PDA

View Full Version : 'n Christen se verantwoordelikheid teenoor die natuur



Vicky
30th September 2010, 22:28
Ek begin hierdie onderwerp omdat ek hoop ek kan 'n dierbare vriendin sover kry om by ons aan te sluit en aan ons gesprekke deel te neem. Ons vriendskap het my baie meer bewus gemaak van hierdie aspek van ons samelewing waaraan ek nie altyd so baie aandag gegee het nie. :happy:

'n Christen se verantwoordelikheid teenoor die natuur - wat presies behels dit? Ek het so bietjie op die internet gaan oplees, en dit het my nogal nie verbaas hoe tradisionele christene lynreg bots met die sienings van natuur-aktiviste nie. 'n Natuur-aktivis word deur sg. christene gesien as iemand wat die aarde (of diere of plante) aanbid. Bid jou dit aan! Dit terwyl ons die ongelooflike verantwoordelikheid van ons Vader ontvang het om juis na Sy skepping om te sien. Natuur-aktiviste word uitgekryt as fratse omdat hulle geroepe voel om daardie verantwoordelikheid te aanvaar en om te sien na die aarde wat juis aan ons lewe verskaf.

'n Besonder treffende aanhaling:

It’s a point of some irony that those who most loudly maintain that the Earth is a personal expression of God’s creativity and artistry are often the most silent when it comes to protecting that art from mistreatment and vandalism by humanity.

Ek sal graag die opinies van ander lede wil hoor?

Die Ou Man
30th September 2010, 23:06
Ons het 'n kultuur wat gebou is op ons afhanklikheid van die natuur en veral die planteryk.

Ons moderne geneeskunde is gebou op die kennis van ons voorouer Germaanse "Wyse Vroue" wat geweet het welke plant vir welke siekte aangewend moes word. Daardie kennis is vir geslagte oorgedra tot binne Boer-geledere waar dit bekend staan as "boererate". Ons afhanklikheid van die planteryk, sowel as die diereryk is 'n gegewe. Daarom is dit belangrik dat hierdie bron gerespekteer en volhoubaar benut word.

Die oudste lewende boom op aarde is bykans 9550 jaar oud. Dit is 3550 jaar ouer as Jahweh en die skepping van Genesis!

Die Vrou
2nd October 2010, 10:11
Hello Vicky,

Ai, hoe verlang ek dat almal eendag sal kan sien dat plant en dier net soveel reg moet hę
in die skepping as die mens. Dan sal miskien al die misbruik en mishandeling ens. bietjie beter word vir hulle ook.
Want ek kan sien dat hulle baie swaar kry onder die mense hande.

Ook nog iets, dit is nie net 'n Christen se verantwoordelikheid nie, maar al die mense in die
geheel se verantwoordelikheid.

Groete

Die Vrou..

Fulcrum X
3rd October 2010, 15:02
We have enslaved the rest of the animal creation, and have treated our distant cousins in fur and feathers so badly that beyond doubt, if they were able to formulate a religion, they would depict the Devil in human form. ~William Ralph Inge, Outspoken Essays, 1922

We have enslaved the rest of the animal creation, and have treated our distant cousins in fur and feathers so badly that beyond doubt, if they were able to formulate a religion, they would depict the Devil in human form. ~William Ralph Inge, Outspoken Essays, 1922

From beasts we scorn as soulless,
In forest, field and den,
The cry goes up to witness
The soullessness of men.
~M. Frida Hartley


The question is not, "Can they reason?" nor, "Can they talk?" but rather, "Can they suffer?" ~Jeremy Bentham

Why should man expect his prayer for mercy to be heard by What is above him when he shows no mercy to what is under him?

The fact that man knows right from wrong proves his intellectual superiority to the other creatures; but the fact that he can do wrong proves his moral inferiority to any creatures that cannot. ~Mark Twain, What Is Man, 1906

Heaven is by favor; if it were by merit your dog would go in and you would stay out. Of all the creatures ever made [man] is the most detestable. Of the entire brood, he is the only one... that possesses malice. He is the only creature that inflicts pain for sport, knowing it to be pain. ~Mark Twain

The assumption that animals are without rights and the illusion that our treatment of them has no moral significance is a positively outrageous example of Western crudity and barbarity. Universal compassion is the only guarantee of morality. ~Schopenhauer

Because the heart beats under a covering of hair, of fur, feathers, or wings, it is, for that reason, to be of no account? ~Jean Paul Richter

thank you Vicky - Christene

Carel van Heerden
27th October 2010, 13:01
'n Christen se verantwoordelikheid teenoor die natuur - wat presies behels dit?

Dit terwyl ons die ongelooflike verantwoordelikheid van ons Vader ontvang het om juis na Sy skepping om te sien.

Om verantwoordelik te wees om na Sy skepping om te sien is meer as om net verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. Dit beteken volgens my ook om die vrug van jou verantwoordelikheid te kan geniet en positief aan te wend.

Ek dink hier in terme van die remediëring van verstandelik geremdes wie in aanraking met perde gebring word. Die “skepping” bied hier ‘n “genesende” balsem aan dié mense.

As dit ‘n bietjie dol gegaan het, dinge nie mooi in plek geval het nie en selfs wanneer jy heelnag teen ‘n oorweldigende vuur en sterk wind moes veg om vir die diere kos te verseker en die veld te beskerm, bied die “skepping” sy beloning.

Gister kon ek die vrug van hierdie verantwoordelikheid pluk. Het tussen die beeste gaan stilhou waar die veld besig is om nuwe lewe te skenk aan ‘n eens verskroeide aarde. Van die kalwers het met bokspronge heen en weer langs die spruit op- en af gehardloop. Hul lang ore al wippend in die wind, hul sterte met ‘n krom boog in die lug. Daarna het hulle hulle tuisgemaak teen ‘n wal by die spruit. Uit die wind uit, en vandaar die węreld lę en beskou. Die koeie rustig al weiend in die nabyheid indien daar ‘n bedreiging sou wees.

Die jonger speenkalwers, nou goed op pad na volwassenheid, het nuuskierig by die bakkie saamgedrom. Selfs kom ruik aan die truspieël by die venster, my uitgesteekte hand beruik en aan gelek.

Dit is in tye soos hierdie wanneer ‘n mens een word met die skepping van jou God, dat dit ‘n rustigheid in jou bring wat oorgaan tot ‘n diepe dankbaarheid jeens jou Skepper vir Sy onverklaarbare liefde vir ons as swakke mensekinders. So ‘n ervaring en ontmoeting in die skepping met jou Skepper is wat jou krag gee om aan te gaan vir dit waarvoor jy op die aarde geplaas is om te doen, tot die dag aanbreek dat jou tentwoning finaal weggebęre word.