PDA

View Full Version : Pad in die Woestyn!



Die Vrou
21st October 2010, 11:47
Die Ou Man het die waarheid gepraat toe hy s dat 'n mens nie als in die Ou Testament moet
weggooi as gemors nie. Daar is tog klein deeltjies wat waar is maar mense sien dit soms
verkeerd.

Die tyd toe my Vader my nog dinge in die bybel gewys het, want dit was daardie tyd al plek
waar ek die geestelike dinge gaan soek het was in my bybel. Ek het dit nog nie weggegooi
of iets dergelik daarmee gedoen nie.

Want ek hou daarvan om die woorde wat my Pa met my gepraat het van daardie tyd en nou nog
baie deur te lees en te onthou, sodoende bly sy woorde skerp by my en vervaag dit nie.

Hier is ook iets vir julle om aan te dink ...

DIE PAD IN DIE WOESTYN!

Amos 8 verse 11 en 12

(11)Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na
brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
(12)En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos om na die woord van die
Here to soek, maar hulle sal dit nie vind nie.

Daardie tyd nog het ek nie die volheid van daardie woorde besef nie, ja, ek het daardie verse
met baie bespreek, maar nie die volle betekenis besef tot nou onlangs nie.

Baie van die dinge wat al daardie tyd met my bespreek is verstaan ek nou eers duidelik.

Moet nou nie die hele hoofstuk lees nie. Neem net hierdie woorde en bedink dit diep uit julle harte....

Daardie tyd het ek gedink dit het met almal te doen gehad maar besef vandag werklik dat ons
almal eintlik alleen is op hierdie pad na die geestelike. En dat in daardie tyd my Pa my gewys het dat ek self 'n woestyn tydperk gaan beleef op my eie reis na geestelike wereld toe.

Hy het my al gewys daardie tyd, dat ek die waarheid nie by mense en in boeke sou kry nie, maar
net by Hom. Ook met die liedjie "As jy dit soek sal jy dit kry" van Danie Botha.

Ek plaas hierdie want dalk is iemand anders wat ook deur so iets worstel, iemand wat dalk net
soos ek om my rondkyk elke dag en al die verkeerde raaksien en nie weet om in watter rigting
te beweeg nie.

Groete

Die Vrou..

Stefanus
21st October 2010, 18:13
'n mens nie als in die Ou Testament moet
weggooi as gemors nie. Daar is tog klein deeltjies wat waar is

DIE PAD IN DIE WOESTYN!

Amos 8 verse 11 en 12

(11)Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na
brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
(12)En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos om na die woord van die
Here to soek, maar hulle sal dit nie vind nie.



Heeltemal waar, die probleem kom in om die waardevolle van die "gemors" te skei en die sinvol te kan oordra, Amos verwoord die hier duidelik maar min sal hulle aan die implikasie daarvan steur of verstaan.

Hierdie honger is reeds duidelik te bespeur, mense besef dat dit wat vir hulle voorgehou word teen hul hele wese indreun, daar is egter groepe wat die gebruik om hul politieke agendas te bevorder en sodoende onskuldige mense saam te sleep in hul duister agendas.

Die Vrou
26th October 2010, 09:54
Voor ek aangaan wil ek net noem ek neem net dit wat in my hart praat, en neem nie die res van die woorde eers in ag nie.
Tog praat van die woorde in bybel duidelik, maar ek kan nie verstaan hoe kan mense n woord se betekenis so verander dat dit hulle pas nie. Neem nou maar die woord alles, alles meen nou nie net die helfde of dalk driekwart nie, dit meen alles daar bly nie eers n krummeltjie oor nie, alles is alles.
Soos ek reeds ges het toe ek daardie woorde gelees het van die woestyn lewe, het ek nie geweet wat op my wag nie.

n Hele rukkie daarna lees ek ook uit die nuwe testament die volgende:

1 Johannes verse 15;16;17

(15) Moenie die wreld liefh of die dinge wat in die wreld is nie. As iemand die wreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
(16) Want alles in die wreld is die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die o en die grootsheid van die lewe is nie uit die Vader nie, maar is uit die wreld.
(17) En die wreld gaan verby en sy begeerlikheid.

En nou, het julle al gevoel wanneer jy iets gelees het en dit praat hard en duidelik met jou, dan kry jy so n skok gevoel diep uit jou maag uit.

