PDA

View Full Version : Die Hugenote Monument



Die Vrou
23rd September 2010, 09:31
Hello julle,

Is dit moontlik dat iemand my kan help, ek is op soek na 'n mooi groot en duidelike foto van
die Franse Hugenote monument. Maar ek soek nie die hele Monument nie. Ek soek net die gedeelte van die Vrou wat op die aarbol staan. Enigiemand as julle my dalk kan help.

Dankie

Die Vrou..

Die Ou Man
23rd September 2010, 11:59
Ek het twee jaar gelede spesiaal vir jou na haar gery om haar van nader af te neem. SÍ as jy 'n vollengte foto verlang.


http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=474

Jy is welkom om my foto's te gebruik met erkenning aan "Die Ou Man".

Ek het ongelukkig 'n "stalker" op die internet wat my foto's skaak om vir sy persoonlike verdraaide agenda te misbruik.

Die Vrou
24th September 2010, 17:10
Hello daar,

Ek sal 'n vollengte foto baie waardeer. Dankie vir al die moeite dit word opreg waardeer!

Groete

Die Vrou..

Die Ou Man
24th September 2010, 17:30
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=475

Stefanus
25th September 2010, 00:22
Die Hugenotemonument by Franschhoek - Die sentrale vroulike figuur

http://www.wendag.com/images/Die%20Hugenote%20Monument%20001.jpg

Die monument is ontwerp deur J.C Jongens en bouwerk afgehandel in 1945. Die inwyding is gedoen deur Dr. A.J. van der Merwe op die 7e April 1948.
Die drie hoŽ lugboŽ simboliseer die drie eenheid van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Bo op die lugboŽ is die son van geregtigheid en bo dit, die kruis van hulle Christelike geloof.
Die sentrale vroulike figuur, geskep deur Coert Steynberg, verpersoonlik die vryheid van geloof met 'n Bybel in haar een hand en 'n gebreekte ketting in die ander. Sy gooi die mantel van onderdrukking af en haar posisie bo op die aardbol verwys na haar spirituele vryheid. Die fleur-de-lis op haar mantel verteenwoordig 'n adel karakter en gees.
As model vir die vroulike figuur het Steynberg vir Lena Burger gebruik.
Die mees suidelike punt van die aardbol toon die simbole van hulle geloof (die Bybel), kuns en kultuur (die harp), die land- en wynbou (die koringgerf en druiwestok) en industrie (die spinwiel).



http://www.wendag.com/images/Die%20Hugenote%20Monument%20002.jpg

Die Vrou
25th September 2010, 06:32
Hello Die Ou Man,


Ek het twee jaar gelede spesiaal vir jou na haar gery om haar van nader af te neem...

Soos uiteengesit hierbo, ek glo nie, ek dink jy en jou vrou was met vakansie daar, jy is mos 'n
swerwer. Maar ek hou nogtans van die gedagte!

Mooi dag verder...

Groete

Die Vrou..

Arius
26th September 2010, 20:17
Hello julle,

Is dit moontlik dat iemand my kan help, ek is op soek na 'n mooi groot en duidelike foto van
die Franse Hugenote monument. Maar ek soek nie die hele Monument nie. Ek soek net die gedeelte van die Vrou wat op die aarbol staan. Enigiemand as julle my dalk kan help.

Dankie

Die Vrou..

Interessantheidshalwe. Die model vir die vrouebeeld is Lena Burger, destyds bekend as die Marlene Dietrich van Maties. Sy was ook die eerste vroulike omroeper van die Afrkaanse diens van die SAUK, het o.a. die Saterdagaandprogram, U eie keuse aangebied. Die beeldhouer, Coert Steynberg, was verlief op haar en het spesiaal 'n borsbeeld van die Hugenote vrou vir haar gemaak. Sy is met Professor Pieter de Vos getroud en diť beeld was altyd in die huis.

Die Vrou
27th September 2010, 14:52
Hello daar,

Ek sal op 'n latere stadium 'n pos plaas aangaande die beeld van die monument. Sy was baie mooi, maar die beeld juis die beeld van die Hugenote beteken geweldig baie vir my.

Dankie

Die Vrou..