PDA

View Full Version : Die Koninkryk van die hemele.



Stefanus
10th December 2007, 00:17
Die Koninkryk van die hemele.

Jesus staan vir die soveelste keer by die see en leer die menigde wat daar saamdrom om na Hom te luister, Hy leer hulle baie dinge deur middel van gelykenisse. Na die afloop van die leringe op die gegewe dag vra die dissipels Jesus waarom Hy gebruik maak van gelykenisse?

Jesus antwoord die twaalf:
Volgens Markus: "En Hy sÍ vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie."
Mar 4:11-12
Volgens Matteus: "Toe antwoord Hy en sÍ vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hÍ; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie."
Mat 13:11-13

Uit die antwoord wat Jesus hier vir die dissipels gee is dit duidelik dat daar twee vlakke van leringe is, een vir die dissipels om die verborgenheid van die koninkryk van die hemele te verstaan, en een vir die massas. Hierdie verborgenheid of geheime kennis is slegs bedoel vir "die wat ore het".

Al die Evangelies praat van "die koninkryk van die hemele", daar is ook ander buite Bybelse geskrifte wat daarvan praat, selfs in die Evangelie van Thomas word ons daarop gewys, daar is wel verskille in bewoording, soos: "die koninkryk van God", " die koninkryk van die hemele", maar almal wys op dieselfde ding.

Wat presies is hierdie Koninkryk van die hemele?

In die Nuwe Testament word ons daarop gewys dat die Koninkryk van die hemele 'n geheimenis is en nie aan die publiek bekend is nie, min verdere leidrade word verskaf oor hoe en wanneer dit gaan kom. Wat ons wel weet is dat dit onmiddelik beskikbaar is vir die "ingewydes" sodra hulle die weg ontdek het.

Johannes die Doper se stelling dat die koninkryk op hande is:
"In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judťa gepreek en gesÍ: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom."
Mat 3:1-2
Jesus se woorde wys daarop dat die tyd reeds gekom het:
"En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galilťa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesÍ: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie."
Mar 1:14-15

Al wat ons weet is dat die pad na die Koninkryk van die hemele slegs bedoel is vir die "ingewydes", ons weet ook dat die koninkryk alomteenwoordig is, dit is nie iets waarna ons hoef uit te sien in 'n onsekere toekoms nie, maar eerder dat dit onmiddelik beskikbaar is, nie eers oor 'n maand of jaar of iewers in die toekoms nie. Eerder is die alreeds beskikbaar vir die wat die weg ken.

Verder is waagmoed 'n vereiste want dit vereis 'n ware fokus, vaste senuwees en totale toewyding, om die Koningkryk van die hemele te betree.
"En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie."
Luk 9:62

Verder het Jesus bitter min verdraagsaamheid teenoor die wat spiritualitet preek, maar die wat dit soek nie toelaat om die hekke van die hemele vir hulle te open nie.
"Maar wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie."
Mat 23:13

Jesus vermaan ons dat ons die Koninkryk van die hemele moet soek en nie die skrifgeleerdes en FariseŽrs navolg nie:
"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."
Mat 6:33
"Want Ek sÍ vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as diť van die skrifgeleerdes en FariseŽrs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie."
Mat 5:20

Lukas gaan egter verder: Jesus was deur die FariseŽrs gevra wanneer die koninkryk gaan kom, hulle verwag dat die op aarde gaan plaasvind waar hulle in die duisendjarige vrederyk gaan heers, Jesus se antwoord is egter nie wat hulle verwag nie:
"En toe Hy deur die FariseŽrs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesÍ: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sÍ: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle."
Luk 17:20-21

Ons kan die Koninkryk van die hemele nie met die menslike oog waarneem nie, nog minder deur redenasie, Tog het Jesus ons die versekering gegee dat dit bereikbaar is, ons kan daarheen reis, dat dit binne ons is.

Hoe reis ons na "binne"?

Jesus verduidelik in die Evangelie van Lukas: " The light of the body is the eye: therefore when thine eye is single, thy whole body also is full of light; but when thine eye is evil, thy body also is full of darkness."
Luk 11:34
Wat bedoel Jesus hiermee? In wese sÍ Hy dat as ons visie diť van die Een is sal die hemelse lig ons omvou. Dan sal ons deur God opgeneem word.

