PDA

View Full Version : BRAAIVLEIS of offerhande?

knipmes
13th October 2010, 21:27
Antje De Waal se gedagtes oor leemtes het my op die spoor geplaas van vleis... een van my geliefdste onderwerpe op hierdie planeet!

Ek is oortuig Waldor sal ongetwyfeld vir ons al die genetiese verduidelikings agter die bult gaan uithaal van die swakste, en dan... die BESTE gene van elke soort vleis wat ons eet. Van 'n skaapboud, tot 'n ou ribbetjie, of 'n ou chopie, dalkies tog net 'n ou kookvleisie, man ja selfs maalvleis kan manna wees! meer as manna! Jy sien, as daar nie vleis op die tafel is nie, dan is die ete slegs 'n "snack", of hoe praat ek dan alles...

en toe onthou ek van die vleis offerhandes in die OT, en ek word direk soos 'n bliksemstraal wat net wil blits, orals en met reg so... want toe tref dit my mos tussen die oe...

Al hierdie offerhandes was gedoen met die BESTE van die gene, vlekkeloos en rein, en dit het veroorsaak dat die swak gene moes behoue bly deur die eeue! Verbeel jou, Die Here HERE (duiwel vanself?) dring toe mos daarop aan om net die beste van vleis wat gebraai word se geure te wil ruik, hoe beter die gene hoe lekkerder die reuke...

So spreek die Here HERE: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!
Eze 44:7 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

Eze 44:30 En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om n sen op jou huis te laat rus.

Geen wonder ons sukkel so om die gene poel van veral skaap en bees vleis so suiwer te kry en te hou nie, want die oorspronklike suiwer gene was opgebrand as offers!

Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer styg my koors, want dink net hoe lekker sou so 'n ou ribbetjie gesmaak het van een van daai oorspronklike gene... aarde tog!
Nou is ek darem honger hoor...

en dan praat Antje van leemtes... ai tog!

groetnis
knipmes:D:D:D

Silencio
14th October 2010, 18:11
Ag nee Knipmes, is dit nou telepatie die? Ek het juis vandag gaan navorsing begin doen oor aspekte van die onderwerp om te pos vanaand en jy is my een voor! Om ietwat af te dwaal (en onthou ek is hier om te leer en te groei - so my opinies kan verkeerd wees en korrigering is welkom asseblief!)maar een van die eerste goed wat my gepla het van die bybel was brandoffers, ek kan nie die rede daarin sien nie. Volgens my is God 'n God van liefde maar waarom sou hy ooit vra vir Brandoffers? om wat mee te maak, is die nie ons toewyding en geestelike groei wat belangrik is nie?. maar om terug te kom na vleis braai vandag wel dis hoe jy 'n lekker stuk steak gaarmaak vir 'n ete waarvoor jy dankbaar is, nie 'n offer volgens my nie. Nou is ek skoon lus vir 'n lekker T-bone.

Groete
Silencio

Pionier
15th October 2010, 09:11
Ek seg altyd dat indien iemand onseker is oor 'n sekere stanpunt in mense geneig om die Ingelse woorde nader te trek, en dus hulself effens te distansieer van die stelling. Ek gebruik hierdie as 'n voorbeeld: In onlangse geleentheid wou 'n dame vreeslik graag die seen oor twee mense uitspreek, maar was nie seker of dit 'n gepaste tyd of plek is nie. Sy se toe, "Blessings vir julle". Die deursnee toeskouer sou dan reken dat, eerder as om krities te wees, of sy korrek opgetree het aldan nie, kon redeneer dat dit meer 'n "Imperiale" uitlating is, as eerder komende van die dame self.

Met dit as agtergrond het ek in hierdie geval 'n sekere standpunt om in te neem:

'n Maal sonder vleis is bloot 'n versnappering
Kruisskyf wat ongeveer 10 dae verouder is en oor die kole gebraai word, is heerlik sag
Beeshaas die versamelnaam van verskeie goeie snitte beesvleis
Skaapkottolette, wat is 'n week sonder een van hulle op die vuur?
:wink_2:

Knipmes ek wou nie afdwaal van jou besprekingspunt nie, maar angesien ek opgeruim voel vanmore kon ek nie die versoeking weerstaan nie.
Wat wel hier ter sprake is, is die oorsprong van die bees en skaaprasse in Suider Afrika, kom dit oorsprongklik uit die midde ooste waar die beste gene verbrand is, of uit eie bodem waar die natuur self die beste gene bewaar het, of uit Europa waar die mens en die natuur saamgewerk het om die genepoel te bewaar?