Dit is hoe ek gevoel het toe ek die woorde lees. Verslae het ek die boek neergesit, nie eintlik geweet hoe om toe te reageer nie. Weereens alles meen alles.

Omdat ons dan nou in die vlees is, is ons geneig om vleeslik te soek, vleeslik te doen. Ons s baie, eintlik meer as baie die woorde sien is glo. Daarom ook dat daar aan die Christen geloof geklou word, en dan ook uit ons eie vleeslike wanhoop die vals belofte van Jesus gaan ons kom red. Is Jesus dan nou ook nie vleeslik nie? Onthou nou die woorde alles in die vlees is uit die wreld en nie uit die Vader nie!

Maar soos die mens maar is het ek ook maar nog aan die Jesus geloof geklou, daardie tyd. En toe nog n rukkie verby gegaan het, het my oudste seun daardie tyd nog in matriek met wyd gerekte o na my toe gekom. My ges: Ma die Here het my nou net ges dat die hele bybel verkeerd is, alles wat daarin staan is verkeerd, het hy vir my ges. Ek het geskok na hom gekyk, my kop net verward geskud en ges, seun hoe kan dit wees hoe gaan ons dan die waarheid uitvind as ons nie in die Bybel kan lees nie, en ook nie kan glo wat daarin staan nie, en wat dan van Jesus, sy verhaal is dan nou ook in die bybel. Dan beteken dit mos dat Jesus ook nie die waarheid is nie.
My kind het my stom verslae aangekyk..... Ek het toe nie eintlik geweet wat om vir hom verder te s nie.
Ai, my kind het in hierdie tyd baie seer gekry, ek het toe net aangedring dat hy verkeerd is. En eers na ek en my gesin baie seer gekry het en sommige van ons net eenvoudig moed opgegee het, het ek verslae een weeks dag agter ons erf geloop en met die gees wat ons hierdie goeters kom wys het geredeneer. Hoekom het Hy dan nou eers hierdie goed kom openbaar, hoekom nie lankal nie, ek het Hom baie keer verwyt vir als wat in my en my gesin se lewe verkeerd gegaan het nadat Hy op die toneel gekom het.
Want te midde van die woestyn, die verskriklike droogte aan geestelike voeding, is daar dan nog ook al hierdie vleeslike teistering wat die satan na my kant toe gebring het. Hy het my begin verwoes met sy jaloesie, my begin pynig diep diep in my hart.
En ek het maar net soos enige ander mens met jaloesie gereageer op als, nog baie gebeur dit self nou ook.
Eienaardig tog tussen al hierdie aanvalle van die satan, het dit my net meer vasberade gemaak om die waarheid omtrent hierdie skepping te vind en aan almal op hierdie aarde te wys wie die ware satan is!! Vir die een of ander rede het ek net besef as ek die waarheid nie sal kan vind nie, sal ek my man en my kinders in hierdie hel van n plek moet bly lewe.
Die woestyn het vir my baie keer al in nagmerries ontaard. Want ek het uiteindelik besef dat nrens op hierdie aarde, in hierdie materiele skepping die regte geestelike leiding is nie.
Maar eindelik na baie worsteling, het ek weereens net geloop en met hierdie gees wat ek altyd teenwoordig begin voel het wanneer ek praat, geredeneer. Ek het fisies huilend my hand uit die skepper en Jesus se hand uit gehaal en vandaar af my hand in hierdie Gees wat ek net leer ken het as die mees onbeskryflikste liedevolste Pa se hand gesit, en vandaar af verder saam met Hom begin loop. Ek het nie bybel boeke of die vleeslike dinge meer in ag geneem toe meer nie.
Moeilik is dit, want ek maak nog baie foute ek kan nog nie so volmaak soos Hy wees nie. Dit is swaar, baie, baie swaar!
Ek kyk nog baie teen die vlees vas en sien ook nog baie net wat die vlees verkeerd doen. Ek kan nog nie soos my volmaakte Pa na n moordenaar of mense wat baie slegte dinge doen, ook persone wat my en my gesin te nakom, kyk met net liefde en geen verwyte nie. Ek verwyt nog en baie ander dinge.
Ja, waarlik het ek agtergekom dat die pad in die woestyn presies is wat dit s, dor en droog geen water geen niks om op staat te maak nie, net die onsigbare, en dit is nog eers moeilik.....