PDA

View Full Version : Wanneer mismoedigheid jou verblind



Silencio
12th October 2010, 20:19
Ek wil iets deel om aan te dink, hierdie lied is baie bekend, gesing deur Phil Collins, ons is so geneig om te kla so maklik oor ons lot, maar ons moet eerder kyk na die wat minder bevoorreg is as ons en dankbaar wees as om te kyk na die wat meer het as ons en mismoedig word daaroor. Dit is die duiwel se grootste wapen teen ons, mismoedigheid, dink ek. daar is 'n gesegde wat ek baie van hou en wil deel wat s "the happiest people do not necessarily have the best of everything but make the best of what they have and find joy in the simple things in life" wees dankbaar vir 'n sonnige dag, die vols wat sing, die feit dat jy kan asemhaal, dat jy op jou eie voete kan staan en alles waarneem wat goed en mooi is, baie mense het nie eers die voorreg nie, en dit wat sleg is - help waar jy kan, al word jou goeie daad vinnig vergeet, moet nie ophou goeie dade doen nie, is daar nie 'n beter vreugde in die lewe as om te gee en te weet vandag het jy iemand se hart verbly het nie? so kan elke gelowige 'n verskil maak en die liefde van Ons Vader laat deurskyn soos sonstrale deur die wolke. Ons lewens is so gejaagd en ons is so vasgevang in ons eie probleme dat ons nie daaraan dink dat elke ander persoon wat jy tekom besig is met 'n stryd en ons het nie tyd om liefde en moed oor te dra nie.

Mag ek ook aanhaal "It is by God's grace that I am able to give and ease the suffering of those in need" - Author unknown.

She calls out to the man on the street
"Sir, can you help me?
It's cold and I've nowhere to sleep,
Is there somewhere you can tell me?"

He walks on, doesn't look back
He pretends he can't hear her
Starts to whistle as he crosses the street
Seems embarrassed to be there

Oh think twice, it's another day for
You and me in paradise
Oh think twice, it's just another day for you,
You and me in paradise

She calls out to the man on the street
He can see she's been crying
She's got blisters on the soles of her feet
Can't walk but she's trying

Oh think twice...

Oh lord, is there nothing more anybody can do
Oh lord, there must be something you can say

You can tell from the lines on her face
You can see that she's been there
Probably been moved on from every place
'Cos she didn't fit in there

Oh think twice...

vriendelike groete
Silencio :laughing:

knipmes
13th October 2010, 20:29
...so kan elke gelowige 'n verskil maak ...

Pragtige stukkie, Silencio!

Wil graag net 'n punt uitlig wat vir my so vas staan soos 'n paal bo water...

Ons is so geneig om alles in hierdie lewe te etiketeer en in kategoriee plaas...

Daar is 'n onmiskenbare verskil tussen geloof en godsdiens. en merk ek plaas albei met klein letters. ek glo in niks nie, en is glad nie deel van enige godsdiens nie, tog is my geloof in myself deur werking van my Hemelse Herkoms elke oomblik van my bestaan as aardse mens so standvastig soos die paal.

Ongelukkig word die term "gelowige" onder die kategorie van godsdiens geplaas deur die aardse mense in die algemeen want daar is gelowiges te vinde onder elke godsdiens op aarde. En meeste van hulle gebruik hul sogenaamde "Samaritaan" dade tog uiteindelik net vir eie gewin, ongeag hul geloof, solank hulle tog net as "gelowiges" daar uitsien as goeie daaddoeners...

Wanneer iemand van "Bo" gebore is, word hierdie dade van welwillendheid glad nie eers opgemerk of hoegenaamd as gelowiges aangebied nie, want die eer kom werklik ons Hemelse Ouers toe! Onthou hoe Die Christus altyd vermaan het dat Sy welwillendheid tog 'n geheim moet bly, maar die swakkelinge het tog nogtans elke keer die daad uitbasuin!

Ons roem glad nie daarop nie, verkoop nie aartappels en en nie, byvoorbeeld!

Ek is ook mal oor hierdie liedjie, en ja dit behoort elke mens met 'n gewete te ruk, maar dit beteken ook nie dat elke misgebakte ui daar buite verdien om soos 'n skepsel swakkeling my samaritaansheid te wil uitbuit soos deur byvoorbeeld die duisende boemelaars van vandag dit op ons afdwing nie. Die is nogals besig om 'n welvarende bedryf weer te word, soos deur die eeue, selfs in Die Christus se tyd, hulle maar altyd daar was, en slegs die van hulle wat werklik hulp nodig vir die regte redes sal uiteindelik gehelp word, want die res maai slegs wat hulle voorheen gesaai het... vir die wat ore het om te hoor...

Jy sal wel deur Hemelse leiding kan onderskei tussen die ware en valse aan beide kante van die draad, die weldoener of die behoeftige een...

groetnis
knipmes

knipmes
13th October 2010, 20:42
...as om te kyk na die wat meer het as ons en mismoedig word daaroor. Dit is die duiwel se grootste wapen teen ons, mismoedigheid, dink ek...

Silencio,

Mismoedigheid is 'n woord wat Die Siener vele kere oor gesels het, weens die agteruitgaan van die Volk! Ek kan daardie gevoel van Oom Niklaas so intens aanvoel, dat sy prentjie wat dit so duidelik uitbeeld deesdae my avatar is... dis vir my baie swaar om te kan seg dat die leed in daardie gesig net so deur Die Christus ondervind was twee duisend jaar gelede... dit spreek boekdele!

Tog wil ek daarop wys, dat wanneer dit op die swaarste gaan, en opkyk al is wat oorbly, dan nogsteeds is die lewe "Bliss" want waar kom jy vandaan... en waarheen is jy op pad?

Keuses, keuses, keuses.... vrye wil en uiteindelik die vryheid en verlossing ... (van die duiwel af en/of dalkies net van mismoedigheid af?)

die son kom more weer op? ek wonder soms? veral as ek so luister...

groetnis
knipmes

Silencio
14th October 2010, 17:55
Knipmes, dankie, ja jy lig goeie punte aan my uit, ek sal nog my bewoording regkry soos ek leer, ek het heelwat om te leer, dit gaan nie vir my so erg oor welwillendheid nie maar meer meegevoel. Goeie dade is nie iets waaroor mens moet "brag" nie, en om die waarheid te s ek is eintlik meer 'n diereliefhebber maar die wreedheid van die wreld raak my diep.

Vriendelike groete
Silencio

knipmes
14th October 2010, 19:33
Dit raak ons almal... so wees nie alleen nie!

groetnis
knipmes