Die RPO (rooivlies produsente organisasie) het 'n slagspreuk wat lui: "Beef up on the best, South African beef", dalk moet hulle dit net na Afrikaans vertaal om dit toepaslik te maak:thumbup_1:

Groetnis van uit die slaghuis:wink_2:

Die Ou Man
15th October 2010, 09:27
karmenaadjie - Porsie vleis, gewoonlik met wors en spek daarby, wat iemand wat bees of vark geslag het aan sy bure of vriende stuur.

Wanneer bees en vark op die plaas geslag is, het vriende en familie van die dorp gewoonlik kom help om die vleis te berwerk. Hulle is iedere een beloon met 'n karmenaadjie.

Pionier
15th October 2010, 09:37

Ek tel myself onder die jeug maar dit kan ek goed onthou, vleiswerk was 'n week se werk.

Na die koms van die Boerebederwer (elektriese vleissaag en meule) het die karmenaadjie in die niet verdwyn.

Die Ou Man
15th October 2010, 09:45
Ek het nou nog die ou vleismeul waarmee ons vleis gemaal en wors gestop het.

Ek het onlangs nog sy messie geslyp en 'n bietjie koedoewors met skaapvet en vars gebreekte en gebraaide koljander gemaak. Sommer so vir die lekkerte daarvan.

Skaapvet was die voorkeur omdat varkvet na 'n tyd goor raak. 'n Persieskaap of Van Rooy is ideaal.

Pionier
15th October 2010, 10:02

Ons begin nou net so nostalgies raak soos Knipmes, wors wat so gemaak word smaak sommer "suiwerder" as die mengsel kruie wat van die rak af gekoop word.

Daardie Persie se vet het seker groter vlamme gemaak op die altare ook. Maar dit bly die beste vir worsmaak, dit hou selfs langer in die vrieskas as varkvet.

Vreemd genoeg word boere met prys gepenaliseer by die slagpale vir vetstertkarkasse.

Moeder
15th October 2010, 18:23
http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=533

In die Sandveld van Suidwes het die manne, kom jagtyd, Damara skape by die Herero's gekoop vir worsvet.

Die Ou Man
16th October 2010, 08:50
Dit het alles begin met 'n vraag oor die Witboek aan Knipmes oor 'n moontlike leemte in sy lewe. Daarna het die bespreking sy eie koers gevat tot tot by slagtyd op die plaas.

Stefanus het 'n nuwe subforum: Boerekos- Die koskultuur van die Boer oopgemaak.

Ek het 'n bespreking begin by Slagtyd op die Plaas (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/641-Slagtyd-op-die-Plaas?p=3911#post3911).

Kom vertel gerus wat jy kan onthou. Met al die 2012 "doomsday voorspellings" is ons dalk aanstons terug by die slag van ons eie vee. Wie weet?

schalk
18th October 2010, 14:05
Dan wonder n ou of van die ou gode op dieet was met die wat hulle net wou ruik en nie eet nie of het hulle maar n stukkie kom afhaal? H:100:et iemand al n studie daaroor gedoen?
Lees ook gerus dr At Kruger se rubriek in die Afrikaner koerant oor die skade wat die voerkraal bedryf die gene van ons lekker ou vleisie aandoen.
Ek dink dit is skaaptjoppies vir my vanaand.
Groete aan al my mede vleiseters.

Stefanus
18th October 2010, 17:54
The Epic of Gilgamesh (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/531-Flood-Myths)

Tablet XI

The Story of the Flood

Then I sent out everything in all directions and sacrificed
(a sheep).
I offered incense in front of the mountain-ziggurat.
Seven and seven cult vessels I put in place,
and (into the fire) underneath (or: into their bowls) I poured
reeds, cedar, and myrtle.
The gods smelled the savor,
the gods smelled the sweet savor,
and collected like flies over a (sheep) sacrifice.

knipmes
19th October 2010, 17:20
...'n Maal sonder vleis is bloot 'n versnappering
Kruisskyf wat ongeveer 10 dae verouder is en oor die kole gebraai word, is heerlik sag
Beeshaas die versamelnaam van verskeie goeie snitte beesvleis
Skaapkottolette, wat is 'n week sonder een van hulle op die vuur?...

