en watertjies oor sy droeŽ stammetjies laat loop om te kyk of hy nie weer sal uitloop nie en groei en sal lewe nie. Maar als was tervergeefs die Boompie het so baie na sy Pappa in die ander en eerste woonplek verlang dat hy sommer heeltemal doodgegaan het....