Paulus praat hier van "die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid "
" Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar Ďn wysheid nie van hierdie wÍreld, of van hierdie wÍreld se heersers, wat vergaan nie. Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie wÍreld geken het nieówant as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nieó maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van Ďn mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God."
1Co 2:6-10
"But we speak the wisdom of God in a mystery, even the hidden wisdom, which God ordained before the world unto our glory:"
1Co 2:7
Paulus praat hier van "die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid ", die verborge wysheid, die oorspronklike Grieks "sophian en musterio" beteken " wysheid in misterie" - 'n wysheid wat geheim is, Paulus sÍ die is slegs aan die teleiois, "die perfektes", gegee wat deur die telete, die seremonie van inisiasie deur die telestes, die priesters wie die seremonie van die inisiasie in die mistieke behartig.

Hier gebruik Paulus die terminilogie van die klassieke misteriese tradisie. Hy was nie baie gewild onder die Joodse gemeenskap in Jerusalem nie maar nogtans het hy kennis van die verborge leringe wat in die geheim deur die gelowiges beoefen was, die kennis van die verborge boodskap was egter deur die "kerk" onderdruk.



"A.D. 195 Clement, Bishop of Alexandria wrote to Theodore, It concerned a secret Gospel of Mark: Clement explained that a licentious heretical group called the Carpocratians had come upon the secret gospel of Mark through deceitful means.
Clement was asking Theodore to lie in the service of the truth - to deny that the gospel was by Mark, even under oath.
Clement stated that Mark held certain stories back whitch was only incuded in a special "secret" gospel that he gave to the Church in Alexandria, where, in Clement's day, it was still carefully preserved, "being read only to those who are being initiated into the great mysteries."



Die Evangelie van Thomas stel dit so:

His disciples said, "Show us the place where you are, for we must seek it." He said to them, "Anyone here with two ears had better listen! There is light within a person of light, and it shines on the whole world. If it does not shine, it is dark."

Jesus said to them, "When you make the two into one, and when you make the inner like the outer and the outer like the inner, and the upper like the lower, and when you make male and female into a single one, so that the male will not be male nor the female be female, when you make eyes in place of an eye, a hand in place of a hand, a foot in place of a foot, an image in place of an image, then you will enter [the kingdom]."

Jesus said, "If they say to you, 'Where have you come from?' say to them, 'We have come from the light, from the place where the light came into being by itself, established [itself], and appeared in their image.' If they say to you, 'Is it you?' say, 'We are its children, and we are the chosen of the living Father.' If they ask you, 'What is the evidence of your Father in you?' say to them, 'It is motion and rest.'"

His disciples said to him, "When will the rest for the dead take place, and when will the new world come?" He said to them, "What you are looking forward to has come, but you don't know it."


http://wendag.com/images/iamun3.jpg
"O You, the great god, whose name is unknown."

http://wendag.com/images/initiatesmf.jpg
Something, which we have seen in a dream,
Is the earthly side of life.

Harper's Song, c. 1160 BC

Die Ou Man
10th December 2007, 20:39
Stefanus.

Dankie vir 'n deurdagte en leersame argument. Ek sien uit na die vervolg.

Die Koninkryk-van-die-Hemele-boodskap is natuurlik by uitstek die boodskap wat die Christus van sy Vader gebring het.

Liefde groete.

Die Ou Man

Stefanus
11th December 2007, 01:08
Die Ou Man

Hierdie argument verwerk uit die boek "The Jesus Papers" van Michael Baigent is op die tafel geplaas vir bespreking, enige argument vir of teen die word afgewag.

Die skrywer van die boek maak die stelling dat die "kerk" eeu-oue kennis onderdruk van verborge kennis oor die 'Koninkryk van die Hemele', hy gaan verder en staaf sy beweringe oor die 'geheime kennis' uit die Bybel sowel as ander geskrifte, verder verbind hy die kennis met ou-Egipte. Hy beweer dat met die nodige kennis, soos wat Paulus se 'verborge kennis' en die nodige inisiasie is dit moontlik om self die reise te onderneem.