Jaaa Maaa!!! ... sorry Ma... sali weeni Maa...

Dis net met opregte deernis dat ekke nog nooit regtig kon vasstel wat dit nou eintlik is wat bedoel word met die gebruik van die hogere half erg verdraaide bedoelde woorde waarmee ons taal sekere dinge aanspreek... soos byvoorbeeld "Beeshaas" ... eet mens nou 'n haas wat so groot soos 'n bees is, of eet mens bees wat so vinnig is of geeet moet word dat dit haas genoem worre? en dan het ek ook nog nooit ooit gehoor van een Boerseun of dogter wat by 'n braai opdaag met "Skaapkottolette" nie, dis plain weg 'n ou skaaptjopie... of verbeel ek my dalkies?

En moet ek byvoeg, ek het skool gegaan onder 'n boom in die veld, met net een boek, en 'n veer ink pen... en Ouma was nie 'n maklike onnie nie!

Ook moet ek byvoeg dat daar geen mooier taal as Afrikaans is nie, en dat ek dit as eer beskou as enige volksvreemde hier in die Ingelse se dorp my beantwoord in my taal, want ek dring aan op my taal as gesprekvoerings medium. Maar hierdie hogere woorde behoort in 'n glans resepteboek op die rak want hulle is net so hoog soos die prys van die boek... wat dit haas onmoontlik maak om as alledaags te wil herkou... kottolette... wragtag, arme skaap! (en ek bedoel beide die een wat die woord gemaak het en die outjie wat die vleisie, of is dit nou "tjopie" verskaf het...)

Pionier, jy klink soos Ouma... as ek nie beter geweet het nie, het ek maar hasepad gekies!

maar al hierdie gepratery het my nou behoorlik lus gemaak vir 'n ou vleisie... ek start solank die vuur! wie gaan haal die brandewyn?

groetnis
knipmes

Pionier
19th October 2010, 17:34

:24: Knipmes as jy onder die boom tuisonderrig ontvang het is jy seker maar bra lank in die tand, ek sal maar vir jou van die worsvleis in 'n pannetjie braai. Net om seker te maak jy kry dit gekou.

knipmes
19th October 2010, 17:36
"Skaapkottolette"

O ja, nou tref dit my eensklaps... die gedoente hierbo genoem is mos daai tjopies waarvanaf alles wat lekker is van afgesny is sodat net die kleinste stukkie vleis in die driehoek tussen die twee stelle bene vassit, hoger op is die been so kaal soos ...

ek hoor dis glo net die rykes wat dit so eet, want dis glo "kosher" om so te eet, veral as die "chef" op "Top Billing" van een of ander ten duurste Wild Vakansie Oord dit so voorsit aan die kant van die bord met blare rondom om dit aantrekliker te maak... min is glo baie... vet is glo sleg... en vleis is mos so duur!

Nou ja, my tjopies is so duim dik, met alle vet nog steed saam met die vleis aan die been, en met slegs swart peper en growwe sout is daar min wat kers vashou!

En as my Vader wou gehad het ek moes blare eet, sou Hy my 'n bok gemaak het!

groetnis
knipmes

knipmes
19th October 2010, 17:40
...jy kry dit gekou...

Pionier, jy's die pragtigste ding! Sal jy regtig! Ek's oppad, nou's ek darem honger hoor.... en o ja, ek kou nie, is nie nodig nie,,, ek het n moerse skerp knipmes wat dinge klein klein sny...

groetnis
knipmes

Pionier
19th October 2010, 17:44

Moenie jou ore te veel uitleen aan rykes en "kosher" mense nie. Die Boere van ouds het die snit spesifiek so gesny omdat dit al manier was om die vleis tussen die ribbebene uit te kry.

Daar was net messe en vleisbyle, nie elektriese boerebederwers om die kottolette in "tjoppies" op te kerf nie.

