PDA

View Full Version : Die Vrou se geloofsbelydenis



Die Vrou
14th October 2010, 20:15
Die Vrou se geloofs belydenis

Die Vrou glo nie in die skepper van die hemel en aarde nie. Die vrou
is ook nie ‘n Christen nie, ek glo nie in mense nie, Jesus was ‘n mens.
Ek glo nie in die drie enige god “skepper, seun en heilige gees” nie.
Ek aanbid ook geen gode nie! Ek het ook nie belangstelling in bybel
boeke, antieke bybelboeke ens. nie.

Maar

Ek het ‘n intieme vriendskaplike verhouding met my Gees Pa. Hy is
die lig in my lewe. Hy is die liefling van my gees. Hy versterk my, hy
vertroos my en verkwik my gees van dag tot dag.


My geloof is nog jonk, ek het nog baie om te leer. My geestelike
voedsel ontvang ek nie uit boeke of van mense nie, ek ontvang dit direk
van my Pa. Ek smag en verlang nie na die vleeslike nie, maar na die
suiwer geestelike lewe, want dit is daar waar ek hoort.



My Geloof:

Ek is hier in die skepping vir ‘n doel, en op daardie doel hou ek my oë gevestig. Dit sal alleen deur my Vader aan almal bekend gemaak word.

Die Hugenote monument se vroulike figuur beeld my geloofs belydenis
pragtig uit:

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=489

Die bybel in haar hand verpersoonlik die godsdiensvryheid (Ek is aan geen geloof verbind nie.) Ek is vry van gelowe en die laste wat dit op mensekinders se skouer plaas.

Die gebreekte ketting wys dat die band van die vlees my nie meer vashou en beheer nie. Ek is vry!


http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=486

Haar jeugdige skoonheid toon dat ek nog jonk is in
my geloof, en nog heelwat het om te leer.

Die Franse lelie (fleur-de-lis) op haar kleed getuig van geestes- en karakter-adel.

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=531

Sy werp die mantel van onderdrukking af om bo die aardbol in sy eie vrye ruimte van gees te ontstaan.
(My verlange om weer in die gees by my Pa te kan wees, en ook om meer te leer van waar ek vandaan kom, die geestelike realm.)


http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=488

Haar blik is op 'n grootse visioen van komende dinge gevestig.
(Ek is hier in die skepping vir ‘n toekomstige doel, en op daardie
doel hou ek my oë gevestig)

http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=482

Hierdie skippie het vanuit die Weste my voorouers hierheen gebring “Die Fransehugenote”.
Hulle was bannelinge uit hulle eie land weens hulle geloof in Frankryk.
(Ek is nie ‘n Christen soos hulle nie, maar dit
is my voorgeslagte wat verantwoordelik is vir hierdie vroulike beeld.)


http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=437

Ek heg waarde aan die syfer 13, want dit simboliseer
die einde van dit wat nou is en die begin van dit wat kom.



Everything in my spiritual history lives and breathes in me. I am unique and I am special and that’s what’s making me strong.

Ek het ‘n eie ontwerpte simbool, maar my tekeninge op die rekenaar is baie sleg.
• ‘n Rooi hart vir liefde
• ‘n reënboog sirkel om die hart vir die belofte en eenheid.
• ‘n Rooi roos vir my naam wat met baie liefde aan my gegee is.
• En laastens die nommer dertien saam met die roos in die hartjie, omdat ek
baie daarna uitsien om weer met my Pappa herenig te word.

En as iemand my veroordeel dan moet ek net onthou ek is ‘n saad wat met my Pappa se liefde in die grond vir Hom gaan blom.......



WfbXuQYKEBs&feature=related

Laastens wil ek net Die Ou Man, Stefanus en my oudste Seun bedank vir hulle bydrae van die foto’s van Die Vrou in die Hugenote monument. Vir my seun omdat hy vir my google earth kom oplaai het, ek het ‘n paar pragtige foto’s ook van die omgewing die monument en die museum gekry.

Die Ou Man
14th October 2010, 22:04
Die Vrou se geloofs belydenis

Die Vrou glo nie in die skepper van die hemel en aarde nie. Die vrou
is ook nie ‘n Christen nie, ek glo nie in mense nie, Jesus was ‘n mens.
Ek glo nie in die drie enige god “skepper, seun en heilige gees” nie.
Ek aanbid ook geen gode nie! Ek het ook nie belangstelling in bybel
boeke, antieke bybelboeke ens. nie.

Maar

Ek het ‘n intieme vriendskaplike verhouding met my Gees Pa.

Die Vrou.

Waar pas jou "Gees Pa" by die materiële wêreld in?

Wat is sy rol in die oneindige heelal?

Die Vrou
15th October 2010, 07:17
Die Vrou.

Waar pas jou "Gees Pa" by die materiële wêreld in?

Wat is sy rol in die oneindige heelal?

Die Ou Man,

Laat ek dit so verduidelik:

Die Vader wat ek leer ken het, se liefde is van so 'n aard dat hy ons nooit in hierdie
materiële wêreld sou laat inkom het in die eersteplek nie.

Hy is nou besig om voorbereiding te doen om kinders wat hier vasgevang in die leun is te kom haal.

Hy pas nie hier in nie, Sy rol op die oomblik is om ons vryheid te verseker.

Groete

Die Vrou..

Die Ou Man
15th October 2010, 07:47
Die Ou Man,

Hy is nou besig om voorbereiding te doen om kinders wat hier vasgevang in die leun is te kom haal.

Hy pas nie hier in nie, Sy rol op die oomblik is om ons vryheid te verseker.

Groete

Die Vrou..

Gaan hy die "verlossing" self bewerkstellig, of gaan hy mense daarvoor gebruik?

Die Vrou
15th October 2010, 08:07
Gaan hy die "verlossing" self bewerkstellig, of gaan hy mense daarvoor gebruik?

Hier is jou antwoord (http://www.wendag.com/forum/showthread.php/13-Lemoen)...


Vir die wat ore het om te hoor. Die Vrou met die Kind, is op pad na haar afspraak met die blinde Boer.

Boer, maak jou gereed om weer te kan sien.

Liefde groete.

Die Ou Man