In die Boek van Henog lees ons dat Henog opgevaar het na die Hemel, waarna hy sy wedervaringe vir ons opgeteken het, die skrywer beweer dat Henog eerder 'n geestes reis ondergaan het en nie fisies die reis geneem het nie.

As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Joh 3:12-13

Dus kan ons aanneem dat Henog of self 'die Seun van die mens' was of dat hy van 'n ander voertuig gebruik gemaak het.


Saint Teresa skryf:
"I lost almost all my fear of death, which had always terrified me. Now it seems to me a very easy thing for a servant of God that in a single moment the soul should find itself freed from this prison and at rest. This moment in which God raises and transports the soul to show it things of such a sublime excellence seems to me like that in which the soul leaves the body."

Hierdie toestand wat St Teresa hier beskryf en die reis van Henog, is hierdie deel van die 'verborge kennis' - die reise na die hemele? Is dit waarna Jesus verwys as Hy se dat "What you are looking forward to has come, but you don't know it." Is hierdie vir ons moontlik met die nodige kennis en inisiasie?

Astral projection (or astral travel) is a paranormal interpretation of an out-of-body experience achieved either awake or via lucid dreaming or deep meditation. The concept of astral projection assumes the existence of another body, separate from the physical body and capable of traveling to non-physical planes of existence. Commonly, such planes are called astral, etheric, or spiritual. Astral projection is often experienced as the spirit or astral body leaving the physical body to travel in the spirit world or astral plane.

Liefdegroete,
Stefanus

poppie mallinson
7th July 2008, 15:28
Geagte ou man en stefanus,

Ek reken dat ek menigte antwoorde op hierdie onderwerp het. Dit is baie lywig ongeveer 200 bladsye en mag julle dit moontlik wil bestudeer
Meer oor myself. Ek is vir ongeveer 25 jaar kerkloos en dink dat hulle deur Paulus mislei is, dus dien hulle meer Paulus as die waarheid - dus lewe hulle in die leuen en die waarheid vermeng en is die meerderheid uitgespoeg - Open. 3:19 en nie leerlinge in of van die koninkryk nie. Die opdrag was dat ons moet leer om volleerd te kan word. (Luk.6:40/Joh.6:27) nie sit en hoor tot die see opdroog nie. Ek lewe volgens wat ek dit verstaan in die koninkryk en bestrom dit nie meer en dring nie meer daarin met geweld nie. (Matt. 11:12) Volleerd is ek nie - daar ek nog nie water in wyn verander het nie. Verhoor deur die Vader meer as wat ek kan onthou of telling van gehou het kan ek in nederigheid erken dat dit so is - 1.Joh.3:22.
Ek wil dus graag die dokument wat nie beskikbaar is op die ope mark en geen adres het, tog in my besit is vir julle aanstuur, hetsy per pos of per E-mail of soos julle my voorskrywe.

baie groetnis

poppie mallinson

Vicky
10th July 2008, 21:42
Ek wil dus graag die dokument wat nie beskikbaar is op die ope mark en geen adres het, tog in my besit is vir julle aanstuur, hetsy per pos of per E-mail of soos julle my voorskrywe.

baie groetnis

poppie mallinson

Hallo Poppie,

As jy die dokument in elektroniese formaat (pdf of word) beskikbaar het, sal ek dit graag wil lees as jy nie omgee nie? Laat weet, dan kan ek my epos adres vir jou aanstuur.

Liefdegroete,
Vicky

poppie mallinson
21st July 2008, 08:33
Hi Vicki,
Ek het die boek (studiestuk) oor die koninkryk van die hemele op "word" en sal dit graag vir jou aanstuur nadat ek jou e- mail addres ontvang het.

baie groete

poppie Mallinson

Vicky
22nd July 2008, 19:09
Hi Vicki,
Ek het die boek (studiestuk) oor die koninkryk van die hemele op "word" en sal dit graag vir jou aanstuur nadat ek jou e- mail addres ontvang het.

baie groete

poppie Mallinson

Dankie Poppie, ek pm dit vir jou. :)