Die vleis op die punt van die been wat op Top Billing weggesny word is bloot om dit meer aantreklik te laat lyk, normaalweg sou dit so gelyk het as dit uit die miershoop oond kom bloot omdat dit goed gaar is.

knipmes
19th October 2010, 18:03
Pionier, Jy laat my nou ver terug dink!

Vleis in 'n miershoop oond, was soos die brood wat daarin gebak was... ek het vandag nog die platboom pot wat my Ouma en later my Ma mee brood gebak het so... vandag nog gebruik ek dit, dis net die oond is nie soos dit was nie... jammer tog, of hoe?

Ek stem saam, vleis is wonderlik lekker en ons voorouers het beter geweet van dit gaarmaak in die veld, ek dink ons moet die gesprek voortbou op die draad wat Die Ou Man oopgemaak het op die plaas...

groetnis
knipmes

Silencio
19th October 2010, 18:20
ek stel 'n vraag, (en onthou ek leer nog), God het mos alle diere gemaak, goed en rein en vlekkeloos, so waar pas net die "beste van gene" deel in? in daardie tyd hoe sou hul in elk geval weet die dier is reiner en van beter kwaliteit as die ander, ek weet dit klink simpel miskien maar ek sien nie die punt daarin nie, s twee beeste is op dieselfde wyse grootgemaak, wei in dieselfde veld en is eenders, hoe kon die verskil gesien word? In ieder geval het God nooit gevra vir offerhande nie. wat ons braaivleis vandag betref is daar 'n hewige debat of jy vleis "kosher" of "halaal" verkies, dit gaan in 'n groot mate oor geloof hier, grootliks vir die wat diereliefhebbers is maar steeds vleis eet om 'n voorkeur te h aan hoe die dier moet sterf wat ons dan eet en dankbaar is vir die vleis aan ons voorsien. of hoe sien julle dit in?

groetnis
Silencio

Stefanus
19th October 2010, 21:31

Silencio, Yahweh se opdragte was dat net die beste vleklose diere aan hom geoffer moes word, daarom dat knipmes reken dat dit veroorsaak het dat slegs die gene van die swakker diere voortleef, ek kan egter nie oor die diere daar in Israel en omliggende areas kommentaar lewer nie maar dat dit die genepoel daar wel sou verswak is gewis, want as mens die omvang van hierdie slagtings inberekening bring moes die Joodse tempel op 'n stadium na 'n baie groot slagpale uitgesien het.

Dat daar verskille in diere is, is gewis! geen twee is presies dieselfde nie, in die natuur word die swakste dier gewoonlik deur roofdiere gevang, net die beste oorleef en kry die kans om aan te teel, dus word net die beste gene oorgedra aan die volgende geslag.

Die Abramietiese gelowe onder Yahweh/Allah vereis dat diere op 'n spesifieke manier geslag moet word, die word onderskeidelik deur die Jode "kosher" en deur die Ismaeliete "halaal" genoem.

Die "diereliefhebbers" wat debatteer oor wat die beste manier van slag is tussen "kosher" en of "halaal" het geen idee waaroor hulle praat nie, die mens in algemeen gebruik metodes van slag waar die dier nie gaan lei nie en die karkas nie sal bederf nie, spanning gedurende die slag veroorsaak dat die vleis "bederf", dus word metodes gebruik om die so ver as moontlik te beperk.

In die Koran is daar egter 'n stukkie wat se dat indien jy gemeenskap met 'n dier gehad het mag jy die slag maar nie eet nie, jy mag dit wel na 'n naburige dorp neem en die daar verkoop, dit sou dan "Halaal" wees.

Silencio
20th October 2010, 13:23
Ah, ja dit maak vir my goed sin. baie dankie vir die regstelling,

Vriendelike groete
Silencio

Die Ou Man
20th October 2010, 21:03
spanning gedurende die slag veroorsaak dat die vleis "bederf", dus word metodes gebruik om die so ver as moontlik te beperk.

'n Bees wat gejaag is, sou 'n Boer nie slag nie, want sy vleis sou taai wees. Hy sou moes oorstaan tot die volgende oggend.

Die Boer se metode van slag verskil van die halaal en kosher metode van die Ou Testament. Die Boer se doel was dat die dood onmiddelik moes intree. Daarna is die karkas toegelaat om uit te bloei.

Ingevolge die Bybelse gebruik is die dier nie onmiddelik gedood nie, maar toegelaat om langsamerhand as gevolg van bloedverlies te sterf.

Pionier
21st October 2010, 11:34
Pionier, jy's die pragtigste ding! Sal jy regtig! Ek's oppad, nou's ek darem honger hoor.... en o ja, ek kou nie, is nie nodig nie,,, ek het n moerse skerp knipmes wat dinge klein klein sny...

groetnis
knipmes

knipmes ek hoop jou knipmes is skerp genoeg dat jy vir ons 'n "vingerete" kan voorberei..:w00t:

Vicky
21st October 2010, 13:14
knipmes ek hoop jou knipmes is skerp genoeg dat jy vir ons 'n "vingerete" kan voorberei..:w00t:

Wiejy Pionier, ek sal jou nog wraggies gaan opspoor!! :scared:

knipmes
22nd October 2010, 19:11
..."vingerete"...

Naand Almal,

Pionier, nou raak jy 'n ander passie van my aan... en dis lemme!

Jong, ek is versot op enige lem, hoe skerper hoe beter, hoe blinker hoe meer stimulerend! Ek het net een ding waarop ek "retail therapy" toepas, en dis messe!

My beste versameling messe as dit by die sny van my kos vleis kom is dit die lemme van die beste suiwerste staal vervaardigers, nogals die met die Oorwinningskruis van Die Christus as kenteken, want hulle kan!

Kan jy my seg waarvan ek praat? 'n Beter lem kry jy nie, glo my!

groetnis
knipmes

knipmes
22nd October 2010, 19:14
By the way! daai vingers van jou lyk nou so lekker, ek kan dit maklik in 'n sosatie stokkie druk! Lyk omtrent nes gepekelde "viennas"

groetnis
knipmes

ek vermoed Vicky gaan saam eet!

Boerland
25th October 2010, 20:38
http://www.knifecenter.com/kc_new/store_store.html?ttl=Spyderco%20Endura%20Models&srch=eqCATE%20CODEdatarq%3Dsp%26eqKEYWORDdatarq%3D endura

Hierdie mes drae ek al amper 14 jaar.Wel n paar want hule hou ongeveer tussen 5 en 6 jaar.

Boerland
25th October 2010, 20:39
Naand Almal,

Pionier, nou raak jy 'n ander passie van my aan... en dis lemme!

Jong, ek is versot op enige lem, hoe skerper hoe beter, hoe blinker hoe meer stimulerend! Ek het net een ding waarop ek "retail therapy" toepas, en dis messe!

My beste versameling messe as dit by die sny van my kos vleis kom is dit die lemme van die beste suiwerste staal vervaardigers, nogals die met die Oorwinningskruis van Die Christus as kenteken, want hulle kan!

Kan jy my seg waarvan ek praat? 'n Beter lem kry jy nie, glo my!

groetnis
knipmes

Moet net nie se dat dit n Victoriaknox is nie.:tongue_3:

knipmes
25th October 2010, 20:45
Boerland, jy's darem maar 'n slim kind!

544
groetnis
knipmes

Boerland
25th October 2010, 20:57
Ek gaan nie se dat ek slim is nie maar die keuse laat veel te wense.Die ou mense het altyd gese dat n dun lem n goeie mes is maar dit is juis die fout.Hoe dunner die lem hoe vinniger word hy afgeslyp.

Dit beteken nie dat n dikker lem beter is nie maar hy hou noodwendig langer.

Kerskaw,k bar,ckrt,columbia rivers ens. is almal pleinweg gemors.Jy moet basies n hoekslyper gebruik om die lem skerp te kry of n "lansky" of "warthog" of soortgelyk.Dan is hy stomp as jy een bok se pens oopsny en die vel dreseer.

Spyderco is seker een van die bestes waarmee ek nog te doen gehad het.Hierdie spesifieke ou slag tussen ses en agt diere af voordat hy skerp gemaak moet word.Jy breek ook nie sy lem as jydalk die dunner borsbene moet sny nie.